Bosvark die ys is gebreek !

Post Reply
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Bosvark die ys is gebreek !

Post by Frederik »

Manne wat 'n lekker naweek het ek nou agter die rug gehad lees verder en jy sal uitvind en sien.

Net so voor Desember het ek en Geno gereel dat ek en my seun Aaron bietjie gaan jakkalse skiet met hom tye en weer het nooit saamgespeel nie en toe vining reel hy dat ek saam gaan Bosvarke jag saam met Jaco Prinsloo, Ge en nog klomp manne en dan ook in die aand die jakkalse gaan probeer.

Dit was ook op die nipertjie to gee die weer ons 'n kans en alles was haastig gepak en Vrydag aand vat ek en Aaron die lang pad vanaf Pretoria tot anderkant Machadodorp. Ons het laat arriveer vinnig uitgepak en toe die veld ingegaan vir die jakkalse. Die gras was baie lank en ons het net op twee staanplekke gestaan die weer het ook nie saamgespeel nie met die wind wat gedurig gedwarrel het ons het jakkalse gesien maar hulle het nie kans gegee nie. My seun en ek slaan toe die bed 3 uur die oggend hy het dit nogsteeds gate uit geniet.

Dit was vroeg op om die bosvarke aan te vat en ek moet se Jaco het 'n passie om te jag met sy honde en dit kan jy duidelik sien.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/2_zps528eb040.jpg
Aaron met die honde agter hom net voor hulle elkeen 'n GPS collar gaan kry en op die bakkie gelaai gaan word.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/3_zps1c833afa.jpg
Ons is amper reg om te gaan almal word 'n ordentelike reflector baadjie gegee asook 'n radio om altyd in kontak te wees. Veiligheid is natuurlik baie belangrik en daar is reels wat gevolg moet word met die jag oor 'n pak honde.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/4_zps5ee9a22c.jpg
Almal was afgelaai op sekere punte om die massiewe mielie land van 120 hektaar en die area wat ons in gejag het was asemrowend.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/5_zpsffc8dd6e.jpg
Hier is ons nou by ons post en ons het gewag tot almal afgelaai was voordat die honde losgelaat was. Baie opgewondenheid word opgewerk veral as jy die honde hoor werk. Die varke het definitief nie net opgegee nie maar het die honde besig gehou. 'n Uur in die jag en die honde het toe 'n baie groot bosvark sog vasgetrek in die middel van die land en Jaco het vinnig inbeweeg agter die honde en die vark met 'n groot mes deur die hart gesteek. Met al die bewegende honde is dit te gevraalik om die vark te skiet. Natuurlik met die radios kry ons regstreekste nuus en almal se opgewondenheid klim.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/6_zpsdd06384f.jpg
Met die lang dag en nag van die vorige dag het Aaron besluit om so uiltjie te knip terwyl ons wag maar hy het vining opgspring toe hy die honde hoor te kere gaan en wat nader kom. Die honde het toe wegbeweeg regs van ons en toe weer wegbeweeg na links en suid van ons. Ek het net begin hoop opgee toe die vark weer draai direk na ons toe. Die mielies het gekraak en die honde het mal gegaan ek het fyn dopgehou en toe die mielies sien beweeg en my geweer reg gehou terwyl Aaron agter my gestaan het. En soos 'n skim sien ek toe die vark op spoed besig om die land te verlaat om die veiligheid van die lang gras en die berg en klowe agter ons. Sy gee my toe n breukdeel kans net voor sy die pad slaan en my geweer was klaar geskouer en voor sy klompleet haar snoet in die pad gehad het 20 tree van ons af het en seker maak daar is nie 'n hond agter haar nie, laat loop ek die 303. Ek het baie goed gevoel oor die skoot en het gevoel soos 'n goeie long skoot en soos blits is sy oor die pad. Die honde volg toe en sy verdwyn in die 6 voet lang gras en ruigtes maar die honde begin toe te kere gaan nie ver van ons af nie.

Ek laat toe Aaron in die pad jaag agter die honde aan saam met Ivan wat toe van sy posisie ingehardloop het om te help en nie ver in nie le my eerste bosvark met die honde wat te kere gaan om haar. Wat 'n verligting 22 jaar terug toe ek die eerste keer bosvark spore langs die sojaboon land sien wou ek 'n Bosvark skiet en so het die jare verby gegaan en met heel paar van my kliente wat bosvarke voor my geskiet het was die ys finaal gebreek met my eerste bosvark. Sy was nie die grootse nie maar sy was spekvet en gesond en my skoot was perfek dubbelle longskoot net bo die hart en die 130gr Impala het haar nie ver laat gaan nie selfs met al die adernalien en die honde agter haar. Dit was baie moeilik om die glimlag van my gesig weg te vat en om alles te kroon was my seun by en het alles gesien hy was net so opgewonde.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/7_zpseffdfae1.jpg
Aaron en my eerste bosvark.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/8_zps9ea20aa7.jpg
Twee van die helde van die dag ek moet ook se ek was al agter honde op luiperd jagte maar nog nooit so gestaan om vir hulle te wag terwyl hulle die diere na jou toe jaag nie dit was 'n baie goeie belewenis.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/10_zps37bcd04a.jpg
My eerste bosvark en om alles te kroon my seun was daar om die ondervinding te deel - Priceless

Hoekom die 303 terwyl ek die .270 of 375 H&H ook kon gebruik die magasyn 10 skote so ek kon bly gooi as daar meer varke was maar ek het net die een skoot nodig gehad gelukkig.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/11_zps456d5d1e.jpg
Die hele span van die oggend ek was baie gelukkig gewees om die enigste een te wees wat 'n vark geskiet maar ek dink na 22 jaar se wag was dit seker my beurt ;D

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/12_zps6b2c81f6.jpg
Oppad terug vandag en my seun het 'n baie lang en opwindede naweek gehad hy was te moeg om weer te gaan probeer vir jakkalse. Maar ek en Geno maak nog planne vir deel nommer 2.

