Taktiese kolf bou 101
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Taktiese kolf bou 101
Jy hou mos van groen. Ek bring vir jou olie vir jou John Deere.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- LRLaubscher
- Hero Member

- Posts: 568
- Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm
Re: Taktiese kolf bou 101
Gawie(7mm) wrote: Dankie aan André vir die "John Deer" embleme.
Nog geen olie kolle opgemerk na ek die embleem opgesit het nie.![]()
Het Saterdag die kolf by Malmesbury amptelik ingewei en kon darem 17 uit 20 gonge lui op die dag. Terugskop is van so 'n aard dat ek die skote op 150m kan sien val op die gong met teleskoop op 12 vegroting.
Groete,
Gawie.
Gawie die John Deere lyk sommer stout!
Lekker om Saterdag amptelik te ontmoet...en dankie vir die hulp met die overheating
Groete,
Nico
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Taktiese kolf bou 101
Chevvy, ek bly in die Paarl, nie in Elsiesrivier nie. My skietyster is nou mooi smaakvol aangetrek. As ek jou vrye teuls gee gaan selfs ou Goose hom nie wil hê nie. Nog 'n paar plakkers gaan hom nie beter laat skiet nie.
Nico, ons sal die winter op die saailande moet kom maat. Ek droom al van die makoue.
Nico, ons sal die winter op die saailande moet kom maat. Ek droom al van die makoue.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Taktiese kolf bou 101
Boetie, dis nou 'n seksie roer!
Chevvy sal nou sy avatar bietjie moet aanpas om kers vas te hou!
Groetnis
Chevvy sal nou sy avatar bietjie moet aanpas om kers vas te hou!
Groetnis
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Taktiese kolf bou 101
[quote="Gawie(7mm)"]Chevvy, ek bly in die Paarl, nie in Elsiesrivier nie.
Suider-Paarl?
Suider-Paarl?
-
Zack Benade
Re: Taktiese kolf bou 101
Gawie
Baie geluk. Jy het 'n pragtige geweer.
Met daai John Deere sticker op gaan die geweer maklik verkoop word.

Baie geluk. Jy het 'n pragtige geweer.
Met daai John Deere sticker op gaan die geweer maklik verkoop word.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Taktiese kolf bou 101
Noorder-Paarl, net onder die "skuld-bult".Chevvy SS wrote:Gawie(7mm) wrote:Chevvy, ek bly in die Paarl, nie in Elsiesrivier nie.
Suider-Paarl?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Taktiese kolf bou 101
Dankie man. Maak 'n aanbod.Zack Benade wrote:Gawie
Baie geluk. Jy het 'n pragtige geweer.
Met daai John Deere sticker op gaan die geweer maklik verkoop word.![]()
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
sPRINGHAAS
- Sr. Member

- Posts: 332
- Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm
Re: Taktiese kolf bou 101
Gawie, dalk kan die tooltjie jou beitel werk bietjie minder maak....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Taktiese kolf bou 101
Springhaas, daai gat-snyers werk baie lekker, maar is nie die probleem nie. Die aandrywingstelsel van die outjies is wel. Ek wou in die draad wys dat enige man in sy motorhuis 'n kolf kan maak met slegs die basiese gereedskap. Ek het van my vorige kolwe met sulkes bewerk en hy loop mooi, maar die man op straat gaan nie sommer R6500.00 betaal net om 'n gat te maak in een kolf nie.
Vir die manne wat nie houtwerkmasjiene ken nie; die "boor-kerf" snyers plaas ons in 'n aangepaste staanboor om die gate vir tapgate op stoele, tafels en deure te maak. Die boormasjien het 'n baie eenvoudige "skuif-tafel" soos 'n vreesmasjien waarin die werkstuk vasgeklamp word.

Last edited by Gawie(13mm) on Sat Dec 20, 2014 9:21 pm, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Eras
- Jr. Member

- Posts: 88
- Joined: Wed Sep 08, 2010 7:59 am
Re: Taktiese kolf bou 101
Middag Gawie,
Baie dankie dat jy die bou proses met ons deel. Dink nie almal van ons is geseend met die gawe nie - jy laat dit so maklik lyk
Wil jou graag vra oor die "glass bedding" wat jy op die kolf gedoen het. Ek sien dat jy bloot voor by die "recoil lug" en agter die bedding aanwend en nie oor die totale oppervlakte van die "aksie gedeete" nie (as dit nou sin maak?). Met ander woorde, as ek na van die video's op youtube ens. kyk waar die manne die proses verduidelik dan "bed" hulle die hele aksie gedeelte van min of meer die knox area tot en met die agterste gedeeldte soos wat jy gedoen het.
Is die aksie nie meer rigied wanneer die hele aksie "ge-bed" word nie?
Ek is absoluut 'n leek op die gebied en my rede vir die vraag is omdat my geweer op dieselfde manier (deur professionele mense) ge-glass bed is as wat jy met jou kolf gedoen het. My geweer se aksie pas baie styf in die kolf en die aksie trek tans stewig vas in die kolf.
Byvoorbaat dankie vir jou insig en dat jy jou kennis met ons deel.
Groete

