Beste scope onder R15 000?
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Beste scope onder R15 000?
Toordokter waar het jy hom gekoop en wat het jy betaal? Ek sien hy gaan vir amper n $1000 ander kant die water! Jy kan dalk n foto opsit nie? Ek dink jy het n baie goeie keuse gemaak.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Beste scope onder R15 000?
Hoekom het jy op die 10-50 model besluit?
- Petrie303
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm
Re: Beste scope onder R15 000?
Dagse
Ek self sit nou met die selfde proebleem...Watse Scope om te koop vir my 300wsm F-klass geweer wat ek besig is om te lat bou met klein Budget...
Op die oomblik is dit of die Vortex of 'n Sightron met 6-24 vergroting... Die Rudolph se prys is baie anloklik ma ken niemand wat F-klass skiet met hulle nie en ek will nie 'n proef konyn wees om dit eerste te try nie...
Groete,
Petrie

-
immelmanw
Re: Beste scope onder R15 000?
[quote="Sangoma"]Ek het n Sightron 10-50x60 gekoop.
Gan hom teen n 8-32x56 Nightforce toets en vir julle terug voering gee.
Ek sien nou baie uit om Krokodilspruit toe te gaan.[
Gan hom teen n 8-32x56 Nightforce toets en vir julle terug voering gee.
Ek sien nou baie uit om Krokodilspruit toe te gaan.[
Last edited by immelmanw on Wed Apr 02, 2014 2:26 pm, edited 1 time in total.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Beste scope onder R15 000?
Kyk bietjie op XSSSA se web watse scopes deur die ouens gebruik word ...
http://www.xsssa.co.za/results/Results_20140308.pdf
http://www.xsssa.co.za/results/Results_20140308.pdf
-
Zack Benade
Re: Beste scope onder R15 000?
Arnold
Skuts is Suid Afrika is maar 'n handjie vol in vergelyking met die skietwereld daar buite.
Skietsport in Suid Afrika krimp jaarliks agv politiek en kostes.
As iemand in Suid Afrika 'n produk bemark maak hy seker hy sponser die top manne en dan hardloop die ander 50 skuts agter hulle aan en copy die manne. Daar is seker niks met dit verkeerd wat bemarking betref nie maar die maak nie die produk wereld klas gehalte nie.
Willem
NF is verseker die voorloper in alle gebiede wat skiet betref.
NF is betroubaar en in sy handleiding mislei hy nie die potensiele koper nie.
Jy weet wat jy kry en dat die 100% (nie 99%) gaan voldoen aan jou vereisdes.
Hoeveel Sigtron, Rudolphs en ander scopes word op 1000Y Bench gebruik? Hoekom nie?
Weet julle van een kompeternde skut wereld wyd wat een gebruik?
Soos Willem sê "Appels moet met appels vergelyk word."
Koop 'n NF en binne 'n paar jaar het jy meer as drie. Dis hulle waarborg.
Die engste scope wat ek tweedehands sal koop is 'n Nightforce. Al is hy misbruik en wanaangewend sal jy 100% nog steeds werk.

Dis 100% die waarheid. Kyk wat gedeur wereldwyd in lande waar daar GESKIET word.My voorstel is om appels met appels te vergelyk.
In die wereld skiet 99% van alle F klass, ftr, benchrest, veldskiet, snipers, steel plate en ander kompetisies slegs met Nightforce, daar sal seker n rede wees.
NF is verseker die voorloper in alle gebiede wat skiet betref.
NF is betroubaar en in sy handleiding mislei hy nie die potensiele koper nie.
Jy weet wat jy kry en dat die 100% (nie 99%) gaan voldoen aan jou vereisdes.
Hoeveel Sigtron, Rudolphs en ander scopes word op 1000Y Bench gebruik? Hoekom nie?
Weet julle van een kompeternde skut wereld wyd wat een gebruik?
Soos Willem sê "Appels moet met appels vergelyk word."
Koop 'n NF en binne 'n paar jaar het jy meer as drie. Dis hulle waarborg.
Die engste scope wat ek tweedehands sal koop is 'n Nightforce. Al is hy misbruik en wanaangewend sal jy 100% nog steeds werk.
