Pay it forward....ware storie en dank.

Items for "Pay forward"/ Items om later te betaal...
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Pay it forward....ware storie en dank.

Post by Cobus(Cobb) »

Manne, ons het hier op die forum 'n man wat een keer per jaar, op 'n uitsoek metode wat net hy weet, aan iemand 'n jakkals stoel skenk.
Ek was die tweede gelukkige ontvanger van so stoel, en ek geniet en be-oefen my jakkals jag/roep en skiet terdee...Ek probeer altyd my bes en probeer dit so professioneel as moontlik doen.

Ian Beytel het hierdie jaar weer so stoel geskenk aan 'n man met die naam van Ted, die man neem ook sy jakkals jag baie ernstig op, maar kon tot op hede, vir welke rede ookal, nognie 'n stoel bekom nie. Ian het dit goed gedink om aan hom een te skenk, en na die nodige modifikasies gedoen was, het die man die afgelope naweek sy stoel gekry. Ek het Sondag met hom gesêls en hy was BAIE dankbaar. Hy is ongelukkig vir 2 weke op verlof en 2 weke het hy ander plekke waar hy moet wees, so sal eers die stoel oor 'n maand kan inwy.
Geluk ou Ted.
Aan Ian, ...ou maat, mag jy net geseën wees, dankie dat jy so mildelik gee.
En mag jou "pay it forward" gou na jou terugkeer.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by DawieKotze »

Yster!! Baie mooi Ian!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by THOMAST »

Baie mooi gebaar!
stan man

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by stan man »

dit is een van die redes hoekom ek so mal is oor hierdie forum en ''van'' sy lede.
ian !! wel gedaan!! mag jy ook baie geseend wees in wat jy doen.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by douw »

Goed gedoen Ian!!

Dankie vir die deel Cobus
hunter74
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu May 30, 2013 4:39 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by hunter74 »

Baie mooi gebaar Ian.

Dit sal in meervoud na jou terugkom.

Groete.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by BRNO (Pierre) »

Ian, lyk my daar is nie ophou aan jou nie. Goed gedoen!!
Veiligheid eerste manne!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by Jean Marais »

Naa aanleiding van Cobus se skrywe hierbo, kon ek nie anders as om hierdie aanhaling te plaas nie.

Pred 11:1
Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug.

2 Kor 9:6
Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; wie volop saai, sal volop oes.

Gal 6:7(b)
Wat ‘n mens saai, dit sal hy ook oes.

Job 4:8
Ek het dit ondervind; dié wat onreg plant en moeilikheid saai, oes dit ook.

Hos 10:12
Ek het gesê: Saai volgens My wil, en julle sal my liefde oes.

Gal 6:9
Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.
Spreuke 14:12 & Spreuke 16:25
Daar is ‘n lewenswyse wat vir ‘n mens reg kan lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood.

Hierdie tekste het almal dieselfde strekking: wat jy saai, sal jy maai.

Ek wil dit uit verskillende hoeke bekyk:

Iemand met ‘n toe hand kan nie gee nie, maar ook nie ontvang nie.

Gee, sodat jy kan ontvang, of nog beter: jy kan die opbrengs van jou belegging uitermatig goed vermenigvuldig. Gee baie, ontvang baie.

Sit niks in die grond nie, en jy hoef nie tyd te mors om te probeer oes nie. ‘n Mielie kan nie groei as jy nie saad in die grond druk nie.

Moet niks verwag as jy nie werk nie.

Die lewe wat jy lei, gaan vir jou ‘n opbrengs gee wat by die lewenstyl pas. “Daar is ‘n lewenswyse wat vir ‘n mens reg kan lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood”. Hierdie teks hou ‘n baie groot waarskuwing in. Jy sal sterwe soos jy gelewe het, is ‘n uitdrukking wat mens dikwels hoor.

Kortom, uit al hierdie hoeke gesien: Wat jy saai, sal jy maai.

Pred 11:1-6
Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug. Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie. As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die aarde; of 'n boom nou suid of noord val, dit bly lê waar dit geval het. Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie. Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles. Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nie en of altwee ewe goed sal wees nie.

Dit is ‘n baie mooi stuk, of hoe?

Wat gee jy? Gee jy niks? Hoe gebruik jy jou twee hande: is die een wat moet gee toe, en die een wat ontvang oop? Die probleem is dikwels dat mens dínk jy het niks om te gee nie. “Gee” word altyd geassosieer met geld. Ek dink ook baie mense dink dis net geld wat in die oë van die Here kwalifiseer, as die Bybel praat van “gee”. Dit is nie waar nie. Ek dink partykeer geld is die makliker “gee”-item as enige iets anders. En ja, geld is belangrik, maar daar is egter baie ander goed wat nodig is om te gee, en soms is dit juis moeiliker om dié soort goed te gee.

