Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by Smous v.d. Vyver »

Tasco,

Ek sal graag wil weet of jy deelneem aan enige baanskiete en veldskiete en watter tipe teleskoop jy daarvoor gebruik?

Het jy al beide van die teleskope prakties getoets?

VBD ek kyk altyd na 'n man se hoeveelheid posts asook lidmaatskap status op Jaracal en dan na sy opinie.Dit blyk elke keer asof die manne wat langer lid is om dit so te stel 'n bietjie meer ervaring het en opinies soos die van Louis,James en Willem net so klein bietjie meer sin maak.

Ek skiet gereeld veldskiete en baanskiete maar voel dit is nie my plek om 'n opinie te lewer net omdat ek met beide van die teleskoope geskiet het op ander manne se gewere nie.Ek het Leupold gehad en skiet nou met NF en is geneig om saam met Sam te stem,vir hierdie bespreking kan ek nie my opinie lewer nie want die vraag gaan nie oor Leupold en NF nie as jy verstaan wat ek bedoel.

My 2 sent.

Vriendelike Groete,

Corné
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by Beretta »

Manne
Na baie jare se skiet met n Lynx het ek nou n Zeiss gekoop en ek is baie tevrede met hom ek sal miskien n NF koop as ek spaar geld het maar vir nou is my Zeiss in n klas van sy eie. Vortex ken ek nie so ek kan niks oor die scope se nie.
Beretta.
immelmanw

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by immelmanw »

Maar kom ons bly by die post.

Zeiss DURALYT of Vortex
Vortex PST...... R12500

Ek reken Vortex is meer kompetisie, Veldskiet, Baanskiet en Langafstand, Tactical telescope (vergrotings van 6-20 of 6-24) Net vir interesantheid, Vortex is vandag n $85 Miljoen p/a maatskappy, amper n Biljoen Rand...........nie Mickey Mouse nie!

Zeiss meer jagteleskope, veral die Duralyt 3-12x50

Net ter inligting, die Zeiss Duralyt is DISCONTINUED, dit word vervang deur die ZEISS DURALYT DL.......vir die eerste keer, HUNTEX 2014 - Safari & Outdoor se stalletjie. In n ander klas!
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by Smous v.d. Vyver »

Goeie opinie van Beretta daar,'n man wat geruime tyd lid is en baie posts agter sy naam het en eerlik is dat hy nog nie met Vortex geskiet het .

TASCO kom in?
User avatar
vbd
Full Member
Full Member
Posts: 207
Joined: Wed Mar 06, 2013 9:16 am

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by vbd »

Baie interesant om almal se sieninge te lees. Ek skiet nou al 5 jaar met duralyt's op my 243 en 3006 en ek het die volgende ondervind.

Vir algemene jag tot op afstande van +- 300m is daar min wat by hulle kom in daai prysklas. Top beeld kwalitiet, behou sy zero baie goed en 'n lekker fyn kruishaar vir daai lang skote. So vir enige jag kondisies en baanskiet onder 200m uistekende scope.

Die tekortkominge is almal meer op baan en langafstand skiet gemik. Eestens is die vergroting 'n bietjie min en hy't ook nie paralaks verstelling nie. Die Duralyt se turrets is ook nie geskik vir op en af stel op die baan nie.

So indien ek nou 'n scope soek wat hierdie funksies vir my op die baan kan gee, kyk ek na die HD5 5-25 of die Vortex Viper 6.5-20. Die PST met die illuminated kruis is vir my onnodig. So dit alles in ag geneem wat maak 'n man dan nou? Ek's mal oor die HD5 maar wonder net of ek daai ekstra contras en definisie werklik nodig het?
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by Frikkie Coetzee »

Ek het al paar Zeiss hoofsaaklik die Conquest reeks en n paar Duralight mee geskiet. Ek het nog nie met die HD5 geskiet nie.

Ek self het n Vortex Viper HST ( nie die PST nie) asook die ouer Vipers in 6.5 -20x50. Ek weet nie of daai reeks n naam gehad het nie.

Die Vortex se verstellings en Zerostop funksie op die HST is briljant. Voel beter as Zeiss. Ek kan nie op een van die reekse distorsie sien op die kante nie. In swak lig met selfde vergroting, gewoonlik sterk skemer is daar min te kies.

Met die oog is daar min verskil waarneembaar.

