Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Soos ek laas noem het is ek maar nuut in fly fishing. Maar byt het dit goed gebyt al was ek gewaarsku.
Die riviere is egter oorvol en kom goed af. Dus kan 'n man nie 'n lyntjie natmaak nie maar 'n man kan mos nog iets koop.
Ek stel belang in die Xplorer Guide stok. Het julle enige ondervinding van hierdie stok? Is dit waarde vir geld?
Ek sal graag wil hoor. My eerste fly rod was 'n Xplorer daarom wil ek graag by hulle hou.
Ek ken nie ander make nie maar sal graag wil weet wat is in dieselfde prys klas en kwaliteit.
Het ky 'n begroting waarin jy wil bly en watse gewig stok wil jy aanskaf?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Ek het n Guide 3 gewig wat ek gebruik vir strome. Dis lekker stokke.
Kan nie vergelyk met T&T of Sage nie maar sal jou goeie diens gee en die waarborg is goed.
PS As jy belangstel ek het iewers n STX katrol in 5-7 en 3 weight in my vistrommel wat ek nie meer gebruik nie. Ons kan praat as jy doel het vir hulle. Die STX was lank my katrol vir geelvis tot ek hom vervang het met n Shilton.
Xplorer maak goeie produkte en het 'n puik "no fuss" leeflange waarborge op hulle stokke. Die groot vraag is waarvoor wil jy die stok gebruik? Geelvis in riviere? Forel in damme? Bass? As 'n ou dit kan vasstel dan is dit makliker om te sien wat jou behoefte is! Die Xplorer Guide II is 'n great stok asook die T-50 series wat 'n baie vinnige aksie het asook recoil guides. Gekombineer met die regte lyn (Rio Gold, Perception) kan jy met 'n 6wt T-50 jou lyn met 2 false casts uitgooi, en akkuraat daarby.
As jy 'n stroom/rivier stok soek stel ek die Stealth Infinity 3wt 10ft voor. Meeste kompetisie manne soos Korrie Broos, Dan Factor, Gary Glen Young en die ander Protea manne fish hulle, dit is ongelooflike stokke. Die Bomber is ook 'n great stok, maar die Infinity is regtig spesiaal in 3wt 10ft en 6wt 10ft.
Ek is amper te bang om die vraag te vra want dit laat my super dom lyk as 'n nuweling.
Jammer vir al die vrae maar ek kom agter dat jy kennis moet hê anders gaan jy op die lang termyn baie geld uitgee op 'n klomp goed wat jy nie regtig wil hê nie.
Wat maak die een maak beter as die ander as die by fly stokke kom?
Op my vlak van kennis kyk ek na looks en prys en daarna na verskoopsdiens as iets sou breek.
Ek het gaan kyk na verskillende make en almal se write-up is amper dieselfde.
Hoe verskil 'n Sage, T&T byvoorbeeld van 'n Explorer wat werksverrigting en kwaliteit betref?
Voel jy werklik die verskil in reaksie en werksverrigting?
Koop jy 'n produk om in trent te wees met ander manne?
Hoe sal julle 'n produk evalueer en besluit op die regte een?
Ek neem aan dit geld vir katrolle ook.
Vir Stealt en Explorer gaan jy 'n hele "ouitfit" kan koop vir die geld wat net 'n stok jou in die duurder brands soos Scott of TT jou gaan kos.
FF is soos boogskiet, daar is baie detail en tegniese goed wat jou as beginnes net dom laat voel. Gaan hierdie jou stop om vis te vang...NEE
MAAR eendag gaan jy verstaan van "loading", "reach"....en al die ander goed...
Besluit wat wil jy spandeer, as jy baie geld het, koop 'n BRAND name, as jou budget beperk is koop 'n Explorer of Stealth, dit is bang for your money en jy gaan vis vang.
Glo my sodra jy meer tegnies begin raak en jou vermoe om te gooi optel, sal jy die verskil optel.
n Sage is in n ander klas. Dis soos om n Tasco te vergelyk met n Swarofski. Albei werk en jy kan skiet met albei maar n Swaro is duidelik in n ander klas.
Ek verkies n baie vinnige aksie met n buig in die boonste kwart vir meeste doel eindes.
Daar is nie iets soos 'n dom vraag nie, ons almal het een of ander tyd begin!
As jy bv. 'n Sage Method met 'n Xplorer T-50 vergelyk sal jy dalk op die oog af nie so baie verskille kan sien nie. Die Sage se afwerking sal dalk beter wees asook die kwaliteit van die fittings. Sage stokke word met die hand gemaak in Amerika en het seker die beste lifetime guarantee in die bedryf. Die tegnologie in Sage se blanks is amazing, Jerry Siem ontwerp elke blank vir elke model met 'n spesifieke doel en dit gee elke model sy eie unieke karakter ten opsigte van gevoel, akkuraatheid, swing weight ensovoorts. Jy betaal laat jy hoes vir 'n Sage maar dit is elke sent die moeite werd.
Gaan jy as nuweling tot die sport meer visvang met 'n Sage as met 'n Xplorer? Nie sommer nie... Gaan jy meer visvang met die stok wat die ou in die winkel se jy moet koop as met die stok wat jy wil koop oor hy vir jou mooi is? Nee... Jy gaan meer visvang met iets wat jy van hou en wat jy vertroue in het as met iets wat die beste tegnologie beskibaar het maar wat jy nie van hou nie.
Moet ook nie dink net oor iets 'n premium brand is dat dit noodwending altyd beter is nie. Vra maar enige van die kompetisie manne, en hulle sal vir jou se dat die 3wt 10ft Stealth Infinty enige dag net so goed as die 3wt 10ft Sage ESN is. Waarde vir geld gaan jy nie beter kry nie.
Moenie te veel worry oor brands en die en daai nie. Gaan kyk na al die stokke in jou prysklas, gooi hulle en kies een wat jy van hou.
Ek sal wel die Stealth Infinty voorstel vir Geelvis as dit is waarvoor jy die stok soek.