algemene jakkals vra

Post Reply
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: algemene jakkals vra

Post by HennieC »

Jakkie ek het Vrydagaand geroep en toe oë op getel wat inkom. Toe ek die eienaar van die oë ID toe is dit ook 'n bak oor. Los toe die lig en roeper af vir so 10 minute (altans dis hoe dit gevoel het toe ek my oë weer oop maak ;) ) begin toe weer roep met hasie en skielik storm daar oë op die roeper af en die adranalien pomp. Toe is dit wragies weer die bakoor uit 'n ander rigting wat in storm.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Begin ons nou al uit die "moeilike tyd" uitgaan wat maak die jakkalse nou het hulle al begin bedmaters soek?
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: algemene jakkals vra

Post by HennieC »

Het laas Vrydag aand gaan roep by mr en mev jak se adres.
Na 95 minute het daar niks oe gewys nie en ook niks terug geroep nie.
Ons het geskuif en na 40 minute net mooi niks. Nadat ons die 3de keer geskuif het was daar nog steeds niks oe of roepe nie. Kon die jak paar geskuif het van hul bly plek af.
Het met klein hasie begin en lang stiltes gehad ook.
Al wat in gekom het was 'n duiker uit die mielie land uit. Toe die maan opkom was dit nogal volmaan ook. Het ek bad luck gehad of kan dit wees dat die jakke getrek het.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by cassie_calvinia »

nico
ek dink die moeilike tyd gaan nog so maand of 2 met ons wees
HOU HOM DAAI DIKTE
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Louis102 »

Hennie, ek dink nie gevestigde jakkalse sal sommer heeltemal van adres verander nie. Sukses hierdie tyd van die jaar is nie 'n gegewe nie, jakkalse kan maar sku wees. Hulle maak mos nou reg vir paartyd, so hulle koer en vry 'n bietjie en stel dalk in iets anders as kos belang? En as jy vry, stel jy seker ook nie belang om met ander jakkalse te gesels, aldag nie?

Wat jakkalse-stelle wel nou sal begin doen is om hulle gebiede te merk. Let maar op vir merkbossies, hulle hardloop wye draaie om gebiede gereeld te merk. Hulle sal hul gebied ook vokaal begin merk, d.w.s. om vir ander jakkalse in die omgewing te vertel dat dit hul gebied is hierdie. (dink bietjie hoe jy dit kan uitbuit?)

Ek dink Cassie is reg en stem saam met hom. Man moet maar geduldig wees in hierdie seisoen en nie uit desperaatheid al jou geheime met die roeper weggee nie. As ek die adres het (seker die belangrikste faktor vir my in hierdie tyd), sal ek gaan roep, maar ek sal sorg dat ek dit slegs doen as die weer effe warmer is en die wind nie te sterk is nie. Mooi warm aande hierdie tyd van die jaar is mos meer seldsaam en ek dink dit maak die jakkalse is dan selfs meer gretig as op 'n mooi aand in die somer? Dit probeer ek uitbuit, maar moet bysê dat dit 'n luuksheid is wat 'n beroeps-jagter nie aldag kan bekostig nie.

As die ou jakkalsies dan nie wil reageer nie, los ek hulle eerder betyds sodat hulle op 'n ander geleentheid weer roepbaar sal wees.

Ek gee nou gereeld voorkeur aan nuuskierigheids-klanke, eerder as miskien 'n suiwer "prooi in nood"-klank. Dink my roepies raak dalk nou korter en my stiltes tussenin raak dalk langer. Die ou gunsteling hasie op my roeper is op 'n maand of 2 se langverlof, hy is seker ook baie moeg van al die werk deur die somer ..... Ek is nou effe meer versigtig vir jakkals distres klanke en jakkals baklei klanke, veral vroeg in 'n roepsessie, maar 'n vriendelike, rustige enkel jakkalsroepie in 'n gevesstigde stel se gebied, kan nie kwaad doen nie, dink ek.

My wagwoord nou is: "Roep min, maar roep slim" ...... nogal moeilik om toe te pas vir 'n dom ou soos ek.

Laat weet hoe julle maak.

