70gr punt in 243

Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

70gr punt in 243

Post by Lamtjop »

Jis almal.
Ek soek asb weer raad by die forum, ek wil 70gr Blitzkings probeer en soek asb min en maks ladings. Ek is van plan om met S365 te laai, maar as daar 'n ander kruit is wat jul wil aanbeveel sal ek dit ok probeer. By voorbaat dank Tjops
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by WillemS »

Dag tjops

Ek skiet ook die blitzkings: 42.7gr S355 werk goed vir my. Kyk of jy vir Wouter op die forum kry, hy sal jou net goeie raad gee en hy beveel egter S365 aan vir daai 70grners!

Geniet hulle, hulle gooi mooi!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Louis102 »

L/Tjop

Ek skiet my 243 win met 70gr Blitskings / Winchester doppe / 68,4mm tpl / 42,4 gr S365 (1 op 10 twist loop) / cci200 primers.  Sommige s? die kruit is te min maar dit gee my baie vreugde.  As ek reg onthou het Taffie die spoed naby 3500 fps gemeet.  Ek's geen herlaai ekspert nie, maar dis hoe ek maak.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Hein M. »

Lt

My broer se Musgrave groepeer mooi met 42.5gr. S365 agter 70gr. MatchKings.  Hy laai dit in PMP doppe wat almal 51.7mm gesny is. Dit is 'n gematigde lading, maar is heel doeltreffend.

Voor hy begin laai het (2 maande gelede) het hy reeds 'n blik S365 gekoop.  Die S355 is - volgens baie herlaaiers - meer geskik vir die 70-75gr. punte. 

Hein M.
Last edited by Hein M. on Wed Nov 03, 2010 5:13 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Witpietskiet »

Lt,

Ek laai my 243 met 43.5gr S365 agter n 70gr SMK punt, PMP doppe, CCI200 primers en TPL van 67.8mmm hulle skiet baie mooi uit my ou Sako met sy nuwe Walther 1 op 10 twist loop uit. Ek het net noggiie die spoed gemeet nie.

Mooi braai Lamtjop  
Last edited by Witpietskiet on Thu Nov 04, 2010 8:57 am, edited 1 time in total.
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Louis102 »

Witpietskiet wrote: ...agter n SMK punt ...
Witpietraakskiet

Hoeveel weeg die SMK punte/koe?ls wat jy laai?

Mooilaai
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: 70gr punt in 243

Post by Cois »

Lt

Ek het 44gr s365 agter die 70gr blitzkings gelaai en dan het my roertjie baie mooi geskiet. Geniet dit.

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Witpietskiet »

Louis en Lamtjop,

Sorry julle, is n 70gr SMK

Mooi loop
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Lamtjop »

Dankie manne.
Wat s? julle van die 80gr Sierra Blitz Varminter, is daar iemand wat ondervinding het met hulle. Moenie skaam wees met jul "tips" nie. By voorbaat dank.
Tjops
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Janjak »

Lamtjop,
ek gebruik die 80gr Varminters nou al baie jare en het n hele paar jakkalse al jakkals hemel toe gehelp met hulle.
Hulle word by my gebruik vir alles gebruik, selfs bokke. Ek vat redelik ouens uit vir blesbokke en baie van hulle skiet dan sommer met my geweer. Daai 80gr punt maak volgens my minder vleisskade op n blesbok se blad as bv n 100gr. Gewoonlik gaan hy net deur die een skouer en slaan n groot gat deur die enjin kamer. Die 100gr gaan altyd deur en mors altwee skouers.

40,5gr S355 en n CCI 200 of Winchester gewone primer.
Doppe is Winchester of Sako en hulle loop so 3200fps in my geweer- Winchester Model 70.

