Raad/inligting - Hawke Sidewinder 4-16 x 50 Sr Pro Ir Ret

Post Reply
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Raad/inligting - Hawke Sidewinder 4-16 x 50 Sr Pro Ir Ret

Post by KalahariKlong »

Goeie more vriende,

Ek het so geloer na die teleskoop aangesien ek die kans het om een te kry.
Die persoon wil graag die teleskoop verruil vir my Burris FF2 4.5-14 x42.
Die Hawke is nog nuut in sy tassie met al die goedjies wat saam kom.
Ek sien S&O se prys is R6000 vir die teleskoop, dan kan dit mos nie sulke groot nonsens wees soos beskryf in die draad http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ilit=hawke

Enige iemand met 'n ingeligte opinie op die teleskoop asb gesels met my.
Ek hou baie van die kruishaar, wil hom graag op my 223 gebruik of dalk op die 7x64.
Dit sal nou afhang of julle dink hy kan die recoil hanteer of nie.
Baie beindruk om te sien hoe netjies die kassie is met sunshade en al.

Stefan, kom in asb.
Moet nou nie jultyd vir my vertel dis jultemal gemors nie....

Groete
KK
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Raad/inligting - Hawke Sidewinder 4-16 x 50 Sr Pro Ir Re

Post by andre007 »

Het die 1sonder die I R op my .223. Baie helder. Skiet soos n droom!
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Raad/inligting - Hawke Sidewinder 4-16 x 50 Sr Pro Ir Re

Post by KalahariKlong »

Dankie Andre. Het jy dalk al gekyk na sy tracking?
Die rede hoekom ek hom soek is maar kompetiesie skiet en dan om dinge vir myself makliker te maak op die langer afstande, so dis vir my baie belangrik.

Groete
KK
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Raad/inligting - Hawke Sidewinder 4-16 x 50 Sr Pro Ir Re

Post by andre007 »

Hy track goed, gebruik myne op in S A Jagters skietoefeninge, gonge ens. Hulle waarborg is ook uitstekend, as hy moeilikheid gee vat/pos jy hom terug na die verskaffer en hulle gee jou n varse mits jy hom nie self opgevoeter het nie.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Raad/inligting - Hawke Sidewinder 4-16 x 50 Sr Pro Ir Re

Post by LRLaubscher »

Baie goeie waatde vir geld. Doen alles wat hy moet baie goed. En hulle waarborg is goed!
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
Post Reply