donderdag middag laat kry ek n oproep vanaf n wildsplaas hier naby my. ek moet gaan help,want die klein springbokkies raak al hoe minder. ek bevestig dat ek sal kom help en laat weet ek sal so 9uur se kant op die plaas wees.
half nege is ek oppad en toe moet ek hoor ek moet so n rukkie wag want van die eienaar se pelle is op die plaas hulle roep ook vir jakkalse. my moer meter is dadelik in die rooi en ek se vir my gids ek gaan ry. hy keer met krag en vra ek moet asb bly.
nou staan ek soos n fool en wag dat ander manne die jakkalse vir my kan slim maak. die wetters roep blykbaar met die bakkie se cd speler. en hulle is nogal skerp want hulle het n rooi lig. as jy my moet vra het hulle seker n klein kappertjie aan die keel gegryp en die klank opgeneem om jakkalse mee te roep.
ek sit toe so by myself en redineer dat die jakkalse ook buite die wildskamp kan wees. ek gaan sit toe sommer op die aanloop baan en roep. dit was nie 20min nie toe kom daar n volwasse jakkals en n kleintjie deu rdie draad. hulle was egter baie skugter en het op so 200m gebly. ek besluit toe om maar te skuif en gaan sit toe so 100m anderkant die plek waar die jakkalse gedraai het. nou het ek ook nie meer die meeste geduld nie ,en begin sommer tien min later roep.
springhaas jason kom toe handig te pas en 10 min later moet ek n jong reun stop anders sou hy regtig in die bakkie vas gehardloop het. die pes val toe so 20m van die bakkie af om en kry nie eers kans om homself jammer te kry nie. ek dog toe so by myself dat as daar een jangeling is,dan moet daar nog wees. ek gooi toe maar n jakkals kerm en daar kom nog n jongeling aan gedraf. dit tel toe ongelukkig ons wind op en draai weg met spoed. die .270 is egter so n bietjie vinniger en die ou jakkalsie kry toe enetjie deur die kezoom pyp.
ek vat toe maar die .22en kies koers om die slagoffers te gaan optel. ek het n lekker flitsie by my en so halfpad na die 2de jakkals toe hardloop daar nog n jakkals by my verby.ek kry hom gestop so 40m van my af en ek wiks hom met die .22 .
nou is ek lekker giggelrig en ek vat net 2 jakkalse en gaan terug bakkie toe. op die bakkie besluit ek om so n rapsie te skuif in die rigting van waar die jakkalse gekom het. ek wag so n rukkie en speel toe jakkals in distress en sit en wag in die donker.
ek moet vir julle se ek het n 5jaar teef nog nooit so hoor tekere gaan soos daardie teef nie. sy kerm en huil en snork en grom en hardloop soos n besetene reguit caller toe wat so 50m van die bakkie was. sy gaan steek langs die caller vas en toe is die tor van die prop af. sy lyk of sy nou nie meer weet wat om te doen nie,en draai soos n passer,al om haar eie gat. die .270 blaf en sy het ewe skielik vuiligheid in haar slipperator. ek skiet toe so n rapsie laag en skiet altwee haar voorbene in n toestand van onbruikbaarheid in. die gids skiet haar toe maar n ou patat skootjie met sy nuwe ar15. ons kon nog n kleintjie wiks na dit maar ons kon dit nie kry nie.die gids het toe geskiet en ek dink daardie jakkatees moes skoot gevat het wat dit die geleentheid gegee het om nog so n entjie weg te hardloop.
ek sal more aand kyk of ek weer n ou jakkalsie hier by my kan wiks. die peste het weer n koei gevat terwyl sy gekalf het.
groetnis
frans
''donder'' dag se jakkals skiet.
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: ''donder'' dag se jakkals skiet.
Mooi gedoen Stan. Dankie het lekker gelees.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2174
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: ''donder'' dag se jakkals skiet.
Lekker gelees Stan, en welgedaan!
Wat het toe gekom van die ander manne se poging in die tyd wat jy daar was?
Wat het toe gekom van die ander manne se poging in die tyd wat jy daar was?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
stan man
Re: ''donder'' dag se jakkals skiet.
die ander manne het so 12uur op gepak en gegaan. ek het nog nie n woord verder van hulle gehoor nie.
die eienaar het net die volgende dag gevra ek moet weer gaan. hy het toe gese hy sal nie weer ander manne toelaat om daar te gaan skiet nie. ek sal maar sien wat gebeur vorentoe.
die eienaar het net die volgende dag gevra ek moet weer gaan. hy het toe gese hy sal nie weer ander manne toelaat om daar te gaan skiet nie. ek sal maar sien wat gebeur vorentoe.
-
Jaco B
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am
Re: ''donder'' dag se jakkals skiet.
Dankie Stan. Ek het nou jou storie nou lekker geniet. Geluk met al die jakkalse
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
-
Jakkie 321
- Hero Member

- Posts: 636
- Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm
Re: ''donder'' dag se jakkals skiet.
Mooi gedoen Stan man dis nou lekker skiet daai.
Groette
Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
