Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Jakes en Frederik, ek het vir beide julle ouens 'n PM gestuur. Sal dit waardeer as julle daar kan gaan loer.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !

- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5154
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Spanner en nou praat julle in die geheim. Ek wil ook hoor.

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Sjoe..... ja dis nie hoe ek as plaas eienaar my reklame veldtog vir n nuwe seisoen sou wou afskop nie....dalk moes die kole eerder onder die as gebly het dan het geen haan daarna gekraai nie.
My 5c
Na die Topic so lekker geroer is sou ek ook eerder nie n kans vat op die plaas nie

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
wingover wrote:
. So as jy dan in n vuil plek gebly het is dit jou eie toedoen. Hier op die plase is arbeid baie keer ons groot probleem as jy n werkersmag van 3 het en een kry n "slow Puncture" is dit nie soos n ander bedryf waar daar honderde tot duisende werkers werk nie.
Ja nee Marc, veral nie 'n opmerking soos hierdie nie!.
Net my gevoel!
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Ek moet se as ek die eienaar was, en nie n bediende gehad nie, praat dan met die manne en gee elk n R50 per dag afslag op die dagfooi, dan verander die prentjie, maar nou moet jy vol tarief betaal en deel van die diens wat aangebied word nie ontvang nie, sal my ook moerig maak!
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Robbie, vir R50 /dag ,sal ek wragtig nie skottelgoed was en afstof nie. Maar dis maar net ekROBBIE1 wrote:Ek moet se as ek die eienaar was, en nie n bediende gehad nie, praat dan met die manne en gee elk n R50 per dag afslag op die dagfooi, dan verander die prentjie, maar nou moet jy vol tarief betaal en deel van die diens wat aangebied word nie ontvang nie, sal my ook moerig maak!
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Hahaha, ek sal ook sukkel, maar dan wys die eienaar darm hy wil probeer kompenseer, dis maar wat ek meen, maar om jou tarief die selfde te hou en nie al die dienste lewer wat jy belowe nie, is nie reg nie, en verstaan ek die manne frustrasie ten volle.
- Katefbessie
- Hero Member

- Posts: 778
- Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Julle kan mos sien die man het 'n F jou houding. Dit blyk my hys nooit verkeerd nie so dit help nie ons try nie.
Natuur die enigste rusplek vir die siel
.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Wingover en ander,
Ek was al op plase wat vir my glad nie lekker was nie wat weer vir ander groepe uit die boonste rakke was. Elke man moet maar vir homself besluit.
Ek wil egter konstruktief die volgende uitlig wat vir my (en ek glo baie ander) belangrik is.
- ek soek 'n ordentlikke jag voertuig wat my en die wild kom optel en aflaai sodra dit geskiet is. Ek wil nie sukkel met 'n bakkie wat nie wil start nie of gereeld loop en vrek nie. Hier was nou nie sulke goeters genoem nie maar as ek na die foto van die bakkie kyk lyk dit of so iets hier ontbreek.
- Die gids moet darem so ietsie weet van jag, anders loop hy agter my en maak soos ek sê. Hy moet nie soos 'n stroois ruik nie en darem bos-kleur klere aan hê - nie 'n "glo in the dark" oranje overall nie.
Weereens, ek skryf hierdie nie aanvallend nie, dit is net so paar goedjies om voor op te let wat die manne se jag-ervaring op jou plaas sal verbeter.
Groete,
Hein

Ek HAAT dit om op plase te jag waar die gids vir my sê "skiet...skiet...skiet" sodra hy iets gesien het. As jy reg jag, is daar meer as genoeg tyd om die bokke deur te kyk en die een te skiet wat jy wil hê. Dit betek nie ek kan nie jag as ek nie die eerste ding skiet wat ek sien nie.wingover wrote: Sy pa het hom duidelik nie die 3 sekonde reel geleer nie en as hy het moet hy dit gerus oordra aan sy Baas en kliente!!!
- ek soek 'n ordentlikke jag voertuig wat my en die wild kom optel en aflaai sodra dit geskiet is. Ek wil nie sukkel met 'n bakkie wat nie wil start nie of gereeld loop en vrek nie. Hier was nou nie sulke goeters genoem nie maar as ek na die foto van die bakkie kyk lyk dit of so iets hier ontbreek.
- Die gids moet darem so ietsie weet van jag, anders loop hy agter my en maak soos ek sê. Hy moet nie soos 'n stroois ruik nie en darem bos-kleur klere aan hê - nie 'n "glo in the dark" oranje overall nie.
Weereens, ek skryf hierdie nie aanvallend nie, dit is net so paar goedjies om voor op te let wat die manne se jag-ervaring op jou plaas sal verbeter.
Groete,
Hein
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Hein, ek stem saam met wat jy daar sê! Ek gaan my nie uitlaat oor die omstandighede en fasiliteite op die plaas nie, want ek was nog nie daar nie.
Soos ek die algemeen aanvaarde jagreels verstaan, is die man wat die sneller trek, verantwoordelik vir die skoot en wat met daai skoot getref word. Daarom het ek darem seker die reg om te skiet wanneer en so vinnig of stadig as wat ek wil!
Die eerste keer wat die boer of gids vir my begin aanpor om te skiet, dan gee ek die geweer vir daai ou en kan hy sy eie snapshooting doen op die bokke en hulle self betaal ook! Ek skiet bloot net nie as ek nie seker is en gemaklik is met my skoot nie. Klaar. Ek het nie 60 sekondes nodig om te skiet nie, maar as jy net 3 sekondes het op 'n W&S jag, doen jy iets verkeerd.... Daarom skiet ek nie graag van die bakkie af nie, want dan het jy gewoonlik net 3 sekondes, veral as daai bokke weet daar word van die bakkie af gejag....

