Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by Doepie01 »

Hallo Manne

Ek soek raad asb. Hier is n snaakse siekte onder die springbokke en blesbokke van n vriend van my. Die simptome is as volg.

Die springbokke het bloederige diarree en as mens tussen hulle ry dan trek die sieke met n moerse vaart weg, spring hoog in die lug, en val dan sommer op die rug of ribbetjies met die afkom slag. Lyk kompleet of die bok nie weet om op sy voete te land nie. Die ou het al 2 jong springbokkies en 3 blesbokkies gekry wat dood is.

Ek het nog nooit so iets gesien nie en oral waar ek vra weet niemand wat aangaan nie. Die Veearts ook nie.

Het iemand dalk al so iets ondervind?

Ek leer graag.

Groete
Doepie
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by win270 »

Doepie, ek stel voor jy skakel 'n paar vee-artse by groter sentra / stede, of probeer Onderstepoort te skakel met jou navraag. As jy een van die karkasse kan bewaar sodat dit ontleed kan word, sal die kundiges jou kan help. Dit klink baie eienaardig . . . iets met balans te doen . . . dus dalk in die brein . . . ek spekuleer ook maar. Hoop julle kan vinnig die probleem onder beheer kry.
Polla1983
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 276
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by Polla1983 »

Doepie.

Dit klink glad nie mooi nie. Die wat al gevrek het, is dit slegs lammers of volwasse diere ook ? Daar kan honderde verskillende diagnose wees vir die simptome en mens sal moet dieper gaan ondersoek instel. Soos genoem, kry hulp vanaf n ordentlike bron, wat ookal julle doen, moet assamblief nie oopsny om n post-motem te wil doen! Daar is sekere siektes en virusse wat "spore" vrystel sodra die karkas blootgestel word en kan die hele boerdery en selfs die mens affekteer, asook die omgewing.

N paar vrae wat ek wil vrae is;
1. Is dit n gevestigde trop diere? Of onlangs aangekoop/geskuif?
2. Word die jong diere sowel as ouer diere geaffekteer?
3. Word daar enigsins byvoeding gegee of slegs natuurlike weiding
4. Is enige ander diere/spesie ingebring waar die diere tans loop?

Die rede hoekom ek vra, en ek kyk na die simptome wat jy noem, is as gekyk word na die "dronk/ van balans" simptoom dit die brein en senuwee stelsel affekteer. Nou springbokke ( Sover ek weet nie blesbokke nie ) is van die min wildspesies wat hartwater vatbaar is.. of daar van natuur daai tiepe bosluis in jul area voorkom, is ek nie seker van nie, maar as diere vanaf n hartwater gebied geskuif is soontoe, is daar n groot moontlikheid daarvan. Dit sal dus jonk en ouer diere affekteer en nie slegs jong diere nie.
Die bloederige diaree is moeilik om saam met hartwster tekoppel alhoewel daar wel diaree kan ontstaan weens koors.
Die bloederige diaree se vir my dat die dermkanaal of dermwand beskadig word, dit kan wees agv voeding. ( google acidosis). As die diere intensief geboer word of in bomas gestaan het, kan gekyk word na coccidiosis ook. Ook met voeding tedoene. Dit word weereens nie gekoppel met die balans simptome nie..
As mens die 2 punte uitskakel, kan gekyk word na plant vergiftiging..daar is wel plante wat beide simptome genoem regverdig! Probeer meer uitvind oor watter plante giftig is vir diere by n veearts in jou area. As hulle nie weet nie, is hulle nie die sout werd nie! Onthou dat giftige plant weefsel ook kan inkom deur voeding wat aangekoop word, bv lusern of hooi bale ens...

Hou ons op hoogte.

Groetnis
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by savage(P Coetzer) »

My raai sal koksidiose wees.
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by Doepie01 »

Hallo Manne

Dankie vir die raad. Ek het vanmiddag gaan help en 2 bokkies wat siek is geskiet en na n veearts gevat. Die 2 bokke se simptome verskil heeltemal. Die een het net lusteloos, kop onderstebo, gestaan toe ek haar skiet. Die veearts het n volledige biopsie gedoen. Pensinhoud was net miswater. Lewer was vasgegroei aan die wandvlies. Het monsters gevat van lewer, niere, brein, hart en milt vir ontleding by lab. Maagwand was reg.