Mooiroep
Louis
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Armand9 »

Louis is jou rede vir minder bakleie vroeg in die roepsessie omrede nuwe intrekkers skugter is vir n konfrontasie? Sal dieselfde geld vir gevestigde huurders? Goeie raad met die min roep maar ai dis moeilik! Man moet amper nou ini stoel ani slaap wil raak om dit reg te kry ;D
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by cassie_calvinia »

Louis
as jy dalk so gelukkig is om een te kry, kan jy seker vir so aand of 2 na die soek vir die maat, maar meer balkei vroeer inwerk? of nie?
HOU HOM DAAI DIKTE
Chuck
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Thu Feb 16, 2012 9:28 am

Re: algemene jakkals vra

Post by Chuck »

Oom Louis

Het ek dit reg dat nuurskierigheidsklanke goed is soos Erdman, Allegaartjie, woodpeckers, dassies ensv?

Indien jy geen reaksie kry op 'n enkel roep nie, sal dit nogsteeds wys wees om die sessie af te sluit met iets soos mooihuil en 'n reaksie, of sal dit eerder beter wees om in stilte af te sluit na kos?

Dankie vir die goeie raad!
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by visstok »

Wat met my en Roger gebeur het op 3 geleenthede die laaste maand. Na ek met n jakkals roep afgesluit het en 20min stilte gegee het, het ons begin oppak om te skuif. Ons gesels maar altyd dan so bietjie, rook n twak en drink koeldrank, 2 keur het ons sommer so met die koplamp gelig en tel dan so waar oe op wat oppad is, +- 50min na laaste roep. Die 3de keur het ek net so in stoel bly sit en ons het gesels, lig ek sommer gou in die ronte en sowaar daar kom ou vlekkie, was ook seker 40min na ons ophou roep het.

Sit ons nie lank genoeg na ons afgesluit het nie of wat sal die rede wees dat die jakkalse so lank na ons afgesluit het daar aankom? Op al drie die staanpleke was daar tussen 90min en 120min geroep.

Groete Alex
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Wayne »

Alex, I have found my success has improved with longer silence periods and as you say, sitting longer at the end. I think we used to move to soon, especially if they have been vocal.
I need help with the following. With our bushy area, you get 1 of a pair as they come in, the other sometimes gets behind a bush and you see the eyes but no shot, I have been using Vlekkie 1 and get good vocal response and maybe 50% I get it back to show for the shot. What is the PVA (plan van aksie) after a hit, silence or what do you chaps do?
This happened to me last night again. I waited until they were both in a clearing, shot the 1 that stood best, and when I found no 2, she was standing at 150m behind little bush, could see eyes... now what
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Mac »

Just keep a light on her, she will move, when it does, whistle or call a stop.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: algemene jakkals vra

Post by Danie01 »

Ek het met die vorige donkermaan, so 2 weke terug ook gaan jakkalsroep na 'n lang tyd. Snaaks hoe 'n man 2 keer na n steenbok ens se oë moet kyk om seker te maak dis nie n ongedierte nie, dit kom nou van so min in die veld wees.

Elkgeval dit was in die Griekwastad / Niekerkshoop area, met baie swarthak en min oop spasie vir staanplek. Daar waar ek gaan roep het was nie skaap en bok in die veld nie, maar bees, die bokke word in die aand maar gekraal, maar dis elkgeval in ander kampe nader aan die oom se huis.

Ons het gery tot grootste oop spasie in die kamp waar ons beplan om eerste te staan. Met die aankoms gewaar ek 'n verdagte oog, maar te ver om te sien. Ek gaan plaas toe die roeper uit sodat daardie oog nie onder my wind sou inkom nie.

Ek begin sag met kos, roep vir 25min standaard metode. Nie aanmekaar nie maar met 2 tot 5min stiltes. Ek gee toe n laner stilte van amper 10min en speel jakkals enkel roep. Uit die verte antwoord 2 jakkalse my uit verskillende rigting en die een onder my wind, seker so min van stilte reageer 'n jak baie agressief en baie hard, voel of ek sy asem in my gesig voel, maar ek sien nie die jak nie en maak gereed want dit voel asof hy moet instorm. Maar niks kom in. Gee 10min stilte en speel saggies jak/bakoor baklei en baie kort. Ek gewaar toe 'n oog, tussen die prosopis bome voor my, maar kan nie uitmaak wat dit is nie, die oë sit ver uitmekaar en is silvergroen en ek kan nie dink dat dit iets anders as jakkie is nie. Ek sou skiet, maar daar is bees reg om die oog wat op en af beweeg tussen die bees. Dis def nie 'n steenbok se maniere nie, daarom is ek sterk oortuig dis die jakkie. Die jak het tussen die bome gebly en wou nie nader kom nie, hoekom nie weet ek nie? Is dit dalk die verdagte oë wat ek gesien het toe ek afgeklim en roeper uitgesit het wat my dalk gewaar het en nie seker was of hy wil nader kom nie?

