Lammergeier Gong skiet kompetiese: 5 April 2014

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
stf
Full Member
Full Member
Posts: 169
Joined: Sat Sep 05, 2009 6:37 pm

Lammergeier Gong skiet kompetiese: 5 April 2014

Post by stf »

Lammergeier Gong skiet Kompetiese: 5 April 2014:
Borg: Manta Diy: Twee pryse per kategorie / R50 000 se pryse.
Ligging: Aliwal-Noord op die plaas: Kramberg/Oranjefontein - 14 km op die R58 na Burgersdorp.
Tema: Taktiese Jag skiet scenario's.
6 x bane - 30 skote.
Gongs: 200mm / 150 mm.
Kategorieë:
Spanne bestaan uit twee skuts:

1. Twee mans [ skiet op 150 mm gongs]
2. Twee dames [skiet op 200 mm gongs]
3. Volwassene & Junior [18 jr] [skiet op 200 mm gongs]
4. Man & Dame [skiet op 200 mm gongs]
5. Veterane [65jaar en ouer] [skiet op 200 mm gongs]

Inskrywings fooi:
R250 per volwassene
R150 per junior

Kontak Pierre Bosch by boschjf at telkomsa.net vir inskrywings vorms.
Sel foon: nul agt twee 779 sewe een nul sewe.
Inskrywings sluit: 2014/03/24
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Lammergeier Gong skiet kompetiese: 5 April 2014

Post by katjak »

Manne en manninne. Hier maak ek my solank reg vir die skiet. Ek hoop my planne gaan uitwerk, want hier wil ek saam met my dogter die skiet doen. Pierre se skiete loop altyd mooi en die een beloof om weereens n treffer te wees. Hoop om n hele paar manne daar te sien.Groete. Katjak.
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Lammergeier Gong skiet kompetiese: 5 April 2014

Post by junglejulian »

Manne ek was nou die dag op die plaas gewees waar die skiet gaan plaasvind.ongelooflike mooi plek.die verskillende bane is ver genoeg uit mekaar en baie goed uiteengesit.gaan prakties maar tog realisties wees.ek gan my bes doen om daar te skiet,

Mooi loop!
Post Reply