Long range project-Sy kom nou mooi

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by LRLaubscher »

30" loop...........? Gaan hy nie ander hormonics tot gevolg hê nie? EK vra ek weet nie?
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by LRLaubscher »

Ek het vanselfspreukend nog baie speel en toets werk wat vir my voorlê, maar dit was wel baie interesant vir my gewees om te sien die hoë spoed met relatief lae lading wat ek ervaar het.
Die 45 skote wat ek al met die geweer geskiet het se lading was as volg:

RWS 308 brass afgenek na standard 260 rem
42gr S365
140gr Nosler Ballistic Tip.
2920ft/sec
1.2MOA op 100m groepe. (dis nog baie sleg en sal met lading ontwikkeling beter word)


Ek het nog nooit QL gebruik om nodes en lading voor af te simuleer nie.
Meskien kan julle my help, dit sal interesant wees.
Wat sê die program, teen watter spoed sal my geweer mooi skiet met sy lang pyp :) Maak die loop lengte 'n verskil in QL se calculation?

Ek luister graag.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by Arnold »

Nico
Die loop lengte maak 'n verskil en soos jy sien gooi daai geweer 1.2MOA ... seker nie sleg vir party ouens nie maar dit sou nie werk vir my nie.
Die nodes vir die 260AI lê rondom 2850fps en 3000fps met die 140gr as ek reg onthou. So as ek jy was stoot ek daai lading effens op in inkremente om te sien hoe hy hom gedra.

My loop is so 1.5" korter en ek begin druk kry hier by 2950fps so ek het hom nie warmerder gelaai nie. Groepe was onaanvaarbaar in vergelyking met wat hy doen by die laer spoed. Ek dink hierdie was by so 43.5gr S365 maar sal moet gaan seker maak.
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by LRLaubscher »

Dankie Arnold ek sal bietjie gaan speel.
Glo my vry 1.2MOA is ok nie naasteby goed genoeg vir wat ek in gedagte het met die geweer nie.

Hou julle op hoogte.......
Ek sal nie rus voor ek daai een gat kry nie.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by Monrique (SJ) »

LRLaubscher wrote:Paar fotos van finale produk.

260 remington Ackley Improved

Custom Kolf: Laminated Boyds blok
Krieger 1-8 twist 30" heavy Palma profile loop
Guncraft Custom Trigger
Blue printed RSA action
20 MOA piccatinny rail
Vortex Viper PST 6-24X50 FFP
Vortex Matched Comp ringe

Alle werk is deur Geoffrey Barrabal by Guncraft gedoen.
Dagse Nico

Die gun van jou lyk awesome om die minste te se!! Geoffrey toor mooi met n geweer en sy broer met n kolf. Het hy die kolf vir jou gedoen? Weet sommer daai vlamspies van jou gaan mooi gooi daar waar dit saak maak. Ek verstaan dat Geoffrey se custom snellers vir die RSA baie goed is?

Groetnis
Monrique
User avatar
Scrappies
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by Scrappies »

Hi LRL

Wou graag by jou hoor is jy happy met daai sneller en wat kos hy?

En wat is die Manne se nommer wat daai sneller bou. Soek een vir my 6mmbr.
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by LRLaubscher »

Scrappies, die wat ek die sneller nou al gevoel het by Geoffrey in sy winkel is belowend. Ek wag steeds vir my lisensie so het nog nie geskiet vandat nuwe sneller op is nie.
Die sneller se ontwerp is baie goed.
Alles is SS. Al jou beweegende dele wat op penetjies roteer is op klein bearingtjies. Tolleransies is baie styf so daar is geen speling nie.
Hy is volledig verstelbaar:
-lengte van trek
-lengte van "follow through"
-Die posisie van sneller(links en regs/vorentoe en agter toe)
-breek gewig veilig tot so laag as 2 onse

Die sneller se prys is R2500.00 en hy maak vir RSA sowel as Rem700.

Ek het nog nie met 'n Davies trigger op RSA geskiet nie, maar soos wat ek verstaan vergelyk die sneller goed met 'n Jewel.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by Arnold »

Ek sien gister op S&O se website dat die Jewell nou al soveel as R4000 kos
User avatar
Scrappies
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by Scrappies »

Hi Arnold,

Janee ek het daai gesien. En dan is dit nog n R1000 voor hy op die RSA aksie pas.

LRL,

Het moontlik vir my n nommer van daai Manne? Wil net hoor of ek hom self kan opsit of moet daar n modifikasie gedoen word. R2500 Klink vir my nie te rof as hy so fyn kan verstel nie.