-
Zack Benade
Re: Beste scope onder R15 000?
PetrieOp die oomblik is dit of die Vortex of 'n Sightron met 6-24 vergroting... Die Rudolph se prys is baie anloklik ma ken niemand wat F-klass skiet met hulle nie en ek will nie 'n proef konyn wees om dit eerste te try nie...
Die antwoord lê mos in jou stelling dat "niemand Rudolp skiet in F Klas nie."
Praat met Willem om vir jou 'n tweedehandse NF te verkoop. Jy kan miskien net 'n tydtjie wag.
Ek het ook een van syne gekoop en is 100% gelukkig. Thanks Willem.
Jy gaan beslis die proefkonyn wees as jy iets anders koop. Kyk hoeveel NF is beskikbaar op die tweedehandse mark. Soek op OLX, Gumtree, Junkmail en skiet foums. Daar moet 'n rede wees dat niemand hulle wil verkoop nie. As jy vinnige geld nodig het kan jy baie vinnig 'n NF verkoop.
Sit 'n advertensie in op jaracal dat jy 'n Rudolph , Sightron of Vortex soek. "n Paar manne sal terugkom na jou. Probeer dit met NF?
Spaar en koop die regte scope. As jy nie van hom hou nie kan jy hom weer verkoop vir dieselfde geld. Dit maak mos sence?
Dis die beste geldelike belegging op die mark. Twee jaar terug het hulle R16000 nuut gekos en nou is hulle R22000.
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Beste scope onder R15 000?
Verduidelik dan asb die volgende -
Lifetime warranty vs 10 year warranty
Die NF oorsee word ook teen n BAIE BETER prysklas verkoop, daarom so populer
Lifetime warranty vs 10 year warranty
Die NF oorsee word ook teen n BAIE BETER prysklas verkoop, daarom so populer
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Beste scope onder R15 000?
Ek kan die vergroting bo 32x stel mar is limited met 32x op die 32x scope.Arnold wrote:Hoekom het jy op die 10-50 model besluit?
Ja, ek weet baie mense gan stry en se 32x is meer as genoeg ... Maar dis nie die punt nie. Hoeko maak hulle dan NF 55x en March 80x
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Beste scope onder R15 000?
Zack, NF is verseker 'n voorloper in die scope wêreld maar dit is verseker nie die begin en die einde nie...
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Beste scope onder R15 000?
ek sla maar sukkel om my te orred dat rhudolf en lynx enigsins waarde vir geld is ,
Na 2 maande se vraag en epos aan rhudolf nog nie eers antwoord gekry nie ,
So beste waarde vir geld is BURRIS... ongetwyfeld, vergelyk hom maar teen enige ander glas...
Is hier al iemand wat probleme met BURRIS GEHAD HET????
Nog nie waarvan ek weet nie.
In ekstreme kondisies staan die meopta en leopold en nightforce en swarovski en zeis egter uit tussen die ander soos bv as jy reguit in die son in skiet terwyl hu opkom of ondergaan..
maar vir papier en jag en waarde vir geld het ek nnog nie Burris se gelyke gesien of ervaar nie.
Maar onthou dis my mening en dis een mening in duisend.
Koop wat jy soek en beste wat jy kan bekostig ---
Jacques

- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1520
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Beste scope onder R15 000?
PetriePetrie303 wrote:Dagse
Ek self sit nou met die selfde proebleem...Watse Scope om te koop vir my 300wsm F-klass geweer wat ek besig is om te lat bou met klein Budget...![]()
Op die oomblik is dit of die Vortex of 'n Sightron met 6-24 vergroting... Die Rudolph se prys is baie anloklik ma ken niemand wat F-klass skiet met hulle nie en ek will nie 'n proef konyn wees om dit eerste te try nie...![]()
Groete,
Petrie
As iemand wat al sedert 1998 F-klas geskiet het, en voor dit metaal silhoeët vir 10 jaar, waar beide tipe skiete absolute herhaalbaarheid van verstellings vereis, en nie noodwendig uitstaande optika vereis nie, gaan jy nie ver verkeerd gaan met Leupold se 6.5-20x Target modelle nie. Veral ook wanneer jy praat van 'n klein budget. As jy egter wil "brands" jaag en "bells en whistles" koop wat jy nie regtig nodig het vir papierskiet nie, koop dan die duurder fabrikate.
