Bakkies lig van kleur?

Post Reply
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Bakkies lig van kleur?

Post by iceman1982 »

Manne,
Wil net weet hoe die manne maak met die ligte kleur bakkies. Is daar enige maniere om n bakkie goed weg te steek sonder om hom n ander kleur te verf?
Sal graag wil hoor van wat se wenke manne al met sukses gebruik het.

Groete
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Bakkies lig van kleur?

Post by Raven »

Iceman,
Hier was 'n goeie bespreking oor kamoeflering van bakkies.
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=5

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Bakkies lig van kleur?

Post by iceman1982 »

Raven,
Dankie,
Jammer dat ek hom gemis het!  ::)
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Bakkies lig van kleur?

Post by iceman1982 »

Manne, hier is n ander vraag. Ek glo nie op hierdie stadium is die bakkie verf n opsie vir my nie. Want ek ry maar met een van ons besigheid se bakkies so die bakkie is nie altyd dieselfde een nie.
Hier is waaraan ek gedink het, so se vir my of julle dink dit kan werk.
Ek het gedink om my stoel op n kleinerige trailer te monteer en die stoel pas met nog spasie vir ander goed. Die trailer kan ek enige kleur verf of baie makliker op tof met lappies en so aan. Dan trek ek die trailer met my quad bike op die plaas. Die motorfiets is ook makliker om toe te gooi en hy is sterk genoeg om n trailer te trek. Ek sal die trailer sy eie krag voorsien wat ek net kan herlaai in die dag. Ek is ernstig oor die jakkals ding en wil die ding ordentlik doen.
Kan dit werk? of wat dink julle?

Marius
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Bakkies lig van kleur?

Post by molopohunter »

Hello iceman1982,

Ek is nog n rookie van rookies in die veld en stel belang, my cruiser is wit en dink ook baie aan kamofleering. By ons is die gras baie keer nogal
lank en baie vaabos en soutbos, so ek skiet nogal naby (50-100m). Ons kooperasie het nou camo nette verkoop. 3x4m sniper vir iets naby R700.00 en ek gooi hom oor en maak op so paar plekke vas met zip ties. Dan kan jy nogsteeds van plek skuif en ek "voel" net beter oor dit. Op n mens se oog maak dit n groot verskil.
Ek gaan woensdag of donderdag weer kooperasie toe en kyk of hulle nog daai special het.
Pm vir my jou nommer dan as ek weet kan ek jou dalk bel. Anders kan jy sniper agente ook direk bel.

Groete
Peet
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Bakkies lig van kleur?

Post by iceman1982 »

Ek het nou vir my so 7m x 9m stuk "hesien" gekry. Hulee moet hom vir my opmaak. Die stuk kos R550. En nie eers my Luminous sleutel houer skyn deur hom nie.Ek dink hy sal werk.
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Bakkies lig van kleur?

Post by JACQUES BOTHA »

iceman
Maak nou n mooi bakkie kondoompie van hoom dat hy lekker oor jou lorrie trek
Laat mamma vriendin of iemand wat vir jou lief is, swart broekrek koop , 2meter doen die ding, en dan buig jy gordyn hakkies oop,
die rek word aan die onderkant vasgemaaak en haak dan onder aan jou lorrie sodat die hesien nie rondwaai as die jakkie onkom nie, want hy gaan dit dalk sien.
Sommer so ondervinding tippie vir die maak van die bakkiekondoompie.
Groetnis
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Bakkies lig van kleur?

Post by Stefan764 »

Jacques/Ander slim Jakkalsjagters

Ek het n teorie (onthou eks n younster in die game so wys my dadelik tereg as ek op n dwaalspoor is).

Die belangrikste ding itv kleur van bakkie ens is vir my eerder waar jy jou bakkie stop. Ek weet waar dit oop en plat is is dit n probleem, maar ons het die naweek gevind as jy die bakkie se buitelyne (silhouette) breek help dit baie. Ek reken as n ou langs n laaibank of watertenks...

Image

....stop dan gaan die jakkie hom nie aan jou steur nie. Die tenks staan mos nou al jare daar, hy weet dit mos. Of is ek verkeerd?

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Bakkies lig van kleur?

Post by JACQUES BOTHA »

Stefan
Jy is reg soos n regte kenner en ervare man dit al vele kere gestel het dat die belangrikste ding is STAANPLEK.
SIR noem dit in sy jaracal boek as belangrike punt een twee en drie.
JB
Shoot straight and tell the truth!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Bakkies lig van kleur?

Post by Stefan764 »

Dankie JB

Staan jou en SIR se aanbod nog vir my en Geno se besoek vlge jaar?

Wil bietjie by die groot honne leer    ;)

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Bakkies lig van kleur?

Post by tafjak »

Stefaans

Ek klassifiseer my nou self nie as die slimste nie, maar het al gesien dat enige obstruksies(stellasie van tenke) maar vir my(net vir my) 'n probleem is. Sorg dat ek nie naby sulke goed is omdat dit te veel happe(waar jakkalse kan verdwyn) uit die skootsveld neem. As dit die enigste plek is, sal ek sorg dat ek aan die regte kant van stellasie staan(windaf kant skoon). Sal dit slegs gebruik wanneer jakkalse se posisie al bekend(nader geskuif van vorige roepplek) is. Hier in my w?reld sal dit nie altyd te wel met die skietery gaan as daar sulke obstruksies naby is nie, maar waar jakkalse jou aanval is dit seker ook maar reg.

Die (high lite, day glow) bakkie sal my die meeste pla en nie die bakkie se vorm(buitelyne) in die nag nie. Landrover buitelyne is egter belangrik omdat jakkalse dit al gewoond is en net nog iemand met probleme is.

Weet egter dat jakkalse se areas kleiner(digte populasie) is by julle en dat jy staanplek maar moet fabriseer om naby genoeg te bly aan die kerngebied.

Nee wat, elke ou het maar sy voor- en afkeure en moet maar die beste maak van wat tot sy beskikking is.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Bakkies lig van kleur?

Post by MEERKAT »

Stefan

Wat nogal partykeer lekker werk vernaamlik as die maan witterig begin word is om bakkie tussen 2 groterige bosse te parkeer. AS dit moontlik is bos aan windaf en windop kant.

Stelasies soos windpomp toring en tenks het nog nie gewerk sover.
Ons moet miskien onthou gogga se kind ken die terrein waar hy kwaaddoen baie goed en enige verandering sal hy nie miskyk.

Moet vir jou se geluksgodin help maar baie met die tipe van werkies. Wat vanaand werk werk glad nie more aand.
Knou goggas af
MEERKAT
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Bakkies lig van kleur?

Post by JACQUES BOTHA »

TAFFIIE STEFAANS
EK hou daarvan as daar nie hooogtes of klipkoppe is om myself te vertseek  vir n dagroep sessie nie om my self lekker gemaklik (lees horisontaal) as daar plek is tuis te maak.
Dit werk baie lekker as jakkals vang naby  so stelasie ..Ek het al n windpomp gebruik , maar die spasie is bietjie beknop behalwe as jy vir jouself n paar planke bysit (skuus laat bysit)  waarvan jy kan lanseer.
Om die trokkie langs n dam sement dam te sit het ek ook al mee sukses gehad omdat ek ook bo oor die dammetjie kon sien  en die dam di hele bakkie kon wegsteekvanaf die een kant. Die dam was aan die begin van die lande waar die jakkalse gevang het.
(high lite, day glow) taffie kom dit nie net voor by nuwe lorries nie, myne is so oud en vaal niks kan hom laat glow nie.
lekker bly
JB

 
Shoot straight and tell the truth!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Bakkies lig van kleur?

Post by Stefan764 »

My colestrol telling het nou so met 3 geklim na die vet skaapribbetjie van vanaand. Al rede hoekom ek opi forum sit en nie sit suip in my lapa nie is oor Pieter Helium... Swak...

SIR/JB/Meerkat

Dankie vir die raad/kennis/wyshede wat julle kwytraak en uit ondervinding mee praat. Sonder dit gaan ons "youngsters" nog baie lank leer. Julle manne betaal sommer van ons skoolgeld vir ons, baie dankie daarvoor. Wat julle se maak baie sin. Meerkat, stem saam oori sklemgeid van n jakkals. Hy weet mos PRESIES hoe lyk daai stalasie vani tenks, hy sal weet as daar n verandering is...

Baas Taf
tafjak wrote: sal dit nie altyd te wel met die skietery gaan as daar sulke obstruksies naby is nie, maar waar jakkalse jou aanval is dit seker ook maar reg.
Jy is presies reg. Ons het op n plaas geroep waar nog nooit geroep was nie, so om n afleiding soos myne te maak is ook nie reg nie...

JB
JACQUES BOTHA wrote: en die dam di hele bakkie kon wegsteekvanaf die een kant. Die dam was aan die begin van die lande waar die jakkalse gevang het.
hier is n goeie voorbeeld van n obstuksie in jou guns te gebruik. Veral as jy oor hom kan sien.

Gaan lees my post oor ons naweek onder OTA4. Ek moes een jakkie oor die tenks se stand skiet omdat sy onder ons wind probeer kom het en ons kon nie langer wag nie. Nogals kaakies aangeja en eerste skoot gemis ook. Presies wat SIR se, moet liewer nie obstacles in jou pad kry nie.

Moet byse, wat JB noem het ook weer IN ons guns getel. Agter/langs n laaibank gestop en kon oor hom skiet, selle as Jacques se dam.

Dankie manne, so bly n man skerp as jy volgende keer veld toe gan en DINK jy nie jy is slim genoeg nie...

Groentis en mag dit reen waar julle bokke wei...

Stef764
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Post Reply