Ruger American of Howa??

Post Reply
Jono PE
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Mon May 13, 2013 10:47 am

Ruger American of Howa??

Post by Jono PE »

Goeie dag

Ek soek raad asb. My broer kyk om vir hom n 30-06 tekoop. Hy kan n Ruger American Rifle R7500 of n Howa Houge R7600 kry. Ek het nou al die internet mal gelees maar kry nie n uit en uit wenner nie. Ek weet die Ruger is n paar pond ligter as die Howa, so dalk het die howa so klein bietjie minder skip.? Vir my is akkuraatheid ver belangriker as enige iets anders. Watse een van die twee wapens behoort die beste met fabrieks ammunisie te groepeer. Hy sal self later begin herlaai. Maar vir nou sal hy Winkle koels skiet. Hy kan ook n nuwe Howa thumbhole laminate stock kry vir R 8800.

Wag in spanning vir terugvoer. ;D

Groete
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ruger American of Howa??

Post by tripodmvr »

Vir so keuse dink ek moet hy die gewere gaan hanteer en kyk watter een praat die hardste met hom. Altwee is goeie akkurate intreevlak gewere. Watter een sal dan die beste "vrou" vir hom wees. Hopelik sal dit 'n lang en gelukkige huwelik wees.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Jono PE
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Mon May 13, 2013 10:47 am

Re: Ruger American of Howa??

Post by Jono PE »

Dankie tripodmvr.

Die probleem is die enigste een van die 3 wat hy kan vashou is die houge, die ander 2 is tever van hom af?
Het die thumbhole stock enige voordele bo die synthetic stocks? Behalwe dat hulle mooier lyk.lyk.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ruger American of Howa??

Post by tripodmvr »

Sien jy het op Gunsite al 'n goeie antwoord gekry oor die feit dat die Ruger nuut op die mark is. Het jy al Google gebruik om die Yanks se mening oor die geweer te sien?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 829
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Ruger American of Howa??

Post by Lamtjop »

Jono, ek sal jou broer aanraai om eers die ruger in sy hande te hou voor hy dit koop. Ek het hom al vasgehou en ek sal nie die ruger koop nie, die howa sal ek wel koop. Die ligte ruger in 30-06 gaan ook lekker hard trap. Groetnis
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Ruger American of Howa??

Post by Johan Nel »

Jono,
Ek dink ook dit sal maar 'n kwessie wees van persoonlike smaak. Die een fabrikaat presteer nie noodwendig beter as die ander nie. Altwee fabrikate is goeie produkte.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Ruger American of Howa??

Post by Swys14 »

Die ruger american voel net vir my na 'n budget geweer. Ja, ek's seker hy sal seker bakgat skiet. Ek sal sonder twyfel vir die Howa gaan, is net vir my meer solid.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ruger American of Howa??

Post by PWV »

As hy die Howa met die gelamineerde kolf kan kry vir R8800, sal ek dit vat. Hout is maar net beter as die tupperware.
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Ruger American of Howa??

Post by LongWolf »

Pieter Willem Vorster wrote:As hy die Howa met die gelamineerde kolf kan kry vir R8800, sal ek dit vat. Hout is maar net beter as die tupperware.
Stem 100% saam met oom PW
sit daai paar rand by en jy sal tevrede huis toe gaan.
Jono PE
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Mon May 13, 2013 10:47 am

Re: Ruger American of Howa??

Post by Jono PE »

Baie dankie.

My boet het besluit hy gaan die hour kolf vat. Hy het eers gedink die Hogue kolf en dan met die extra 1200 n silencer op tesit, maar het teen dit besluit.

Groete uit die baai
Post Reply