Redenasie van natuurbewaring

tafjak

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by tafjak »

Wannaby

Jy is 200% reg wat jy noem.

Veral wanneer jy noem dat ons 2jakkalse op Robbe Eiland moet gaan los en ky wat gebeur. Hulle kan ten minste die konyne en takbokke vreet. Sommer die glo duisende katte ook.

Wat ek gesien het op 'n Wild Reservaat(privaat in Britse burger se besit)) is dat die jakkalse so aangeteel het(hulle het die 9jaar gelede begin) dat daar geen kleinwild  meer is nie. Nie enkele haas of steen bok nie. Ek het so 4000 hektaar van die plek deurgewerk en kon 2duikers, 3hase en so min as 5springhase merk. Die plek het toe reeds so 11maande vroe?r van die jakkalse laat uitdun(glo geen hase gesien voor dit). Die springbokke het verdwyn(600 van hulle en moes weer laat insit). As my foto-emmer nie so op die koffie was nie, sou ek foto's pos.

Daar het jakkalse later mekaar gevreet. Die goed daar lyk aardig, tingerig en vieslike voorkoms.

Ondanks die "geen uitdunning van 'n spesie" wat hulle gevolg het, het die jakkalse daar tot astronomiese getalle geteel. Na die uitdunning daar het sowat 6jakkalse/1000hektaar(almal volwasse jakkalse in Junie en Julie) oorgebly. Vir elke 60hektaar is 'n jakkals gedood of gevang.

As die natuur homself moes korrigeer, sou dit vreeslike nagevolge gehad het en niemand weet wanneer dit sou plaasvind nie. Kon nog 'n 100jaar geneem het. Hondsdolheid op so groot skaal sou nie net die jakkalse affekteer het nie, maar koedoes wat ook vatbaar is vir hondsdolheid. Hoe dink ons wat sou gebeur as daar donderstorm kom en drade spoel oop en 30 jakkalse besmet met hondsdolheid breek uit? Wie gaan hulle vang en onskadelik stel? Wat sou dit die ekonomie kos?

Mooiloop
tafjak

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by tafjak »

Louis

Jy sluit regtig mooi aan wat ek probeer s?. Dokters en doktorre!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by Dawie »

wannaby wrote: Nou vra ek maar net of die "omgewingsbewustes" nie nou meer skade aangerig het aangesien ons skappies tog maar die veld ook in balans moet hou net soos die diere mekaar in balans moet hou nie.
Het gehoor dat verantwoordelike beweiding beter is vir veld as geen-beweiding.  Beweiding het bv. snoei en hoefaksie,  wat tot die veld se voordeel is,  wat nie teenwoordig is by geen-beweiding nie.

Kojak
Last edited by Dawie on Sun Oct 24, 2010 5:10 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by Biker »

Hallo
Wanner is bewaring nodig en wanneer is bestuur nodig. Mens hoef alleenlik iets te bewaar as daardie spesifieke spesie bedreig word en dan word n bewarings program gegrond op wetenskaplike feite uitgewerk en geimplementeer. Groot parke is die bewaring van n toetale biodiversiteit{ jammer Dawie} wat alles insluit en in ewewig is soos die natuur oorspronklik was.
Die res: klein parke en bewaringsgebiede en privaat gronde MOET BESTUUR word om alles in balans te hou. Hierdie bestuur vind heeljaar plaas en alles word gemonitor om die doel van die onderneming te bereik.
Daarom spuit groente boere vir onkruid en insekte , veeboere beheer roofdiere, dorpe en stede beheer misdadegers, pakhuise beheer rotte, speedcops beheer die paaie, Klein parke beheer getalle van beide wild en roofdiere, ens.
Selfs in die wereld se groot parke moet daar soms beheer plaasvind van een of ander spesie . WAT is dan so moeilik om te verstaan of is daar verskuilde agendas ???

Biker
tafjak

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by tafjak »

Biker

Jy en Mac is nogal goeterig as dit by drakrag kom. Ek wonder nou natuurlik wat nodig(loop area) is om 20 olifante, 30buffels, 2 leeus, 4jagluiperde, 400springbok, 100rooibok, 30hartebees, 40willebees, 10kameelperde en so 400koedoes te kan volhoubaar aanhou.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by Mac »

Taffie,

How long is a piece of string? Die vraag wat jy nou vra kan wel beantwoord word, maar daar is 'n menigdom faktore wat in rekingskap gebring moed word. First the animals must be taken into consideration, how many bulk grazers, dual grazers, how many browsers, and in the browsers, how many low, medium and high browsers. Stocking rates for predators need to be calculated wrt feeding preferences, as well as terrain for hunting. The current condition of the veld, how many biomes exist within the proposed boundaries, rainfall, area, altitude, adaptation expectations for herbivores, resident disease conditions, current game populations, etc. etc. etc.