Kom ons kyk na ‘n paar “gee”-goete:

gee jou geld – rand en sent

gee jou goed – doen afstand van iets wat vir jou kosbaar is, en wat vir ander sinvol kan wees. Moet egter nie jou ou gebruikte teesakkies, of hemde met af-knope vir iemand gee nie.

Gee jouself – dit is diensbaarheid.

Gee jou talente en gawes – gaan sing verniet by ‘n ouetehuis, of doen ’n kinderhuis se boeke, of maak ’n pot sop vir iemand.

Gee van jouself.

Ek dink al hierdie bogenoemde pas in by die saai / maai – beginsel.

Om van jouself te gee, is seker die belangrikste wat jy kan weggee, want dit kan nét gebeur as liefde ter sprake is. Liefde raak nie op nie, liefde het nie ‘n spens wat leeg raak nie. Liefde het ook nie ’n raklewe of ‘n vervaldatum nie. Liefde kan nie gekwantifiseer word nie. As ek geld gee het dit altyd ‘n “eindige” waarde. Maksimum X-bedrag. Daar is nie ‘n meter of weegskaal wat liefde kan afmeet nie. Liefde het in elk geval ook nie ‘n meetbare grootte nie. ‘n R10-noot is 126 x 69mm groot, en sy koopkrag verander dag na dag. Hy het ten enige tyd ‘n spesifieke, meetbare waarde. Maar daar is altyd ‘n maksimum koopwaarde daaraan gekoppel. So sal ‘n finansiële skenking op enige tyd iets spesifiek kan koop, wat weer sal opraak. Maar om liefde te gee beteken iets heel anders, want as onvoorwaardelike, opregte liefde uit jou uitborrel, gee jy baie, maar verloor jy niks. Eintlik klink dit of dit nie kan sin maak nie. Werp jou brood op die water – as jy geld werp, kan dit net ‘n bepaalde bedrag wees, maar werp jy liefde, kan dit aanhou en aanhou en aanhou. So ‘n lewenstyl sal áltyd ‘n oes bring. Ander sal nooit genoeg kry van jou liefde nie. As jy liefde saai sal van die ander elemente outomaties ingesluit word. As jy jou liefde op die water werp, sal jy altyd ‘n goeie lewe lei, al kry jy self swaar.

Daar is ook ‘n ander kant.

Sien jy die “tit for tat” hierin? Dit waarmee jy besig bly, dit wat jy doen, die manier van lewe, lewenstyl, arrogante uitkyk op die lewe, neersien op ander en afbreek van ander, verneuk, belieg ens, het ook ‘n oes. Daar is altyd ‘n oes – al is dit ‘n negatiewe vrug. Praat ek hier van skelms, bedrieërs, boewe, slegte mense? Nee! As gevolg van hierdie ding wat ons rasionalisasie noem, is hierdie negatiewe oes teenwoordig in elke faset van ons lewe, ook tussen Christene. Dis as ons saai-aksie sonder liefde geskied. Ongelukkig. En ek, Willem Botha, sien van hierdie dinge in my eie lewe raak. Weet jy wat is die gevaar? ‘n Mens se gewete, oordeelsvermoë en insig vervaag geleidelik soos wat die eie ek oorneem.

Is daar iets binne-in jou wat jy kan gee? Gee dit dan, want dit sal altyd ‘n verskil maak. ‘n Drukkie, ‘n oor om te luister, ‘n woord van bemoediging, opregte omgee, bietjie van jou tyd, jou kennis, jou insig. Dit alles kan vir iemand anders dalk ‘n reuse verskil maak. Werp dit op die water – jy weet nie wanneer dit gaan terugkom nie. Jy weet ook nie hoe nie. Dalk kom dit na jou toe terug, juis wanneer jy dit die nodigste het. Daardie dag wat jy dalk so diep in ‘n gat, of donker tonnel is, sal die liefde van iemand anders jou weer deurdra.

Werp daai brood!

Outeur (Willem Botha) en webruimte (http://www.heuning.co.za)
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by Flip Nel »

Dankie vir die mooi gebaar Ian
User avatar
Naas1
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Wed Oct 09, 2013 4:14 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by Naas1 »

Baie mooi gebaar Ian mag so guldelik geseen word
30-06 Brno, 308 Travelo, .22 Obrendorf Mauser, 12Br Browning, .177 CTR
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by vriell »

Jean Marais wrote:Naa aanleiding van Cobus se skrywe hierbo, kon ek nie anders as om hierdie aanhaling te plaas nie.

