Tiervis Cahora Bassa
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Tiervis Cahora Bassa
Dagsê
Ek wil die jaar vir my hengel gerei saam neem om die jag bietjie af te wissel as daar tyd is.
Watter toerusting sal julle voorstel vir tiervis? My kennis van die tipe goed is maar beperk, so noem die stok, katrol, lyn als sommer op naam dat ek die goed kan loop kry.
Groetnis!

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Tiervis Cahora Bassa
Kunsaas of aas?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Deon
Kunsaas en aas seker. Is daar n groot verskil in gerei vir die 2 tipes vang? Wil ook graag weet of daar n verskil in toerusting gaan wees vir in die dam self vang en in die sy riviere? Verkieslik sal ek n rig wil kry wat sommer n dubbel doel kan dien.

Man, kry vir jou ñ goeie stok en katrol. Ek glo in Shimano Crucial en Clarus.
Baitrunners werk goed vir aas. Goeie koffiemeul of baitcaster is reg vir kunsaas. Ek is maar ñ Shimano man
Baitrunners werk goed vir aas. Goeie koffiemeul of baitcaster is reg vir kunsaas. Ek is maar ñ Shimano man
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Het al daar gevang en jy sal nie spyt wees nie.
Ek het die Shimano Beastmaster stokke met Stradic 4000 en 5000 katrolle.Gebruik 60-80lb braid.Effzet lepels het vir my wonderlik gewerk sowel as die Tigerwhacker spinners.Watookal jy doen koop die beste wat jy kan bekostig,maak seker jou trace is reg en sterk.Probeer ook net swart swivels ensv gebruik en nie goed wat blink nie.
Beste is praat met die manne by wie jy gaan boek,hulle sal weet wat daar werk.
Groete

Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Ek ook gedink aan Shimano, maar nou praat manne van 'medium' rod en 'heavy' rod en 6.7ft en 7ft, en daar is glo n sterker lyn as lyn met een vreeslike naam. Die dat ek sê noem die goed sommer op naam! Ek sal my naam goed gat maak as ek by n winkel moet in stap- het geen idee wat ek moet kry nie! Groot ding is ook ek wil een keer koop en nie weer nie.
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
G-Force
Nou praat jy! Daai braid goete het ek van gehoor, klink my jy weet! Jong, ons boek nie regtig nie, ons gaan sommer op ons eie, een van die jag areas grens aan die dam. Wat beteken- medium rod en heavy rod? Die ft storie kin ek, sal seker n 7ft vat, reken jy kan meer met hom uitgerig kry, van oewer en boot.