Last edited by Eugene on Thu Feb 27, 2014 12:30 pm, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
1. One of the things I do before I book a hunt at a new venue is do a few internet searches: farm name + service, farm name + complaint, farm name + bad. Just to see what turns up. It has saved me a few times from booking somewhere where I may have a bad experience. Just for the hell of it I did the first search of Innibos + service and I see that there was also a complaint lodged on hellopeter.com in May last year. Could refer to the same complaint as here or could be a different one.
2. I understand that Wingover is a farmer and that he does not spend a lot of time on the Forum. I assume that the complaint that was made on the Forum all those months ago only came to his attention recently. The thing is that it just looks sooo bad when someone takes months to respond to a complaint. If I were to see a complaint against someone I know and that person does not respond to the complaint then I would drop them a line and let them know. It allows the other party to state their side of the story promptly while the facts are still fresh. Pity, Wingover was not informed. I'm not saying it is someone's duty to do that but it would be helpful to the whole situation and would be appreciated.
3. Wingover's responses here on the Forum have not exactly been what the PR text book would prescribe. I found his responses a bit too confrontational and sarcastic in some places. Red flag.
4. I have never met Wingover, nor been to his farm nor do I have any specific personal interest in what happened. But I would be nervous to book at his farm based on the information at hand.
5. Before I start any hunt I let the farmer know that I would appreciate it if I were NOT told to "shoot now" or "shoot quick" or similar. I also tell the guide the same thing. The job of the guide is not to get you to shoot. It is to get you into a position where you decide for yourself whether or not to take the shot.
6. Wingover, if I were you I would try to tone down future responses here. Load the photos of the accommodation. Ask some of your regular clients if they would e-mail you a short testimonial of their experiences at your farm and post them on the thread. Then people will have a more balanced view of the incident in context. It can do you no harm.

- Wismit
- Hero Member

- Posts: 576
- Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Ons probeer om twee keer 'n jaar te gaan jag.
Die een keer doen ons dit op 'n "rough and tough" basis. Geen luukshede nie. Geen bediendes, geen geriewe. Ons slaap in tente onder bome. Ons bad eers die oggend voor ons ry. Ons was self skottelgoed ens.
Die tweede jag vat ons die vrouens saam. Dan is dit 'n luukse jag. Ons het die plaas eienaar gekontak en gevra dat hy fotos van sy geriewe vir ons stuur. Dus het ons geweet wat ons gaan kry.
My vraag aan Frederik is:
1) Het jy voor die tyd begin uitvind van die geriewe en/of omstandighede waaronder jul gaan jag ?
2) Is daar enige beloftes gemaak en/of verwagtinge deur die boer by jou geskep?
3) Het jy jou klagtes op die plaas met die boer probeer uitsort ?
Indien jou antwoord op die vrae nee is, dan dink ek nie dit was regverdig van jou om sommer dadelik op die forum jou klagtes te stel nie, want dan is jy ook half te blameer.
Dit klink vir my jul het ook "goedkoop" pryse gekry vir die bokke. Sekerlik moet dit ook opmaak vir "minder goeie" geriewe?
Jy kry tog waarvoor jy betaal?
Ek sal ook nooit kla oor 'n gids nie. Ek loop voor, teen my pas. Ek is tog die jagter. Die enigste doel van gids in my oë is dat hy maar net 'n ekstra paar oë en ore is. En hy moet ook kyk dat ek nie verdwaal nie. Ek soek nie gids saam wie ek nou maar net stap tot hy 'n bok sien wat ek kan skiet nie.
Ek dink regtig nie die forum moet gebruik word om mekaar aan te vat in die openbaar nie. Jul moes jul verskille eerder in de privaatheid uitgesort het.
Dis maar net my 2c
W.S

