Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by mariusr »

Jy sal ook nie fout maak met Nikon nie! Goeie waarde vir geld en baie goeie na verkoop diens!
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by Dries101 »

Nikon se waarde vir geld in S.A Is baie goed n paar voorbeelde. As jy die nikon 1-4 se prys in $ vergelyk met did leupold vxii dan is die leupold in die vsa $20 meer as die nikon maar in S.A is die prys verskil R1500 plus meer vir die Leupild. Nog een is die vxii 3-9x40 wat in vsa amper $100 minder kos as die nikon 2.5-10 by 42 Maar in Sa so R300 meer kos as die Nikon. Of Leupold se pryse is te hoog in S.a of Nikon is goedkoop in S.a maar die waarde vir geld is verseker daar. Ek dink nie jy kan Nikon goedkoper invoer as wat die pryse hier is nie self al koop jy hom in die vsa en steek hom in joy tas weg nie.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by Gert Odendaal »

Ek het `n jaar of drie gelede `n Nikon 4-16x50 Nikoplex gekoop vir R1800 by Centurion Binnehuis skietbaan, Abe werk daar, dieselfde man wat die Impala punte/koeels verkoop namens Kobus van Impala Bullets, ek is baie tevrede met die teleskoop, hy loop mooi op my 8x57 JS Mauser. Daarom sal ek nie skroom om weer `n Nikon te koop nie, vir geld waarde bly dit een van die bestes.

Verstaan ook mooi dat ek myself nie in die Swarofski/Zeiss/Leicra vlakke ag nie, daar is doodgewoon nie finansies vir so iets nie....as ek `n PH van beroep was sou ek `n .500 Dubbel gehad het met `n Tritsjiicon aimpoint teleskoop op, `n dubbelkajuit landcruiser, en `n Cessna vaste vlerk vliegtuig om my gou na buitelandse klieente te neem vir `n een en twintig dae safari elke tweede maand.... :laugh: :laugh:

Maar nou lees ek net van die .500 dubbel, sien so nou en dan een regtig by BASA, ry met my Mazda Bt -50 , skiet `n .404 Jeffery met oop visiere en kyk so nou en dan na `n vliegtuig wat ek in die hemelruim oor my kop hoor gaan en dan verdwyn sommige van die vliegtuie nog ook .... :laugh: :laugh:

Daarom sien ek uit na die Nikon wat ek wil aankoop....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by Gert Odendaal »

Terugvoer rakende die keuse van `n teleskoop wat ek graag op my .404 Jeffery wil sit. Ek het die Huntex skou bygewoon en dit is wat ek omtrent die teleskope uitgevind het. Hou ingedagte dat ek regtig beperkte kennis het rakende geweer teleskope. Ek is nie `n mens wat `n spesifieke maak slaafs aanhang nie, ek sal baie voetwerk insit om my keuse te maak:


Ek was gister by die Huntex 2014 skou. Ek het Kobus Du Plessis ontmoet en heerlik met hom gesels, ook was ek baie bevoorreg om Chris Bekker ontmoet wat sulke slim verduidelikings skryf rakende intern/eksternee ballistiek, dit is werklik `n voorreg om sulke manne te ontmoet , dit bring teorie na praktyk in die geweer omgewing waarin ons beweeg. Alhoewel daar nie gewone publiek was nie, almal moes uitnodigings kaarte toon, was dit nog steeds werklik `n beknopte situasie, elke keer as ek opkyk of rondkyk ,kyk in `n ander mens se gesig van, en almal beweeg. Ek wil nie vandag daar wees nie, hulle gaan mekaar doodtrap soos `n klom trek bokke in die kalahari....


Ek het gister na Huntex gegaan met `n spesifieke doel: Ek wou gaan kyk vir `n teleskoop wat ek op die .404 Jeffery kan sit om BASA te skiet. Ek het reeds huiswerk gedoen en besluit Nikon/Lynx (prys gewys) . Nie een van die teleskope was beskikbaar nie...tipies ek, besluit ek om vergelykings te doen met wat daar beskikbaar is...