As ek minder as 600 van daai punte in die kas het begin ek worry :D
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Lamtjop »

Janjak dankie, wat se lading beveel julle aan as ek met S365 wil laai-dis nou vir die 80gr.
Groete Tjops
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Hein M. »

LT,

Kyk na Taffie se reply hier:

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=2

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
theterminator

Re: 70gr punt in 243

Post by theterminator »

HALLO TJOPS

GAAN EERDER OOR NA 75 GR V-MAXE,  JY GAAN BAIE BETER RESULTATE KRY

70 GR BLITZKINGS IS BAIE AKKURAAT MAAR TE HARD (MAAK NIE SO VINNIG SOOS V-MAX OOP NIE)
EK HET IN DIE BEGIN DIE BLITZE GEBRUIK EN 'N KLOMP JAKKALSE HET SOEK GERAAK
MET DIE V-MAXE HET DIE JAKKALS NET OMGEVAL EN PARTYMAAL NIE EERS GEBEWE NIE,  JY KAN MET 'N SWAK SKOOT WEGKOM WAAR 'N SWAK SKOOT MET 'N BLITZKING 'N GROOT SOEKTOG AFGEE,  DIT MORS BAIE JAGTYD

EK IS TANS BESIG OM 80 GREIN PUNTE TE TOETS WAT 'N BENCHREST SPRINGBOK VIR MY DRUK
DIE RESULTATE LYK BAIE BELOWEND,  KRY SO 3500 FPS UIT 'N 243 MET GROEPERINGS VAN ONDER 'N DUIM OP 200 METER
SAL OOK VAN DIE PUNTE AAN ANDER JAGTERS OP DIE FORUM BESKIKBAAR STEL DAN KAN ONS HOOR WAT IS HUL ONDERVINDING

DIE MANNE WAT VAN DIT GEBRUIK BY JAGGEWEERSKIET KRY TOT MINDER AS DUIM GROEPERINGS OP 300 METER

GROETNIS
CLARENCE
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Yalair »

Nee wat manne
Kry vir jou 'n regte egte (2) 7mm (0) =80g=spoed=doodskoot!!! , 6mm is net net een mm te klein  ;D ;D
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Louis102 »

theterminator wrote: ...70 GR BLITZKINGS IS BAIE AKKURAAT MAAR TE HARD (MAAK NIE SO VINNIG SOOS V-MAX OOP NIE)...
Terminator

Ek wonder of jy nie hier 'n foutjie maak nie.  Ek skiet spesifiek jakkalse met hierdie punte en het al sommige dae gedink dat hulle eintlik te sag vir enige iets anders is.  Blitzkings is die een met die groen plastiek puntjie, n??  Ek kan jou vertel dat daardie punt sukkel om deur 'n groot os se vel te gaan voor dit omtrent heel opbreek en disintegreer.  Ek weet, want ek het dit 'n paar keer met my eie o? gesien.  As 'n mens bees wil skiet, gebruik eerder 'n harder punt.

Net gewonder of jy nie dalk van iets soos "Matchkings" of "Gamekings", eerder as "Blitzkings" praat nie?

Groete
Louis

Ns.  Wanneer wil die 7mm manne eendag leer?  Vir ons soort werk kom die perfekte balans, goue middeweg en beste akkuraatheid in die 6mm klas.  Dooier as dood kan 'n mens tog nie skiet nie?  ;D
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: 70gr punt in 243

Post by Tomcat »

Louis

Ek het dieselfde ervaring met blitskings gehad, agt jakkalse in een maand verloor. Volgens my is hulle ook te hard.
Ek skiet nou ook maar met V Maxe en Ballistic tips en al wat nou beweeg is die ou stertjie wat so draai. Dis glo van lekkerkry ;D

Groete
T
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Louis102 »

Tomcat wrote: ...Ek het dieselfde ervaring met blitskings gehad, agt jakkalse in een maand verloor...
Tomma

Ek is seker veronderstel om toe te gee as manne met soveel ervaring praat?  Voor dit egter net eers hierdie, die heelwat meer as 100 jakkalse wat ek met Blitzkings geskiet het, was daar een kweshou (nogal tydens OTA IV - vermoed 'n af beentjie).  Nog een jong jakkalsie met 'n longskoot van baie naby af (30 meter), het so entjie gedraf voor hy omgeval het. Vir die res kan ek nou regtig nie van een onthou wat nie op die plek gel? het nie.  Sommer heelwat met daai "happy" stertjie sindroom.  Miskien skiet ek te min jakkalse en was ek nog net gelukkig of miskien is ons w?reld se jakkalse nie so taai soos daar by julle nie?

