RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
Hello forum lede
Een onderwerp waarvan ek te min weet is scope basis en ringe.
Ek het n Savage mod 11 in 300 WSM en Leupoldt 4-12 x 50 (25mm buis).
Ek wil die twee bymekaar bring maar weet nie waarna om te kyk nie.
My huidige plan is om tot op 400m te skiet maar wil beslis later die geweer se bene rek as ek meer vertroud raak met die geweer.
Voordat ek by n geweer winkel instap en na sales talk luister wil ek eers die manne se raad hoor.
My idee is om die scope te vervang met ten minste 20x vergroting scope maar nou is nie die regte tyd nie.
Ek het gedink aan n picatany rail om mee te begin. Watter ringe stel julle voor?
Alle insette sal waardeer word.
Groete
Henning

300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
Naandsê.
Warne maak staal piccatiny rails en ringe wat baie mooi saam loop.
Die rail en ringe gaan jou saam so R1800.00 kos as ek mooi onthou.
Onthou net om die ringe te "lap"
Groete.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
Warne
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
met piccatini rail behoort die ringe 100% true te wees. dit is nou as die geweer se gate 100% is.
lapping nie so belangrik nie. net so liggies vir die wis en onwis. die groot lap erk le by 2 basis stel, wat moet opgelein word.
warne ringe, en, as jy indie hande kan kry, burris se xtr ringe. goedkoper as warne.
my persoonlike keuse, NF ringe.
kry net ringe wat jy met 'n 13 spanner vastrek, nie met allancaps nie. net baie stewiger.

HOU HOM DAAI DIKTE
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
Ek het lank gesukkel met my 300WM agv goedkoper produkte probeer en dit het my duur testaan gekom. Ek het toe Warne Tactical rail(piccatini) en Leupold ringe(hulle het nie die warne ringe wat ek benodig het gehad nie).
Twee goeie produkte en nou groep ek mooi!
koop die beste wat jy kan. Ek sal se as jy piccatini rigting gaan volg kry Nightforce of Warne

