Handwapen teleskoop

Post Reply
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Handwapen teleskoop

Post by sako 30-06 »

Ek is opsoek na n handwapen teleskoop vir n vriend van my vir sy .44
Hy kyk na n 2x22 of 2-7x37.

Enige voorstelle?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Handwapen teleskoop

Post by tripodmvr »

Burris het 'n baie netjiese 2-7x32 wat baie helder is. Een in die geweerwinkel bekyk wat op 'n vriend se 44 sou gaan.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Handwapen teleskoop

Post by sako 30-06 »

tripodmvr wrote:Burris het 'n baie netjiese 2-7x32 wat baie helder is. Een in die geweerwinkel bekyk wat op 'n vriend se 44 sou gaan.
Enige idee wat die prys is?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Handwapen teleskoop

Post by tripodmvr »

Probeer VLT in Pta. Ek het my Burris 3-9x40 by hulle gekoop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1229
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Handwapen teleskoop

Post by junglejulian »

Ek het begin met n 2-8 x33 teleskoop op my 44 maar het later vervang met n 2x vergroting red dot sight.Is baie beter as die teleskoop.enige iets oor 4 x vergroting is onprakties vir my siende dat ek elk geval myself beperk tot 100m.Die eye relief en bewerasie op n teleskoop is kritiek.Ek het onlangs n vlakvark in die draf geskiet op so 20m.met n teleskoop sou ek nie kon nie.
Die Burris en Leupold handwapen teleskope is die beste.Ek het al 2 no-name teleskope gebreek.
http://shop.technopro.co.za/ lewer goeie diens en pryse is billik.Ek het die Bushnell gekoop
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SDC11580.jpg
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SDC13566.jpg
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1229
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Handwapen teleskoop

Post by junglejulian »

Ek het vir my n holster laat maak wat op my heup of bors gedra kan word.die rug van die holster is oop sodat die monterings daardeur inpas.ek los net die beskermklappies op sodat die lense nie vol stof word nie,as dit moet kan ek steeds deur die lense kyk as daar nie tyd is vir afhaal nie.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Handwapen teleskoop

Post by sako 30-06 »

junglejulian wrote:Ek het begin met n 2-8 x33 teleskoop op my 44 maar het later vervang met n 2x vergroting red dot sight.Is baie beter as die teleskoop.enige iets oor 4 x vergroting is onprakties vir my siende dat ek elk geval myself beperk tot 100m.Die eye relief en bewerasie op n teleskoop is kritiek.Ek het onlangs n vlakvark in die draf geskiet op so 20m.met n teleskoop sou ek nie kon nie.
Die Burris en Leupold handwapen teleskope is die beste.Ek het al 2 no-name teleskope gebreek.
http://shop.technopro.co.za/ lewer goeie diens en pryse is billik.Ek het die Bushnell gekoop
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SDC11580.jpg
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SDC13566.jpg
Daai kombinasie lyk baie mooi saam.
Wat is die prys van daai red dot sight?hetjy hom ook by die tecnopro shop gekoop.
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1229
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Handwapen teleskoop

Post by junglejulian »

Die prys wissel van R1500 tot R3500.hul het n goeie waarborg ook.ja dit was by hul gewees.
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Handwapen teleskoop

Post by PITSMIT »

JJ

sit bitji foto van daai holster op as jy nie mind nie asb

eks besig om reddot sight op my 357 te sit sal graag wil steel met die oog as jy nie omgee

hiers n mock up wag nog vd rail wat gemaak word

http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG-20130820-01215_zpsc575c10e.jpg

ek luister en kyk graag

mooi dag
User avatar
AFRICAN LEADWOOD
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 298
Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am

Re: Handwapen teleskoop

Post by AFRICAN LEADWOOD »

As julle manne 'n red dot sonder 'n vergroting soek is die JP / Optima 2000 / Docter tipe formaat iets om te oorweeg. Hulle is baie klein met 'n lekker lae profiel wat beteken dat jy steeds net bo die "topstrap" van die rollie mik. Hulle is ook baie lig en beinvloed skaars balans en kan wel met sekere holsters gebruik word, of met minimale verandering aan 'n holster.

Ek het so 'n "no-name" model op 'n rollie wat baie goed hou en treugskop (Recoil) hanteer. die prys is seker nou so R2500 as ek moet raai. Die parallax op die tipe versiere is ietwat meer as met die buis tipes in my ervaring, maar as jy die kol in die middel rofweg van die skermpie hou is dit beter. Die rewolwer skiet so 1 1/2 - 2 duim op 25m van skiet stokke so, so ek vind dit heel aanvaarbaar.

Ek het my teleskope van my rollies afgehaal, maar sal moontlik op 'n stadium dit terugsit. Ek het gevoel dit maak die rewolwers baie lomp en die beperkte veld van sig was 'n nadeel.
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1229
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Handwapen teleskoop

Post by junglejulian »

Jammer ek sien nou eers die navraag.ek sal later vandag afneem en opsit.myne is nie van leer gemaak nie maar baie stewig.het rondom R400 gekos by iemand in bloemfontein.
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1229
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Handwapen teleskoop

Post by junglejulian »

http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SDC14000.jpg
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SDC14001.jpg
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SDC14006.jpg

Die rugkant is oop en versterk en die rewolwer word met n velcro band vasgehou.die rekband om my bobeen voorkom dat die wapen rondswaai as ek loop of viervoet bekruip.
atplay
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sun Mar 18, 2012 12:19 am

Re: Handwapen teleskoop

Post by atplay »

junglejulian wrote:http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SDC14000.jpg
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SDC14001.jpg
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SDC14006.jpg

Die rugkant is oop en versterk en die rewolwer word met n velcro band vasgehou.die rekband om my bobeen voorkom dat die wapen rondswaai as ek loop of viervoet bekruip.
JungleJulian,

Watter model scope is daardie asb, ek soek ook een vir my Colt Python 357 Magnum. 'n Persoonlike verwysing nav gebruik is altyd lekker om te kry.

Dankie
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1229
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Handwapen teleskoop

Post by junglejulian »

Dit is n Bushnell Trophy 1x28 met 6MOA dot.Ek het n Busnell 2 x vergroting op my 303 varkgeweer ook wat nog nie moeilikheid gegee het nie.
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Handwapen teleskoop

Post by FrancoisW »

Hier is my .44 Magnum met ook 'n Bushnell Red Dot. Ek het na Sako 30-06 die vraag vir my gevra het by die forum aan gesluit.
Dankie vir al die advies en voorstelle. Ek het die holster van Cabelas in Amerika bestel. Hulle kos $51 posgeld ingesluit.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
Adrian
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Nov 18, 2013 8:06 am

Re: Handwapen teleskoop

Post by Adrian »

Ek het op 2 van my 44 magnums Bushnell Elite 3200 scopes; werk lekker in die ooptes.

Op my 480 Ruger het ek n Bushnell TRS-25 (3 MOA red dot)
Ek het gevind dat die kruis haar van a gewone scope verdwyn as jy in digte bos jag!
Bite Hard, Run Fast
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Handwapen teleskoop

Post by PITSMIT »

lyk grand jj

het jy dalk kontak detail van die vervaardiger asb

die reddot wat ek opsit is n VECTOR OPTICS HARPOON 1X30

kos n hele R240 hahaha

sal julle posted hou hoe werk hy
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Handwapen teleskoop

Post by Louis Kriel »

BSA maak n baie goedkoop BAIE goeie scope. Die artikel se naam was "The tough little Chinaman" in Magnum n paar jaar terug.
Post Reply