Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post Reply
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post by vriell »

Het bietjie rond gesoek op die forum maar kon niks kry waar die node spoed bespreek word wat my redenasie betref nie.

Wanneer iemand op die forum vra vir 'n node spoed word die loop lengte gevra onder andere om 'n node spoed deur te gee vir iemand om sy geweer se "sweet spot" vas te stel .Ek neem waar dat node vasstelling gedoen word op die looplengte van 'n geweer oor die algemeen as ek so na die posts kyk.

Dit maak nie sin vir my nie want die "barreltime" word uitgewerk volgens die "bullet travel" afstand wat aansienlik korter is as die totale looplengte afhangende van die kaliber se doplengte (uitgesluit die nek )wat sin maak vir my want dit is tog die "bullet travel " afstand.Ek bv gebruik QL se "bullet travel" afstand in OBT en my resultate is baie meer akkuraat as om die looplengte te gebruik om die node spoed vas te stel in die OBT program.Ek het nou weer 'n toets gedoen en was so ver soos .6 gr verskil asook ongeveer 60fps verskil wat node spoed betref wanneer ek die node spoed vasgestel het van 'n geweer waar ek die looplengte gebruik teenoor die "bullet travel" lengte.
Dit was my persoonlike waarneming gewees en ander mag verskil van my en wil nie dmv hierdie post sê dat die wat die looplengte gebruik doen dit verkeerd nie maar vir my werk dit om nader aan die node te voorspel voor "fine tuning" gedoen word.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post by BRNO (Pierre) »

Moet eerlik wees en het nog nooit nie eerse so daaraan gedink nie, maar dit maak sin wat jy se. Sal graag wil hoor wat die ander manne te se het.
Veiligheid eerste manne!
birklec
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 369
Joined: Sun Oct 14, 2012 8:02 pm

Re: Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post by birklec »

Ek luister ook graag.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post by Nickvn »

Baie interressante punt wat jy daar beet het. Ek het so n moedswillige 30-06 wat net nie wil saam werk met die OBT en QL nie.

Ek hou dop hier.Hoe bepaal jy die bullet travel afstand?
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post by vriell »

Nickvn wrote:Baie interressante punt wat jy daar beet het. Ek het so n moedswillige 30-06 wat net nie wil saam werk met die OBT en QL nie.

Ek hou dop hier.Hoe bepaal jy die bullet travel afstand?
Hi Nick.Ek trek net die lengte van die dop ( sonder nek want daar is tog "stukkie" travel in die nek)_af van looplengte...Dit sal wissel van kaliber tot kaliber omdat doplengtes verskil..dit is juis dieselfde probleem met my 30-06 wat my bietjie laat delf het.Mens kan ook heel onder aan die linkerkant reg onder "barrel length" in QL die "bullet travel" lengte sien wat deur QL aangegee word.Ek reken as mens dit gebruik behoort dit ook nader aan die waarheid te wees..
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
birklec
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 369
Joined: Sun Oct 14, 2012 8:02 pm

Re: Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post by birklec »

Op QL gee die program vir jou die bullet travel.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post by Arnold »

Vriell, as ek reg onthou word die dop lengte reeds in ag geneem en die formule vir OBT is spesifiek geskoei op die loop lengte soos gemeet van die kroon tot slot se gesig.

Lees bietjie die oorspronklike artikel van Chris Long
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post by vriell »

Arnold wrote:Vriell, as ek reg onthou word die dop lengte reeds in ag geneem en die formule vir OBT is spesifiek geskoei op die loop lengte soos gemeet van die kroon tot slot se gesig.

Lees bietjie die oorspronklike artikel van Chris Long
Arnold,Ek hoor wat jy sê maar doplengtes verskil en OBT kan tog nie weet van watter kaliber jy gebruik maak nie bv. 300winmag se dop lengte en 30-06 se doplengte en 308 win ,243, ens se doplengtes verskil almal so hoe sal OBT weet watter doplengte om af te terk by die looplengte ? Ek dink hoe langer die dop hoe meer verskil gaan mens kry in looplengte vir OBT doeleindes.Barrel time moet tog ooreenstem met die presiese afstand wat die projektiel in die loop "vertoef" alvorens die projektiel die loop verlaat.
Soos ek genoem het dit werk vir my veral by my 30-06.Hoe koreter die dop is hoe minder verskil sal daar wees in die looplengte wat ingesit moet word by OBT...Ek sal bietjie die stuk gaan lees dankie vir jou terugvoering..
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post by tripodmvr »