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
Cassie, ek het n stel Nightforce ringe en n stel Ken Farrell ringe. Die Ken Farrell ringe was wel R550 duurder maar hulle is n ander klas. Ek dink daar is baie ander ringe in dieselfde klas maar hulle is ongelukkig nie hier beskikbaar nie.
Henning, spandeer maar die geld en koop ordentlike goed ... ja die ordentlike goed is duur
Henning, spandeer maar die geld en koop ordentlike goed ... ja die ordentlike goed is duur
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
Arnold, sal bietjie google.
stem saam, ordentlike ringe en rail, so R3500, maar, dit is minder as 'n kudu wat gekwes word.
ek het 'n jakkals gemis agv goedkoop ringe wat gebreek het(moet darm 'n verskoning he)
stem saam, ordentlike ringe en rail, so R3500, maar, dit is minder as 'n kudu wat gekwes word.
ek het 'n jakkals gemis agv goedkoop ringe wat gebreek het(moet darm 'n verskoning he)
HOU HOM DAAI DIKTE
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
Daar is so baie ring vervaardigers in Amerika waarvan mens goeie goed lees, ek sluit nie Nightforce uit as n goeie ring nie dit is net jammer ons kan nie die ander ook maklik kry huer by ons nie.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
ek sou ggeehhoouu et daarvan as die NF bietjie breer was.
hoe verskil die ken feral van die NF?
hoe verskil die ken feral van die NF?
HOU HOM DAAI DIKTE
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
Taamlike verskil in looks. Dan is daar nog verskille maar vir my was die groot verskil hoe die scope in die ringe pas. Dit voel amper soos ringe wat reeds gelap is alhoewel dit standaard so gemaak word.
Die ander ding van die Ken Farrell ringe is dat ek regtige lae ringe kon bestel. NF laag = 0.885" en KF laag= 0.735, dit is amper 4mm verskil. Met die ringe pas my 50mm objective scope steeds, saam met n 20MOA Nightforce rail en sporter loop op my Remington 700.
Toe ek gekoop het was die NF rail R1600, NF ringe R2100 en KF ringe R2650.
Henning, onthou jou setup is so goed soos die swakste skakel. Ek probeer altyd sorg dat ek die swakste skakel is. Hoor bv. wat sê Alec van hoe hy gesukkel het met goedkoop toerusting.
Die ander ding van die Ken Farrell ringe is dat ek regtige lae ringe kon bestel. NF laag = 0.885" en KF laag= 0.735, dit is amper 4mm verskil. Met die ringe pas my 50mm objective scope steeds, saam met n 20MOA Nightforce rail en sporter loop op my Remington 700.
Toe ek gekoop het was die NF rail R1600, NF ringe R2100 en KF ringe R2650.
Henning, onthou jou setup is so goed soos die swakste skakel. Ek probeer altyd sorg dat ek die swakste skakel is. Hoor bv. wat sê Alec van hoe hy gesukkel het met goedkoop toerusting.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
interesant.
toe ek nou my NF ringe opgesit het, het ek net so 1 keer met fine compound gelap, want huul was 100% opgelyn.
en, met 'n paaar drraaie, was 99% van die verf af.
toe ek nou my NF ringe opgesit het, het ek net so 1 keer met fine compound gelap, want huul was 100% opgelyn.
en, met 'n paaar drraaie, was 99% van die verf af.
HOU HOM DAAI DIKTE
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
Is my afleiding nou reg dat Warn ringe nie kwaliteit is nie?Arnold wrote:Cassie, ek het n stel Nightforce ringe en n stel Ken Farrell ringe. Die Ken Farrell ringe was wel R550 duurder maar hulle is n ander klas. Ek dink daar is baie ander ringe in dieselfde klas maar hulle is ongelukkig nie hier beskikbaar nie.
Henning, spandeer maar die geld en koop ordentlike goed ... ja die ordentlike goed is duur
Is daar nog produkte waarvoor ek moet lig loop?
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
Ek sê nie Warne is nie kwaliteit nie. Ek was happy met die Warne ringe wat ek op my CZ gehad het. Oom Piet Breedt het iets geskryf dat hy met die ringe gesukkel het so hoor dalk by hom.
'n Rail en ringe gaan jou n paar rand kos ...
'n Rail en ringe gaan jou n paar rand kos ...
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
Dagsê.
Ek gaan nie met Arnold verskil nie. Koop die beste wat jy kan bekostig. Ek sal egter nie na iets anders as Warne kyk as die goedkoopste opsie nie. My skiet vermoeëns is nie op Arnold of Cassie se vlak nie, maar ek skiet so nou en dan nie te vrot nie.
Die Warne kombinasie loop mooi op my veldskietgeweer.
Ek gaan wel effens met Cassie verskil. Lap altyd die ringe, selfs NF se ringe. Ek het al heelwat teleskope gemonteer en selfs Kallie hier op die forum kan getuig dat sy NF ringe nie 100% "rond"was nie. My eie goue reël is om so veel as moontlik reg te doen om later foute op so min as moontlik plekke te soek.
Ek gaan nie met Arnold verskil nie. Koop die beste wat jy kan bekostig. Ek sal egter nie na iets anders as Warne kyk as die goedkoopste opsie nie. My skiet vermoeëns is nie op Arnold of Cassie se vlak nie, maar ek skiet so nou en dan nie te vrot nie.
Die Warne kombinasie loop mooi op my veldskietgeweer.
Ek gaan wel effens met Cassie verskil. Lap altyd die ringe, selfs NF se ringe. Ek het al heelwat teleskope gemonteer en selfs Kallie hier op die forum kan getuig dat sy NF ringe nie 100% "rond"was nie. My eie goue reël is om so veel as moontlik reg te doen om later foute op so min as moontlik plekke te soek.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
Ek het nognie my NF ringe eintlik gebruik nie maar hulle is verseker nie heeltemal rond nie en sal gelap moet word...
Ek hou nie van die gewone warne ringe nie oor hoe hulle vasmaak aan die teleskoop en rail. Die quick release en tactical ringe lyk vir my beter sodat jy die scope kan afhaal van die geweer sonder dat die scope dan los is in die ringe.
Ek hou van die Burris XTR ontwerp, maar het goedkoop chinese copies waarvan die crosbolts gestrip het. Ek sal graag n stel oorsponklike Burris XTR low mounts nog wil probeer.
Ek hou nie van die gewone warne ringe nie oor hoe hulle vasmaak aan die teleskoop en rail. Die quick release en tactical ringe lyk vir my beter sodat jy die scope kan afhaal van die geweer sonder dat die scope dan los is in die ringe.
Ek hou van die Burris XTR ontwerp, maar het goedkoop chinese copies waarvan die crosbolts gestrip het. Ek sal graag n stel oorsponklike Burris XTR low mounts nog wil probeer.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
ek het wel die NF gelap. myself bietjie verkeerd uitgedruk.
maar, nie om hul op te line soos met stud basisse nie.
net liggies met fine compound, toe is hul 100%
maar, nie om hul op te line soos met stud basisse nie.
net liggies met fine compound, toe is hul 100%
HOU HOM DAAI DIKTE
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: RAAD MET SCOPE BASIS en RINGE
Baie dankie manne.
Ek voel darem nou so n bietjie beter toegerus om in n winkel in te loop vir my ringe.