As Geno weer 'n offer posit vir manne wat wil saamkom gryp dit jy gaan nie spyt wees nie. Of jy 'n vark kry of nie jy is deel van 'n groep jagters vir een doel en net almal saam kan 'n sukses daarvan maak. Dit was definitief n naweek om nie te vergeet nie dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het.
User avatar
pam
Full Member
Full Member
Posts: 146
Joined: Sun Sep 30, 2012 9:14 pm

Re: Bosvark die ys is gebreek !

Post by pam »

Dis altyd lekker as die kiddies ook die natuur wil beleef en mens tyd maak, afwag, regmaak en uiteindelik n lekke tyd saam met hulle kan he. Wel gedaan eks lekke jaloers

PS: Danki Geno dat jy vir ons sulke trippies moontlik maak ;D
ARMOUR!!! Because the police also needs to call someone
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Bosvark die ys is gebreek !

Post by henried »

Te lekker, iets besonders.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Bosvark die ys is gebreek !

Post by Jake1 »

Frederik baie geluk en mooi gedoen daar. Jaco Prinsloo ken ek persoonlik, hy is van my kontrei, as daar nou een ou is wat jou 'n vark gaan laat skiet is dit Jaco Prinsloo. Min mense besef hoe moeilik is dit regtig om bosvarke te skiet, jy kan nie maklik 'n ou net vir 'n naweek nooi en hom 'n vark waarborg nie, al weet jy die varke is daar.

Ek hoop jy weet jy speel met vuur.......... :laugh: Dis nogal erg verslawend hierdie bosvark ding.......... ++>:

Ek jag ook saam met 'n ander jagspan van die kontrei wat ook honde gebruik, my grootste vrees is dat ek een van daai honde raakskiet en dit werk nogal op my senuwees. My ander en ook baie lekker manier (al is dit bietjie moeiliker) is om bosvarke op nuwe lande hetsy koring of mielies wat so maks 15cm lank is te "jag" met spotlight in die aand, dan is dit maklik 50-300m ver wat jy hulle kry en as daai lig op hulle val dan hol hulle alle kante toe, dan hoor jy die ouens behoorlik oorlog maak met enigiets van 'n .303 tot haelgeweer, maar ek moet toegee die hondejag manier is baie opwindend veral as jy eers twyfel en dan sowaar besef hierdie honde is nou "genuine"op pad na jou toe en bo redelike twyfel is daar 'n bosvark voor hulle, dan wil 'n ou se hart by jou mond uitspring soos hy klop.

Ek vat my laaitie van net so bietjie oor 5 jaar ook soms saam, dan gesels die outjie net bosvark en niks anders nie vir die volgende paar weke, hulle geniet dit erg baie.

Weereens baie geluk en mag dit jou eerste van nog baie wees wat ook gaan bakkie ry.

Jake1
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Bosvark die ys is gebreek !

Post by DWB »

Frederik, soos ek al oor die foon ook al vir jou gesê het: Baie geluk! Daar is min goed wat dit klop!

Wag tot jy hom moet uitsort as hy hier tussen die honde staan en baklei en jy loop in sy voorkant vas!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Bosvark die ys is gebreek !

Post by Marc »

Goeie werk Frederik, baie geluk man O0 en hoe kan 'n man nou vir 'n beter verhoog gevra het

Big thumbs up vir G&G Varmiting en sommer Jaco Prinsloo ook, wel gedaan manne
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Bosvark die ys is gebreek !

Post by Frederik »

Ja nee wat 'n vooreg dit was Aaron skree deur die middel van die nag vir sy Ma en toe sy in die kamer kom vra hy vir haar "Het julle die jakkals spore gekry?" en toe is hy weer vas aan die slaap. :laugh:
Nou wonder ek of G&G varminting nie onderlangse idees het nie om die wereld oor te neem met jong varminting recruits ? :o
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Bosvark die ys is gebreek !

Post by BRNO (Pierre) »

Frederik, nou sal ons verseker by daai bier moet uitkom, sodat ek behoorlik jou hand kan skut. Baie geluk aan jou en Aaron. Regtig baie mooi gemaak.

G&G, julle manne is ysters!! Hats of to you.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Bosvark die ys is gebreek !

Post by G-force »

Dankie vir daai mooi opsomming van die naweek Frederik.Jy het n puik skoot geskiet en kan regtig trots wees daarop.Ek stem saam Jaco Prinsloo het n wereld klas onderneming,sy honde luister mooi na hom en sy toerusting is
van die beste.Dit was lekker om saam jou en die ander manne te kuier.Maak seker dat jy daai jong bulletjie van jou soveel moontlik saamvat as jy gaan jag ensv,ek het nie gehoor dat hy keer moan oor enige iets nie en sy opgewondenheid oor jag laat my terug dink aan myself toe ek sy ouderdom was.
Groete
Ge.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Bosvark die ys is gebreek !

Post by 375fanatic »

Geluk Frederik maar waar is die hare heen my maat :laugh: :laugh:
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13649
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bosvark die ys is gebreek !

Post by Geno »

More manne.
Frederik, dankie vir die deel van jou ervaring. Dit was baie lekker om julle saam te vat. Ons maak weer een of ander tyd so!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Bosvark die ys is gebreek !

Post by Frederik »

G&G Varminting skree net en ek maak 'n plan Aaron se hele klas weet nou van die naweek :laugh:
375fanatic wrote:Geluk Frederik maar waar is die hare heen my maat :laugh: :laugh:
Dit is die sleutel tot my sukses met die bosvarke.
Post Reply