Keuse vir 270

Post Reply
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Keuse vir 270

Post by Danie01 »

Hi manne, hier so baie antwoorde al maar help my gou kies tussen die volgende paar teleskope:

1. Burris 4,5-14x42 Fullfield II BP
2. Lynx LX1 4-16x42
3. Lynx LX2 4-14x40
4. Nikon Fieldmaster 4,5-14x40 SF
5. Nikon Monarch 4-16x42 SF
6. Dalk n Rudolf in dieselfde klas?


Die geweer word gebruik vir jag in die karoo, springbok en dan ook net vir lekker papier skiet. Die budget is R4000 tot R5000 en bogenoemde teleskope val almal daaronder, slegs die Lynx LX2 wat R5200 kos, dus ook naby budget.

Verkieslik moet kruishaar nie te besig wees nie en gewone plex of duplex tipe is heel reg.

Is daar van die bogenoemde teleskope wat iemand al teleurgestel het of wat julle nie sal aanbeveel nie?

Groete
Danie
User avatar
JohannC
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Wed May 29, 2013 9:54 am

Re: Keuse vir 270

Post by JohannC »

Hi Danie

Ek het op my 270 'n Lynx LX 1 4-16 x 42 en hy werk soos 'n bom. Ek weet ook hulle is nou by Camdix in Krugersdorp op special vir R3900.

Hoop dit help
Groete
Johann
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Keuse vir 270

Post by musgrave270 »

Danie

Ek het nou nie eerstehandse ondervinding met enige een van die scopes op jou lys nie, maar i.t.v. die vergroting glo ek is jy reg. Ek't die 'n 6-24x42 lynx op my 270 en dis vir my 'n bietjie overkill. Ek sou dalk net kyk na iets met 'n 50mm lens. Lynx se diens is baie goed.

Groete
Ruan
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Keuse vir 270

Post by Danie01 »

Johann,

Dankie vir die tip van special by Camdix!!

Ruan,

Ja ek soek spesifiek hierdie groottes en scopes, maar wil graag weet watter een die beter keuse of eerder watter een sal n fout wees

Groete
Danie
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Keuse vir 270

Post by matewis »

Ek het opsie 1 op my 270 en is meer as tevrede.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Keuse vir 270

Post by win270 »

Koop Nikon as jy goeie waarde vir geld as 'n vereiste stel.
Post Reply