1. Die teorie van OBT is dat die golwe wat die versteurings veroorsaak beweeg vanaf die slotkop tot by die punt van die loop. Hoe korrek dit is weet mens nie.
2. QL gee vir jou 'n afstand vir "bullet travel' en ek neem aan dit word bereken vanaf jou TPL en looplengte. Kyk hoe vergelyk dit met wat jy gebruik.
3. Verkort jy die looplengte dan verhoog jy die druk om by 'n sekere spoed uit te kom. In werklikheid is die drukking dus moontlik laer.
4. Die verkorte looplengte wat jy gebruik pas dus nie in by die OBT teorie nie. Dit sal help as jy drukstukke van jou berekeninge plaas en dan ook die werklike looplengte gee sodat mens dit kan gebruik om dit na te gaan. Om dit te doen druk "print screen" as jy die QL venster voor jou het. Gaan na die program "Paint" en onder file druk "Paste". Dit sal die beeld laat verskyn. "Save as" en stoor as jpeg - die' kan jy nou maklik in die posts inbring en "inline" plaas vir almal om te sien.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post by tripodmvr »

Vriell, die koeël moet die loop verlaat wanneer die skokgolwe agter by die knox van die geweer is en dit is daardie looplengte wat saak maak. QL pas mos aan vir jou kaliber en weet wat die doplengte dan is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post by Arnold »

OBT weet nie watse kaliber dop jy gebruik nie maar QL weet wel en die OBT formule is spesifiek uitgewerk met die barrel time wat QL gee en nie onafhanklik van QL nie.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post by vriell »

tripodmvr wrote:1. Die teorie van OBT is dat die golwe wat die versteurings veroorsaak beweeg vanaf die slotkop tot by die punt van die loop. Hoe korrek dit is weet mens nie.
2. QL gee vir jou 'n afstand vir "bullet travel' en ek neem aan dit word bereken vanaf jou TPL en looplengte. Kyk hoe vergelyk dit met wat jy gebruik.
3. Verkort jy die looplengte dan verhoog jy die druk om by 'n sekere spoed uit te kom. In werklikheid is die drukking dus moontlik laer.
4. Die verkorte looplengte wat jy gebruik pas dus nie in by die OBT teorie nie. Dit sal help as jy drukstukke van jou berekeninge plaas en dan ook die werklike looplengte gee sodat mens dit kan gebruik om dit na te gaan. Om dit te doen druk "print screen" as jy die QL venster voor jou het. Gaan na die program "Paint" en onder file druk "Paste". Dit sal die beeld laat verskyn. "Save as" en stoor as jpeg - die' kan jy nou maklik in die posts inbring en "inline" plaas vir almal om te sien.
3poot,
Ek verander niks aan my QL se geweer specs en data nie( behalwe die kruit aanpassing).Al wat ek verander is om die looplengte in OBT te verander na die looplengte sonder 'n gedeelte van die dop( sien vorige post )om 'n "ander" node "barrel time" te kry en gebruik dan dit om my berekening in QL te doen wat die spoed aan betref. BV. Waar QL met my Herlaaidata 'n spoed gee van 3000fps sal die "nuwe" node ( van die looplengte sonder 'n dop gedeelte ) van OBT vir my 'n spoed gee van 3050fps wat nou my sumilasie spoed sal wees vir die node as ek my kruit aanpas om by OBT se "barrel time" te kom hetsy op of af.Eers daarna met die spoed wat geneem word pas ek my herlaaidata( kruite se karaktereienskappe) aan om by die chrony spoed te kom indien nodig.Ek het dit nog net met my 30-06 so gedoen en was baie nader aan die "waarheid" maar mag glad nie so werk met ander kalibers nie.Ek is in die proses om dit ook nou te probeer met my ander kalibers om die verskil vas te stel. Dit is so dat die node bereik word op ander spoedlesings as wat OBT se Barrel time voorspel tesame met QL en Chrony spoed ( altans dit is wat ek waarneem en het ookal in verskeie posts dit gelees van ander ) of ek reg is weet ek nie maar met die aanpassing soos ek in vorige post verduidelik het werk dit vir my 30-06 op die stadium.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post by Arnold »

Vriell, is jou "nuwe" spoed hoër of laer as die oorspronklike OBT.
Jou ondervinding dat jou akurate spoed en die spoed van OBT nie ooreenstem nie is nie vir my vreemd nie en daarom het ek nog altyd gesê dat OBT vir jou 'n goeie beginpunt gee om te soek maar jy nie jou daaraan moet verbind as die alpha en omega nie.

