Beste geweer vir lanafstand skiet?
-
BRUCE
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Mon Aug 20, 2012 6:20 pm
Beste geweer vir lanafstand skiet?
Goeie middag julle.
Ek wil net julle mening hoor oor watse kaliber julle sou voorstel vir langafstand skiet , iets wat darem n gemsbok op 300m+ nog sal kan doodskiet. Ek het gekyk na die Tikka T3 270 wsm. Ek het n 375 Ruger so ek soek iets bietjie ligter vir kleiner wild maar ook groot genoeg vir ingeval daar iets groot voor die loop instap.

- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Dagsê Bruce.
300m is n klipgooi ver:243AI 308 270 30-0kwes ekskuus30-06.
Wil jy ook lang afstand teiken skiet tot 1000m+?
300m is n klipgooi ver:243AI 308 270 30-0kwes ekskuus30-06.
Wil jy ook lang afstand teiken skiet tot 1000m+?
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
gemsbok op 300m en verder, sal ek nie eers begin kyk na kleiner as 30cal. 300wm, wsm, iets in daai lyn. gemsbok maar taaierig, en kwes jy, betaal jy
HOU HOM DAAI DIKTE
-
BRUCE
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Mon Aug 20, 2012 6:20 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Sal n 300 of 7mm ook werk op kleinwild soos rooibok en springbok? Is dit nie dalk te groot nie? Ek skiet nie gereeld sulke lang skote nie en daarvoor het ek die 375 vir grootwild. Ek soek meer iets vir kleinwild maar soos ek gese het as n "gemsbok" of enige ander wild ver staan wil ek ook n akurate skoot kan vat.
Heinz nee ek glo nie ek gaan 1000 m skiet nie , nie eers op n teiken nie my hand is nie stil genoeg vir dit nie , maar ek sou nog kyk na die 500 m skote.
Dankie vir julle insette.
Heinz nee ek glo nie ek gaan 1000 m skiet nie , nie eers op n teiken nie my hand is nie stil genoeg vir dit nie , maar ek sou nog kyk na die 500 m skote.
Dankie vir julle insette.
-
2vierniks
- Sr. Member

- Posts: 259
- Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
243 ackley of 243 win!
-
baas
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
7mm rem magnum sal my voorstel wees.
Piet-skiet, 375 werk self vir spring bok, het laas jaar een met die 375 geskiet, maar met barnes punte maak min vleis skade.
Piet-skiet, 375 werk self vir spring bok, het laas jaar een met die 375 geskiet, maar met barnes punte maak min vleis skade.
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
Riaan Botha
-
Jonie
- Full Member

- Posts: 229
- Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Stem saam niks kleiner as 7mm of .30 kal verkieslik 300wm of wsm 300 HH , MET N PREMUIM PUNT ,defnitief nie n 243 vir n normale jagter wat nie baie in die veld kom of op die skietbaan nie., net wanne wat werklik goed kan skiet kan dit doen met kleiner kalibers
groete
groete
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
-
Vlooi1996
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Mon Dec 23, 2013 2:55 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
My opinie 308 of 30-06
[glow]HUNTiNG....... If not, why not?[/glow]
- Bees
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Fri Nov 15, 2013 5:54 am
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Ek sou vinnige kaliber vat uit aard vd saak. Lekker ding van magnums is jy kan bos en ver skiet. Ek sou kyk na 7mm Rem Mag. Ek haal blesbokke bladskoot uit op 200m en rooibok bladskoot op 100m. Vleisskade dieselfde. Skiet asb accubonds, interbonds of barnes x of so premium punt anders raak vleisskade meer. Hierdie kaliber is die beste allrounder. As jy wil skiet op 60m moet jy maar kop of nek gaan... Hierdie kaliber het nog genoeg spoed om groot bokke op 300m te laat val. Enige ander 7mm rem mag man sal saamstem
7mm Rem Mag
.243 Brn
12ga Franchi Feeling
.308 Howa Varminter
.308 Ruger Varminter
6.5 Swedish Mauser CZ 550
____Wildebeeste word siek gebore en hoe meer jy hom skiet hoe gesonder word hy___
.243 Brn
12ga Franchi Feeling
.308 Howa Varminter
.308 Ruger Varminter
6.5 Swedish Mauser CZ 550
____Wildebeeste word siek gebore en hoe meer jy hom skiet hoe gesonder word hy___
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Wat is fout met jou 375 Ruger vir klein tot groot wild?
Gebruik premium punte om vleis skade te verhoed.
Ek gaan nou die 220gr Impala Bosvelder gebruik. Hy is goed genoeg vir enige bok, skiet plat en sal die job doen as die skut sy deel doen. Skootplasing is belangrik soos met enige ander punt.

- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Ek het net n vraag, wat van n .338wm? Dit behoort n lekker lang afstand geweer te wees?
Too many to mention ;-)
- Carel Kolesky
- Sr. Member

- Posts: 377
- Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Nou praat jy Roger-sy enigste nadeel is sy skop-een van beste 'all rounders' vir jag van nie-gevaarlike wild-met n 250 gr punt regte medisyne vir daai lang skote op Karoo-koedoes-kan hom aflaai vir bos ook
Gooi kole!
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Ek skiet n 338 win mag met 225 gr Nosler Accubond.
Op 300m skiet ek n 33.75 mm groepering.
Komponente is ook redelik bekombaar en baie goedkoper as die Lapua.
Recoil is n plesier en sodra ons Kalahari of Vrystaat toe ry, ry my 338 saam.
Op 300m skiet ek n 33.75 mm groepering.
Komponente is ook redelik bekombaar en baie goedkoper as die Lapua.
Recoil is n plesier en sodra ons Kalahari of Vrystaat toe ry, ry my 338 saam.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
as ek mag vra, watse spoed?458Exp wrote:Ek skiet n 338 win mag met 225 gr Nosler Accubond.
Op 300m skiet ek n 33.75 mm groepering.
Komponente is ook redelik bekombaar en baie goedkoper as die Lapua.
Recoil is n plesier en sodra ons Kalahari of Vrystaat toe ry, ry my 338 saam.
op watter afstand is jou geweer geZero?
Too many to mention ;-)
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Bruce, gebruik 200gr GS HV of Impala in jou 375 en jy kan die bokke agter die bult gaan skiet. Daardie koeëls teen 3000vps is dodelik op groter bokke.
As jy dan nuwe geweer moet kry. In die 7mm klas is my 7x64 ook een om nie weg te gooi nie. Barnes 150 TSX is net die medisyne.
As jy dan nuwe geweer moet kry. In die 7mm klas is my 7x64 ook een om nie weg te gooi nie. Barnes 150 TSX is net die medisyne.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Hi Roger
My geweer is op 300 gezero
Ek het hom so ruk terug oor n chrony geskiet maar dink daar was iets fout met die ding, want die spoed wat ons gekry het was baie hoog.
Min of meer volgens QL behoort ek 2800 f/ps te kry.
My geweer is op 300 gezero
Ek het hom so ruk terug oor n chrony geskiet maar dink daar was iets fout met die ding, want die spoed wat ons gekry het was baie hoog.
Min of meer volgens QL behoort ek 2800 f/ps te kry.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Ek sou dink die 338WM is naby aan die ideale kaliber vir gemsbokke op 300 tot 500m. Gebruik 'n laser-afstandmeter en ken jou trajek. Enige konvensionele (sagte) koeël, bv. Sierra GK of Hornady SST, sal heel goed werk verby 300m, omdat die spoed al heelwat verlaag het, teen die tyd wat die koeël daar anderkant kom.
Die onderskeie 300 magnums kan ook nog werk, maar wees maar versigtig. Skootplasing raak al hoe moeiliker, hoe verder jy skiet. Daarom gaan jy soms marginale treffers kry. Die kleiner kalibers, teen verlaagde impakspoed, met marginale skootplasing, begin vir my na 'n spoorsnykursus klink.
Uiteindelik is die skut/jagter se vermoë die deurslaggewende faktor.

