Lynx vs Bushnell

Post Reply
OMarais
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Thu Feb 20, 2014 7:16 am

Lynx vs Bushnell

Post by OMarais »

Ek kyk tans om so bietjie sterker teleskoop vir my te kry as wat ek tans het en wil graag hoor wat dink julle tussen die Lynx 4-16x42 en die Bushnell Legend Hd 4.5-14X44?

Ek hoor graag.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Lynx vs Bushnell

Post by mariusr »

Bushnell se elite reeks is baie goeie teleskope.Maar dan het hulle goedkoper reeks soos die banner reeks ens! En daar is baie namaaksels! Lynx het nie so iets nie is goeie scopes met uitstekende waarborg hier in SA. Lynx het vir my bietjie baie duur geword maar jy sal nie fout maak nie hulle vegelyk goed met Bushnell se elite reeks.Persoonlik sal ek lynx vat maar as bushnell se prys baie beter is en ou het nie finansies nie sal hy doen?
OMarais
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Thu Feb 20, 2014 7:16 am

Re: Lynx vs Bushnell

Post by OMarais »

Baie dankie Marius. Ek het met paar ander manne ook gepraat en lyk of almal meer leun na die Lynx.
edwill
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed Aug 07, 2013 11:36 am

Re: Lynx vs Bushnell

Post by edwill »

Lynx. Warranty is amazing
Hennie Dreyer
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm

Re: Lynx vs Bushnell

Post by Hennie Dreyer »

Lynx - Bushnell is goed - maar die Lynx het my tot vandag nie gefaal nie, en hoor net goeie dinge van ander Lynx eienaars
Hennie
.308 CZ 550 Lux
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Lynx vs Bushnell

Post by BRNO (Pierre) »

Wat is die pryse van die twee scopes?
Veiligheid eerste manne!
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Lynx vs Bushnell

Post by henning »

Ek het n groot probleem met Bushnell en se tog vir my dat my ondervinding n pox was, want ek wil nie regtig n produk sleg praat nie.

Ek het n splinter nuwe Bushnell scope gekoop (paar jaar gelede) ( ongelukkig nou heeltemal genees van Bushnell), toe ek die nuwe scope probeer instel op my geweer, hoor ek dat n glas binne die scope is los as jy die scope skut, en dit was net voor ek gaan jag.

Ek probeer toe die scope terug gee vir die wapen winkel in die verwagting dat hulle dit sal vervang, maar nee, hulle se toe dat hulle gaan dit in stuur vir herstel. Nou wat nou, ek het my jag gereel en wat moet ek nou doen, n groot probleem. Uiteinde van die saak is dat ek het toe my wild geskiet het met die PH se geweer.

Nou hier is waar die storie toe net erger raak. Op daardie stadium het ek Bisley geskiet en ons het toe n ope dag gehaad waar jy jou jag geweer kan bring en kompeteer op 300 meter. Dit is toe nou nadat ek my nuwe scope terug gekry het van herstel.
Op die ope dag draai ek toe my nuwe herstelde scope op om in die kol te skiet op 300 meter. Groot was my verbasing toe my kruishaar in die scope los kom en val na die een kant toe. Die kruishaar le toe sommer heel skuins in die scope. Het julle my al gehoor vloek?

Ek vat toe die scope weer terug na die handelaar en hulle stuur hom weer terug vir herstel, en dit nou vir die tweede keer nadat ek nog nie die bledie ding reg kon gebruik vir skiet nie.

Na weke het ek die scope terug gekry en dit nooit weer op my geweer gesit nie.

Nou verstaan julle hoekom ek so allergies is vir Bushnell? Nooit weer nie.

In werklikheid glo ek dat Bushnell seker nie so n slegte scope is nie maar, ek sal nooit in my lewe n Bushnell op my geweer sit nie, nie eers op my pellet gun nie.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Lynx vs Bushnell

Post by Louis Kriel »

Die Legend reeks word soos Nikon, vortex viper/diamondback, burris ff2 in die fillipyne gemaak. Die gehalte vd fillipynse scopes het baie verbeter die laaste paar jaar. Die meeste van hierdie brands se top reekse word in Japan gemaak. Arbeid is duurder maar kwaliteits beheer is beter. Al die Lynxe word in Japan gemaak en die kwaliteit is tops. Jy moet dus die Lynx met die Bushnell Elite vergelyk.
Post Reply