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1520
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Beste scope onder R15 000?
ArnoldArnold wrote:Kyk bietjie op XSSSA se web watse scopes deur die ouens gebruik word ...
http://www.xsssa.co.za/results/Results_20140308.pdf
As mens wil snaaks wees kan jy ook sê kyk wat het die laaste (laagste telling) skut gebruik.
Wat dit eintlik op neer kom is dat jy nie resultate (punte/score) kan koop net met equipment nie (die sg. equipment race), die drywer moet ook in staat wees om die goed te kan dryf. Daarom die gesegde "a fool with a tool is still a fool."
Ek moet darem ook noem dat goeie toerusting het nog nooit iemand se telling skade berokken nie.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Beste scope onder R15 000?
Schalk dit is waar, dit is maar data wat ek byderhand gehad het.
Dit is ook waar dat baie top skuts in die wereld geborg word met scopes en die res volg. Tog as die toerusting nie perform nie sal die skut dit tog nie aanvaar en sy naam op die spel sit nie?
Zack, ons mark is klein en goeie advertensie en aktiewe bemarking kan 'n produk regtig bevoordeel. Hier voel ek dat Rudolp goed doen om sy produk te bemark, maar omdat die scopes nie deur die f-klas gebruik word nie en mens nie reviews van amerikaners kan lees op die produk voel dit of ons die gebruik word as mark navorsing. Miskien kan Rudolph met ons deel hoeveel scopes hulle al uitgebring het vandat hulle begin scopes verkoop het waarvan die spesifikasie verander/opgegradeer is.
Jacques, oor die Burris stem ek maar die Burris is beperk in sy features en spesifiek as met praat van die hoeveelheid interne verstelling wat beskikbaar is. Vir baie, as algemene gebruiks teleskoop, is dit 'n uitstekende kopie en ek self was baie tevrede met die Burris wat ek gehad het. Hier was egter al een of twee ouens wat gekla het oor die produk en spesifieke voute of iets wat gebreek het, maar ek kan nie onthou wat die stories was nie ... elke vervaardiger het seker hulle scopes wat breek.
Ek wens ek kon 'n PMII bekostig om te gebruik, maar ek was gelukkig om so paar jaar terug 'n NF te kon bekostig en sy prys het nou al so baie gestyg dat ek dit sien as 'n belegging. My Sightron se prys het seker ook al amper verdubbel, maar ek dink dit bly steeds waarde vir geld. Oor Leupold kan ek nie praat nie, maar ek het vertroue in Leupold verloor na ek baie stories gehoor het van skuts wat sukkel.
Vortex Vipers het my nog altyd impress en almal vir wie ek dit aanbeveel het deel my opinie nadat hulle die scopes gebruik het.
Op die einde is dit jou geld, maar ek glo daaraan om eenkeer te huil en klaar te huil.

Vraag aan Willem van Safari & Outdoor. Willem hoekom hou julle glad nie Sightron se produkte aan nie? Weet julle iets wat ons nie weet nie, of het julle nog nie agter gekom watse puik produkte Sightron maak nie?
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Beste scope onder R15 000?
Ek stem Ludwig, ek het n Sightron S2 Big Sky op my 303. My 12 jarige seun het hom laas jaar gebruik op n paar walk en stalk karoo jagte en die scope het n paar lelike stampe en skrape gekry, maar hy is nog so presies in sy verstellings soos toe ek hom nuut gekry het. Daai exactrac werk baie goed.
-
immelmanw
Re: Beste scope onder R15 000?
DirtyOldsix wrote:Vraag aan Willem van Safari & Outdoor. Willem hoekom hou julle glad nie Sightron se produkte aan nie? Weet julle iets wat ons nie weet nie, of het julle nog nie agter gekom watse puik produkte Sightron maak nie?
-
immelmanw
Re: Beste scope onder R15 000?