As ek teen 'n stadiger spoed as julle skiet, kan dit 'n verskil maak?  Ek dink nie dit kan nie, maar begin nou wonder.  As ek reg onthou, skiet ek maar teen so 3400 - 3500 fps.  Julle gooi seker hier teen 4000 fps plus?

Wonder maar net hoekom ons ervaring soveel verskil?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Louis102 »

Ps. Dalk skiet ek net beter as sommige manne, nou dat ek daaraan dink?  ;);D
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Raven »

Tomcat wrote: al wat nou beweeg is die ou stertjie wat so draai. Dis glo van lekkerkry ;D
Nou lekker gelag, ek het ook al so 'n paar dopgehou deur die scope na die skoot geklap het, en dit nogal met die 25  ;)
Louis102 wrote: Ps. Dalk skiet ek net beter as sommige manne, nou dat ek daaraan dink?  ;);D
Ek hou van jou manier van dink Louis  ;D

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Hein M. »

Louis,

Ek weet dat die Blitzkings spesifiek vir jag gebruik kan word.  Koos Barnard (Magnum) het talle artikels geskryf oor hierdie BK (70gr.) punt se effektiwiteit in die 243 - as jagpunt.  Die punt breek wel op en behou nie sy gewig nie.  Moet ook se dat die trompsnelheid dan in die omgewing van 3200vps is.  Skootplasing is krities vir sukses - veral op die groter boksoorte.

Dit wat jy se van die bees se dik vel maak sin.  As jy genoeg spoed bysit sal daai puntjie beslis uitmekaarspat.

Ek dink die V-Max punte is ontwerp om te "ontplof" met inpak - en 'n hoe spoed is hiervoor nodig.  As ek sien wat maak die 55gr V-Max (uit die 223) met 'n jakkie, dan kan die doeltreffendheid duidelik sien!

Ek sal graag nog praktiese opmerkings wil hoor oor julle wat die BK's daagliks gebruik. 

Groetnis!

Hein M.
Last edited by Hein M. on Tue Nov 09, 2010 9:40 am, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Louis102 »

hein wrote: Ek weet dat die Blitzkings spesifiek vir jag gebruik kan word.  Koos Barnard (Magnum) het talle artikels geskryf oor hierdie BK (70gr.) punt se effektiwiteit in die 243 - as jagpunt.  Die punt breek wel op en behou nie sy gewig nie.  Moet ook se dat die trompsnelheid dan in die omgewing van 3200vps is.  Skootplasing is krities vir sukses - veral op die groter boksoorte..... Ek sal graag nog praktiese opmerkings wil hoor oor julle wat die BK's daagliks gebruik .... 
Hein

Ek weet nou nie van Koos Barnard se ervarings nie, want ons kry omtrent nooit die Magnum in die hande nie.  Ek het wel so om en by 30 gemsbokke en seker meer as 200 springbokke ook al met blitskings geskiet.  Moet s? dat ek net kopskote skiet en nie weet wat die impak op die blad of elders sal wees nie. 

Alhoewel ek nog net een gemsbok bietjie laag op die neus geskiet het en ek hom eers 'n hele ent later kon doodkry (ek dink ander punte sou maar die selfde maak) het die res van die bokke almal in hulle spore geval.  Dit was egter goeie skootplasings, want ek maak maar eerder seker met gemsbok se kind.

