Beste tyd vir Koedoejag
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Beste tyd vir Koedoejag
Is donkermaan jou beste koedoe tyd??? Veral vir die groot bulle?
As ek reg verstaan is donkermaan in Mei spesifiek die tyd wat jou kanse die beste is om koedoes vroegoggend en laatmiddag op te spoor. Kan die ouens wat ervare koedoe jagters en PH's is dalk hierop kommentaar lewer?
Dankie ek luister graag.

-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Fritz, jy sluit my uit met jou "ervare koedoejagters" gedeelte, maar ek kan as gewone koedoe jagter net vir jou noem dat daar, in my beskeie opinie, nie iets soos 'n beste tyd is vir groot koedoe bulle nie. Jy gaan hulle toevallig raakloop of nie..... Daars 'n rede hoekom hulle groot is....
Aim small, miss small
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Dit was juis die doel. Dit het nie gewerk nie. Hou maar die thread dop maar moenie comment nie. Ek het so gevoel jy gaan iets wys word.Eugene wrote:Fritz, jy sluit my uit met jou "ervare koedoejagters" gedeelte
- mw
- Full Member

- Posts: 124
- Joined: Tue Dec 11, 2012 8:58 pm
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Fritz,
Ek is nou nie n pro as dit kom by koedoe jag nie, maar het darem al so paar geskiet. Ek het gevind dat gedurende donkermaan, dit makliker is om koedoes te jag as volmaan want gedurende volmaan wei die boggers deur die nag en le lekker en slaap onder n boom in die dag wat beteken dat hulle minder beweeg en sodoende jou kanse verminder om een van hulle raak te loop.
Groete

ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Soos Eugene se, nie ervare, maar kan iets byvoeg, ter ondersteuning van mw.
Ek verlede week sommer vir die snaaksgeit, 2 aande in die hide op Kalabaspan spandeer. Dit was net na vo, maan, en het die maan so begin afneem. Dinsdag oggend 01h20 stap daar 3 bulle in, ek skat 50" plus minstens, rustig en sonder om eers rond te kyk, drink water, staan n goeie 20min rond, en stap weer rustig uit.
Kudu koeie het het elke aand so voor skemer ingekom water toe.

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Beste tyd vir Koedoejag
mw wrote:Fritz,
Ek is nou nie n pro as dit kom by koedoe jag nie, maar het darem al so paar geskiet. Ek het gevind dat gedurende donkermaan, dit makliker is om koedoes te jag as volmaan want gedurende volmaan wei die boggers deur die nag en le lekker en slaap onder n boom in die dag wat beteken dat hulle minder beweeg en sodoende jou kanse verminder om een van hulle raak te loop.
Groete
Stem, hulle beweeg baie meer met donker maan, ek het al agtergekom jy sien meer wild met donker maan as jy rondry as met volmaan.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Sommigge mense glo glad nie aan die maanstorie. Volmaan of donkermaan, jou kanse is ewe moeilik of maklik. Vir my wil dit tog voorkom asof dit effens makliker is hulle te jag met donkermaan, maar miskien was dit toevallig toe ek gejag het. Wat ek wel in die Noord-Kaap ervaar het (waar ek koedoes op oop plase gejag het) is dat hulle tydens die volmaantyd vroeer in die middag begin loop.
Op kleiner plase was dit vir my tot dusver byna ewe maklik of moeilik soggens vroeg of smiddae laat, maar in oopp gebiede of op groot plase het ek meer sukses laatmiddag, dan begin die manne te beweeg. Die beste sukses in gedurende die paartyd, Maart tot Mei. Dan loop die bulle saam met die koeie en kom die ou manne uit hul gate om die dames te besoek.
In bergwereld, sorg dat jy middelmiddag teen die hang sit of aan die voet van die berg of rante. Saans kom die koedoes af vlakte toe, dan kan jy hulle inwag.
Soggens baie donker weer moet jy op jou plek wees teen die berg of rant. Dan beweeg die koedoes terug berge toe en soms na die noordelike hange waar hulle die eerste sonstrale soek. Maar dis onplesierig om in die winter in die donker berg te klim en in amper zero temperature te sit en wag. Glo my, ek't dit al verskeie kere gedoen.
Mooi loop
Op kleiner plase was dit vir my tot dusver byna ewe maklik of moeilik soggens vroeg of smiddae laat, maar in oopp gebiede of op groot plase het ek meer sukses laatmiddag, dan begin die manne te beweeg. Die beste sukses in gedurende die paartyd, Maart tot Mei. Dan loop die bulle saam met die koeie en kom die ou manne uit hul gate om die dames te besoek.
In bergwereld, sorg dat jy middelmiddag teen die hang sit of aan die voet van die berg of rante. Saans kom die koedoes af vlakte toe, dan kan jy hulle inwag.
Soggens baie donker weer moet jy op jou plek wees teen die berg of rant. Dan beweeg die koedoes terug berge toe en soms na die noordelike hange waar hulle die eerste sonstrale soek. Maar dis onplesierig om in die winter in die donker berg te klim en in amper zero temperature te sit en wag. Glo my, ek't dit al verskeie kere gedoen.
Mooi loop
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Terloops, met volmaan sien die diere baie beter en beweeg dus gouer weg van voertuie af, daarom sien jy minder (dis my teorie). Daarom is dit uiters moeilik om met helder maan byvoorbeeld springbokke of ander wild te oes met 'n skietlig
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Koos Barnard wrote:Terloops, met volmaan sien die diere baie beter en beweeg dus gouer weg van voertuie af, daarom sien jy minder (dis my teorie). Daarom is dit uiters moeilik om met helder maan byvoorbeeld springbokke of ander wild te oes met 'n skietlig
Stem 100% saam, en met volmaan drink hulle deur die dag of nag water, so uit die 24 uur van die dag, beweeg hulle rond, waar met donker maan die goed nie baie in die nag beweeg nie, en jy hulle meer deur die dag sien, of as jy met lig in die nag ry, makliker alles kry.
-
Jozua
- Newbie