Daar is al syfers neer gele deur heelwat kenners en "kenners", maar die een wat mees algemeen aanvaar word vir volhoubare wild aanhouding met noukeurige bestuur, is 16000 hektaar. (Ook maar 'n duimsuig want drakrag en "stocking rates" versil ook binne 'n streek, wat nog in die land of vasteland.

Net 'n voorbeeld, as jy 'n tafel dek met allerande soorte kos, en se vir 'n klomp mense dit is al wat daar is, en hulle kan nie op 'n ander plek eet nie, wat sal gebeur. Eertsens word die pudding geskraap, dan die soutigeitjies, dan die vleis, dan die groente en dan eers die pap, dek jy dan weer die tafel voor hulle die pap eet, begin hulle weer voor, totad daar net plek op die tafel vir pap is. Die veld is dieselfde, dit is nie net vir neerplak nie, die pap moet ook ge eet word, en die pudding tyd kry om terug te grooi.

Sorry, dit antwoord nie jou vraag nie, maar dis die beste wat ek kan opper.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by Louis102 »

Mac / Tafjak

Daar is en was nog nooit 'n tyd of plek in natuur wanneer alles in kamtige perfekte balans was nie.  Selfs nie voor die mens se bestaan nie.

Hoe v?r is ek verkeerd as ek s? ewewig in die natuur is 'n groot mite?  Moeder Natuur is maar heeltyd besig met 'n balanseer toertjie.  Soos dit vir my lyk werk sy (Moeder Natuur) in siklusse.  Groot siklusse wat oor eeue duur en kleiner siklusse wat miskien dekades kan duur.  Soos die een spesie toeneem, so vernietig dit die volgende spesie.  Perfekte balans in die natuur is juis om hierdie rede 'n mite wat soms in groen ideologi? opgetower word.

Voorbeeld:  Olifante in 'n area teel so baie aan dat hulle die bome, bosse en ander plantegroei totaal begin vernietig.  Dan kom daar skielik 'n groot droogte en/of epidemie wat die olifante op hope laat vrek todat hulle getalle weer heeltemal verminder.  Nou is die getal olifante so laag dat wanneer die groot re?n weer kom, kry die plantegroei kans om te herstel.  Dan is daar weer kos vir die olifante om van voor af aan te teel en die siklus begin van voor af.  Totdat daar eendag 'n katastrofiese natuur ramp kom en die olifant totaal uitwis.  Hierdie olifant-gaping maak dit dan weer vir 'n volgende spesie moontlik om te floreer.  Dis nou oor-vereenvoudig, maar werk dit min of meer so?

Wat het van T-Rex en vriende geword?

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by Mac »

Louis,

Jy is in die kol, maar ek probeer so tussen Taffie se lyne lees, (Nogal moielik, dis 'n diep en donker seun daai), dit vil my voorkom asof hy op 'n spesifieke voorbeeld wil afstuur wat ons nog voor moet wag. My raaiskoot is dat dit iets met 'n huidige projek of "projek" te doen het, en dit lyk my hy wou antwoorde kry op 'n vraag wat nog nie gevra is nie.

Ken ons hom nie so nie.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by Louis102 »

Mac wrote: ...Ken ons hom nie so nie...
Mac

Ek vermoed jy's dalk heeltemal reg, behalwe dat ou Taffie meestal al klaar die antwoorde het.  Miskien toets hy net die waters om te kyk vir lekplekkies in sy boot?  Wetie?  Ek geniet in elk geval die geselsies.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by tafjak »

Ek toets niemand se kennis nie, maar sy denkrigting.

Ek soek antwoorde hoekom "boerdery" erken moet word. Alles en almal met trigger happy Groen Idees wys vinger na die Boerdery.

Die boere skiet die arme springbokke, vlakvarke, jakkalse ens. Dit is al wat hulle sien, "Die boere skiet die goed". Hulle wil nie bietjie probeer uitvind hoekom die boere die goed skiet nie, vir hulle(die groenes) is die "rede" irrelevant.

