Hiers n paar fotos en ek sal probeer verduidelik hoe om die beld te gebruik.

1. Druk jou arm deur die beld se lis en skuif die beld altyd so hoog as moontlik teen jou arm op.
2. Vat die geweer dan so ver moontlik na agter toe- gewoonlik op die magesyn kas werk dit goed.
3. Hou daai arm wat die geweer ondersteun teen jou lyf. Ek staan gewoonlik met my elmboog op my heup.
Op die foto is my seun se arm nie teen sy lyf nie - dis hoe mens staan as dit n skop kaliber is of as daar teen tyd geskiet word.

1. selfde as bo
2. selfde as bo
3. Sit altyd elke elmboog op n been/ knie. By sit werk mens se maag nie altyd so lekker saam nie.

1. selfde as bo
2. selfde as bo
3. Met l? is die vestelling van die beld baie belangrik. Hy moet amper ongemaklik wees dan's hy reg.
4. Skuif jou ondersteunende arm se hand terug op die kolf tot waar hy gemaklik is vir die l? posisie. Moet nie die geweer probeer vashou nie, hy moet bloot op jou hand rus.
Hierdie is n paar tegnieke wat vir my werk en moet maar geoefen word.
As iets onduidelik is vra gerus.
Jannie