Jean , Dankie vir jou moeite om dit te plaas.Ons het hierdie motivering so nodig in ons Lewenstyl hier in (Suid) Afrika.
Mag hierdie mooi gebare tussen ons en elders nooit eindig nie want dit is voorwaar iets om aan vas te hou in die tyd wat ons lewe.
Mooi gedoen Ian en ook aan ander wat op dieselfde wyse harte bly maak.
Dit laat my onwillekeurig terug dink aan my Voortrekker dae toe ons nog "ere woord" gegee het en trots daarop was om dit te hou.... Doen so voort !!
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by Ian »

Ai ou Cobus

Dit was nou nie nodig nie maar dit laat 'n mens 'n meter bo die grond loop en gee 'n baie warm gevoel in 'n mens se hart, maar dankie vir jou ou maat.

Jean,
dankie vir die mooi boodskap wat jy hier opgesit het. Ons word so vasgevang in ons eie wêreld dat ons die mense om ons vergeet maar ons almal kan 'n verskil maak deur net liefde uit die hart, 'n glimlag of 'n dankie te gee want dit is verniet.

[quote="Cobus(Cobb)"] 'n uitsoek metode wat net hy weet

Ek sien die mense raak wat 'n groot PASSIE het vir die lewe.
Ou Jaco hier van Klerksdorp het met 'n opvoubare stoel geskiet wat ongelooflik geraas en onstabiel was. Ek het een aand saam met hom gaan skiet en gesien die ou kan nie so sukkel nie en vir hom 'n stoel gebou.

Ops Mooihuil Schweizer kom Cobus en sy seun daar aan en die het "gesmile" van oor tot oor die hele tyd en ek kon sien dat die twee baie toegewyde jagters sal en wil wees. Wel, as ons so na Cobus se "posts" lees, pluk hy en Dewie verseker vrugte.

Ops Red die Veldlewe sit ek een oggend aan die ontbyttafel en daar kom sit 'n persoon met die naam Ted by my. Ons het lekker begin gesels en hy het later sy toerusting van die beste gehalte vir my gewys. Ek merk dat hy nie 'n skietstoel het nie maar 'n vierkantige boks wat hy gebruik vir 'n stoel. Ek het net daar besluit dat ek die lewe vir Ted net gemakliker wil maak.

Ja, dit is baie baie bevredegend en lekker om te kan gee met 'n goeie doel uit die hart.

Dankie vir almal en seën vir julle.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by henried »

Respek.
Baie mooi gebaar.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by Geno »

http://petrie.optinet.net/images/Bells-Header.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by Hein (Haan) »

Ian ek hoop karma kom jou goed beet ;D
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by Reggie Gerber »

Ian

Welgedaan my vriend, Jy het n baie groot hart

Groete
bishop3006
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Mon Mar 14, 2011 12:09 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by bishop3006 »

'n Mens kan net ontvang met 'n oop hand!

Ian, BAIE mooi gebaar daai van jou! Seën vir jou.
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by Wayne »

Ian, very big of you to do what you have done, I take my hat off to you.
By the way, my chair is not the best, so next time............ No I am only pulling your leg, mine is good, but again, well done, I think I can say that the Entire Forum is proud to be associated with you!!!!!!!!
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by theedge »

Welgedaan maat - welgedaan
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by Frikkiedbr »

Ek het die gesien en wil graag deel
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/1620506_702507086437832_927180638_n_zps067e6b1f.jpg

Baie mooi gebaar Ian.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by theedge »

Frikkiedbr wrote:Ek het die gesien en wil graag deel
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/1620506_702507086437832_927180638_n_zps067e6b1f.jpg

Baie mooi gebaar Ian.
Dit nou n baie mooi een - ek steel hom gaan hom gebruik - dankie
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by Frikkiedbr »

Plesier :)
User avatar
cg rossouw
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Sat Apr 07, 2012 8:31 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by cg rossouw »

Ja dit is voorwaar iets wat n man nie alle daags hoor nie, Baie mooi Ian, sout van die aarde
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by visstok »

Baie mooi gebaar Ian!

Groete Alex
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Pay it forward....ware storie en dank.

Post by Marc »

Geno wrote:http://petrie.optinet.net/images/Bells-Header.jpg
Maak daai twee
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply