FC se Jag fotos

Post Reply
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

FC se Jag fotos

Post by FCLoretz »

Ek en my vrou is uitgenooi om die naweek bietjie by Schalk te gaan kuier. Dit het uiteindelik gebeur na sowat 3 maande se dreig wat of ek of schalk besig was met ander verpligtinge.

Ons het Saterdag na ek klaar gewerk het die pad lydenburg toe gevat en darem al die slag gate misgery. Ons het op die plaas aan gekom en was warm verwelkom deur Schalk, Hester en Pieter. Die vrouens het aan die kuier geraak. Ek en Schalk het die plaas gaan verken. Hy het vir my die lekker voerplekke gewys waarvan ons altyd net die trailcam fotos sien met die mooi koedoes en varke. Maar van die Varke en Koedoes was daar nie 'n enkele een in sig nie. Ons het toe wel 'n vark in die een mielie land gesien en op ongeveer 80m het ek die vark mis geskiet en die skoot links verby die vark gedruk.

Ons is terug huis toe en het 'n vuurtjie gaan aansteek. Na die vuurtjie mooi gebrand het, het ons gou by die ander voerplek gaan loer en oppad terug huis toe is ons laat weet daar loop 'n vark in die lande. Ons het die vark in sterk skemer in die land gekry en op sowat 400m die vark ook mis geskiet. Ek het naderhand regtig begin dink ek is cursed, want ek kan net nie geluk kry saam die varke nie. Ek jag al immers nou al 5 jaar lank varke en kan net nie reg kom nie.

Ons is daarna terug huis toe waar ons lekker aan die kuier geraak het en 'n lekker vleisie gebraai het.

Schalk en Bernadette
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/Lydenburg%20kuier/DSCN2687_zpsf53a1823.jpg

Hester en Pieter
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/Lydenburg%20kuier/DSCN2686_zps7b5d29cb.jpg
Bruin Knopies spinnekop omtrent so groot soos 'n 50c stuk
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/Lydenburg%20kuier/DSCN2685_zps62a273b6.jpg

Pieter en die lekker vuur
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/Lydenburg%20kuier/DSCN2688_zpsbada4794.jpg

Ons het na die braai ook 'n draai gaan ry en gekyk of ons 'n jakkals of 2 kan rol. Maar die jakkalse wou nie stil staan nie. Terug by die huis het ons tot na 12 om die vuur gekuier.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: FC se Jag fotos

Post by FCLoretz »

Ons het Sondag opgestaan en Ek en Schalk is weer die veld in. ons was seker 30 minute in die veld toe 6 varke voor ons in die pad in stap, salig on bewus van ons, het hulle lekker in die pad gestaan en grou. Ek het gaan sit en oor die skietstokke aangele. Dit is toe dat die varkkoors my beet kry. Ek het gesukkel om die kruishaar stil te hou. Toe ek uiteindelik dit reg kry het ek op die een vark aangele wat my reg van voor gekyk het en die kruishaar mooi tussen die laat stil. Die skoot het geloop en die varke het gehardloop en ons kon hoor hoe die koeel nog ver agter die varke eers gaan le.

Teen die stadium was dit nie meer snaaks nie. Ons het nog so 2 ure in die veld geloop en soek warrna ons huis toe en gaan aansit het na 'n baie lekker ontbyt wat deur Hester voorberei is. Ons het lank op die stoep gesit en kuier en mamma het gese dit is nou tyd om te ry. Terwyl ons besig was om alles in die kar in te laai. Het Schalk en Hester die lande dopgehou. Ek was net oppad om die laaste boks in die kar te laai toe Schalk uit die huis stap met sy geweer en se daar is 3 varke in die lande. Ek het sommer vinnig vir mamme gese ek is nou terug en ons het die varke begin bekruip.

EK het die varke die laaste 100m alleen bekruip, terwyl Schalk hulle van agter af dopgehou het. Ek het in 'n gemaklike skietposisie gekom en weereens erg gesukkel met die varkkoors. Ek het 2 keer opgehou aanle en weereens probeer fokus voordat ek kalmer was en mooi kon aanle op die sog. Die skoot het geloop en sy het in die plek in mekaar gesak.

Ons het die afstand gemeet en 185m uitgetree. Ek het die Sog met 165gr SST geskiet deur die ruggraat.

http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/Lydenburg%20kuier/DSCN2691_zps46c4051c.jpg

http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/Lydenburg%20kuier/DSCN2692_zps6e2c0721.jpg

http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/Lydenburg%20kuier/DSCN2693_zps135fd989.jpg

http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/Lydenburg%20kuier/DSCN2694_zps7834ec05.jpg

Schalk het 'n howa 30-06 waarmee ek die vark geskiet het. Ek was verskriklik verbaas oor die min recoil wat die geweer het(geen silencer nie). En die sneller was vir my verbasend lekker en het nie die gewone "creep" waarvan ek mense hoor praat nie.

Dit was 'n great naweek saam vriende en die Varkie was 'n bonus bo op die naweek.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: FC se Jag fotos

Post by henried »

Geluk met die vark.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: FC se Jag fotos

Post by FCLoretz »

Dankie Henrie
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: FC se Jag fotos

Post by FCLoretz »

Dankie Ludwig.

Ek is nou die loodgooi kaptein na my baie misskiet
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: FC se Jag fotos

Post by VdWalt »

Baie geluk!! En nou is die ys gebreek en die varke gaan nou les op sê!
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: FC se Jag fotos

Post by FCLoretz »

Hahaha,

Net so VdWalt. Daai varkie gaan ook net so na Johan toe.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: FC se Jag fotos

Post by vlakvark1 »

Weereens baie geluk met jou eerste vlakvark.
Dankie vir die mooi woorde wat jy geskryf het. Dit was n groot plesier en baie lekker om jou en jou vrou te ontmoet

Ek is baie bly dat ek jou kon help met die jag van jou eerste vlakvark
Dit was nou wel nie die grootste vlakkie op die plaas nie maar tyd was min en volgende keer sal hy groter
wees. ;)
vlakvark en bosvark Bvk
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: FC se Jag fotos

Post by FCLoretz »

vlakvark1 wrote:Weereens baie geluk met jou eerste vlakvark.
Dankie vir die mooi woorde wat jy geskryf het. Dit was n groot plesier en baie lekker om jou en jou vrou te ontmoet

Ek is baie bly dat ek jou kon help met die jag van jou eerste vlakvark
Dit was nou wel nie die grootste vlakkie op die plaas nie maar tyd was min en volgende keer sal hy groter
wees. ;)
Ek praat net die waarheid. Dankie vir jou moeite. Jy is nou wat mens 'n pel 1000 kan noem.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: FC se Jag fotos

Post by Eugene »

Mooi gemaak daar FC!
Aim small, miss small
Post Reply