Ek kyk toe na `n Vortex , vergroting 1-5x28/Swarovski /Zeis , dieselfde metode dieselfde vergrotings (vergrotings wat op die .404 sal werk, kort afstande /gevaarlike wild/BASA skiet situasie.)
Ek het elke keer die toonbank/verkoops mense gevra om die teleskoop op te stel /te stel na die laagste vergroting en alles aan te skakel wat tot my voordeel sal wees as ek die teleskoop moet skiet.....

Verbaas was die verkoops manne as ek elke keer wil weet waarom ek nie die teleskope verder as 110 mm van my oog kan hou en nog die teiken voor my sien nie? Die teleskope het dood-eenvoudig nie die nodige "eye relief " wat ek van sulke duur teleskope verwag nie....ons praat hier van pryse R11-000 opwaarts na R26000 .

Met my tweede draai wat ek maak deur die een saal loop ek in `n Minox teleskoop stal vas, sien ek daar `n kolf met `n teleskoop vergroting wat sal werk vir die toestande waarvoor ek dit nodig het, al die tipe teleskope is mos so kort en kompak. heeltemal anders as die lang gewone teleskope...

Die man wat daar diens doen is `n Kobus Vrey, hy kyk jou sommer reguit in die oe, ook dan nog `n Proffesionele jagter, ek vertel hom wat my vereistes is, hy gee my die Minox 1-6x28 wat ek raakgesien het aan, ek doen presies dieselfde toets, hy moet hom toe vir my op sy laagste vergroting stel, alles aansit wat tot my voordeel sal wees as ek die teleskoop moet gebruik...

Ek vat die kolf met die Minox 1-6x28 teleskoop en sit hom so ver van my oog as moontlik, toe kom ek agter dat my arms amper te kort is , die hele sirkel voor my oog, amper nou 250 mm en verder bly heeltemal oop en duidelik, ek kyk met twee oop oe deur die teleskoop en sien die kruishaar baie duidelik op die teiken waarop ek die teleskoop fokus , so 50 tot 75 tree van my af teen die dak, mooi helder en duidelik...wat ek nie met die Vortex, Zeiss en Swarovski kon reg kry nie....

Die teleskoop kos tussen R9000 en R10000 , ek kan die teleskoop by die invoerders direk aankoop. So indien die Nikon of Leupold nie kan doen wat die Minox(Duits) kan doen nie sal ek die Minox koop, ek sal maar spaar en so `n eksta werk of twee doen , dit is nie maklik om R10000 op `n item te spandeer nie maar ek sal dit so doen en weet ek hoef nie weer `n teleskoop te koop nie...ek het ook na pryse op die internet gaan kyk en ek is seker ek kan die teleskoop nog goedkoper kry.

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by Dries101 »

Minox se glas is goed is dit n 25 mm of 30 mm buis? Die wat ek al gesien het se glas was beter as die non duits vervaardige zeiss en swaros en ligjare voor leupold. Maar nie in die spesifieke vergrotings nie
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by Gert Odendaal »

Dries, ek dink dit was die 30 mm buis. Ek is nie `n man wat hare kloof oor `n klein verskilletjie nie, maar die verskil tussen ander teleskope en die Minox 1-6x28 was `n reuse verskil, waar ek baie gesukkel het om die hele glas te laat ophelder dat ek die teiken kon sien het die Minox se hele glas opgehelder en ek kon met altwee oe kyk en nog fokus op die teiken teen die dak waar daar `n prent gehang het. Hier is `n skakel na die teleskoop wat ek in my hande gehad het, ek moet weer verduidelik, wat ek met die Minox gedoen het het ek met al die ander teleskope gedoen, maar die Minox het jare beter gedoen...ek dink die manier hoe ek die teleskope getoets het is naby genoeg aan die werklike situasie waarvoor ek die teleskoop gaan gebruik...so ek regverdig die toets ook omdat ek geen voorkeur het as dit by `n teleskoop kom nie, ek het wel gedink dat ek goedkoper sou wegkom met `n Nikon as die Nikon ook kan doen wat die Minox kan doen. Ek het die heel duurste Lynx ook so getoets maar die resultaat was nog swakker as die Zeis , Swarovski en Vortex.

http://www.adorama.com/MX66404.html

Ek hoor graag van ander manne wat ook teleskope moet aankoop, hoe verseker jy dat jy die beste teleskoop aankoop , of verkies jy om by `n "brand " te bly al gebeur wat?