Middag Eras.
Jy moet stadig maat, my ego is klaar redelik groot na die naweek se skiet.
Wat die bedding aanbetref, net die volende: Op die Howa aksie is daar bitter min "vleis" tussen die magesynkas en die kolf en enige vuller wat daar aangewend word is meer van estetiese as praktiese waarde. Met 'n enkelskoot aksie sonder 'n magesynkas maak dit egter sin om die aksie volledig te bed.
Uit ondervinding het egter geleer dat dit belangriker is om pilare in te sit. Dit verhoed dat die skroewe die snellerbeul se gate verwring en dan loskom. Veral op die Howa's wat se "bottom metal" van aluminium is.
Daar is manne wat sal verskil, maar dit is my praktiese ondervinding.
Groete,
Gawie.
Jy moet stadig maat, my ego is klaar redelik groot na die naweek se skiet.
Wat die bedding aanbetref, net die volende: Op die Howa aksie is daar bitter min "vleis" tussen die magesynkas en die kolf en enige vuller wat daar aangewend word is meer van estetiese as praktiese waarde. Met 'n enkelskoot aksie sonder 'n magesynkas maak dit egter sin om die aksie volledig te bed.
Uit ondervinding het egter geleer dat dit belangriker is om pilare in te sit. Dit verhoed dat die skroewe die snellerbeul se gate verwring en dan loskom. Veral op die Howa's wat se "bottom metal" van aluminium is.
Daar is manne wat sal verskil, maar dit is my praktiese ondervinding.
Groete,
Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Taktiese kolf bou 101
Groete aan jou ook Gawie!
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Taktiese kolf bou 101
Jou avatar gee my 'n kopseerChevvy SS wrote:Groete aan jou ook Gawie!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Eras
- Jr. Member

- Posts: 88
- Joined: Wed Sep 08, 2010 7:59 am
Re: Taktiese kolf bou 101
Dankie Gawie.
Nou toe - vertel van die naweek!! Watse skiet was dit? En las fotos by as jy het.
Nou toe - vertel van die naweek!! Watse skiet was dit? En las fotos by as jy het.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Taktiese kolf bou 101
Ons is maar erg beskeie hier op die forum maat.Eras wrote:Dankie Gawie.
Nou toe - vertel van die naweek!! Watse skiet was dit? En las fotos by as jy het.
Ons hou nie van spog nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Eras
- Jr. Member

- Posts: 88
- Joined: Wed Sep 08, 2010 7:59 am
Re: Taktiese kolf bou 101
Goed - "Laat ander jou prys" ... ne. Ek sal maar rond vra. Neem aan die groen masjien het mooi gemaak, so baie geluk!
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Taktiese kolf bou 101
Gawie, kyk asb, ek het jou pm gestuur. Redelik dringend.
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: Taktiese kolf bou 101
Gawie, dit lyk rerig ongelooflik smart, jy mag maar!
Watter tipe hout is dit?
Watter tipe hout is dit?
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Taktiese kolf bou 101
Sien gister die maat het sy nuwe Navara ingeruil......
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2108
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Taktiese kolf bou 101
Shoe Gawie,dit is baie goeie vakmanskap! Wel gedaan!om die kolf te maak is nie die probleem nie,dis om als mooi dieselfde te kry beide kante bo en onder waar die truuk inkom
baie baie mooi gedoen en verduidelik. Ek sien so af en toe vir oom PW by durbanville skietbaan sal graag ook jou hand wil skut en daai roer eendag sien.
Groete
Vossie
Groete
Vossie
-
Kingy
- Sr. Member

- Posts: 252
- Joined: Sun May 11, 2014 10:35 am
Re: Taktiese kolf bou 101
Gawie waneer maak jy nou n fiberglass kolf dat ons kan sien hoe word dit gedoen?
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Taktiese kolf bou 101
Ek hou van sukkel, maar ek hou is van jeuk nie.Kingy wrote:Gawie waneer maak jy nou n fiberglass kolf dat ons kan sien hoe word dit gedoen?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Robin
- Jr. Member

- Posts: 68
- Joined: Thu Mar 20, 2014 11:06 am
Re: Taktiese kolf bou 101
More Gawie
Baie mooi roer. Ek is bly jy het die draad geskep en dit behoort vir ons normale mense wat hou van dinge self doen baie te help. Ek is nou nie juis groot op houtwerk nie maar werk graag met my hande en wil dinge altyd self aanpak.
Ek het besluit om vir my ook so taktiese kolf te bou wat maar meestal gebruik sal word vir skietbaan en van bakkie af skiet. As ek mag vra watter hout het jy gebruik. Ek het 2 Austrian Spruce hout blokke by iemand gekry en wil graag weet of dit gepas sal wees. Ken glad nie die hout nie. Ek beplan ook om dit ordentlik te seel met veselglas en dan so bietjie camo spuitverf te gee.
Die geweer is n Tikka T3 .270 met silencer so terugskop is so te sê niks.
Hoor graag wat jy dink.

BORN TO HUNT, FORCED TO WORK
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Taktiese kolf bou 101
Dagsê, Robin.
Ek het beuke hout gebruik.
Enige hout wat vir meubels geskik is en 'n reguit grein sonder kwaste het sal werk.
"Spruce" is 'n Europese dennehout. Die hout is relatief sag, maar as jy hom behoorlik met glasvesel seël sal hy stabiel genoeg wees om as basis te gebruik.
Hou ons op hoogte.