Ek wou na n redelike lang stilte weer n enkel jak roep gee maar foxpro besluit hy wil nie reageer nie. Ek gebruik toe die fluitjie en wragtig ek kry reaksie van die selfde twee wat ver is, op dieselfde plekke en na so halwe minuut weer die blikemmer voor my tussen die bome, maar nie weer helemal so aggressief soos eerste keer nie.

Ek besluit toe om nie verder te roep nie, sit nog so 10 -15min in stilte en pak toe eerder op en ry stadig nader aan jak tussen die bome, maar ek het ongelukkig nie die jak daar gekry nie.

Wat moes ek anders doen of wat sou julel doen?

Ek was darm daarna op tweede staanplek gelukkig met jong teef en 3 been rooikat wyfie, vir my oud gelyk.

Groete
Danie
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Cobus(Cobb) »

Danie01 wrote:Wat moes ek anders doen of wat sou julel doen?

Ek was darm daarna op tweede staanplek gelukkig met jong teef en 3 been rooikat wyfie, vir my oud gelyk.

Groete
Danie
Elke kurses en e-boek leer ons dat meeste kere jakkals vanuit sy eie adres of huis af skree....
So, 1), jy weet waar hy bly en kan volgende keer dalk tussen die bome en waar jy sy oge gesien het loop staan, of jou posisie by die bome verbeter

2)Dagroep is ook nou op die tafel

3) Jy sê nie hoe vêr jy geskuif het 2e stand toe nie...hoe seker is jy dat jy hom nie na 2e stand toe geroep het nie

4) Jy was elkgeval nie 100% seker dis jakkals nie, so skoot kon 'n klein mate riskant gewees het.

Net my 5c

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Cobus(Cobb) »

My vraag is suiwer en vir geen ander rede as vir interessantheid nie.

Ek het gister 'n nuwe plaas bekom vir skietwerk,dit is 'n nie-blanke se plek...lyk bietjie oorgroei maar drade en als lyk beter as wat ek al beleef het.
Het enige iemand hier al by 'n nie-blanke klient geskiet? Dis vir my vreemd, maar dalk alledaags vir julle.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Geno »

Cobus(Cobb) wrote: Het enige iemand hier al by 'n nie-blanke klient geskiet? Dis vir my vreemd, maar dalk alledaags vir julle.

Gerrit (nightrosuppressors) het Vrydag-aand by 'n BEE boer gejag. Na hy erg gesukkel het om jakkalse ingeroep te kry, het hy maar opgepak en terug kamp toe gery. Daar gekom, sit die boer met 'n .22 agterop sy bakkie met die deure oop, roep CD wat skreeu vanaf track 1 tot track 20...
Goed, beter, 6millimeter!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: algemene jakkals vra

Post by Danie01 »

Cobus(Cobb) wrote:
Danie01 wrote:Wat moes ek anders doen of wat sou julel doen?

Ek was darm daarna op tweede staanplek gelukkig met jong teef en 3 been rooikat wyfie, vir my oud gelyk.

Groete
Danie
Elke kurses en e-boek leer ons dat meeste kere jakkals vanuit sy eie adres of huis af skree....
So, 1), jy weet waar hy bly en kan volgende keer dalk tussen die bome en waar jy sy oge gesien het loop staan, of jou posisie by die bome verbeter

2)Dagroep is ook nou op die tafel

3) Jy sê nie hoe vêr jy geskuif het 2e stand toe nie...hoe seker is jy dat jy hom nie na 2e stand toe geroep het nie

4) Jy was elkgeval nie 100% seker dis jakkals nie, so skoot kon 'n klein mate riskant gewees het.