Ek wil nie die Bybel gryp nie, want dit verstaan hulle nog minder en wonder of dit die moeite werd is om verder hieroor(natuurbewring) te redeneer?

Ek wil nou so paar stellings hier post wat aan my gemaak word; " Dodelike metodes is al oor-en-oor bewys as nie die oplossing nie" en "Jakkalse sal deur hulself beheer word as die spesie oorgelaat word om self te regeer". Nou, dit maak nie sin nie.

In reservate waar 30jaar nog nooit dodelike metodes gebruik is nie, het die getalle gegroei(jakkalse) tot een jakkals per 100 hektaar en in sekere Reservate tot eenjakkals per 60hektaar. Gelukkig is die getalle buite die boerdery gemeenskap en het geen gevaar ingehou vir vleis of vesel produksie nie, maar alle en ek s? weer, alle kleinwild is vernietig en dit in plek wat geskep is om hulle te bewaar teen die boere.

Alan Truter boer in die Somerset-oos distrik en het 'n jaar gelede 'n weddenskap met die eienaar van 'n Natuur Resrvaat, wat aangrensend van Alan se grond is, aangegaan dat Alan meer wildspesies op sy eie grond het as die Natuur Reservaat. Die weddenskap het gestippel dat op elkeen se grond(gelukkig was die 2 stukke grond dieselfde grootte en ook toevallig dieselfde geaardheid) vir een uur lank rondgery sal word en spesies aangeteken sou word. Nodeloos om te noem dat op Alan se grond 37 stuks wild (wat 14spesies verteenwoordig het) aangetref is en in die Reservaat slegs 7(wat rooibok, springbok, koedoe en blesbok) in die toegelate uur. Hulle kon geen haas, steenbok, springboklam en duiker in die reservaat opspoor(in toegelate tyd) nie. By Alan het die gewissel van springhaas, kolhaas(hierdie spesie suffer erg), vlakhaas, kliphasie, steenbok, duiker, muishond, stinkmuishond(jakkals like hom), koedoe, springbok(en ook die enigste kommersi?le wild op sy grond), ribbok, skilpad, kleinkolkat ens. Die eienaar van die Reservaat is: Duncan Davies en kan gekontak word, vra net sy nommer en ek re?l dit. Wie het nou die reservaat en wie het die boerderygrond?

Nou na aanleiding van hierdie weddenskap/toets het baie naburige reservate besluit om die roofdiergetalle so bietjie in te perk met astronomiese resultate. Die springbokke teel weer aan, die kleinwild gedy en die hase en kleinkolkatte staan nader. Die boere wat aangrensend boer se veegetalle bly redelik konstant en kan nou meer op die boerdery fokus as om elke nag en dag agter jakkalse aan te jag.

Kojak

Verduidelik(sonder om kramp te kry) wat beteken Bioderversiteit? Kortliks asb!

Mac

Sal jy so gaaf wees om "Uitdunning/culling" te verduidelik en hoekom jy dit regverdig?

Louis

Hoekom reken jy dat Moerder natuur haar vere so nou en dan moet reg skud(moet vir jou ook iets gee om te doen, jy gee my te veel werk :D)?

Ekself sal dan my mening gee omtrent die onaanvaarbare getalle van jakkalse op plase/boerderye. Aag ek doen dit sommer nou.

Geen boer kan wag dat ander roofdiere(lees in SA Jagters dat die mens die "Top Roofdier" is) jakkalse en katte moet beheer nie, nie eers wag totdat Moeder Natuur dit doen nie, oorlewing van die volk te ho? prioriteit. Die kommersi?le boer(almal is kommersie?l) moet die doeltreffenste metode(dodelik of nie-dodelik) gebruik om sy produksie te bewaar en om potensiaal van grond oordeelkundig te kan benut.

Mooiloop
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by Mac »

Taffie,

So effe vas op die oomblik, maar sal wel antwoord.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by Louis102 »

tafjak wrote: .... Hoekom reken jy dat Moerder natuur haar vere so nou en dan moet reg skud ....
Tafjak

Moeder Natuur is nie 'n portret of foto teen 'n muur nie.  Sy lewe.  Sy is nie elke dag die selfde nie.  Sy word ook ouer, verander en maak aanpassings.  Sy kan nie in ons normale sterflinge se dimensies gemeet en afgebaken word nie, al dink sommige onder ons so.  Moeder Natuur is 'n lewende sisteem wat geen sentiment, voorkeur of besondere liefde vir een spesifieke spesie het nie.  Nee, sy diskrimineer teen geen spesie nie, maar trek ook geen spesie voor.  Sy skeer alle spesies oor die selfde kam. (Dit is 'n les wat die roofdierbeheptes maar by haar kan gaan leer)  Moeder Natuur skroom nie om 'n regstelling te maak as dinge uit balans raak nie, ongeag hoe emosioneel opsweepbaar "oulik", "mooi" en/of "liefderyk" 'n spesie ook al mag wees nie. 