Die ander bokkie wat ek geskiet het, het al in die ronde gedraai, met haar kop ver agtertoe getrek en as sy begin draf slaan sy om en haar kop ruk heel tyd heen en weer. Heeltemal van balans af. Biopsie op haar ook gedoen. Geen sigbare tekens op die brein(behalwe bloeding, maar dit kon van die valslag wees) of enige van die organe of ingewande kon waargeneem word nie. Pensinhoud was normal en maagwande was reg. Selfde monsters as eerste bok is gevat en word weggestuur vir ontleding.

Ek sal jul laat weet sodra die uitslae gekom het. Veearts wou nie diagnose waag omrede basies niks gesien kan word nie. n Vae moontlikheid van hondsdolheid bestaan(baie vaag) of dalk breinvlies ontsteking.

Polla net om n paar van jou vrae te antwoord:

Dit is trop springbokke wat net in een kamp loop al vir jare en daar het nog nooit ingekoopte diere by gekom nie. Geen lek word voorsien nie en hulle loop op natuurlike weiding.

Dit is hoofsaaklik jong diere wat aangetas word en hier is nie hartwater in ons gebied nie.

Baie dankie vir die hulp.

Groete
Doepie
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by douw »

Sterkte Doepie!
Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by Triple2 »

Jy het nie dalk Kiesieblaar wat in groot hoeveelhede groei nie? Dit is gewoonlik onskadelik maar kan soms n sekere toksien bevat wat die dier bedwelm. Veral jong diere oorvreet hulle dan!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by win270 »

Is daar 'n openbare pad wat aan die kamp grens? Mens wonder ook maar oor een of ander misdadige vergiftiging?
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by win270 »

Doepie, vertel gerus wat die siekte is en hoe dit by die kuddes uitgekom het. Hoe word die probleem behandel?

Hoop julle kan die skades beperk.
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by Doepie01 »

Volgens die Veearts sal die lab se uitslae so 7 dae neem. Sodra ek weet wat aangaan sal ek julle beslis laat weet.

Groete
Doepie
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by Dolf014 »

Skaap kry domsiek(geel dik kop siekte), wat gewoonlik wan balans veroorsaak. As ek reg is word die siekte veroorsaak deur die geel blom duwweltjies wat verlep. Was daar nie dalk onlags duwweltjies op die plaas nie.
Ek sal baie graag die uitslag van die veearts wil lees.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by Doepie01 »

Naand Manne

Ek kan darem al die eerste terugvoer gee. Dit is GELUKKIG nie hondsdolheid nie. Ek was nogal geworry oor die een want my hande was nooit met handskoene bedek nie.

Wag nog vir die verdure uitslae. Sal laat weet.

Groete
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by win270 »

Bly daaroor! Het nog springbokke en blesbokke intussen gevrek? En julle vee?
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by Doepie01 »

Nee, nog niks wee gevrek nie. Het die week die ander wat so domkop was gaan skiet. Die laaste 3. Gelukkig is daar nie skaap in die kamp nie so al die vee is nog gesond. Touch wood!
Vrystater
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Wed Mar 14, 2012 1:13 pm

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by Vrystater »

Dagsê Doepie,
Lees nou eers die post oor jou bokke wat vrek. Enige resultate al terug gekry van jou veearts?
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by win270 »

Ja, ek wonder ook wat die finale bevinding en behandeling is. Laat weet gerus.
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by Doepie01 »

Manne

Dit wil voorkom of onderstepoort BAIE stadig is met hul ontledings. Behalwe vir die feit dat dit nie honsdolheid was nie, wag ek nog steeds vir verdure uitslae. Sal jul op hoogte hou.

Groete
Polla1983
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 276
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by Polla1983 »

Doepie???

Enige nuus al???
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Snaakse siekte onder springbokke. Hulp asb.

Post by Doepie01 »

Polla

Nie rerig nuus nie. Lyk my die laboratoriums spekuleer vreeslik oor hierdie storie. Die een vermoede is dat die siekte veroorsaak kon word deur dieselfde virus wat enseotiese aborsie veroorsaak, of n stam daarvan. Maak nie vir my lekker sin nie.

Die ander vermoede is dat dit n soort breinvlies ontsteking is wat die diere onder lede gehad het. Die raad wat gegee is was dat as daar nog diere gevrek het of siek was daar n rede tot bekommernis mag wees, maar indien siekte en vrektes gestop het, dit gesien moet word as n geisoleerde voorval met geen rede tot kommer.

Ek het so week of wat gelede saam met buurman deur kamp gery en gelukkig geen siek of dooie diere meer gesien nie.

Jammer ek kan nie meer duidelike terugvoer gee nie.

Groete
Post Reply