Toevallig was daar `n persoon wat net Swarovski teleskope koop, hy glo net aan die Swarovski, het op al sy gewere die teleskoop, gister het hy ,ek praat onder korreksie die 3-9x44 gekoop, sommer drie van hulle, hy het R10000 vir elkeen betaal, omdat dit die enigste brand is wat hy koop.

So het elke mens sy voorkeur en afkeur, tog hou ek daarvan om alles te toets voor ek dit koop, ek weet van `n man wat tweede handse motors koop, voordat hy betaal vir die motor, was hy eers die motor, hy verduidelik dat hy dan al die foute so opspoor.... ;D ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by Dries101 »

Hi Gert, ek sal graag jou gedagtes oor die nikon wil he wanneer jy hom onder hande gehad het. Kyk ek glo nie die glas sal kersvashou by die minox nie maar die scope kos darem 3 keer die prys. Maar die ander aspekte sal jou veras dink ek. Hou ook naverkoopdiens in gedagte. Help nie jy wag 6 maande vir n regmaak op n scope nie en die groot goed is maar taai op alles wat aan hom raak- insluitend jou skouer
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by Gert Odendaal »

Dries, ek hoor jou, ek gaan definitief die Nikon kyk, ook die Nikon in dieselfde prysklas wat die Minox is R10000 , as ek appels met appels vergelyk behoort ek die regte keuse te maak. Ek sal jou op hoogte hou en ook laat weet wat ek besluit het...ek het baie tyd , niks jaag my nie, ek kan nog lank die .404 en .375 oop visier skiet, sal eers `n goeie lang bril by die oogarts gaan haal, een wat gemaak word vir my wat op die v-visier , korrel en teiken kan fokus....ek vat die .375 H&H Magnum saam oogarts toe, hy kan sommer daar meet en pas tot ek tevrede is dat ek helder kan sien deur die visiere ....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by win270 »

Ek was gister by Huntex 2014 en op soek na 3-9 x 40 of 4-12 x 40 (of 50) teleskoop. In my geval doen ek eers vooraf deeglik navorsing oor pryse by verskillende verskaffers en ek lees soveel moontlik "reviews" oor die betrokke teleskoop wat ek wil aankoop. Prys en waarde vir geld is vir my groot oorwegings. Gert, ek dink ons altwee stem baie saam oor die betrokke aspekte.

My begroting is ook beperk en dus het ek vooraf op die Nikon besluit. Toe ek by Huntex kom, is die diens by S&O maar power en die Amerikaner agter die lessenaar kyk my baie onseker aan toe ek die woord "Nikon" aan hom noem. Dis bloot omdat sy uitspraak van dieselfde woord 'n paar planete van ons s'n verskil! ;-)

Nietemin, na vele rondlopery het ek uiteindelik vir my die Nikon 4-12 x 40 met BCD kruishaar vir slegs R2,300 gekry by Zimbi Books & Guns se stalletjie. Ek weet dis goeie waarde en met die 30-jaar lange waarborg en plaaslike naverkoopdiens wat Nikon het, is ek gerus. My besluit is die resultaat van al die vooraf huiswerk wat ek gedoen het en al die manne wat ook op hierdie forum al gepraat het dat Nikon baie goeie waarde bied vir die prys wat mens betaal.

Dis nou maar sommer net my 2-sent . . .

Geniet die soektog en deel die uitkoms met ons, Gert!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by Gert Odendaal »

.270 ek gaan nog definitief deur die Nikon geweer teleskoop ook kyk. Miskien is die roete wat ek neem om die regte geweer teleskoop op te spoor vir my .404 Jeffey om BASA te skiet/loop en stop jagte in bosveld omgewings te doen die lekkerste van die hele oefening. Ek wat net weet `n geweer teleskoop is `n teleskoop is `n teleskoop leer meer deur die tipe metode te gebruik.

Die persoon wat die teleskoop aan my wys word nogal gepeper met baie vrae, praktiese vrae en gebruike van die spesifieke teleskoop wat ek soek.

