Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
-
Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

Forumlede
Hiermee 'n uitnodiging aan forumlede om te kom deelneem aan ons skietdag 26 April
Dit beloof om 'n lekker skiet te wees met goeie pryse. Die hoofborg is Agra korporasie en die eerste prys is 'n geweer
Aangeheg 'n advertensie met detail maar as u nog wil weet vra gerus
Kon nie die poster aangelas kry nie, te groot maar sal dit aan stuur vir Monrique.
Hy is slimmer as ek.
Mooi loop
frik

- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
Dankie Frik,dit klink sommer lekker.Die advertensie wys nie wat jy wou aanheg nie.
Groete
Ge
Groete
Ge
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
Oom Frik
Watse formaat gaan die skiet he?? Groepering?? En met watse patrone mag geskiet word, gee ons so n rapsie meer inligting asb......
Mooi loop
Francois
Watse formaat gaan die skiet he?? Groepering?? En met watse patrone mag geskiet word, gee ons so n rapsie meer inligting asb......
Mooi loop
Francois
-
Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm
Re: Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
Die Agra "Poster" advertensie is te groot en kan dit nie "post" nie.
Die dinge wat saak maak:
Saterdag 26 April 2014.
Agra Kooperasie is die hoofborg met die eerste prys 'n geweer of R10 000. Baie pryse van die verskillende borge en ons gaan gelukstrekking doen sodat almal kans staan.
Klomp verskillende borge, so baie pryse.
Die skiet vind plaas by ons Boerevereeninging saal en die omliggende veld. Ongeveer 60 kilometer van Karasburg C11 pad na Aroab. Koordinate S. 27' 30' 610. E. 018' 53' 439
Daar is beperkte akkomodasie by lede beskikbaar maar ons het kamp plek by die saal met ablusie geriewe.
Verversings en kroeg beskikbaar
9mm.+.22+Luggeweer en kettie ammo ingesluit by inskrywingsfooi (as jy wil gebruik)
As wapens oor die Grens moet kom, kan ons uitnodingsbrief uitreik.
Inskrywingsfooi R200
Vrydagaand braai ons vleis en praat bietjie.
Kompetisie 1.
Saterdagoggend 0630 begin ons die admin en 0800 klap die eerste skote.
Jaggeweer skiet; 5 skote op gongs 100 tot 300 meter. Gongs 100, 150 en 200 mm Dooierus oor tafel. Eie geweer en ammo. (Kan beperkte plan maak met 308 Win en Magnis reloads)
.22 Geweer; 5 skote om te tel 2 nie-telbare proewe. Metaal silhoeët swaaier teikens. 12 to 50 meter.
Staande posisie met driepoot. eie geweer of ons geweer en ammo.
Luggeweer: Selfde as .22. Swaaiers met luggeweer metaal silhoeët teikens 10-15 meter.
Handwapen: Werk nog aan die teikens, oorweeg Geno se reaktiewe 9mm teikens, of houtstompies.
5 skote. eie wapen of ons wapen. 9mm ammo beskikbaar
Kettie: Konfyt Blik teikens. 5 skote om te tel. Ons wapen met albaster projektiele. Ongeveer 6-7 meter.
Op die kant:
Kompetisie 2: Haelgeweer Kleiteikens. Apparte kompetisie. Eie geweer of ons wapen. Koop kleie en ammo totdat jy raakskiet.
Prysuitdeling en lekker vleisbraai.
Nog vrae?
epos of PM: frikjordaan@yahoo.com
Kan net lekker wees.
Frik
0026463683497

- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
Oom Frik
Ek hoop dit werk en dat dit reg is.
Ek hoop dit werk en dat dit reg is.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm
Re: Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
Monrique.
Jy kan dinge doen.
Ek het my as af gesukkel en kon nie regkom nie.
baie dankie vir al die moeite.
Mooi loop
oom Frik