Dankie solank.

Scrappies
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by LRLaubscher »

Geoffrey Barrabal by Guncraft
Cell: 071 889 1758
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
Scrappies
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by Scrappies »

Dankie LRL!
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by Louis Kriel »

Sjoe bitter mooi geweer! Het daai groepe al gekrimp? Is jy happy met daai Vortex Viper pst?
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by LRLaubscher »

DirtyOldsix wrote:Sjoe bitter mooi geweer! Het daai groepe al gekrimp? Is jy happy met daai Vortex Viper pst?
Nogsteeds n lang wag vir die lisensie.....Ek kan nou nie meer wag nie :'(
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by LRLaubscher »

Menere.....

Die gewag is verby. My lisensie het gekom!!!!!
Weet nie hoe die week gou genoeg gaan klaar kom vir Saterdag nie.

Ek sal kiekies van resultate opsit.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by Armand Steenkamp »

Laat weet hoe hy maak! Baie geluk met die liksens!

Groetnis
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by LRLaubscher »

Menere,

Ongelukkig nie fotos nie, maar kon darem Saterdag my eerste 50 doppe fire form.

Het klaar AI ladings in standaard doppe gelaai. Die resultate soos volg:

140gr HPBT Matchkingz
43.0gr S365
2865ft/s
ES 26ft/sec


43.2gr S365
2878ft/sec
ES 32ft/sec

43.4gr S365
2896ft/sec
ES 18ft/sec

Eklke lading vyf skote getoets oor chrony.

Die geweer skiet baie lekker, en ek moet sê track uitstekend. Kan jou eie vapour trail sien en spat teen gong.
Eerste vyf skote op gong 425m ver kon ek toe maak met halwe sigaret boksie.

Kleinste 5 skoot groep van die dag was 43.4gr met +- 12mm senter tot senter.
Ek glo dit gaan nog beter word met hordentlike lading ontwikkeling op klaar geformde doppe.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by 2vierniks »

Die beste deel vir my van jou geweer is die RSA aksie. Wonder net hoe sou 'n 6BR gedoen het in vergelyking met die 260 met al jou moeite?
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by LRLaubscher »

Ek kon die naweek my lading ontwikkeling klaar maak.
Na ladder test en en met seating depth speel kon ek die 5 skoot groepie geskiet kry.

Lading soos volg:

260 Norma Doppe(Fire Formed)
43.5gr S365 (Lot 72)
Sierra 142gr Matchkingz
20" jump
Spoed 2940ft/sec

Die geweer doen nou selfde as 6.5-284 met 7grein minder kruit. Hopelik heelwat meer loop lewe ook.
5 shot group 142gr Sierra Match.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by swc-tr »

Mooi Nico!

Nou's jy reg vir F-Ope of hoe?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by Arnold »

Baie mooi.
Hoe groot is daai rooi blokkie? Of hoe groot meet die groep?
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by LRLaubscher »

Arnold wrote:Baie mooi.
Hoe groot is daai rooi blokkie? Of hoe groot meet die groep?
Hi Arnold,

Center 2 Center so 11mm
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by LRLaubscher »

swc-tr wrote:Mooi Nico!

Nou's jy reg vir F-Ope of hoe?
Dankie Schalk,

Dis jou ou aksie wat seker die verskil maak ;) hehe.
Ek begin nou van volgende maand af hard inklim met die F-Klas ding.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by swc-tr »

Mooi man, hoop om jou dan binnekort iewers op 'n baan te sien.
Trek die twee Britse saam.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by Reggie Gerber »

Netjies Nico

Op watter afstand het jy die ladder toets gedoen en op watse afstand is die 11mm groep geskiet?

Groete
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Long range project-Sy kom nou mooi

Post by LRLaubscher »

Reggie Gerber wrote:Netjies Nico

Op watter afstand het jy die ladder toets gedoen en op watse afstand is die 11mm groep geskiet?

Groete

Hi Reggie,

Ladder is geskiet op 340m. Maar dis nogsteeds te naby in my opinie. Die hele groep met al die verskilende ladings was nie eers 4 duim groot nie.
Ek het ongelukkig nie verder gehad om te skiet op die dag nie.
Gewoonlik skiet ons ladder tests op 500m. Dit gee 'n baie goeie indikasie waar jou vertikale groepe lê.

Die groep was op 100m. Ek soek hom nog kleiner. Die wind het erg gewaai die dag.

Groetnis
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
Post Reply