-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Tiervis Cahora Bassa
Rommel jou opskrif moet sekere lees CoBora bassa!?
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Praat jy so in my kraal.DWB wrote:Man, kry vir jou ñ goeie stok en katrol. Ek glo in Shimano Crucial en Clarus.
Baitrunners werk goed vir aas. Goeie koffiemeul of baitcaster is reg vir kunsaas. Ek is maar ñ Shimano man
Vir aas (driftbait) werk 'n baitrunner soos 'n droom. Ek het 'n Shimano DL 4000 en hyt al mooi tiere geland. Soos DWB noem- Crucial, Clarus of Cumara as jy jouself wil bederf met stokkeuse.
Vir kunsaas hou ek van 'n baitcaster- iets soos 'n Chronarch/ Curado. Ek hengel net met nylon om my baitcasters, maar dis maar persoonlike voorkeur, party ouens verkies braid.
Gewone spinning katrolle (koffiemeule) is 'n lekker all-rounder wat jy vir kunsaas en aas kan gebruik. Die Stradic, Sustain ens werk mooi. In size 4000 of 5000.
Al bogenoemde is alles Shimano. Diawa maak ook baie goeie kwaliteit en 'n wye reeks, maar ek ken dit nie persoonlik nie- eks maar 'n Shimano man.
Groete
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Hoekom?mariusr wrote:Rommel jou opskrif moet sekere lees CoBora bassa!?
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Dankie Pieter, ek dink ek sal daai name wat jy en Deon genoem het gaan opsoek. Kan jy my sê wat bedoel word by 'medium' en 'heavy' rod? Dan ander ding- watter kg lyn? Daar mos Vundu ook in daai water sover ek weet, vat hulle maar selfde as die tiere of is dit n ander game? Moet bieg, dis nogal lekker om die tipe ding te betree!
Marius
Die H en B sit naby vir dom vingers!
Marius
Die H en B sit naby vir dom vingers!
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Dit verwys na die "krag" van jou stok. M.a.w. hoeveel gewig jy met die stok kan lig as ek dit so kan verduidelik. Dan is daar nog die "action rating" ook- dit verwys na die soepelheid/buigbaarheidskurwe van die punt van die stok. M.a.w. die "styfheid" van die punt.
Bv. 'n Meduim-heavy stok met 'n fast action is nie so styf en "sterk" soos bv 'n Heavy met 'n "extra-fast action" nie.
Vir Tiervis stel ek 'n Heavy met Fast Action voor. As jy ligte kunsase wil gooi het jy 'n ligter stok met stadiger punt nodig, as jy wil swaarder aas gooi en dalk 'n vundu ook wil vang, gaan eerder swaarder soos Heavy met extra-fast action.
Hoop dit maak sin
Bv. 'n Meduim-heavy stok met 'n fast action is nie so styf en "sterk" soos bv 'n Heavy met 'n "extra-fast action" nie.
Vir Tiervis stel ek 'n Heavy met Fast Action voor. As jy ligte kunsase wil gooi het jy 'n ligter stok met stadiger punt nodig, as jy wil swaarder aas gooi en dalk 'n vundu ook wil vang, gaan eerder swaarder soos Heavy met extra-fast action.
Hoop dit maak sin
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Daglig! Dankie Pieter!
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Ek vat gewoonlik n ander stok en katrol net vir vundu vang.Ek het ook altyd twee tier stokke wat altyd gerig is met n lepel op een en n spinner op die ander een.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Die twee keer wat ek die laer Zambezi gehengel het het ek Penn 4000 koffiemeules en pen 7 Ft medium aksie stokke gebruik. Hulle het goed gewerk.Ek verkies ook goeie nylon bo "braid". Maar dis maar ek.
So stok se lengte of meer lekker sterk "floro carbon" leader. Ek verkies Piano wire stroppe bo die nylon bedekte kabeltjies.(Alles persoonlike keuse).
Onthou 'n lekker ligte stokkie met baie klein hoekies vir kurpers (bream) wat gebruik word vir lewendige aas.
Ek het "Mustad" hoeke gevat vir die tiere, maar die chemies skerpgemaakte baars hoeke is beter. Ek kan nie mooi onthou nie, maar daardie hoeke is iets soos kamakazi of kamasuka of iets dergliks.
'n Lekker skerp hoek wat in daai beenbek kan penetreer.
Die eerste keer was in die Sapi jagarea in September. Ons het 'n klomp tiere op drift bait met fillette gevang. Die tweede keer 'n ent stroom-op by Chirundu, ook in September het die tiere net gebyt aan lewendige kurpers.
Geniet dit, baie vloeistof
, baie sonskerm en 'n lekker hoed. O mapstieks ek wens ek was jy. 
So stok se lengte of meer lekker sterk "floro carbon" leader. Ek verkies Piano wire stroppe bo die nylon bedekte kabeltjies.(Alles persoonlike keuse).
Onthou 'n lekker ligte stokkie met baie klein hoekies vir kurpers (bream) wat gebruik word vir lewendige aas.
Ek het "Mustad" hoeke gevat vir die tiere, maar die chemies skerpgemaakte baars hoeke is beter. Ek kan nie mooi onthou nie, maar daardie hoeke is iets soos kamakazi of kamasuka of iets dergliks.
'n Lekker skerp hoek wat in daai beenbek kan penetreer.
Die eerste keer was in die Sapi jagarea in September. Ons het 'n klomp tiere op drift bait met fillette gevang. Die tweede keer 'n ent stroom-op by Chirundu, ook in September het die tiere net gebyt aan lewendige kurpers.
Geniet dit, baie vloeistof
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Rommel jy spelling is reg:Cahora Bassa is die regte naam.
My ondervinging is dat braid die hoek makliker deur die tier se been bek slat as gewone lyn.Gewone lyn rek baie en mens moet erger tekere gaan met die kapery en kan dus makliker vis verloor.Braid laat mens ook die vis se baklei beter voel.Nadeel van braid is dat jy n paar nuwe knope sal moet aanleer ensv.
Daai Shimano Stradic 4000's het met twee spools gekom wat jou dan toelaat om braid op die een te sit en gewone lyn op die ander,dis sommer vinnig om dan spools te ruil as jy die ander tipe wil gebruik.
Ek het begin met piano wire trace omrede dis baie maklik om traces optemaak maar die nadeel is na n redelike tier op die lyn was dan lyk daai pianodraad soos n ou matras spring en dit hinder dan die aksie van die lure daarna.Ek het toe maar oorgegaan na nylon trace en n krimp tool.
As jy spinners/lepels/rapalas koop en hul het drie-angel hoeke aan is dit eintlik beter om n kwaliteit enkel hoek op te sit in pleks van die drie-angel hoek,mens kry beter hook-ups en verloor minder vis.
Probeer teen alle tye jou vistok se punt laag hou as n tier aan is,druk sommer die punt onder die water in soveel as wat jy kan,mens wil nie he daai tier moet spring nie want die kans is dan goed om hom te verloor.
Ek sal se dat mens dalk 20% van die visse kan uithaal wat jou lure vat,dis baie opwindend en verslawend.