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5029
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Wismit,
Ek het seker meer as 5 keer oor die foon met Francois gesels my een vraag aan hom en die was meer as een keer gevra hoekom is jou pryse so goed. Sy antwoord daarop is dat hy nie aan die einde van die seisoen die wild wou voer nie. So vertel my watse verwagting bring dit uit.
Oor die geriewe was ons nie te veel gepla nie maar bietjie TLC kon dit baie verbeter het, terloops is daar een bungalow en huisies ek en my vrou het in een geslaap en ander jagter in n ander een maar net die stort in die bungalow het gewerk.
Die Akkomodasie en uitleg lyk baie netjies op die website en dit seker lekker gewees maar weerens is dit tot daar gelaat as ek Miskien ook bietjie sarkasties kan wees dan is dit seker al die slow punctures se skuld.
Ek het ook niks terug verwag van Francois af met my report nie dit was skoolgeld maar dit beteken nie dat ander ook die gelde moet betaal nie.
Francois dankie vir jou PM net soos ek my opinie gehad het en die post begin het, het jy jou eie en ek wens jou 'n goeie seisoen toe.

Last edited by Frederik on Fri Feb 28, 2014 6:04 pm, edited 1 time in total.
- HeinrichPrinsloo
- Sr. Member

- Posts: 314
- Joined: Mon Apr 16, 2012 3:09 pm
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Ek kan jul een ding sê
As my wild so aan n ketting gehang het as ek daar kom sou daar nog iets langs die bok gehang het aan n ketting so paar minute later - En nee dit sou nie nog n bok gewees het nie
http://jaracal.com/download/file.php?id=13126

Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Julle Metro-manne.....................kopskoot wrote:
Robbie, vir R50 /dag ,sal ek wragtig nie skottelgoed was en afstof nie. Maar dis maar net ek
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
wingover
- Jr. Member

- Posts: 86
- Joined: Mon Feb 06, 2012 8:30 am
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Frederik
1. Plaas groote 500 Hekt.
2. 2 Kampe m.a.w 2 jagters met 1 gids max. Max 4 jagters te voet in jag kampe
2. Yip sal my korporasie voer strokies beskikbaar stel
3. Duidelik op my reels geen voorlê by water punte nie.
4. Dis jou eie diskresie, as hulle so vrot was hoekom.
5. As jy my gebel het sou ek jou kom haal het.
6. Ek sê nie hulle het nie goeie veld kennis nie maar ongelukkig het van hulle net nie n perfekte skoot kon in kry voor die bokke bewus geword het van hulle teenwoordigheid nie.
7. Ek het ongelukkig nie tyd om die hele tyd op die forum te boer nie want ek moet op my plaas boer.
(raak persoonlik) en ook nie van toepassing
Wat ek dink almal hier uit kan leer is as daar issues is gaan bespreek dit met die eienaar daar en dan sodat hy/sy n kans het om krapperigheid en ongelukkigheid reg te stel waar menslik moontlik.
Moenie stilbly en dan dit gaan verkondig aan almal wat nie regtigwaar n eerlike en "un biased" opinie kan gee nie want hulle het nie al die ware feite gekry nie! As ek nie propbeer het om jou griewe uit te sorteer nie dan is jy welkom om dit te deel met wie jy wil, maar weer eens kry al die feite eers reg asseblief?

Last edited by wingover on Wed Mar 05, 2014 12:37 pm, edited 1 time in total.
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Ek dink ek moet een oggend vir jou kom kuier, ek ry vroeg uit JHB en maak seker
ek is daar as die son opkom. Ek kyk of ek in die oggend sessie 'n rooibok rammetjie
of vark beertjie kan knyp.
Lunch tyd drink ons 'n koffie en neem paar fotos (terwyl die bok koud raak in die
koelkamer) en dan kom post ek die fotos en hele jag ervaring hier.
ek is daar as die son opkom. Ek kyk of ek in die oggend sessie 'n rooibok rammetjie
of vark beertjie kan knyp.
Lunch tyd drink ons 'n koffie en neem paar fotos (terwyl die bok koud raak in die
koelkamer) en dan kom post ek die fotos en hele jag ervaring hier.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Vdwalt jyt die selfde idee as ek. Smaak verskil, ekt juis met Francois gereel, gaan volgende week daar omry oppad Sentrum toe. Hy wil ongelukkig nie nou laat skiet nie, en ek haal aan, " Ek skiet nie nou nie, anders benadeel ek mos my kliente wat bespreek het om te kom jag."
Ek respekteer werklik daai siening. Francois het my gevra om hom bietjie raad met sy slag geriewe te kom gee, hy wil dit opgradeer, maar wil dit sommer klaar reg doen, so dit wys ook dat die man bereid is om te verbeter waar nodig.
Frederik het nou wel n onaangename ervaring gehad, maar ek dink dit is waar ons forum tot voordeel van beide kan wees. Francois hoor die negatiewe, en kan dan mos probeer verbeter, en dalk gaan jag ons vriend wat nou kwaad is, tog weer oor n jaar of 3 daar, sonder om kwade gevoellens vir mekaar te he, en geniet dit nou so omdat daar veranderings gemaak is aan dit wat gepla het.
Werkers is maar altyd n probleem. Hein, my pel op sentrum, het nou januarie vir 2 weke sonder werkers gesit, wat die menere sommer net besluit het almal is nou nog babelaas van Xmas af, en vat nou so bietjie ekstra leave sonder pay, maar hulle besef nie die implikasies van hulle optrede nie!
Ek wil se, daars nou lekker gal gebraak op die post, ek self het my gal uitgegooi oor die hang van die diere, maar dalk is dit tyd om nou in die rigting van n oplossing te beweeg, en nie meer klippe te gooi nie.
My 1c

- Jakes73
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Ek sal die eerste wees om te se ek stem saam met jou Robbie ... Kom ons los die negatiewe van beide kante af en soek vir 'n oplossing vir beide partye (Jagters en plaas eienaar).ROBBIE1 wrote:Vdwalt jyt die selfde idee as ek. Smaak verskil, ekt juis met Francois gereel, gaan volgende week daar omry oppad Sentrum toe. Hy wil ongelukkig nie nou laat skiet nie, en ek haal aan, " Ek skiet nie nou nie, anders benadeel ek mos my kliente wat bespreek het om te kom jag."
Ek respekteer werklik daai siening. Francois het my gevra om hom bietjie raad met sy slag geriewe te kom gee, hy wil dit opgradeer, maar wil dit sommer klaar reg doen, so dit wys ook dat die man bereid is om te verbeter waar nodig.
Frederik het nou wel n onaangename ervaring gehad, maar ek dink dit is waar ons forum tot voordeel van beide kan wees. Francois hoor die negatiewe, en kan dan mos probeer verbeter, en dalk gaan jag ons vriend wat nou kwaad is, tog weer oor n jaar of 3 daar, sonder om kwade gevoellens vir mekaar te he, en geniet dit nou so omdat daar veranderings gemaakmis aan dit wat gepla het.
Werkers is maar altyd n probleem. Hein, my pel op sentrum, het nou januarie vir 2 weke sonder werkers gesit, wat die menere sommer net beskuit het almal is nou nog babelaas van Xmas af, en vat nou so bietjie ekstra leave sonder pay, maar hulle besef nie die implikasies van hulle optrede nie!
Ek wil se, daars nou lekker gal gebraak op die post, ek self het my gal uitgegooi oor die hang van die diere, maar dalk is dit tyd om nou in die rigting van n oplossing te beweeg, en nie meer klippe te gooi nie.
My 1c
Jaco
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Nou begin die topic die regte rigting inslaan....
Aim small, miss small
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Klink soos my tipe plek as ek alleen gaan jag.Jakes73 wrote:wat ek wel kan se is dat daar 'n paar monster Kudu's in daai berge en koppies rondloop. Kyk, dis harde jag, maar as jy fiks genoeg is en bereid is om die effort in te sit om ure lank in die koppies en berge rond te klim en klouter gaan jy hulle in die berge kry.LoveHenties wrote:Ek is Aug soontoe op pad. Wonder of daar iets oor sal wees???
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
Hallo Manne
Ek lees nou hierdie topic vir die eerste keer en sal net graag die volgende wil deel met julle.
Ek persoonlik maak ook gebruik van die vergunning om ons jagplaas hier baie suksesvol te mag adverteer. Een van die dinge waarvan ek deeglik bewus is is dat daar n moontlikheid is dat slegte ervarings en ondervindings hier ook gedeel kan word aangesien die platvorm juis gebruik word vir hierdie bemarkings veldtog. Ek is ook deeglik bewus dat my optrede indien daar so n klagte wel kom n groot bepalende faktor sal wees oor die besluiteneming van moontlike toekomstige kliente asook bestaande kliente.
Indien ek aanvallend in my optrede is en geensins probeer om tot n kompromie te kom met n ontevrede klient nie dan moet ek besef dat dit n groot invloed sal he op toekomstige kliente. n Erger waarskuwingslig sal seker flikker indien n tweede party toe tree tot die gesprek en presies die oorspronklike klaer se ondervinding eggo. Indien ek dan nog steeds weier om my tekortkominge of foute te wil erken sal ek dan sterk daaraan dink om die lyn van my besigheid stop te sit. Hierdie game is verseker nie vir almal nie.
Ons sit huidiglik met n nationale staking in ons besigheid wat nou vir twee weke al aanhou maar daar word nog steeds voort gegaan om ons beloofte en kontraktionele dienste te verrig. Ons was in dieselfde situasie so ruk terug op die plaas maar dan maak n boer mos maar n plan. Persoonlike huisbediendes het dan die funksie gaan verrig om op die plaas agter die gatte van die kliente te gaan skoon maak. Indien ek nie die basiese funksie kon verrig nie sou ek dan my kliente op n ander manier tegemoet gekom het daar en dan. Maar lyk my dit is maar net ek en almal redeneer verseker nie so nie.
Om alles weer te kroon is ek n jagter en spandeer weer baie tyd aan die ander kant van die draad in die jagsysoen. Indien iets my pla op n trippie dan word die eienaar/bestuurder aan die arm geneem en eenkant toe vergesel en die situasie of ongelukkigheid word net daar uitgeklaar. Ek betaal nou wel nie my TV lesensie nie, maar glo dit is die regte ding om te doen. Wel ons groeppe is dan seker van die gelukkiges want dit werk vir ons.
Hoe dit ook al sy, ongelukkighede gaan daar altyd wees in die gekompliseerde bedryf en al is jy watter kant van die draad glo ek dat goeie en oop kominikasie nog altyd die antwoord is.
Groetnis
Wouter