Op die springbokke kan ek jou nou nie nommers gee nie, maar as jy kopskote skiet, is dit 'n uitstekende punt.  Wil amper s? ideaal, behalwe dat hulle te duur vir daai joppie is.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: 70gr punt in 243

Post by Tomcat »

Louis
Louis102 wrote: Ps. Dalk skiet ek net beter as sommige manne, nou dat ek daaraan dink?   ;);D
Ja Nee julle suid westers mag maar skiet! Soos Clarence gese het dit maak dat n swak skoot nie n soektog afgee nie. As jy n jakkals elke slag op die blad kan skiet kan n ou maar met kalkklippe ook skiet, maar as daai koeeltjie van die pens af agtertoe sy plek vind kan n ou probleme optel. Jy as boer weet daai jakkals gaan vrek maar ek moet die jakkals loop wys voor ek vergoed word vir hom.

N V Max en n ballistic tip is sagter, dus breek die punt vinniger op met ander woorde meer skade word veroorsaak. Met n groot gat in sy lyf kom n jakkals nie ver nie al is dit deur die boud, miskien so 2 en n half tree.

Hoe stadiger n punt geskiet word hoe minder gaan hy opbreek, dus dit behoort eintlik die situasie te vererger. Skiet n v max stadig genoeg en jy gaan ook maar sukkel. Ek vat n wille raaiskoot en ek se daai jakkals wat jy gekwes het se blad is af nie sy beentjie nie. En glo my hul vrek nie van daai verlies nie ;D Sou kon se jy sit dalk nou met 3 been van die vrystaat.....

Hierdie is maar my opinie en enige ou is welkom om te verskil.

Groete
Tomcat

NS: Sny nou maar daai skouertjies bietjie skerper, dit skakel baie raaiwerk uit. Nie dat ek dink jy kan nie skat nie....... ;D ooo en wat van n ou knaldempertjie.....
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 70gr punt in 243

Post by Louis102 »

Ou Tomma, ons moet eendag bymekaar uitkom dat ons lekker kan gesels.

Wat ek nie s? nie, is dat Blitsking sagter as V Max'e is nie.  Wat ek wel s? is dat Blitzkings nie as harde punte of t? harde punte geklassifiseer kan word nie.  Ek het al so een en ander driebeen jakkals of wat van die V Max-manne platgetrek, so ek weet.

Kan jy my help om 'n eenvoudige, effektiewe, relefante balistiese toets te doen?  Weet daar is al iewers van so iets op die forum gepraat, maar kan nie lekker onthou nie.  Ek het nog 'n klompie V-Max'e en wil toets of hulle werklik soveel sagter as die Blitskings is.  Die spreekwoord s? mos sien is mos glo en voel wragtag.

Mooisagskiet!
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: 70gr punt in 243

Post by JACQUES BOTHA »

Tomma..
Ek gaan eers klaar giggel voor ek verder skryf.
Maar daai blitzkings werk moooi uit n 222-50 uit. Seker omdat hulle so vinnig daar kom dat die jakals nie tyd het om te hol nie.
OK ek het hulle net geskiet toe ek nie vmax'e kon kry nie. Die 55gr amoksils is ook baie sag vir die wat hulle wil skiet op die jakkalse.
Ek kan egter onthou dat jy ongelukkkg was met hulle, Hulle skouertjies is te skerp gewees of so iets lag lag lag.
Lekker bly, Jy al tyd gehad om hier in nuutste outa uit te gaan en  iets in te bring..
Ek was nog nie uit nie,wind en reen en Mamma hou my in die huis...
Mooi bly
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: 70gr punt in 243

Post by Freddie101 »

Tomcat wrote:
NS: Sny nou maar daai skouertjies bietjie skerper, dit skakel baie raaiwerk uit. Nie dat ek dink jy kan nie skat nie....... ;D ooo en wat van n ou knaldempertjie.....
Tomma. Ek dink ons moet maar een van Clarence se silencers vir Louis laat kry vir sy OUTA moeite. Kan nie dink dat hy nog sonder een skiet nie.

En Clarence jy moet ons op hoogte hou van daai punte.

Groetnis Freddie
yol bolsun
Post Reply