Soek verskoning om nog n roer te koop.
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Soek verskoning om nog n roer te koop.
Manne,
Op die oomblik wat jag aanbetref sit ek met n .308 Win en n .375 H&H Mag. Ek kyk om nog so geweer of twee te las, waarvan die een n o/u haelgeweer sal wees. Vir die ander roer kyk ek na iets kleiner as die .308W wat ek nou graag n ordentlike nagskiet teleskoop wil opsit, so wil hierdie roer kan gebruik vir die jakkies.
Ek dink aan die 25.06. Sou julle hom aanbeveel, of sou julle nog kleiner gaan na die .22's toe.
Groete

-
jmb
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Ek kan jou waarborg dat eerstens gaan jy op hierdie forum aangeraai word om 'n 243 te koop. Tweede gaan hulle 'n 243 aanbeveel. die derde voorstel sal 'n 243 wees. Ek kan aangaan maar ek stel voor kry 'n 243. 
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Jong, n 243 klink goed. Ek dink net aan die poeier kapasiteid wat die 25.06 my gaan gee. Hoe lyk die spoed tussen die twee. Sal julle aanbeveel ek bly weg van die 222,223,22-250 af? Wil die nuwe roer nou sommer uit kit vir jakkals...
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Iceman, die 25-06 doen maar net met n 120gr koeel wat n 243 met n 100 greiner doen. Hy is dalk n klein bietjie platter, minder windsensetief maar hy moet baie meer poeier verbrand om dit te vermag. Ek beskou die 25-06 so bietjie meer as n spesialiteitskaliber as die 243, so alles en alles sal ek vir jou die 243 voorstel. Ek het altwee en die 243 is die allermans kaliber. Kom ek verduidelik my laaste stelling, hy is makliker om te laai, makliker en goedkoper om sy komponente of patrone te kry en hy wecoil minder(daar is n redelike verskil tussen die twee). Hy kom ook meer voor in geweermake en modelle as die 25-06, dus is jou keuses groter. As jy vir dir 25-06 gaan is daar defnetief niks vout met jou keuse nie.
Lekker tob
Wouter
Lekker tob
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Dankie manne,
Ek le al klaar 243 se kant toe na julle voorstellings. en wat dan van die 22's? 243 oor hulle ook?

Iceman ek kan die saak tussen die 243 en 25 06 nie beter stel as Wouter nie. Wat die 22's betref is die vraag van wat jou doel vir die geweer is meer ter sprake. Daar is bitter min wat die 222 en 223 kan doen wat die 243 nie ook kan doen met 'n ligte punt nie. Die 22250 is miskien 'n perd van 'n ander kleur maar hy is basies 'n spesialis ongedierte jag geweer. Jy kan nie gewone wild met hom jag nie behalwe as jy net kopskote skiet of natuurlik 'n besonderre voorliefde het vir wildsfrikkadelle.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
"besonderre voorliefde het vir wildsfrikkadelle."
JMB - jy kon die nie beter gestel het nie. Die 25-06 is 'n lieflike kaliber, maar as jy duskant 250m enige ander plek as die kop of ho? nekskote skiet sit jy met dieselfde frikkadel dilema.
Die 22-250 is soos Wouter ges? het 'n spesialis ongediete kaliber en beslis die enigste standaard 22 kaliber wat ek persoonlik sal oorweeg vir Jakkals skiet. Die res - 222 en 223 her net nie genoeg oemf vir my nie.
Iceman, koop gerus vir jou 'n 243 - ek het een en ek sal m?re vir my nog een koop as ek net kon. Jy sal verlief raak op die kaliber soos die res van ons.
Jaco

Dont tell me, show me......
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
ek is self n "fan" van die 25-06. ek sien die skrywers van die boek "Cartridges of the world" se enegeiets wat die 25-05 kan doen sal die 270 beter doen. ek gaan seker in die moeilikheid kom oor wat ek nou gaan se maar ek dink die 243 is goed maar dat die 6mm rem beter is. lees gerus n bietjie op oor hierdie rondte en praat met n paar manne wat hom het.
n vriend van my het n slaghuis wat bekend is vir wildsvleis. hy skiet van jakkalse tot eland met sy 270 130grn pro-hunter.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Marius G
Man ek kan vir jou 38760318 redes gee om n nuwe roer te koop. wat van 2 2de handses in plaas van een nuwe? spot sommer.
Daai 230 is bietjie lig vir n elang behalwe as dit werklik premium gehalte punt is//..As jy allrounder moer kies en 1 gun moet kies 6.5 mooi in die middel met wye keuse van punte (koele,projektiele)
Loop ooop
JB