Ek dink daar is te veel veranderlikes dat mens die antwoord so maklik, elke keer, gaan kry en praktiese toetse is al manier om 'n lading te finaliseer.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek het nou n lang en lekker gesprek met Oom Maruis gehad en sal net graag die volgende onder julle aandag wil bring.

Die timing/skok/impuls golf wat Chris Long in die OBT teorie gebruik is nie dieselfde as die fisiese osselasie/verwringing proses wat die loop deurgaan wanneer die koeel deur hom beweeg nie. Wat almal net wel moet verstaan is dat Chris Long wel op n formule afgekom het waar die twee ooreenstem.

So om die twee as dieselfde te sien is verseker nie korrek nie. Om hierdie in layman terms te verduidelik is om die sneller af te trek op n lee kamer. Die skok/impuls/timing golwe beweeg nog steeds deur die staal van die loop maar as jy op hoespoed kamera gaan kyk gaan daar wynige of geen beweging op die loop wees. Die oomblik as jy nou n rondte afvuur in die geweer is waar die fisiese verwringing/beweging/osselasie van die loop begin plaas vind as gevolg van die koeel wat deur die groewe van die loop beweeg. Dit is eers met hierdie proses waar die kroon dispersie begin toon om sy eie as wat ons dan altyd as n figuur agt uitgebeeld sien. Wanneer die kroon van die loop dan in die middle van die figuur agt is is waar ons dan die node/sweatspot of beste gemiddelde groepering beleef. Chris Long het net gesien dat daar nou n wiskundige formule is wat hierdie kan voorspel in die vorm van barreltime. Hierdie word dan nou uiteindelik in trompsnelheid uitgedruk met die gebruik van QL.

Ek wil net graag ook die volgende onder julle aandag bring. Diegene wat so bietjie oor karre lees sal dalk moontlik al opgelet het dat twee karre wat oor n kilometer merk getoets is presies dieselfde tyd oor die afstand kan he maar verskillende snelhede kan he as hulle die merk verby steek. Hierdie is toe te skryf aan unieke versnellings eienskappe van die betrokke motors. Nou in gewere met verskillende komponente waarvan die dryfmiddel die vernaamste faktor is is hierdie net so van pas en relavant. Weereens het ons hier QL tot ons beskikking om hierdie komplekse berekeninge vir ons te maak.

Ek wil my ook nou verstout en se dan wanneer n geweer nie werk met die OBT nodevoorspelling nie daar iets fisies die rede moet wees. In die meeste gevalle is dit n drukpunt op die loop en is dit nou al n paar keer hier op die forum bewys. My persoonlike teorie is dat hierdie drukpunte die natuurlike osselasie proses van die loop beinvloed en daardeur die nodespoed voorspelling van geen nut maak nie.

Vriell QL neem wel doplengte in ag met barreltime berekeninge. Doplengte is eintlik nie hier die bepalende faktor nie maar wel TPL van die rondte want dit is tog die gedeelte wat afgetrek word van die looplengte om weklike bulletravel te bepaal en uiteindelik barrel time.

Hoop die skrywe wat so bietjie van koers afgedwaal het het darem erens n liggie laat aangaan of helderder laat brand.

Groetnis
Wouter
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Looplengte vir nodespoed doeleindes

Post by vriell »

Arnold wrote:Vriell, is jou "nuwe" spoed hoër of laer as die oorspronklike OBT.
Jou ondervinding dat jou akurate spoed en die spoed van OBT nie ooreenstem nie is nie vir my vreemd nie en daarom het ek nog altyd gesê dat OBT vir jou 'n goeie beginpunt gee om te soek maar jy nie jou daaraan moet verbind as die alpha en omega nie.

Ek dink daar is te veel veranderlikes dat mens die antwoord so maklik, elke keer, gaan kry en praktiese toetse is al manier om 'n lading te finaliseer.
Arnold ek stem saam met jou. Dis moeilik om te sê of die nuwe nodespoed hoer of laer sal wees. Dit hang af van watter node gebruik gemaak gaan word.

Wouter dankie vir die deel van die inligting. Baie interessant. Sal bietjie oplees. Maak sin vir my.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Post Reply