Lynx 4.5-14 *50

Post Reply
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Lynx 4.5-14 *50

Post by B C »

Ken iemand dalk iemand wat iemand ken wat goed is met teleskope? Ek het 'n 4.5-14*50 lynx. Hy was altyd op my 223 en het nie probleme gegee(dagskiet) nie. Ek het later 'n leupold op hom gesit en die lynx op my 308, maar op die 308 stel hy uit na regs soos ek skiet. Die kliks skuif fisies self aan, maar net na regs. Ek het hom vir lynx gestuur, maar sit nog met dieselfde probleem. Ek wil hom nie op my 223 terug sit nie, want hy frustreer my in die nag omdat ek nie lekker deur hom kan sien nie. Ek kan hom nie verkoop nie want my gewete sal my pla, maar om oor hom te ry raak vir my 'n opsie! Kan iemand  die teleskoop vir  oulaas probeer help?
User avatar
Topcat
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Mon Aug 16, 2010 9:25 pm

Re: Lynx 4.5-14 *50

Post by Topcat »

Ek het presies dieselfde scope en het my nog nie probleme
gegee nie.Ek geniet hom in die nag.So stuur gerus maar die kant toe.Probeer vir janjak in die hande kry.Miskien kan hy jou help.Dink hy is agent.
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Re: Lynx 4.5-14 *50

Post by B C »

Dankie. Ek gaan hom weer terug stuur vir lynx en dan kyk wat se hulle. Ek het 'n 8*56 lynx en 'n 8*42 lynx al op my geweer gehad en moet se dit is altwee baie lekker teleskope en het nie probleme gegee nie, maar ek dink daai 4.5-14 het op sy kop geval met geboorte! Die ding se fokos is ook glad nie leker nie, as jy fokos op die teiken blur die kruishaar en as jy op die kruishaar fokos blur die teiken. Ek het gevra hulle moet kyk daarna, maar dit is nog dieselfde. Ek het dit al self probeer stel deur die voorste lens t draai, maar kry hom nie beter nie. Daai 8*56 kyk 'n hond uit 'n bos in  die nag in vergelyking met die een, jy kan net nie uitmaak wat sit agter die blink oe nie. :'(
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Lynx 4.5-14 *50

Post by Janjak »

Stuur hom aan na Lynx toe, ek sal kyk wat ek kan doen. PM my met alles pla op hom. Groetnis Jannie
User avatar
Topcat
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Mon Aug 16, 2010 9:25 pm

Re: Lynx 4.5-14 *50

Post by Topcat »

Lyk vir my ek het te gou gepraat.Ek het ook n probleem met my 4.5-14.
Vanaand toe ek in die veld kom,het my kruishaar na die ryery heeltemal skuins gedraai.
Ek meen wat de f@#!!!  >:(??? >:(
Enig iemand wat weet wat fout kan wees?Sal dit waardeer.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Lynx 4.5-14 *50

Post by Jagtersdok »

TC
Dis 'n Lynx ;D Sorry ek kon dit net nie weerstaan nie.
Ek dink die retical het dalk los gekom met stamp of skud. Het dit gesien op 'n pel se Bushnell
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Lynx 4.5-14 *50

Post by Janjak »

TC
my Lynx maak ook so as ek moeg is :D

grap net, stuur hom daar na Lynx toe. Hulle sal hom uitsort.
Jys welkom om hom na my toe ook te stuur maar reguit vir Lynx is die maklikste.

Hoop jy kom reg.
Post Reply