Raad Asb - Nikon Monarch 5-20 x 44 sf BDC

Post Reply
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Raad Asb - Nikon Monarch 5-20 x 44 sf BDC

Post by Gernie »

More manne

Ek soek asb raad. Ek kan n gebruikte Nikon Monarch 5-20 x 44 sf BDC kry vir minder as helfte van sy nuwe prys. Wil hom op die 243 en later 308 gebruik.

Wat is julle opinies rondom die scope?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Raad Asb - Nikon Monarch 5-20 x 44 sf BDC

Post by PWV »

Gernie
Ek het twee sulke teleskope - die kruishare is egter die nikoplex, maar dit maak geen verskil aan die kwaliteit daarvan nie.
Ek is baie tevrede, gedagtig aan die feit dat dit vir my 'n bekostigbare, waarde-vir-geld apparaat is.
As die teleskoop wat jy kan kry, in 'n 100% toestand is, sal ek dit aanbeveel!
Groetnis
P.W.V.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Raad Asb - Nikon Monarch 5-20 x 44 sf BDC

Post by Pvdw »

Gernie ek het een van hulle. Baie lekker scope.

Net so 1 of 2 dingetjies wat ek opgetel het.

- Op die kleiner vergroottings is hy baie helder. Sodra ek oor 16x gaan begin hy effe verdof maar nie veel jie. Sodra ek oor 18x gaan ferdof hy redelik. Paralaks verstel help effens maar sorteer nie die probleem uit nie. Ek skiet so op 12-16 met hom en daar is hy 100% vir my.

2de ding. Kyk of dit die nuwe of ou model is. Ou model se kruishaar is redelik dik en die manne kla gereeld daaroor.

verstelling op die turrets is baie positief en herhaalbaar. Dis ook 1/8" verstelling op daai scope. Interne verstelling us 34 MOA.

as hy van die vinnige zero turrets het us dit die nuwe model. Die ou model moet jy die turrets los skroef om te zero.

als en als is dit 'n nice scope. As ek reg raai kan jy hom onder 3k koop. Vir daai geld koop ek hom toe oë al is dit die ou model.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Raad Asb - Nikon Monarch 5-20 x 44 sf BDC

Post by Dries101 »

Ek het self daai scope met die Nikoplex en ek dink jy gaan sukkel om vir onder R10 000 n beter scope in daai vergroting te kry.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: Raad Asb - Nikon Monarch 5-20 x 44 sf BDC

Post by Gernie »

Dankie manne vir die goeie raad. Die scope is oppad na my toe.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Raad Asb - Nikon Monarch 5-20 x 44 sf BDC

Post by JohanvB »

Kwaai, en dan gaan jy op Nikon se webtuiste en of google Nikon se Ballistiese program Spot On...hier http://spoton.nikonsportoptics.com/spoton/spoton.html

en werk jou BDC"s uit volgense jou spoed ens ens...moerse nice!!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Raad Asb - Nikon Monarch 5-20 x 44 sf BDC

Post by BRNO (Pierre) »

Dit lyk asof jy klaar gekoop het. Ek het nie self een van die scopes met spesifiek die BDC kruishaar nie, maar het by verskeie persone al gehoor dat dit n baie ongewilde kruishaar is, aangesien daar nie baie fyn met hom gemik kan word nie. Die sirkeltjies is "groot", en die horisontale hare redelik dik.. Ek het wel al verskeie kere by safari deur die scope gekyk, en kan verstaan dat die kan waar wees.

Ek skyf hier op hoor se van ander mense. Ek hoop liewers dat jy gelukkig met die scope gaan wees.

Ek het wel drie Nikon monarchs met milldot kruishare, en met aldrie is ek super tevrede.
Veiligheid eerste manne!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Raad Asb - Nikon Monarch 5-20 x 44 sf BDC

Post by PWV »

JohanvB wrote:Kwaai, en dan gaan jy op Nikon se webtuiste en of google Nikon se Ballistiese program Spot On...hier http://spoton.nikonsportoptics.com/spoton/spoton.html

en werk jou BDC"s uit volgense jou spoed ens ens...moerse nice!!

Werk net vir slim ouens! >:+
immelmanw

Re: Raad Asb - Nikon Monarch 5-20 x 44 sf BDC

Post by immelmanw »

Gernie wrote:More manne

Ek soek asb raad. Ek kan n gebruikte Nikon Monarch 5-20 x 44 sf BDC kry vir minder as helfte van sy nuwe prys. Wil hom op die 243 en later 308 gebruik.

Wat is julle opinies rondom die scope?
Awesome scope, as jy ooit probleme het sal ek dit vir jou uitsorteer. Koop hom.

Groete

Willem
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Raad Asb - Nikon Monarch 5-20 x 44 sf BDC

Post by PWV »

immelmanw wrote:
Gernie wrote:More manne

Ek soek asb raad. Ek kan n gebruikte Nikon Monarch 5-20 x 44 sf BDC kry vir minder as helfte van sy nuwe prys. Wil hom op die 243 en later 308 gebruik.

Wat is julle opinies rondom die scope?
Awesome scope, as jy ooit probleme het sal ek dit vir jou uitsorteer. Koop hom.

Groete

Willem

Gernie
Wat Willem nou hier kwytraak, het ek ondervinding van. Dit is so waar!
Dit is nog 'n groot voordeel wanneer jy 'n Nikon aanskaf!
Groetnis
Post Reply