Ringe en basis

Post Reply
DJC
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm

Ringe en basis

Post by DJC »

Dagsê,

Ek soek weer bietjie raad by julle slim manne. Ek wil nuwe ringe en basisse op my 30-06 met k98 mauser-aksie laat monteer.
My scope se voorste inlaat is 'n 42, ek sal graag (indien moontlik) die loop se "sights" daarop los omdat dit my pa se geweer was en wil dit graag net so hou - ek vermoed ek sal seker dan medium hoogte ringe moet laat monteer. Ek het nou al 'n paar pryse uitgevind by verskillende winkels maar wat my pla is dat nog niemand dieselfde ringe aanbeveel het nie, so wat ek nou kon agter kom is dat lynx, thor en die res van hulle nie goeie kwaliteit is nie en terselfde tyd is elkeen van hulle ook goeie kwaliteit (as ek al die verskoopsmanne se opinies in 'n hoed goei en deurmekaar krap en 'n naam trek :laugh: ). Is daar 'n beter en 'n slegter maak, wat die goed aan betref en waarvoor moet 'n mens versigitig wees?

Dankie,
Dirk
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Ringe en basis

Post by smitjs »

Wie sal weet wat die beste is?
Thor se klamp goete kan nie sywaarts stel nie.
Lynx tipes is bekend daarvoor dat die 'studs' kraak en dan sukkel jy jouself moedeloos voor jy dit weggooi.
Sywaarts verstelling is absoluut noodsaaklik om in die middel van die teleskoop verstelling te begin.
Op en af verstelling sal dit net soveel beter maak.
Ek sal nie weer enige koop wat nie tenminste sywaarts, en nog beter, ook op en af kan stel nie.
DJC
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm

Re: Ringe en basis

Post by DJC »

Baie dankie, ek soek nie die beste nie, ek soek net die tipe raad wat jy my gegee het want van die goed wat kraak het ek nie geweet nie en van die goed wat moet kan verstel het ek nie aan gedink nie. Het maar net gevra want ek wil nie onnodig skoolgeld betaal nie en party verkoopsmanne gaan nie jou vertel van krake en goed nie. Ek leer maar nog en wil nie gemors koop nie.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Ringe en basis

Post by mariusr »

EAW of Warne goeie kwaliteit!
Post Reply