- Posts: 27
- Joined: Mon Feb 10, 2014 6:53 am
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Goeie Dag
Ek is ook glad nie 'n profesionele koedoe jagter nie maar wil ook net bevestig. Meeste wild wei as dit volmaan is.
Ek intersante opmerking gesien in die nuwe "wild land "
ek haal aan " Jy jag nie 'n trofee koedoebul nie jy loop in hom vas "
Ek gaan ook oor twee weke jag en die plaas se bulle is baie goedkoop wil ook 2 KOEDOEBULLE skiet as dit moontlik is
So paar dinge wat ek van verneem het.
Groot Koedoebulle word gereeld naby aan lyndrade aangetref.
Jou beste kans is om groot afstande met voertuig af te le.
Loop en bekruip moet baie stadig gedoen word met net jagter en gids verkieslik net die jagter.
En daar klink dit of ek 'n lesing aanbied.... Skuus manne
Maar ek hou my oog op die 1 stel baie belang.

CZ 375 H & H Safari Classic
CZ 375 H & H Safari Classic
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Beste tyd vir Koedoejag
beste tyd is net nadat hulle vars lusern afgelaai het

CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Fritz,
Ek was laasjaar met die Super volmaan by my pa in Alldays. Nou kyk as ek sê ons het gesukkel dan oordryf ek nie. Selfs die gidse was stom. Die laaste dag skiet my vriend se seun 'n mooi 47" koedoe bul op 25 m.
Ons het die Livingstone elande mooi op 80m gesien en die 2 bulle het mooi gestaan en kyk en kyk. Maar die teiken spesies was moeilik om te kry. Ek sal probeer om meer toetse te doen op die RTB plaas.
Koedoe bulle is egter mos altyd skelm ;-)