CR
- Jr. Member

- Posts: 62
- Joined: Fri Jan 14, 2011 12:20 pm
Re: Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
OOm Frik
Dit sal darem lekker gewees het as ons vroeer van die kompetiesie geweet het , ons het op Rosh Pinah by ons skietklub dieselfde dag ook n "veldskiet" . Hou oom hulle dit elke jaar ? dan kan ons met Oranjemund ook praat om julle volgende jaar goed te ondersteun. Ons skiet op gongs,spbok en vlakvark teikens dan het ons ook jakkals wat op 100m hardloop .
Oom kan my pm

- tau
- Hero Member

- Posts: 3969
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
Ek ry Vrydag aand 25ste na werk Nam toe so as ek hard ry kan ek nog slaap voor die skiet.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
.............................. en as jy klaar geskiet het dan kom drink jy koffie by mytau wrote:Ek ry Vrydag aand 25ste na werk Nam toe so as ek hard ry kan ek nog slaap voor die skiet.
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
Wie gaan almal hierdie skiet bywoon? Sal lekker wees om te ontmoet en die bekendes weer te sien.
Groetnis
Monrique
Groetnis
Monrique
- tau
- Hero Member

- Posts: 3969
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
Gaan jy deelneem?Monrique (SJ) wrote:Wie gaan almal hierdie skiet bywoon? Sal lekker wees om te ontmoet en die bekendes weer te sien.
Groetnis
Monrique
Oom Frik ek gaan more na werk vertek na Namibie, probeer nog oor die grens met wapens al vanaf laasweek met polisie op grens besig, hulle het nog nie magtiging om grens "oop" te maak vir die 2014 jag seisoen nie. Begin julle stipetelik 08:00?
EK moet nog skoonma se goed teen die pad aflaai, maar dit is darem so 30 km vanaf Karasburg oppad na julle.
Monrique het jy 'n jagbrief uitnodiging of iets anders?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm
Re: Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
Ons het vir ouens wat vooraf gevra het uitnodiging briewe gegee, maar die grenspolisie is maar problematizes.
Ek het met die Stasiebevelvoerder op Ariamsvlei gepraat
maar nie met ander want daar was nie aanvraag
Groete
oom Frik
Ek het met die Stasiebevelvoerder op Ariamsvlei gepraat
maar nie met ander want daar was nie aanvraag
Groete
oom Frik
- tau
- Hero Member

- Posts: 3969
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
Oom Frik ek is met Vioolsdrift in gesprek die probleem is in Windhoek waar die "hoof" die jaarlikse brief of dokument moet aanstuur wat die grens oop verklaar. Ek is nou weer besig met hulle. Anders skiet ek kettieFrikjordaan wrote:Ons het vir ouens wat vooraf gevra het uitnodiging briewe gegee, maar die grenspolisie is maar problematizes.
Ek het met die Stasiebevelvoerder op Ariamsvlei gepraat
maar nie met ander want daar was nie aanvraag
Groete
oom Frik
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
John, dit is elke jaar die probleem, die jagseisoen is gewoonlik al 2 tot3 weke aan die gang, dan kom die regulasies vir die spesifieke seisoen eers uittau wrote:Oom Frik ek is met Vioolsdrift in gesprek die probleem is in Windhoek waar die "hoof" die jaarlikse brief of dokument moet aanstuur wat die grens oop verklaar.
Oom Frik, julle moet 'n lekker dag hê, ek sal my voortande gee om daar te kon wees.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
Oom Frik, ek sien julle daar. Maak die teikens maar mooi groot asb, ek het 'n leike bewe op my deesdae....
- tau
- Hero Member

- Posts: 3969
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Namibië Karasberge Skietdag Keinab Boerevereeniging
Ek het sopas weer met die hoof van polisie by Noordoewer gepraat en volgens hom is daar nie vrystelling gegee om voor 1 Mei gewere oor die grens te neem nie. Ek sit nou en wonder of hy net nie wil help nie (na 3 weke van heen en weer bel en reelings probeer maak dink ek nie so nie)en of dit rerig so is. Volgens hom is Ariamsvlei ook toe tot die 1ste Mei. Ek het 3 jaar terug met dieselfde probleem gesit en moes my gewere daar los vir 2 weke, iets wat ek nie weer wil doen nie.
As iemand iewers oor 'n grens kom laat weet asb.