Watter kolf vir 'n Parker Hale .243

Post Reply
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Watter kolf vir 'n Parker Hale .243

Post by Riebeeker »

Ek kort raad asb. Het onlangs 'n Parker Hale .243 in die hande gekry en hou baie van die geweer oor die algemeen. Sy kolf is egter van 'n baie ligte hout gemaak wat baie maklik flex. Jy kan met jou duim en voorvinger die kolf aan die loop laat raak en ek is nou nie juis sterk in my hande nie. Voor ek nou nog afskuur om te keer dat die loop aan die kolf raak (want dan raak die kolf nog dunner) het ek 'n paar opsies:

1. Glass bed die kolf sodat ek so 1mm wen, sonder om die kolf verder te skuur; of
2. Koop 'n ander, sterker kolf.

Stocky Stoks beveel dit aan:
http://www.stockysstocks.com/servlet/th ... ock/Detail

Die aksie is dieselfde as a Mauser K98 en as die loop eendag uitgeskiet is, gaan ek dit ombou na 'n .260

Wat dink julle moet ek doen.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Watter kolf vir 'n Parker Hale .243

Post by tripodmvr »

Wees versigtig met ouer gewere. Voor jy jouself kon kry het jy meer geld op hom spandeer as wat jy vir 'n nuwe kon betaal het. Hoe skiet die geweer tans? As jy die bedwerk self gaan doen is dit die goedkoopte roete om akkuraatheid te probeer verbeter.

Neem die geweer na 'n geweersmid sodat hy jou raad kan gee as jy die kolf wil vervang. Boyds of ander kolfvervaardigers het moontlik standaard modelle wat min of geen afwerking sal verei nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Watter kolf vir 'n Parker Hale .243

Post by Riebeeker »

Ja tripodmvr dit is 'n strik waarin ek al getrap het en leer ook maar moeilik. Geoffrey is besig om die bedwerk te doen en kroon te sny asook om seker te maak die loop is vry van die kolf. Selfs al kry ek die geweer verniet, gaan dit moeilik wees om te kompeteer met 'n nuwe genarasie geweer van die rak af wat prys betref.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
Post Reply