kettie
- Newbie

- Posts: 5
- Joined: Sat Apr 12, 2014 8:21 am
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Wat van n 25-06 musgrave,my vriend het een en hy is baie tevrede met hom op lang afstande en op kort afstand,al mors hy bietjie vleis.So jy sal dan met jou spoed en punt gewig wat jy mee gaan moet speel.
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Laat my dink aan lank gelede toe my pa my die eerste keer Suidwes toe geneem het om te gaan jag. Anderkant Aroab. Die dag voor ons ry toe gaan sit hy 'n 4x Tasco teleskoop op. Want hy het gehoor ons gaan dalk effens verder as gewoonlik skiet. Ons was gewoond aan 50m skote in die Bosveld/Laeveld... oopvisier. Krico 30-06 met 180gr Musgrave patrone.
Daar gekom se die boer (Rudolph) sy bokke is so 200m skote. Ons dog eers hy maak 'n grap. Want ons is gewoond aan Gemsbokpark springbokke. Ha!
Nou ja dit was in 1982 toe niemand in ons kontrei sover gery het om te gaan skiet het nie. Die 1 gemsbok, 7 springbokke en verblyf vier 3 dae het R700 gekos. Nou ja sover vir die nostalgie.
Dit was my eerste ontmoetring met 'n 'langafstandgeweer'.
Nou se dae sal ek na 'n 8x68 gaan kyk as ek groter bokke op 250m gaan skiet.
Daar gekom se die boer (Rudolph) sy bokke is so 200m skote. Ons dog eers hy maak 'n grap. Want ons is gewoond aan Gemsbokpark springbokke. Ha!
Nou ja dit was in 1982 toe niemand in ons kontrei sover gery het om te gaan skiet het nie. Die 1 gemsbok, 7 springbokke en verblyf vier 3 dae het R700 gekos. Nou ja sover vir die nostalgie.
Dit was my eerste ontmoetring met 'n 'langafstandgeweer'.
Nou se dae sal ek na 'n 8x68 gaan kyk as ek groter bokke op 250m gaan skiet.
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
500m is 'n laaaang skoot op wild...338LM wrote:Ek sou dink die 338WM is naby aan die ideale kaliber vir gemsbokke op 300 tot 500m. Gebruik 'n laser-afstandmeter en ken jou trajek. Enige konvensionele (sagte) koeël, bv. Sierra GK of Hornady SST, sal heel goed werk verby 300m, omdat die spoed al heelwat verlaag het, teen die tyd wat die koeël daar anderkant kom.
Die onderskeie 300 magnums kan ook nog werk, maar wees maar versigtig. Skootplasing raak al hoe moeiliker, hoe verder jy skiet. Daarom gaan jy soms marginale treffers kry. Die kleiner kalibers, teen verlaagde impakspoed, met marginale skootplasing, begin vir my na 'n spoorsnykursus klink.
Uiteindelik is die skut/jagter se vermoë die deurslaggewende faktor.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Ja...... 500m is 'n lang skoot op wild en as mens dit gereeld op papier regkry, is dit nog steeds nie maklik op 'n bok nie!
Daarom is dit nie iets wat maklik en sonder die nodige kennis, toerusting en ondervinding gedoen moet word nie. Die weersomstandighede gaan meestal bepaal of jy so 'n skoot gaan vat of nie.
Dis my 2c...

