My verste tot dusver!

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

My verste tot dusver!

Post by Eugene »

Ek was vir die naweek van 24-29 April 2014 saam met Ludwig na Frikkie Coetzee in Cradock vir 'n jag op sy plaas. Dit sou my eerste proe van langafstand jag wees, aangesien my verste skoot voor dit, maar 280m was. Ure is spandeer aan lading ontwikkeling en Frikkie en Ludwig was naderhand bang dat my loop uitgeskiet sou wees, voor die 6.5x284 enige bloed getrek het....

Na ons aankoms en uitpak op die plaas, het ons vinnig die gewere se zero's nagegaan en het ek sommer my geweer op die plaas op 196y ge-zero en die toestande dienooreenkomstig op Shooter ingelees. Daar het bietjie reen geval voor ons aankoms en nadat ek die erdwurms op die plaas gesien het, was ek spyt ek het nie eerder 'n vistok gebring, in plaas van gewere nie....

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/1671_zps3ba41944.jpg
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/1672_zps9ef6917a.jpg
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/1684_zps0c3389a7.jpg

Ons het vinnig 'n draai gaan ry by Frikkie se "spens" en binne die eerste halfuur, het ek die geleentheid gehad om nie net die eerste bloed te trek met my 6.5 nie, maar ook om my verste bok tot op hede te kon skiet! Hier is 'n foto van waar die takbok gestaan en geval het en die skietpunt was net langs die bakkie op die foto!

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/1679_zps19a716f5.jpg

Weens 'n sameloop van omstandighede en die donker wat vinnig op ons was, het ek vergeet om 'n behoorlike foto te neem, hierdie foto is die beste wat ek kan gee....

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/1676_zps661d6f07.jpg

Ek het die 130gr Berger Hunting VLD koeels gebruik. Alhoewel my skoot effens laag was, het die koeel beide dik bladbene gebreek, maar nie aan die agterkant uitgekom nie. Die jurie is dus nog uit op die werklike prestasie van die koeels....

Die volgende dag kon ek 'n mooi koedoekoei vir vleis skiet op 80m met die 308 en ek kon ook daarin slaag om 'n mooi 7" rooiribbok op 331y te skiet.

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/1779_zps92be28d0.jpg

Die Saterdag het ek 'n redelike mooi skoot op 'n koedoe gehad op 580y, maar ek sou bo-oor 'n kloof moes skiet en die wind was baie moeilik om presies te bepaal. Met tye het dit gepeak op 12mpu en dan sommer net weer heeltemal verdwyn. Die koedoe was op 'n gedeelte tussen baie klippe en min gras en ons kon glad nie voorspel wat die wind oor die kloof sou maak nie. Ek het dus, in ooreenstemming met Frikkie en Ludwig, besluit om eerder nie die skoot te vat nie, aangesien ek nie met 'n groot mate van sekerheid kon bepaal, waar daardie skoot sou val nie.

Ons het die Maandag bietjie tyd spandeer om Frikkie se bobbejaan probleem te verminder en ek het na 3 skote, nie eers een skoot kon sien tref of eers naby die "teiken" sien tref nie. Nadat ek op 702y aangelê het op 'n groot bobbejaan en Ludwig vir my "ge-spot" het, het hy rapporteer dat my skoot omtrent 'n meter hoog was.... Terwyl ek die probleem probeer soek het, het Ludwig gelukkig onthou dat ons die vorige middag op 990y geskiet het op klippe en ek moes dus net my teleskoop teruggedraai het tot by die naaste nul, in plaas daarvan om 'n volle omwenteling terug te draai! Rookie mistake het my 'n goeie skoot op 702y bobbejaan gekos en nadat ek alles weer reggestel het, was daar natuurlik geen verdere bobbejane om te skiet nie!

Ek het 'n paar waardevolle lesse geleer gedurende hierdie jag:

1. Kry die beste rangefinder, Leica as minimum. My gewone Leupold kon op sy verste, bokke op 450y range en groot kranse op 550y;
2. Jou kruit te tempratuur beinvloed jou spoed, ongeag die omgewingstempratuur. Ek was aanvanklik baie laag gewees en moes my spoed met omtrent 60ft/s verlaag op Shooter, om my POI te behou;
3. Hou tred met elke skoot en draai ELKE keer jou turret terug na nul;
4. Onthou die hoek waarteen jy skiet. Party skote se hoeke was -29' en ander +26'. As jy dit nie invoer in Shooter nie, gaan jy nie skiet waar jy mik nie;
5. Huur eerder 'n Toyota as om met jou Isuzu daar aan te kom. Die ooskapenaars dink nie veel van Isuzu's nie en is nie skaam om dit (herhaaldelik) te sê nie! ::)
6. Die ooskapenaars heg geen waarde aan groente nie en leef op roosterkoeke en vleis, BAIE vleis. As jy van groente hou, vat dit self saam en eet dit skelm in jou kamer.... ;)

Baie dankie Frikkie vir 'n onvergeetlike jag. Jou gasvryheid is ongelooflik en jy het geen moeite ontsien om dit vir ons aangenaam te maak nie. Dit was regtig great!

http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/1731_zps43b5c246.jpg
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: My verste tot dusver!

