So, om ‘n forel plaas te kry waar hulle darm iets anders ook kan vang is maar skaars, want dit is nie eties om op ‘n “Fly Fishing venue” iets anders te doen nie…
Eland Vally net buite Dullstroom, het nie ‘n probleem daar mee nie, en het dan damme met bass en ook Koi’s wat die kinders kan vang.
Die enigste forel vir die naweek het Zander gevang toe hy klein kurpertjies met ‘n klein hoekkie en witbrood probeer vang het.
Hulle het ‘n paar mooi koi’s gevang en dan ook ‘n paar klein bassies.