Ek het wel opgelet dat meeste manne wat rondom die stalletjies staan slegs in daardie spesifieke maak glo, ek glo ook daar is `n gesegde wat lui " if a engine is not broken why want to fix it" As dit vir jou werk, werk dit vir jou.

Omdat ek nog nie `n teleskoop op my .404 Jeffery het nie, en ek spesifiek na `n doelgemaakte teleskoop soek , kan ek baie wyd gaan en baie make bekyk . Ek glo ek gaan op die ou end kry waarvan ek hou en wat werk op my .404 Jeffey, dit gaan miskien net langer neem om die regte keuse te maak.

Ek weet dat ek op my .375 H&H Magnum Scout geweer definitief die Leopold FX2 long eye relief gaan opsit, ek gaan glad nie eers soek vir `n ander maak nie, ek het klaar die afgelope twee jaar alles oor die teleskoop opgelees en met manne van oorsee gesels oor die scout scope.... so daar is my keuse klaar gemaak.

Intussen gaan ek elke moontlike manier soek om my v-express sight en ghost ring tot die beste van my vermoeens te skiet. Die pad sal hierdie week begin by my oogarts, hy sal vir my `n bril moet maak wat by die tipe skietwerk sal moet pas. Ek sal met die geweer instap by sy spreekkamers en hom verduidelik wat ek wil gedoen he...

Dankie vir die terugvoer dit word waardeer, ek glo elkeen leer by dit wat vir ons gewone manne `n uitdaging is as dit by kennis kom van geweer teleskope en toepassinge.

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by BRNO (Pierre) »

Ek het ook n Nikon monarch 2,5-10*40 op my 375H&H. Die scope gaan jou 404 dalk self meer beweeglikheid gee, in die sin dat hy feitlik onmiddelik oopmaak op die 2,5 verstelling, en op die 10 verstelling sal jy selfs bietjie verder skote in die bos of waar jy jouself mag bevind kan vat.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by Gert Odendaal »

Pierre, ek wil graag bly by die 1-4 x vergroting, die tipe teleskoop is gewoonlik klein en kompak, ek het `n 8x57JS waar `n Nikon 3-9 x 50 Pro staff nikkoplex op is , as ek dus verder wil skiet gaan ek die 8x57 JS(met `n 30" loop) gebruik , ek kan selfs tot met `n eland die geweer gebruik as ek 200-220 gn punte/koeels gebruik. Maar ek kan nie BASA skiet met so `n vergroting nie...ek wil die .404 Jeffery net vir BASA en loop en bekruip jagte gebruik in die bos.

Ek hoor graag weer van jou.

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by spekieries »

Gert

Op 'n stadium was daar 'n Minnox 1-4 x ek weet nie wat nie by Zimbi op 'n kolf gemonteer. Hy het 'n 30mm buis gehad en in die middel van die kruis so klein rooi sirkeltjie.

Elke keer as ek daar gekom het het ek deur die teleskoop gekyk, hy het my erg beïndruk.Die prys was my egter op daardie stadium nie beskore nie. As jy die tjieng-tjieng het is dit 'n baie oulike stukkie optica.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by Gert Odendaal »

Spekieries, dit is nou daaaaaiii een wat ek deur gekyk het, erg beindruk is `n "under statement" meer na baie erg, so erg dat ek bereid is om so ekstra werk buite gewone werks ure te doen om die telskoop op my .404 Jeffery te kry.... ;D :laugh: Ek het Vrydag by die Minox stal deur so `n teleskoop gekyk. Ek sien Zimbi hou nie meer Minox aan nie, wonder hoekom?
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by mariusr »

Blykbaar iets te doen met Minox se glas?! Het self deur Minox gekyk en was glad nie beundruk met die teleskoop se helderheid ens.nie! Daar was blykbaar te veel klagtes gewees!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Opinies oor die NIKON MONARCH 3 1-4X20 RIFLESCOPE asb?

Post by Gert Odendaal »

Maruis, ek sal uitvind by die persoon wat die stal beman het, Kobus Vrey, ek sal spesifiek vir hom noem dat manne genoem het daar is `n probleem met Minox se glas en dan hoor wat sy kommentaar is, soos ek dit genoem het `n man moet seker maak voor jy geld op `n item spandeer. Ek kom terug na jou toe.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Post Reply