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Jis maak julle my nou lus vir trawl man 
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
G-force wrote:Rommel jy spelling is reg:Cahora Bassa is die regte naam.
My ondervinging is dat braid die hoek makliker deur die tier se been bek slat as gewone lyn.Gewone lyn rek baie en mens moet erger tekere gaan met die kapery en kan dus makliker vis verloor.Braid laat mens ook die vis se baklei beter voel.Nadeel van braid is dat jy n paar nuwe knope sal moet aanleer ensv.
Daai Shimano Stradic 4000's het met twee spools gekom wat jou dan toelaat om braid op die een te sit en gewone lyn op die ander,dis sommer vinnig om dan spools te ruil as jy die ander tipe wil gebruik.
Ek het begin met piano wire trace omrede dis baie maklik om traces optemaak maar die nadeel is na n redelike tier op die lyn was dan lyk daai pianodraad soos n ou matras spring en dit hinder dan die aksie van die lure daarna.Ek het toe maar oorgegaan na nylon trace en n krimp tool.
As jy spinners/lepels/rapalas koop en hul het drie-angel hoeke aan is dit eintlik beter om n kwaliteit enkel hoek op te sit in pleks van die drie-angel hoek,mens kry beter hook-ups en verloor minder vis.
Probeer teen alle tye jou vistok se punt laag hou as n tier aan is,druk sommer die punt onder die water in soveel as wat jy kan,mens wil nie he daai tier moet spring nie want die kans is dan goed om hom te verloor.
Ek sal se dat mens dalk 20% van die visse kan uithaal wat jou lure vat,dis baie opwindend en verslawend.
Wyse woorde hierbo..... ek sal hulle +1
Daar is staal trace op die mark met die naam van "knot-2-kinky". Dis bobaas vie die maak van jou stroppe. Dit lyk soos piano-wire maar het 'n effense rek-eienskap, amper soos nylon en "kink" nie so maklik nie. Dis lekker dun en sterkte-tot-deursnee is baie goed. Probeer dit gerus
-
hunter74
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Thu May 30, 2013 4:39 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Pieter en G-Force in die kol + 100
Ek/ons gebruik maar more or less dieselfde hier in Kasane.
Geniet dit en ja dit is baaaaie verslawend.
Groete.
Ek/ons gebruik maar more or less dieselfde hier in Kasane.
Geniet dit en ja dit is baaaaie verslawend.
Groete.
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Het bietjie gekyk na al die opsies- m@er! Daar is so n helse verskeidenheid daar buite dat ek deurmekaar was nog voor ek begin het! Hierdie gaan nie maklik wees nie! Ek sal maar saam met iemand wat die goed ken shop toe gaan, ek en n verkoopsman eet nie dieselde tjops nie!
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Tiervis Cahora Bassa
Maak jou lysie op en bestel by Ganis in Witbank.
Beste pryse
Beste pryse
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Het so n 50/50 besluit gemaak. Sê gou, watter katrol is beter- front or rear drag?
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Tiervis Cahora Bassa
Ek hou van Front.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Front drag
- Evert
- Sr. Member

- Posts: 301
- Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm
Re: Tiervis Cahora Bassa
Rommel-Watter tyd van die jaar gaan julle?
Na watse plek toe gaan julle op Cahora bassa, want dit sal beinvloed watse gerei om te vat.
Ons was in 2011 by Moringa Bay lodge dis waar die gorge oop maak in die main lake in.
Meestal met Tiger Wakka spinners gevang met n stuk tier fillet op die hoek.
Vat ook n paar Rapalas vir Trolling
Maak seker jy het verskilende kleure, grootes spinners.
Stokke- Soos genoem Medium/Heavy
Lyn-Braid 50lb
Katrolle-Spinning Reels 4000