Mens sal egter moet n volledige toets doen om te bepaal of die verstelling van die een beter is as die ander of nie to. Akkuraatheid en herhaal aarheid op die langduur.
immelmanw

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by immelmanw »

Gromit wrote:Ek het al paar Zeiss hoofsaaklik die Conquest reeks en n paar Duralight mee geskiet. Ek het nog nie met die HD5 geskiet nie.

Ek self het n Vortex Viper HST ( nie die PST nie) asook die ouer Vipers in 6.5 -20x50. Ek weet nie of daai reeks n naam gehad het nie.

Die Vortex se verstellings en Zerostop funksie op die HST is briljant. Voel beter as Zeiss. Ek kan nie op een van die reekse distorsie sien op die kante nie. In swak lig met selfde vergroting, gewoonlik sterk skemer is daar min te kies.

Met die oog is daar min verskil waarneembaar.

Mens sal egter moet n volledige toets doen om te bepaal of die verstelling van die een beter is as die ander of nie to. Akkuraatheid en herhaal aarheid op die langduur.
Hoe se die manne +1
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by Louis Kriel »

Die ou Viper reeks is die Viper PA.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by Beretta »

Willem
Ek stem saam doen die toets maar ek sal laaik om daar te wees kry die Zeiss rep dat hy vir my mooi verduidelik hoe hulle scope werk ek gebruik hom maar op my manier maar sal darem hulle manier ook wil probeer met hulle charts dit is die HD scope met varmint rectical
Beretta
immelmanw

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by immelmanw »

TASCO wrote:James,

"Flavour of the month" is 'n baie goeie beskrywing!
Byvoorbeeld, dit is al wat Safari nou aan jou probeer verkoop en nie lank terug nie was dit net Nikon's.
Jy vra vir 'n spesifieke vervaardiger se teleskoop, dan probeer hulle 'n Vortex aan jou verkoop.
Dit hang maar baie van die verkoopsman agter die toonbank af en wat hy aangesê of gevra word om te "push".

Die "flavour of the month" sal weer verander en tot dan toe is Vortex seker bo aan die lys.
Die voordeel van Safari is dat die klient die keuse het, nikon, vortex, swarovski, trijikon, nightforce, schmidt &bender, march, zeiss, redfield, leupold, bushnell, hawke en rudolph.
Meeste van die tyd is ons pryse kompeterend op al die vervaardigers. Dus sal die diens van die verskaffer en die vertroue en ondervinding wat die verkoopspersoon van die produk het, sy beslluit beinvloed. Seker maar dieselfde in meeste ander besighede!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by Ponkie »

immelmanw wrote:
Die voordeel van Safari is dat die klient die keuse het, nikon, vortex, swarovski, trijikon, nightforce, schmidt &bender, march, zeiss, redfield, leupold, bushnell, hawke en rudolph.
Meeste van die tyd is ons pryse kompeterend op al die vervaardigers. Dus sal die diens van die verskaffer en die vertroue en ondervinding wat die verkoopspersoon van die produk het, sy beslluit beinvloed. Seker maar dieselfde in meeste ander besighede!

+1 Willem

Groetnis
Ponkie
immelmanw

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by immelmanw »

Corné v.d. Vyver wrote:Goeie opinie van Beretta daar,'n man wat geruime tyd lid is en baie posts agter sy naam het en eerlik is dat hy nog nie met Vortex geskiet het .

TASCO kom in?
TASCO, kom in, TASCO kom in........lyk my Tasco is nou dood.
Watse scope skiet jy mee Tasco, nie Nikon nie, nie Vortex nie, nie Nightforce nie, wat gebruik jy dan nou op jou gewere?
TASCO
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun Jun 05, 2011 3:07 pm

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by TASCO »

Corne/Willem

Ek is in!

Corne,
Ek doen nie baanskiet/veldskiet kompetisies nie, maar verkies en is meer vertroud met die ware "Jacob", die jagveld.
Ek moet by sê ek sien ongelukkig te veel van die papier skieters wat so fantasties op teikens/gonge tot op 300meter skiet en dan in die jagveld kom en dan nie eers 'n Springbok op reëlmaat op 200m in die kop kan skiet nie en bokke links en regs kwes.
Dit is maar waar die "kaf van die hooi geskei word".

