Nightforce 8-32X56 Iemand met kennis

Post Reply
wouter Stols
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Sat Mar 01, 2014 10:42 am

Nightforce 8-32X56 Iemand met kennis

Post by wouter Stols »

Dagse

Vandag het n baie snaakse ding met my gebeur.
geweer SavageBA110 kaliber: 338 Lapua
Scope:Nightforce 8-32X56
afstand:100m

My probleem, indien ek een het????

Op gegewe afstand op n vergroting van 32 skiet die geweer spot on, MAAR sodra ek selfde afstand met n 8 vergroting skiet tref die koeel +- 600mm lag!!!!!!!
paar keer getoets en selfde resultaat elke keer! Laaste 3 groeperings van 3 elk het ek die scope op 32 gelos en soos ek se almal spot on.

My recticle is n NP-R1 en ek het vandag 100m ge zero Heel heel bo op die vertikale kruishaar(waar ek mooi skiet op 32 maar amper in die grond op 8!!)
kan die scope daar op die T ge zero word? is dit dalk die probleem?

Asb. enige ervare manne wat Nightforce goed ken? ek het baia baie geld vir die scope betaal en hoop ek het iets verkeerd gedoen.

Scope is laasjaar by Huntex expo gekoop

Help asb!!
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Nightforce 8-32X56 Iemand met kennis

Post by Sangoma (IAN) »

Kan wees dat Jou Scope nie 100% Level is nie
fredd
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm

Re: Nightforce 8-32X56 Iemand met kennis

Post by fredd »

Hallo Wouter

As jy hom op die middel van die kruishaar zero behoort jou point of impact nie te skuif soos jy jou vergroting verander nie, maar as jy hom op 'n ander plek as die middel zero dan sal die POI verskil op verskillende vergrotings. (Ek verstaan dit is 'n second focal plane reticle so die beeld se grootte verander maar die reticle bly dieselfde grootte wanneer jy stel van 8 na 32 toe)

Met 'n first focal plane reticle sal jy wel soos jy genoem het op 'n ander plek as die middle van die kruishaar kan zero sonder om POI te verander wanneer jy sy vergroting verstel. (Want die grootte van die reticle verander saam met die grootte van die beeld)

Hoop dit maak sin ;D
Fred
wouter Stols
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Sat Mar 01, 2014 10:42 am

Re: Nightforce 8-32X56 Iemand met kennis

Post by wouter Stols »

Dankie Fred

So my scope makkeer niks (ek ken hom duidelik net nie goed genoeg nie)
so maw. die nightforce scopes is n second focal plane.


Sal hom weer in die middle zero.

Groete

Wouter
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Nightforce 8-32X56 Iemand met kennis

Post by Smitstertjies »

fredd wrote:Hallo Wouter

As jy hom op die middel van die kruishaar zero behoort jou point of impact nie te skuif soos jy jou vergroting verander nie, maar as jy hom op 'n ander plek as die middel zero dan sal die POI verskil op verskillende vergrotings. (Ek verstaan dit is 'n second focal plane reticle so die beeld se grootte verander maar die reticle bly dieselfde grootte wanneer jy stel van 8 na 32 toe)

Met 'n first focal plane reticle sal jy wel soos jy genoem het op 'n ander plek as die middle van die kruishaar kan zero sonder om POI te verander wanneer jy sy vergroting verstel. (Want die grootte van die reticle verander saam met die grootte van die beeld)

Hoop dit maak sin ;D
Fred
Dankie Fred

Daar leer ek ook weer iets nuuts vandag :)
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Post Reply