Hi Manne
Ek het my comments, opinies delete, ek het besluit in 2014 gaan ek net skiet en die sport geniet en nie op forums argumenteer en baklei nie. Elke man is geregtig op sy eie opinie. Koop die teleskope wat julle glo die beste is vir julle aplikasies en geniet die skiet, dis maar op die einde van die dag waaroor dit gaan.
Groete
Ek het my comments, opinies delete, ek het besluit in 2014 gaan ek net skiet en die sport geniet en nie op forums argumenteer en baklei nie. Elke man is geregtig op sy eie opinie. Koop die teleskope wat julle glo die beste is vir julle aplikasies en geniet die skiet, dis maar op die einde van die dag waaroor dit gaan.
Groete
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Beste scope onder R15 000?
Willem soos jy seker besef word jou opinie en kommentaar hoog aangeslaan want jy is in die bedryf. Ek wil GLAD nie met jou argumenteer nie, maar ek sal baie graag wil weet hoekom julle nie Sightron se reekse aanhou nie. Sedert die scopes n paar jaar gelede in SA bekend gestel is, het hulle na my mening gesukkel om n deel van die mark te verower. Dit is vir my baie eienaardig, want normaalweg sukkel goeie produkte nie om teen n billike prys n markaandeel te verkry nie.
Persoonlik is ek n scope prostituut, want ek het 'n Vx3 op my 375, 'n Vortex Viper op my 243, 'n Sightron op my 303 en n Burris op my .22!
Persoonlik is ek n scope prostituut, want ek het 'n Vx3 op my 375, 'n Vortex Viper op my 243, 'n Sightron op my 303 en n Burris op my .22!
- LRLaubscher
- Hero Member

- Posts: 568
- Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm
Re: Beste scope onder R15 000?
immelmanw wrote:Hi Manne
Ek het my comments, opinies delete, ek het besluit in 2014 gaan ek net skiet en die sport geniet en nie op forums argumenteer en baklei nie. Elke man is geregtig op sy eie opinie. Koop die teleskope wat julle glo die beste is vir julle aplikasies en geniet die skiet, dis maar op die einde van die dag waaroor dit gaan.
Groete
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Beste scope onder R15 000?
Thanks vir daai een nou gaan ek nooit n antwoord kry nie ou gatkruiper! (grappie)LRLaubscher wrote:immelmanw wrote:Hi Manne
Ek het my comments, opinies delete, ek het besluit in 2014 gaan ek net skiet en die sport geniet en nie op forums argumenteer en baklei nie. Elke man is geregtig op sy eie opinie. Koop die teleskope wat julle glo die beste is vir julle aplikasies en geniet die skiet, dis maar op die einde van die dag waaroor dit gaan.
Groete+1 Willem!!
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Beste scope onder R15 000?
Ek sal mar n nuwe Thread begin waar die NF en Sightron topic uit gestoei kan word.....
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Beste scope onder R15 000?
Eers gedog dis 'n joke. Sien nou dis 2 April. Hoe lank gaan dit hou Willem? Wie gaan die houtlepel dan by jou moet oorneemimmelmanw wrote:Hi Manne
Ek het my comments, opinies delete, ek het besluit in 2014 gaan ek net skiet en die sport geniet en nie op forums argumenteer en baklei nie. Elke man is geregtig op sy eie opinie. Koop die teleskope wat julle glo die beste is vir julle aplikasies en geniet die skiet, dis maar op die einde van die dag waaroor dit gaan.
Groete
Maar ek respekteer jou besluit
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Beste scope onder R15 000?
Vir wat dit werd is, ek hou baie van die Zeiss HD 5. Ek dink hy is baie goed en verstellings is betroubaar. Het vir baie lank so geskiet tot 600m. Maar NF is in 'n ander klas. Toe ek 1000m begin aanvat het ek NF toe gegaan. Ek verstaan die Sightron is ook uitstekend, en die mense wat ek ken wat hom skiet sal nie verniet met lof oor hom praat nie.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Beste scope onder R15 000?
Sangoma wrote:Miskien het jy nie mooi gelees nie, onder R15 000
Mooiloop