Dit is 'n vreemde aanname om te maak, dat iemand wat min posts plaas en nie so aktief op die forum is nie, minder ervaring het van scopes as manne wat baie posts plaas.


Willem,
Ek het amper 20x verskillende kalibers en het 3x Nikons, 2x Leupolds, 1x Schmidt & Bender, 1x Swarovski, 1x Zeiss, 2x Trijicons, 3x Rudolphs en tot 'n Redfield en Tasco of twee.
Vortex en Nightforce het ek nie, want ek het nog nie regtig nut vir een van hulle gehad nie en dink ook nie ek sal nie!

Hou julle kruid droog, want die jagseisoen is op ons!

Oor en uit!

Tasco
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by Smous v.d. Vyver »

Môre Tasco,

Gaan goed dankie.

Dankie vir die mooi boodskappie.

Dit is nie aanname nie ek praat uit ervaring.Dit is maar 'n ding wat gereeld hier gebeur by ons.

Dankie vir die bevestiging dat jy nie 'n Vortex of Nightforce besit nie en dat ons dus jou opinie waardeer op die een Zeiss wat jy wel besit.Hoekom net een as hulle dan so giftig is?

Hoe sê die manne,talk is cheap en money buys the whiskey.Ons sien uit na al jou foto's wat jy in die toekoms gaan post oor jou vele jagtogte.

Vriendelike Groete,

Corné
immelmanw

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by immelmanw »

TASCO wrote:Corne/Willem

Ek is in!

Corne,
Ek doen nie baanskiet/veldskiet kompetisies nie, maar verkies en is meer vertroud met die ware "Jacob", die jagveld.
Ek moet by sê ek sien ongelukkig te veel van die papier skieters wat so fantasties op teikens/gonge tot op 300meter skiet en dan in die jagveld kom en dan nie eers 'n Springbok op reëlmaat op 200m in die kop kan skiet nie en bokke links en regs kwes.
Dit is maar waar die "kaf van die hooi geskei word".

Dit is 'n vreemde aanname om te maak, dat iemand wat min posts plaas en nie so aktief op die forum is nie, minder ervaring het van scopes as manne wat baie posts plaas.


Willem,
Ek het amper 20x verskillende kalibers en het 3x Nikons, 2x Leupolds, 1x Schmidt & Bender, 1x Swarovski, 1x Zeiss, 2x Trijicons, 3x Rudolphs en tot 'n Redfield en Tasco of twee.
Vortex en Nightforce het ek nie, want ek het nog nie regtig nut vir een van hulle gehad nie en dink ook nie ek sal nie!

Hou julle kruid droog, want die jagseisoen is op ons!

Oor en uit!

Tasco
Hi tasco

Jy moet slaap broer......01:00 in die oggend is dam vroeg om op Jaracal te le en speel.
Ek vra om verskoning, ek verstaan nou hoekom jy se Nightforce is overpriced en Vortex flavour of the month......jy ken nie die goed nie. As jy eendag op die skietbaan, baanskiet, long range of Veldskiet kom, laat weet my dan kan ons ontmoet. Dit is entelik hier waar die Nightforce en Vertex so goed doen en verkoop. Jy sal sien dis n nuwe wereld wat oopgaan.

Ek stem saam met jou. Nikon en Zeiss is sekerlik die beste waarde vir geld jagteleskope.

Groete,

PS: post daar vir ons so paar jagfotos dat onns almal die groot jagter kan omtmoet.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by kopskoot »

TASCO wrote:Corne/Willem

Ek is in!

Corne,
Ek doen nie baanskiet/veldskiet kompetisies nie, maar verkies en is meer vertroud met die ware "Jacob", die jagveld.
Ek moet by sê ek sien ongelukkig te veel van die papier skieters wat so fantasties op teikens/gonge tot op 300meter skiet en dan in die jagveld kom en dan nie eers 'n Springbok op reëlmaat op 200m in die kop kan skiet nie en bokke links en regs kwes.
Dit is maar waar die "kaf van die hooi geskei word".

Dit is 'n vreemde aanname om te maak, dat iemand wat min posts plaas en nie so aktief op die forum is nie, minder ervaring het van scopes as manne wat baie posts plaas.