Net my 5c

Cheers
Staanplekke was meer as 2km van eerste een en ek het daardie jak geskiet net nadat ek roeper geplaas het.

Die skoot sou risiko gewees het maar daar is niks in daardie kampe wat ek sou skiet soos skaap of bok van daardie grootte nie, dit was defnitief nie n draaijakkals of bakoor nie, oë was groter en gewoontes was anders. Daar het wel 'n draaijak ingekom binne die eerste 10 min wat ek nie geskiet het nie en daar het ook so kleinerige tipe kat gesit, vermoed dis die tiershoopkatjie, of so iets, amper soos groukat maar kleiner, kon seker klein groukat ook wees, maar ek het die ook gelos en nie geskiet, aandag was op die jak. Daar was ook springhase en vlakhase en mens kon duidelik sien hierdie nuwe oog tussen die bees is groter as hase sin ens. Daar het ook so paar koedoes tussen die bome verbybeweeg, maar nader aan my. Snaaks dat hul nie juis reageer op die jakroepe en distress klanke nie.

Mens kan nie nader na bome beweeg nie want daar is geen staanplek nie, dagroep sal dalk die ding daar doen ja, of dalk eerste ander staanplek so na as moontlik aan lokasie?

Groete
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Cobus(Cobb) »

Ek het so jakkals hier by my...BAIE ruig, so lae koppie agter boer se huis....ek het al sy gespeende kinners geskiet, al sy jong teef geskiet, maar hy koggel my net....hoor hom net....ek kannie nader nie, ek kannie verder nie...daar is so 60m oop kol waarin ek kan werk...daai jakkals koggol my al in my drome..
Dis 'n blesbok kamp...eks al raadop met die $%^&*(!!!!!!
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Ek dink jy het hulp nodig
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: algemene jakkals vra

Post by Danie01 »

Cobus, ken ook daai gevoel, maar hierdie een was eerste keer wat ek vir hom geroep het en niemand anders het al op daardie plaas daar geroep nie, kan dalk wees dat buurman mense het wat daar roep.

Hoop ek sal die volgende keer die man kan uitoorlê.

Sterkte met die hans jak daar by jou.
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: algemene jakkals vra

Post by Henry 7 »

Cobus
Moenie sleg voel nie-ek het so 'n reun bo-op my berg-jy roep hom nie HY ROEP JOU!
Van afkom wil hy niks weet nie,10/80 sit hy nie sy mond aan nie,met 'n dagroep kyk ek reg in die son,chopper het hom net gekwes.Die dag as ek hom kry kom da 'n groot party! 2 tewe het geval laaste 2weke of so en dit is my laaste hoop dat hy nou baie verlang anders weet ek nie.
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Wayne »

Mac, thanks, I tried all sorts, light dim, off and bright on on side of tree so that it would move out on other side. She must have turned and walked away from me - vanished.
What should I have done after first shot, possibly just sat quiet, play nothing else - help please
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Cobus(Cobb) »

NicoSmit wrote:Ek dink jy het hulp nodig

Dis koud hier by my chom... ;D ;D ;D
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by visstok »

Wayne

Jy kan bakoor/jak baklei van Oom Louis probeer, dit werk vir my, tot al die maat laat terug draai en weer instorm na die een geskiet was, wou haar net laat terug kyk toe draai sy sommer en kom staan lanks roeper.

Groete Alex
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: algemene jakkals vra

Post by Henry 7 »

Wayne
Ek weet nie ma vir my lyk dit as jy die teef 1ste skiet kry jy die reun ook ma as jy die reun 1ste skiet dan gaan dit maar taai-vraag is nou hoe weet jy watter een is watter een-wil ook vir my lyk as hulle saam inkom of die teef voor is-dis ma net wat ek al 'n paar maal gesien het en ek is seker dis nie " a given" nie. 3 weke terug hulle gehoor en nader gegaan-Bugsy gespeel-toe Ore distress en Baklei4 gemeng en toe Distress Noll en mamma was 1ste en 10 min later het pappa ook kom kyk.
Henry
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Cobus(Cobb) »

as jak reeds baie "suspisieus" is en dinge gebeur nie vinnig of spur of the moment nie.....sal woef nog inkom vir so baklei klankie?
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Post Reply