Wouter ek wil by jou kom jag na daai post!
Natuur die enigste rusplek vir die siel
.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
-
wingover
- Jr. Member

- Posts: 86
- Joined: Mon Feb 06, 2012 8:30 am
Re: Inibos Jag 13-17 Junie Teleurstelling
More Almal
Wouter ek stem volkome saam met jou. As daar probleme of griewe is sort dit daar en dan uit. as die boer dan niks daar omtrent WIL doen nie "sure enough" gaan sit dit dan op al die forums. Maar in die spesifieke geval het ons die asblikke skoon gemaak my vrou het hulle skottel goed gewas, die lapa en die braai plek was skoon gemaak na elke gebruik, daar is gesorg dat daar genoeg hout was. Volgens my het ons Frederik tegemoet gekom. Laat hy n bietjie vir die forum sê wat was my normale pryse en wat het hulle betaal!!!! Ons kry nie net jagters in nie ons het al op vorige geleenthede self die ablusie blokke skoongemaak as werkers nie opgedaag het nie. Amanda is altyd bereid om in te spring waar nodig tensy daar ander reelings getref word. Maar ek kan julle waarborg ek is nie die eerste of laaste ou wat n stel met ou Frederik afgetrap het nie. En nou wil ek ook al die wildsplaas eienaars waarsku as hy boek verwag maar!!!! Aan al die ouens wat al die draad gelees het julle is nie bewus van al die feite nie, voor daar enige stellings gemaak word gaan vind eers uit wat die hele storie is. Niemand van julle sal daarvan hou as dit met julle gedoen word nie(daar is n P.M. funksie). Ek vra omverskoning as ek op my perdtjie gespring het en onnodige dinge kwyt geraak maar n ou probeer jouself ook maar net verdedig!!Daar is nou al baie gesê oor my plek positief en negatief, ek nooi enige van die Forum se ware jagters uit om by my n draai te maak en self te kom kyk en vir my en Amanda persoonlik te kom ontmoet, en dan julle eie opinie op die forum te lewer.

Francois, ek gaan 'n kans vat en jou opneem op jou aanbod : Ek en 'n vriend gaan ons families na jou to bring die eerste week in Julie. Ons het die jag lank-al reeds deur Amanda geboek, maar het dit baie sterk oorweeg om te kanselleer. Ek is dankbaar dat jy na die Forum terug gekom het en ons die versekering gegee het dat jy ons jag so aangenaam as moontlik sal maak. Ons is nie vol nonsens nie en verwag glad nie 5-ster behandeling nie - ons kom jag, ons gaan nie in die Carlton Hotel bly nie. Amanda het reeds vir my onlangse fotos van die blyplek gestuur, en ek is tevrede hoe dit lyk, ek is seker ons gaan onsself daar geniet.