Degenad - Jag 2014 Pongola
- DanieDegenaar
- Sr. Member

- Posts: 368
- Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm
Degenad - Jag 2014 Pongola
Ons was so bevoorreg om die naweek wat verby is bietjie by Pongola te gaan jag.
Vroeg die vrydag oggend het ons begin loop en amper dadelik die blouwilde beeste in baie lang gras. Ek begin bekruip en kom so binne 80 meter van hulle af. Ek sien net die koeie se hare op die skof uitsteek. Toevallig kom die bul en gaan staan op 'n miershoop om te kyk wie vir hulle kyk. Hy staan skuins van voor maar die skoot klap en ek slaan hom mooi op die punt van die blad. Nou ja 80 meter verder kry ons hom toe in die lang gras mors dood. Die 30-06 met Hornady 220gr Interlock teen 2300 f\s het sy werk gedoen.
Later het my een vriend 'n mooi rooibok geskiet ook op so 80 meter.
Die res van die dag was ons maar baie rustig en het bietjie gaan wild kyk en net die natuur geniet.
Volgende oggend vroeg is ons uit en kry dadelik 'n mooi vark wat my ander vriend vinnig neersit met my .243 met 'n pragtige skoot tussen die oe. Daai vark het 'n pragtige lyf aan hom. So jammer daar was nie 'n skaal om die karkaste te weeg nie.
So uur na die vark skiet hy ook toe sy rooibok weer met 'n pragtige nek skoot. Dit self is 'n besondere rooibok met mooi lyk en horings.
Ek het die res van die oggend spandeer en wildebeeste bekruip, maar sonder sukses. Of ek kry nie die bulle nie, of daar is buffels te naby, of ek kry net nie 'n kans om 'n ordentlike skoot op een te vat nie. So gaan dit aan en aan. So teen een uur laai ons die ander manne af naby 'n watergat om te kyk of hulle nie daar rond 'n mooi vark kan kry nie. Ek slaan ander rigting in om te kyk of ek nie my laaste blouwildebees kan kry nie. Ek kry hom toe in 'n ruigte waar hy rustig staan en wei. Ek bekruip en kom agter hom in. Ek wag en wag maar daar is geen skoot op hom nie, takke in die pad en hy hou sy boude mooi na my toe. Na so half uur se wag draai hy so bietjie en ek vat die skoot. Die skoot lyk goed maar hy hardloop om die bos en gaan staan. Hy is plak dwars en ek besluit om 'n seker maak skoot mooi op agter die blad te vat. Hy het nog so 20 meter gespring toe val hy mors dood.
Later die middag met 5 min oor voor te donker klits my vriend toe 'n pragtige vark met 'n uitsonderlike stel tande.
Dit was 'n wonderlike naweek en ons is bevoorreg om sulke dinge te kan doen in die land. Mag almal dit geniet, maar verandwoordelik doen!
Groete
Degenad

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- DanieDegenaar
- Sr. Member

- Posts: 368
- Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Nog twee

-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
- henried
- Hero Member

- Posts: 2347
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Geluk, mooi gedoen.
-
OMarais
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Thu Feb 20, 2014 7:16 am
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Degenad baie dankie vir die deel dit lyk of julle dit baie geniet het en ek moet sê ek hou van jou eerste sin "Ons was so bevoorreg..."
Great!
Great!
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
baie mooi gedoen
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Hilux01
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Mooi man
Lyk na 2 mooi bwb bulle daai
Lyk na 2 mooi bwb bulle daai
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
- DanieDegenaar
- Sr. Member

- Posts: 368
- Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Dankie aan almal, ja hulle hang nou daar by Spanner in die koelkamer. Nog baie werk ewat wag!Hilux01 wrote:Mooi man
Lyk na 2 mooi bwb bulle daai
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Watter plaas is dit waar julle gejag het?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- JohannC
- Full Member

- Posts: 160
- Joined: Wed May 29, 2013 9:54 am
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Baie mooi
- DanieDegenaar
- Sr. Member

- Posts: 368
- Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Deon, dit was in 'n reservaat gewees. Die manne laat oor die algemeen nie jag nie. Was maar een van daai goeie geleenthede.DWB wrote:Watter plaas is dit waar julle gejag het?
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Lekker man!
Hoekom is jy so bang om naby die buffels te skiet?
Hoekom is jy so bang om naby die buffels te skiet?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- DanieDegenaar
- Sr. Member

- Posts: 368
- Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
My bakkie is nie groot genoeg deposito as ek hom dalk moet stop nie. Daar is ongelooflik baie buffels met groot bulle, so ek net bang daar staan een agter die bos en my koeel maak vir my baie skade!DWB wrote:Lekker man!
Hoekom is jy so bang om naby die buffels te skiet?
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Hehehehe moenie worry. .. ken daai een al te goed. Moes self een keer bietjie op een skree om my uit te los 
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Hilux01
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Deon
Hopelik was daai skree in n diep stem "Hey Voertsek" en nie in n benoude hoë stemmetjie van "heeeelp" nie
Hopelik was daai skree in n diep stem "Hey Voertsek" en nie in n benoude hoë stemmetjie van "heeeelp" nie
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
- DanieDegenaar
- Sr. Member

- Posts: 368
- Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Nee wat, dink ek is vinniger as die gids, as hy gekwes is, en het elke keer maar gekyk waar is die grootste boom!Hilux01 wrote:Deon
Hopelik was daai skree in n diep stem "Hey Voertsek" en nie in n benoude hoë stemmetjie van "heeeelp" nie
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Dit was Hey Hey HEy met 'n brass bead tussen sy oge gefokusHilux01 wrote:Deon
Hopelik was daai skree in n diep stem "Hey Voertsek" en nie in n benoude hoë stemmetjie van "heeeelp" nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Hilux01
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Deon en Danie,
Ok ek gee julle die voordeel van die twyfel ;-)
Pel van my een keer op n plaas waar daar leeus loop ook met .38 sp aan die sy gaan jag, vra hom toe hoekom, hy reken wel sou dit nodig wees skiet hy net die gids in die been met die 38, want koeels is goedkoper as die 30-06 se koeels
Ok ek gee julle die voordeel van die twyfel ;-)
Pel van my een keer op n plaas waar daar leeus loop ook met .38 sp aan die sy gaan jag, vra hom toe hoekom, hy reken wel sou dit nodig wees skiet hy net die gids in die been met die 38, want koeels is goedkoper as die 30-06 se koeels
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
- DanieDegenaar
- Sr. Member

- Posts: 368
- Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Kyk ek lag darem nou lekker
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Degenad - Jag 2014 Pongola
Hehehehehehe, ek weet ek hardloop nie te vinnig nie.... So ek sal maar moet skiet..