Aim small, miss small
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Ek het so ruk gelede in die veld (nie skietbaan omstandigdhede nie) gaan skiet op 500+ meter. Dooierus, sandsakkies, target dot 18x teleskoop en laser rangefinder. Bootstert spitspunt teikenskiet koeels en al. Makliker gese as gedaan.Eugene wrote:Ja...... 500m is 'n lang skoot op wild en as mens dit gereeld op papier regkry, is dit nog steeds nie maklik op 'n bok nie!
Daarom is dit nie iets wat maklik en sonder die nodige kennis, toerusting en ondervinding gedoen moet word nie. Die weersomstandighede gaan meestal bepaal of jy so 'n skoot gaan vat of nie.
Dis my 2c...
Die eerste groot struikelblok was om die Nikon laser afstandmeter stil genoeg te hou om so uit die vuis 'n afstand gemeet te kry. Die beste was om hom op 'n driepoot te monteer.
Die volgende ding is dat daar nouwel 800m op die Nikon se spesifikasie geskryf is, maar hy gee selde 'n waarde verder as 600m. Die volgende probleem was dat 'n kleinerige teiken soos 'n bewegende bok haas onmoontlik is om te peil. Nou mik jy op 'n bos of ding naby die bok. Maar daardie bos kan 30 meter agter die bok wees. En nou is jou tabelle verkeerd.
Dan kom jy by lugspieelings.
En wind. Ek kon skaars die luggie voel. Die grassies het skaars beweeg en dit het my 'n voet na regs afgegooi. Ek was eers na 2 skote mooi op die teiken.
Die vraag dan: Sou ek persoonlik nadat ek die afstand gehad het, die teleskoop reg ingestel het met my sandsakkies en al die eerste skoot na 'n denkbeeldige bok laat waai het? Ja. Ek het reg gevoel. Probleem was as ek dit sou gedoen het, het ek hom in die derms geskiet.
Maar ons almal verskil. Die bogenoemde is my ondervinding.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Hi 308,308Win wrote:Ek het so ruk gelede in die veld (nie skietbaan omstandigdhede nie) gaan skiet op 500+ meter. Dooierus, sandsakkies, target dot 18x teleskoop en laser rangefinder. Bootstert spitspunt teikenskiet koeels en al. Makliker gese as gedaan.Eugene wrote:Ja...... 500m is 'n lang skoot op wild en as mens dit gereeld op papier regkry, is dit nog steeds nie maklik op 'n bok nie!
Daarom is dit nie iets wat maklik en sonder die nodige kennis, toerusting en ondervinding gedoen moet word nie. Die weersomstandighede gaan meestal bepaal of jy so 'n skoot gaan vat of nie.
Dis my 2c...
Die eerste groot struikelblok was om die Nikon laser afstandmeter stil genoeg te hou om so uit die vuis 'n afstand gemeet te kry. Die beste was om hom op 'n driepoot te monteer.
Die volgende ding is dat daar nouwel 800m op die Nikon se spesifikasie geskryf is, maar hy gee selde 'n waarde verder as 600m. Die volgende probleem was dat 'n kleinerige teiken soos 'n bewegende bok haas onmoontlik is om te peil. Nou mik jy op 'n bos of ding naby die bok. Maar daardie bos kan 30 meter agter die bok wees. En nou is jou tabelle verkeerd.
Dan kom jy by lugspieelings.
En wind. Ek kon skaars die luggie voel. Die grassies het skaars beweeg en dit het my 'n voet na regs afgegooi. Ek was eers na 2 skote mooi op die teiken.
Die vraag dan: Sou ek persoonlik nadat ek die afstand gehad het, die teleskoop reg ingestel het met my sandsakkies en al die eerste skoot na 'n denkbeeldige bok laat waai het? Ja. Ek het reg gevoel. Probleem was as ek dit sou gedoen het, het ek hom in die derms geskiet.
Maar ons almal verskil. Die bogenoemde is my ondervinding.
Dit is presies hoekom Eugene hierbo noem sonder die regte toeristing en nodige ondervinding is dit nie iets wat maklik gedoen moet word nie. Eerstens het jy behoorlike range finder nodig iets soos die 1600b Leica, dan Kestrel weerstasie of sooetgelyk om die presiese toestande te meet onder andere windspoed en dan nog 'n goeie balistiese Aplikasie soos bv. Shooter. Dan het jy nog die regte informasie van jou spesifiekie geweer koeel kombinasie nodig.
Nou kom tyd agter die roer (ondervinding) ook nog in die prentjie.
Soos Eugene en en jy se nie sommer iets wat mens maklik moet aanvat nie. Maar dan is ook nie onmoontlik met die nodige ondervinding en die regte toeristing vir die spesifieke toepassing nie.
Ek dink die grootste gevaar le by of die persoon die self beheersing sal he om Nie die skoot te vat as hy nie aan is of die kondiesies nie reg is vir sy ondervinding nie, dis maar my 2c.
Bv. My seun (13) kan vanaf bipod en le op maag 6 duim gong raakskiet op 400m 2 uit 3 skote keer op keer, dan skiet hy links met regshandige Tikka Sporter kolf. Maak dit hom reg om bok op daai afstand te kan jag? Persoonlik dink ons nog nie so nie. Hy het wel al paar bokke oor die 250m gejag.
Mooiloop
JP
-
AntonF
- Jr. Member

- Posts: 97
- Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm
-
Werries1
- Newbie

- Posts: 10
- Joined: Mon May 19, 2014 9:56 am
Re: Beste geweer vir lanafstand skiet?
Ek't 'n 300 win mag. Man ek se jou, wat 'n lekker "all-rounder" vir my. Skiet elke jaar in die bos en laas jaar bietjie in die Kalahari gaan jag.
Ek skiet klein wild tot groot wild met hom.
Ek skiet met 180gr en 220gr punte. Moet maar net seker maak op die skietbaan as jy van punte verander voor jy gaan skiet.
Laas jaar, in die Kalahari, 'n Gemsbok op 396m plat getrek. geen probleem en glo my, in die bos, doodelik.
Ek moet byvoeg, ek het twee weeke terug vir my 'n 22-250 aan geskaf. Ek soos 'n stoute seuntjie oor die geweertjie. Kan nie wag om om te gaan haal nie.