Post by Eugene »

Tegniese data was soos volg:

Afstand: 471y
Density Altitude: 4300ft
Wind: Geen
Hoek: 10 grade

Elevasie: + 5.4 MOA
Wind: 0 MOA

Velocity on Impact: 2214.9 fps
Energy on Impact: 1416.1 ft/lbs
Tyd: 0.560 s
Aim small, miss small
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: My verste tot dusver!

Post by henried »

Geluk, mooi gedoen.
Heng dis 'n wurm... :o
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: My verste tot dusver!

Post by THOMAST »

Lekker Eugene!
Het jy 'n 200m zero op jou geweer?
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: My verste tot dusver!

Post by Eugene »

THOMAST wrote:Lekker Eugene!
Het jy 'n 200m zero op jou geweer?
Ek het op die plaas vinnig net my zero nagegaan op 196y en toe dit sommer as zero gebruik, omdat ek net verder as 300m sou skiet. Normaalweg sal ek 'n 100y zero gebruik.
Aim small, miss small
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: My verste tot dusver!

Post by FCLoretz »

Mooi Eugene.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: My verste tot dusver!

Post by Eugene »

henried wrote:Geluk, mooi gedoen.
Heng dis 'n wurm... :o
Ek kan net wonder hoe hulle visse lyk.... :o
Aim small, miss small
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: My verste tot dusver!

Post by henried »

Eugene wrote:
henried wrote:Geluk, mooi gedoen.
Heng dis 'n wurm... :o
Ek kan net wonder hoe hulle visse lyk.... :o
Ja kyk, daai wurm sal meeste vis in die Vaal intimideer... :laugh:
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: My verste tot dusver!

Post by matewis »

Mooi man Eugene, lyk baie mooi daar! Goed gegooi, julle langskietmanne speel n ander speletjie!
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: My verste tot dusver!

Post by Frikkie Coetzee »

Eugene. Wat moan jy nou oor Izusus? Jy weet mos op n stil aand hoor jy n Izusus roes.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: My verste tot dusver!

Post by Carl »

Dankie mooi storie Eugene en goeie lesse, dankie vir die deel. As ons kar krieket speel kry jy baie Suzies daar in die Oos-Kaap, hulle gebruik hulle seker vir kerk toe ry.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: My verste tot dusver!

Post by BRNO (Pierre) »

Dankie Gena, en baie geluk na n baie lang pad wat jy met jou roer gestap het.
Veiligheid eerste manne!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: My verste tot dusver!

Post by Eugene »

BRNO (Pierre) wrote:Dankie Gena, en baie geluk na n baie lang pad wat jy met jou roer gestap het.
Dankie Pierre!
Aim small, miss small
MONTIE
Full Member
Full Member
Posts: 129
Joined: Thu Dec 20, 2012 7:07 am

Re: My verste tot dusver!

Post by MONTIE »

Baie mooi.Watter scope gebruik jy Eugene?
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: My verste tot dusver!

Post by Marc »

Soos ek reeds gesê het, geluk met twee puik skote Mater. Daai Ribbok raak net groter en groter hoe meer ek hom raakloop ;D
Last edited by Marc on Tue May 06, 2014 8:09 am, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: My verste tot dusver!

Post by Eugene »

MONTIE wrote:Baie mooi.Watter scope gebruik jy Eugene?
Sightron S111 8-32x56 oom Montie.
Aim small, miss small
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: My verste tot dusver!

Post by Wouter Roets »

Hallo Eugene

Baie geluk met hierdie jag van julle. Ek weet jy het baie tyd en moeite ingesit in hierdie hele projek waarvan jy nou die welverdiende vrugte van pluk. Welgedaan!

Groetnis
Wout
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: My verste tot dusver!

Post by Frikkiedbr »

Baie geluk oom Eugene, ja nee soos hulle sê oefen en die tyd wat mens in sit betaal later.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: My verste tot dusver!

Post by Eugene »

Wouter Roets wrote:Hallo Eugene

Baie geluk met hierdie jag van julle. Ek weet jy het baie tyd en moeite ingesit in hierdie hele projek waarvan jy nou die welverdiende vrugte van pluk. Welgedaan!

Groetnis
Wout
Dankie Wouter! Om te meet is om te weet! ;)
Aim small, miss small
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: My verste tot dusver!

Post by BRNO (Pierre) »

Eugene wrote:
Wouter Roets wrote:Hallo Eugene

Baie geluk met hierdie jag van julle. Ek weet jy het baie tyd en moeite ingesit in hierdie hele projek waarvan jy nou die welverdiende vrugte van pluk. Welgedaan!

Groetnis
Wout
Dankie Wouter! Om te meet is om te weet! ;)
Om te kan meet, is om te weet ;)
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: My verste tot dusver!

Post by Geno »

Geluk my maat! Jy hou ons naam hoog!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: My verste tot dusver!

Post by Katefbessie »

Baie mooi en geluk! Grootste "Erties" wat ek in my lewe al gesien het!
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: My verste tot dusver!

Post by Chevvy SS »

Netjies Eugene!
Post Reply