Willem,
Ek het amper 20x verskillende kalibers en het 3x Nikons, 2x Leupolds, 1x Schmidt & Bender, 1x Swarovski, 1x Zeiss, 2x Trijicons, 3x Rudolphs en tot 'n Redfield en Tasco of twee.
Vortex en Nightforce het ek nie, want ek het nog nie regtig nut vir een van hulle gehad nie en dink ook nie ek sal nie!

Hou julle kruid droog, want die jagseisoen is op ons!

Oor en uit!

Tasco

Hi Tasco

Dit is altyd lekker om iemand(relatief) nuut (in terme van posts hier op Jaracal ,se opinies te lees. Die ou manne hier se opinies is soms voorspelbaar en soms selfs afgesaag. (soos myne oor Sako), Wouter oor Ruger, Blok oor sy 204 ens.ens.

Dit is veral lekker as die persoon 'n gesoute man is, met kennis en ervaring, en bereid is om homself te "back" (soos die Ingelse se).Verder is ek verheug om te sien jy kyk so neer op ouens wat nie op reelmaat 'n springbok op 200m in die kop kan skiet nie, dit beteken jy verbrou nie sommer sulke skootjies nie, en kwes is natuurlik vir jou 'n rare verskynsel. Hel ek wens ek kan jou ontmoet, want jy is nou die tipe jagter ,waarna ek strewe om te wees, en ek sien uit daarna om meer van jou te lees en van jou jagfoto's te sien.Ek dink ons almal gaan baie by jou leer!

Moenie laat die ouens hier jou lat uit voel,net omdat jy min posts het nie.Nie almal blaker mos hulle kennis uit nie!

Ps.Ek is, soos baie ander ,neem ek aan , 'n Oscar Pretorius trial verslaafde, en kan nie help om die volgende te vra nie, so vergewe my asb: Jy noem dat jy amper 20 kalibers het. Beteken dit dat jy tans nog besig is om die twintigste een te ontwikkel, of beteken dit jy het 19

Groete
Kopskoot
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by Smirre »

Deur die kaf van die hooi te skei mors jy jou tyd
Hier is 'n paar manne wat die koring van die KAF (wil 'n ou spelfout maak) vir jou sal skei

Smirre
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by Capt. Yoda »

I put it to you...im lost now
Praat ons nou oor Koring of Sako's manne ?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by Eugene »

Capt. Oblivious wrote:I put it to you...im lost now
Praat ons nou oor Koring of Sako's manne ?
Nie een van die twee nie! Ons praat oor NF! En dan so bietjie oor die verskille en ooreenkomste tussen Zeiss en Vortex.... ;)
Aim small, miss small
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by kopskoot »

My vraag oor kalibers was maar sommer net tong in die kies. 'n Grappie as ek dit dan nou moet verduidelik

Ek praat oor niks. Ek's net bly om nog 'n yster op die forum te he! 'n Man wat hom nie ophou met skyfskiet en praatjies nie, maar eerder die ding doen ;)

Ek praat nie oor teleskope nie,ek weet te min van die goed af. So ek bly stil en kyk deur hulle ::)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by Eugene »

kopskoot wrote:My vraag oor kalibers was maar sommer net tong in die kies. 'n Grappie as ek dit dan nou moet verduidelik

Ek praat oor niks. Ek's net bly om nog 'n yster op die forum te he! 'n Man wat hom nie ophou met skyfskiet en praatjies nie, maar eerder die ding doen ;)

Ek praat nie oor teleskope nie,ek weet te min van die goed af. So ek bly stil en kyk deur hulle ::)
++>: ++>: ++>:
Aim small, miss small
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by Louis Kriel »

Tasco gaan nie gou antwoord nie, hy slaap! Julle sal hom moet inwag more-oggend rondom eenuur!
Last edited by Louis Kriel on Wed Apr 09, 2014 6:25 pm, edited 1 time in total.
immelmanw

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by immelmanw »

Louis Kriel wrote:Tasco gaan nou gou antwoord nie, hy slaap! Julle sal hom moet inwag more-oggend rondom eenuur!
Louis

Huh? Nou het ek jou verloor.
TASCO
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun Jun 05, 2011 3:07 pm

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by TASCO »

Kom nou Willem, doen 'n bietjie werk!
Kan ek ook 'n job by Safari kry, want lyk my jy sit net die heeldag op die forum!
Verkoop eerder daai Vortexse broer!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Post by James Wilson »

N Vortex verkoop homself!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply