Droogte jakkals
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Droogte jakkals
Naand almal
Ek het 'n vraag vir die manne wat baie jakkals skiet. Nou met die droogte wat maar oor die hele SA en Suid-wes geduur het: wat is julle ondervinding met die jakkalse se reaksie op roepmetodes itv van kos klanke?
Daar waar die veldkos min is bv, het jakkals wat honger is anders gereageer (makliker ingekom) as "normaal" (wat in die geval 'n relatiewe term is), of is daar nie 'n korrelasie tussen droogte tye se reaksie en beter volop kos tye nie?
Die rede hoekom ek vra is: ek gaan einde Maart 'n vriend in die Namib help om sy jakkalse te probeer minder maak, want hy boer ook teen reservate ens wat teelaardes is en kom vreet dan by hom. Die mense het nog bitter min reen gehad en die wild is baie maer en die veld is regtig skraps.
Luister graag wat julle sê, want ek begin maar solank voorbereidings maak.
Groete
Johan

-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Droogte jakkals
Johan is dit nog steeds droog daar by julle? Hier in die ou Tvl het dit mooi geval en nog steeds!
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Droogte jakkals
More oom Marius
Nee, die droogte is nie erg by my nie, die reen is min maar nie droog nie.
Die plek (Namib) waar my vriend boer is baie droog en dit is waar ek die jakkalse gaan soek.

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Droogte jakkals
KalahariKalahari wrote:More oom Marius
Nee, die droogte is nie erg by my nie, die reen is min maar nie droog nie.
Die plek (Namib) waar my vriend boer is baie droog en dit is waar ek die jakkalse gaan soek.
Jammer om te hoor, hier in die Noorde tussen Otjiwarongo en Otavi het ek darrem nou al oor die 400 mm gekry vir die seisoen. Naweek weer 40mm gekry, hoop rerig jou vriend kry iets.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Droogte jakkals
Dankie Flip, ons hoop regtig die manne in die weste se reen is ook aan die kom, baie nodig daar.
Bly julle kry so lekker reen, jy is my so 270mm voor

- hebron
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm
Re: Droogte jakkals
Ek hoop ook daar kom reen!!
Om terug te kom by jou vraag; jy gaan nie jakkalse kry as daar nie vir hulle kos is nie, as daar diere is wat hulle kan vang (vet of maer) sal hulle daar wees en gaan hulle dieselfde reageer. Ons ken seker almal droogte en ken maer diere agv droogte, maar ek het nog nie een jakkals gekry wat maer is agv droogte nie!
Hanteer hulle maar soos normaal.
Om terug te kom by jou vraag; jy gaan nie jakkalse kry as daar nie vir hulle kos is nie, as daar diere is wat hulle kan vang (vet of maer) sal hulle daar wees en gaan hulle dieselfde reageer. Ons ken seker almal droogte en ken maer diere agv droogte, maar ek het nog nie een jakkals gekry wat maer is agv droogte nie!
Hanteer hulle maar soos normaal.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Droogte jakkals
Hebron
Dankie vir die antwoord, dit is maar my gevoel ook gewees, om jakkals maar soos normaal te hanteer. Vir die oppertunis sal daar altyd iets wees. Die plaas diere, vee, loop egter kwaai deur en die man het baie skade.
Dankie vir die antwoord, dit is maar my gevoel ook gewees, om jakkals maar soos normaal te hanteer. Vir die oppertunis sal daar altyd iets wees. Die plaas diere, vee, loop egter kwaai deur en die man het baie skade.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Droogte jakkals
Ons almal hoop en bid dat die droog dele ook reen kry! Die plaas in limpopo waar ek jag het die eienaar my laat weet dat ons maar laat in die jaar moet kom dis glo vreeslik ruig na goeie reens! Die manne wat april / mei kom gaan maar sukkel klink dit vir my?
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Droogte jakkals
Oom Marius
Ek het gisteraand by my huis 18mm gehad, baie dankbaar daarvoor! Die voorspelling vir vandag en die week lyk ook goed, so ek hoop die weste kry ook hulle reen.

Jakkie 321
- Hero Member

- Posts: 636
- Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm
Re: Droogte jakkals
Kalahari wrote:Oom Marius
Ek het gisteraand by my huis 18mm gehad, baie dankbaar daarvoor! Die voorspelling vir vandag en die week lyk ook goed, so ek hoop die weste kry ook hulle reen.
Ai maar dit klink goed, hou duim fas vir julle
Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Droogte jakkals
Kalahari wrote:Oom Marius
Ek het gisteraand by my huis 18mm gehad, baie dankbaar daarvoor! Die voorspelling vir vandag en die week lyk ook goed, so ek hoop die weste kry ook hulle reen.
Ek is bly julle het iets gekry, lyk of daar weer lekker weer oppad is, my broer se plaas naby Etosha het 20 mm gekry, en vanmiddag met werkers op plaas gepraat en hulle het vanmiddag reen gekry maar nog nie gekyk hoefeel nie. Ai ek hoop die manne wat nog sukkel met droogte kry 'n lekker paar buie reen. Die tyd begin nou min raak