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Verwys julle almal hierbo dat die koedoes dan in die dag gejag word? Dis in elk geval seker volgens "regulasies", dink ek.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Nee, maar as hulle in die nag baie rondloop, dan beweeg hulle gedurende die dag baie minder en is dus moeiliker om op te spoor. As 'n koedoe baie min rond beweeg spoor jy hom in die digte swarthaak- of vaalbosveld van die Noord-kaap bitter moeilik op. Jy kan soms tot 20m van hom af vorder of verby loop sonder om te weet hy is daar of dan hoor hy jou voor jy hom sien en beweeg weg. Soms hoor jy net klippers spat soos hulle hardloop sonder om iets te sien.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Eugene jammer ek was effens kortaf gister.
Hallo Oom Koos, dankie vir die insette ek waardeer dit. Wat ek hier hoor maak baie sin en ek wil my verbeel ek ervaar dit in die veld. Wat MW en Robbie en ander hier sê is juis ook my gevoel. Tussen die koedoes wat ek al geskiet het was net twee van hulle mooi bulle gewees, so ek het nie te veel ervaring om op te weeg met die teorie nie. Maar om eerlik te wees, jy hoef nie 'n koedoe te "jag" of dood te skiet om die teorie te bevestig nie. Dis eintlik logies. Ek vergeet nie een enkele oomblik van enige jag nie, noem dit fotogeniese geheue of wat jy wil, ek vergeet nie sommer nie. Ek kan letterlik van 1998 elke jag, elke boksoort, afstand, koeël/kruit kombinasie onthou. Ek onthou die kere wat ek koedoebulle helder oor dag, gereeld gesien het, en ek onthou die kere wat ek een wou jag, en net absoluut niks die hele week gesien het nie, op dieselfde plaas. As ek na die jagdatums kyk blyk daar 'n tendens te wees. Ja, soos Eugene heeltemal korrek uitgewys het moet jy geluk aan jou kant hê, maar ek glo daar kan ook strategie hier toegepas word en dat hierdie konsep deel moet vorm van jou beplanning as jy ernstig 'n trofeë koedoebul wil jag.
Ek was bevoorreg genoeg om laasjaar by huntex vir Peter Flack te ontmoet. Ek het toe sy "koedoe boek" gekoop, meer oordat ek 'n boek van Peter wou hê as wat ek regtig 'n trofeë koedoe wou skiet, veral met vandag se belaglike trofeë pryse. Die boek se inhoud het my baie verbaas. Daar word baie geskryf deur ander jagters soos Peter Kennedy oor hoe om die uitgeslape bulle te uitoorlê. Hulle is klaar skelm genoeg, en as jy op volmaan, net na die "rut" opdaag kan jy maar net sowel by die huis gebly het. Hier word die goeie tye van die jaar meegedeel en daar word baie klem gelê op die stand van die maan. Mens moet darem ook in gedagte hou dat ouens soos Peter Kennedy slegs op oop plase in Natal jag. As ek ooit 'n trofeë skiet in my lewe sal dit op 'n oop plaas wees, al moet ek R10000 vir hom betaal. Aan die ander kant kan mens ook redeneer dat die groot bulle op veral wildplase baie meer skelm is en sal eerder in die aand gaan water drink mits die maan dit toelaat.
Ja, dit is net boeke kennis, en dit is die rede hoekom ek hierdie thread wou begin om te hoor of dit ook strook met die ouens wat gereeld koedoes jag.
Koedoes verdwyn nie op volmaan nie, maar ek dink dit is veilig om te sê dat hulle twee maal 'n dag water moet drink, en as dit volmaan is drink hulle snags, as dit nuwemaan is kan jy hulle bedags (oggend/middag) opmerk omdat hulle aktief is en nie wegkruip in die bosse nie. Dit is nou maar die gevolgtrekking waartoe ek gekom het.
So as jy jou kanse wil verbeter om hierdie jaar jou droom koedoe te skiet, boek jou jag rondom die begin of einde van Mei 2014 en kom wys ons die foto van jou koedoe!!
Ek sal later die skrywe van Peter Kennedy hier plaas.

henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Ek het vroeg in my jag loopbaan by ou jagters geleer om nooit te gaan jag gedurende volmaan.
Ek het nog nooit n jag geboek tydens volmaan, en glo daarin omdat dit tot dusver vir my gewerk het.
Ek besef daar kan verskeie redes daarvoor wees, maar het gelukkig nog nooit huistoe gekom sonder vleis.
Elke jagter het maar sy geloofies.
Groete
Henning

300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Om nog 'n klip in die bos te gooi ek het eenkeer in een van die tydskrifte gelees wat iemand skryf hy glo daarin om op die middag te ry en groot koedoe bulle soek, hy ry en as hulle iets sien dan stalk hulle dit, hy glo die groot koedoe bulle kom drink in die middag water. En dit werk glo vir hom wat dink julle daaroor.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Flip, ek het self gesien hoe groot koedoebulle in die Noord-Kaap oor die middaguur kom drink, so daar steek beslis waarheid in. Dit was op 'n vriend van my se plaas tussen Danielskuil en Koopmansfontein. Hy het ook 'n lappie lusern geplant en die koedoes het maar altyd teen skemeraand daar opgedaag.
Ek gaan van 16 tot 19 Maart koedoes jag in die Lydenburg-omgewing en kyk 'n bietjie na die maan... dis volmaan daardie tyd. Ongelukkig is dit die enigste tyd wat ek nou beskikbaar het, so ek sal maar duim vashou en hoop. Al kry ek niks is dit darem steeds beter as om in die kantoor te sit.

- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Beste tyd vir Koedoejag
My ondervinding het my ook geleer as dit volmaan was die nag, dat die wild gevreet het deur die nag en minder beweeg in die dag. As daar 'n geniepsige koue front windjie waai, staan die wild in die digte bos, beweeg minder en die jag is baie moeiliker.
My ondervinding kom maar van die laaste 20 tot 30 jaar se jag op my neef se plaas daar naby Legkraal in die Verre Noord bosveld.
'n Ander probleem is dat die Donker Groen Piete van Matoks met hulle honde op volmaan nagte oor die plaas hardloop om wild te "poach". Dit maak die wild ook baie senuweeagtig gedurende die dag.
Dit is maar my eie persoonlike gewaarwordinge.
My ondervinding kom maar van die laaste 20 tot 30 jaar se jag op my neef se plaas daar naby Legkraal in die Verre Noord bosveld.
'n Ander probleem is dat die Donker Groen Piete van Matoks met hulle honde op volmaan nagte oor die plaas hardloop om wild te "poach". Dit maak die wild ook baie senuweeagtig gedurende die dag.
Dit is maar my eie persoonlike gewaarwordinge.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Oom KoosKoos Barnard wrote:Flip, ek het self gesien hoe groot koedoebulle in die Noord-Kaap oor die middaguur kom drink, so daar steek beslis waarheid in. Dit was op 'n vriend van my se plaas tussen Danielskuil en Koopmansfontein. Hy het ook 'n lappie lusern geplant en die koedoes het maar altyd teen skemeraand daar opgedaag.
Ek gaan van 16 tot 19 Maart koedoes jag in die Lydenburg-omgewing en kyk 'n bietjie na die maan... dis volmaan daardie tyd. Ongelukkig is dit die enigste tyd wat ek nou beskikbaar het, so ek sal maar duim vashou en hoop. Al kry ek niks is dit darem steeds beter as om in die kantoor te sit.
Mooi loop
Warom sal oom dink doen hulle dit is hulle skelm of is die dors maar net te groot op die middag, was dit in die winter gewees of ook in die somer dankie
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Flip
Ek wil my verstout en se dis pure skelmheid. Die bokke het agtergekom hulle word by die lusernlappie voorgele en die jagters stap vroegoggend en laatmiddag in die bos. Oor die middaguur rus hulle. Die boere ry ook soggens waters om. Teen die middag is hulle al terug by die huis en dan is dit lekker stil by die water. Die paar keer wat ons hulle by die water betrap het was dit meestal in die herfs. Ek kan net van een keer onthou dat ons hulle in die winter daar betrap en ek was toe nie by nie. Die boer het my daarvan vertel. Hy het nog die geweer by die huis kom haal maar toe hy weer by die water kom was die bul al weg.
My ondervinding is dat koedoes op oop plase veel skelmer is as op toegespande plase, maar miskien is dit net toeval waar ek oral gejag het. Op oop plase loop die koedoes volgens my ondervinding baie verder en oor groter gebiede. Ek het veral op een vriend se plaas 'n klompie koedoes vir drie winters gejag maar kon nooit een geskiet kry nie.

JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Ek het nog nooit na die maan gekyk as ek n koedoe wil skiet nie. As jy sy gewoontes ken en weet waar loop hulle is dit nie rerig nodig nie.
As koedoes nie baie gejag word nie is hulle nogaal taamlik gebieds gebonde. Bulle beweeg meer rond en vorm baie keer groot troppe buite paartyd.
Maar dit is so met donker maan is hulle minder aktief snags agv van swakker sig en moet hulle meer staatmaak op gehoor. Maar hulle wei wel in donker maan ook. Net soos bobejane in volmaan ook wei omdat hulle kan sien.
Met donker maan sal dan hulle heel moonlik vroeg namiddig begin beweeg.
Maar dit is so met donker maan is hulle minder aktief snags agv van swakker sig en moet hulle meer staatmaak op gehoor. Maar hulle wei wel in donker maan ook. Net soos bobejane in volmaan ook wei omdat hulle kan sien.
-
Vlooi1996
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Mon Dec 23, 2013 2:55 pm
Re: Beste tyd vir Koedoejag
'N Koedoe bul is maar skelm
[glow]HUNTiNG....... If not, why not?[/glow]
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Van die groter bokke is koedoes seker dié wat ek die meeste geskiet het. En as ek oor die jare terugdink, wil ek saamstem met wat Jozua hierbo geskryf het:
"Jy jag nie 'n trofee koedoebul nie jy loop in hom vas ".
Verder het ek oor die jaar heen gejag (natuurlik meestal in die winter), maar ek kan nie sê dat daar werklik 'n patroon is sodat ek kan beweer dat ek die groot manne met op spesifieke tye gekry het nie.
Klink egter redelik logies om te beweer dat die wild gedurende volmaan wei en dan bedags meer onopsigtelik is omdat hulle dan dik gevreet is.
Sorry, ek praat maar net saam!
Groetnis

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Beste tyd vir Koedoejag
Koedoe bulle is skelm en jy moet tyd in veld spaandeer hoe meer jy in die bos is hoe meer kans gaan jy kry. Met internasionale jagters kan jy nie tyd van jaar of maan kies nie. En daar was net een jagter huis toe sonder sy bul. As jy koeie gewaar hou hulle goed dop en vat jou tyd. Vir groot bulle help dit om in bergagtige wereld te jag en die berge mooi dop te hou op plat wereld is dit maar meer geluk en in een vas loop maar weerens hoe meer tyd jy in die bos spaandeer hoe meer kans sal jy he.