Shoot straight and tell the truth!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
watter 6.5? daar is so baie, ek kan nie eers almal onthou nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Verstaan nie die 230 opmerking nie, mis ek nou al weer iets?JACQUES BOTHA wrote: Marius G
Man ek kan vir jou 38760318 redes gee om n nuwe roer te koop. wat van 2 2de handses in plaas van een nuwe? spot sommer.
Daai 230 is bietjie lig vir n elang behalwe as dit werklik premium gehalte punt is//..As jy allrounder moer kies en 1 gun moet kies 6.5 mooi in die middel met wye keuse van punte (koele,projektiele)
Loop ooop
JB
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Iceman, my opinie is dat jy nie die 223 moet miskyk nie, as jy wil jakkals skiet en nie die kaliber se vermoe gaan oorskat nie is hy enige dag net so dodelik as die ander voorstelle. Hy is lig op sy loop en baie goedkoper om te herlaai amper 2x meer patrone op n blik as die 243, en met kd op skiet hy soos n .22. Ek het vir 7 jaar net n 223 gehad en tot koedoe met hom geskiet, die ding is ons 2 ken mekaar en ek het vertroue in hom, en dit is baie belangriker as kaliber.
Groete Tjops
Groete Tjops
- Geno
- Administrator

- Posts: 13663
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Majuba, het jy 'n 25-06? Hoeveel skote kan 'n man deur sy loop gooi?majubaketie wrote: en die 25-06 eet somer gou gou i loop op. In die veld glo ek nie jy gan i verskil sien tusen die twee se performance sien nie.
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13663
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Majuba,
Hoe definieer jy "overbore"?
Watse formule gebruik jy?
Hier: http://www.reloadingroom.com/index_files/Overbore.htm
s? Ken Howell dat die volgende formule gebruik kan word om overbore te bepaal.
Jy vat die kaliber x kaliber x 1000 =
nou, as daai getal KLEINER is as die dop se water kapasiteit in grein, dan is hy overbore.
bv. .243win.
.243x.243= 0.059049 x 1000 = 59.049
Dop kapasiteit is 54gr m.a.w hy is nie overbore nie.
Nou die .25-06
.257 x .257 = .066049 x 1000 = 66.049
Dop kapasiteit is 66gr. Hy is overbore, maar nie so erg baie soos wat mense dink nie.

Die .243 is nie overbore nie, kyk die som wat ek gemaak het.Mar as ek reg onthou is die 243 en 270 altwee overbore
En die 2-skeewentig: .277 x .277 = 0.076729 x 1000 = 76.729
Dop kapasiteit = 68gr H2O
So hy is nie naastenby overbore nie, alles behalwe.
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Wouter
230 was n tikfout , n vriend van marius skiet alles met sy 270 self eland met 130grein punt, toe gooi ek n 230 in sorry. finger trouble wat jy sal agterkom ek maklik maak..
Veral as ek sit en skiet en ek sien die kruishaar is van die ghog af en ek trek, skuus druk nogsteeds die sneller --finger trouble agfain..
mooi bly ..
Jacques
230 was n tikfout , n vriend van marius skiet alles met sy 270 self eland met 130grein punt, toe gooi ek n 230 in sorry. finger trouble wat jy sal agterkom ek maklik maak..
Veral as ek sit en skiet en ek sien die kruishaar is van die ghog af en ek trek, skuus druk nogsteeds die sneller --finger trouble agfain..
mooi bly ..
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Hel Jacques
Ek is so disleksies dat ek ekstra tyd op skool gekry het om my vraestelle klaar te maak. My spelling laat my 4 jarige lag! Ek het die naweek weer gedink aan daai vraag van wat se 2 roere en ek dink ek sal my keuse verander na n 270 Ack en 375 Ack, ek moet maar bly by die Ackley's, die 270 is seker die beste allroander onder en dieselfde vir die 375 bo. Met my eerste keuse het ek ook nie beskikbaarheid van amunusie in ag geneem nie. Ek het groot geword met n 270 in die bosveld, my oom het gese dit is die beste kaliber ooit, ek en my broer het hom blindeliks geglo. Toe een van my beste vriende in standerd ses aankondig dat n 30-06 n beter bosveldkaliber is volgens sy pa het ek hom een dag grasie gegee om sy stelling terug te trek. Hy het die volgende dag net na opening bevestig dat sy vorige dag se stelling nog steeds staan, dit het hom 3 van sy voortande gekos! Ek het tot vandag toe nog die merke op my hand! My 270 Winchester merke!
Snaaks dat ek nie n 270 het nie, ek moet dit seker reg stel in die toekoms. n Skande, nou dat ek daaraan dink!
Wout
Ek is so disleksies dat ek ekstra tyd op skool gekry het om my vraestelle klaar te maak. My spelling laat my 4 jarige lag! Ek het die naweek weer gedink aan daai vraag van wat se 2 roere en ek dink ek sal my keuse verander na n 270 Ack en 375 Ack, ek moet maar bly by die Ackley's, die 270 is seker die beste allroander onder en dieselfde vir die 375 bo. Met my eerste keuse het ek ook nie beskikbaarheid van amunusie in ag geneem nie. Ek het groot geword met n 270 in die bosveld, my oom het gese dit is die beste kaliber ooit, ek en my broer het hom blindeliks geglo. Toe een van my beste vriende in standerd ses aankondig dat n 30-06 n beter bosveldkaliber is volgens sy pa het ek hom een dag grasie gegee om sy stelling terug te trek. Hy het die volgende dag net na opening bevestig dat sy vorige dag se stelling nog steeds staan, dit het hom 3 van sy voortande gekos! Ek het tot vandag toe nog die merke op my hand! My 270 Winchester merke!
Snaaks dat ek nie n 270 het nie, ek moet dit seker reg stel in die toekoms. n Skande, nou dat ek daaraan dink!
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Manne, Ek het die keuse nou tussen die .223 en .243. Voel asb welkom as julle dink daar behoort n ander kaliber in my lys te wees. As nie, watter een tussen die twee. Die feit dat die 223 weermag punte kan skiet is nie n punt nie aangesien ek hulle nie in die hande sal kan kry nie.
- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Iceman1982,
Ek het n Howa .223 (varminter) en n ou Sako 243 met n NUWE Walther "match" loop. As ek moet kies, kies ek my 243 oor en oor, al voordele wat die .223 het in my o? bo die .243 is dat hy goedkoper herlaai en dalk n bietjie ligter is op n loop.
Maar speel, speel daai .223 lekker.
Net my 2c
Groete uit n lekker nat Windhoek

Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Groete uit Windhoek
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Ek sekondeer ook die 223Rem as 'n puik keuse. Ek herlaai / skiet al hierdie kaliber vir 10 jaar en dit is 'n louter plesier.Witpietskiet wrote: Iceman1982,
Ek het n Howa .223 (varminter) en n ou Sako 243 met n NUWE Walther "match" loop. As ek moet kies, kies ek my 243 oor en oor, al voordele wat die .223 het in my o? bo die .243 is dat hy goedkoper herlaai en dalk n bietjie ligter is op n loop.
Maar speel, speel daai .223 lekker.
Net my 2c
Groete uit n lekker nat Windhoek
Vir die klein hoeveelheid poeier (omtrent 26gr. S321), kry jy omtrent 3200vps met 'n 55gr. punt.
Daar is GEEN komplikasies met die voorbereiding van doppe - soos met baie van die "overbore" doppe nie
Die geweer het feitlik geen terugskop nie - idiaal vir dames en jong kinders.
Die loopleeftyd is baie beter omdat die doppe nie overbore is nie
Ja, en die Weermag-surplus patrone opsie is ook vir baie 'n bepalende opsie
Die "nadele" van die 223 is dat jou skootplasing op springbok-grote wild baie goed moet wees. Hy is ook baie windsensitief.
Ek het beide 'n 223Rem en 243Win. Kan nie regtig kies tussen die 2 nie, want hulle is bloedfamilie wat net vreugde verskaf.
Sterkte met die keuse.
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Julle maak dit nie makliker vir my nie. Ek le so .243 se kant toe. Met die 243 kan ek darem nog gemaklik tot op blesbok en rooibok skiet. Die ander kant van die storie is as ek die 243 koop en dis nie waarna ek soek nie, dan is daar plek vir die 223 ook? 
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Ice,
Koop die .243 en geniet hom.
Ek wou ook .243 gaan, maar het het besluit op 25-06, en ek is ook nie spyt nie.
My T3 is baie lekker, en hy skiet net so lekker.
Alle gewere se lope moet klaar word een of ander tyd, as my 25 se loop klaar is voor 'n .243, dan beteken dit net ek skiet vinniger weer kopskote voor die ander man
Raven

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
-
jmb
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Iceman ek weet nie of jy nuut wil koop of tweedehands nie. Dit lyk vir my 223's is baie skaarser as 243's. Jy sien amper nooit 'n 223 geadverteer nie.
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Ek kan n 223 kry, nuut. Maar net omdat hy beskikbaar is, maak hom nie die regte keuse nie.In ons land moet n mens mos reg koop en eenkeer koop. In Amerka , ja, dan koop ons mos sommer twee roere oor die toonbank, swipe die krediet kaart en more jag ons met hom. Maar hierdie jakkalse van ons d***ner mos alles op...
Maar op hierdie stadium lyk dit soos die 243....
Maar op hierdie stadium lyk dit soos die 243....
-
jmb
Re: Soek verskoning om nog n roer te koop.
Ek dink dit is 'n goeie keuse. Ek dink my vrou is ook baie verlig dat ons nie in die VSA bly nie. Ek dink ek sou meer kluisspasie gehad het as wat sy kaste gehad het vir haar klere. 