Ons lewens is maar 'n oogwink / breukdeel van 'n sekonde werd is in haar tydskaal.  Voorts is ons amper onmeetbaar klein teen haar enormiteit (ongeag hoe groot Bool & Kie se koppe is, maak hulle steeds geen indruk nie)  Daarom ervaar ons haar ritme en manier nie altyd intens genoeg nie.  Somtyds is sy soos 'n groot vragskip op die oseaan, dit neem tyd om te draai en koers te verander.  Ander tye het sy, soos by 'n vegvliegtuig teen ho? spoed.  Net 'n baie klein verstellingtjie aan een klein oppervlaktejie is nodig om 'n groot impak te maak.

Hoekom moet Moeder Natuur haar vere nou en dan regskud?.... Dit is wie en wat sy is.  Dit is wat sy doen.  As die een spesie haar begin pla soos 'n doring in die vlees, sal sy die regstelling konsekwent en op haar tyd doen.  Daardie regstelling word nie altyd mooi en sagkens gedoen nie.  Dit lyk meer soos 'n Riller-fliek met 'n R18-ouderdomsbeperking vir wreedheid & geweldadigheid.  Teen dit het die mensdom met al sy tegnologie en slimmigheid, geen teenvoeter nie.  Ons is aan die einde van die dag maar net nog 'n spesie.

Ons spesie se uitdaging is nie om vredeliewend tussen die jakkalse agteruit boer nie.  Ons eerste uitdaging is om die groeiende massas van ons spesie te voed, sonder om 'n doring in Moeder Natuur se vlees te wees.  As ons dit doen sal daar elders ook 'n plekkie vir die rooies wees om te gedy.  'n Plekkie waarheen ons die kinders kan vat tydens die skool vakansie.

God se heerskappy in die skepping word geensins deur hierdie beeldspraak misken nie.
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by tafjak »

Louis

Baie dankie, dit is nou regtig 'n goeie uitleg en ek verstaan dit ook nou beter.

Jy reken ook dat wanneer die Natuur sy baie re?n stuur kan ons(mens) maar 'n paar damme maak en so bietjie water opvang vir verdere gebruik wanneer dit droog word. Ons mag seker ook 'n ou aar raakboor en 'n windpomp opsit? Ons kan maar 'n huis bou teen die koue en wind? Ons kan tog seker so paar erosie-walle maak sodat die grond behoue bly. Iemand het seker ons die verstand gegee om dit te kan doen.

Mooiloop
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by Louis102 »

tafjak wrote: .... Iemand het seker ons die verstand gegee om dit te kan doen ....
Taffie

Presies, dit is nie net aan ons gegee nie, daarmee saam het 'n opdrag gekom!  Ek sit nou en wonder hoekom sou die engele juis aan die skaapwagters verskyn het tydens Jesus se geboorte?  Hulle kon mos die donateur-aangedrewe jakkalsbewaarders (of iets soortgelyks) uitgekies het, as hulle regtig wou?  Was seker nie in die luim vir al die jakkalsdraaie nie?

Sterkte & se?nwense
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by whisper »

Not to hijack this thread, but here are some interesting stated, and written facts......... (this is very tongue in cheek guys, and directed at the self appointed, green colored, and very self important "saviours" of our earth) "God created the animals, and told them to go forth and MULTIPLY (abridged version sorry), God gave man dominion over ALL things (for the greenies, if you believe in God, this means we (as men) are in charge). Pretty clear instructions don't you think? One of the other things that I love about the bible  (old testament specifically) is that a lot of Jesus's friend were shepherds, and fishermen, that includes most of the people on this forum doesn't it? We are all truly blessed, have a great day ;D  P.S. did I mention that there was no mention in the bible of the previously mentioned "self appointed, green coloured, self important saviours of the earth? Just thought that I would throw that in there for good measure! ::)
Praise the Lord, and let the bullets fly!
tafjak

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by tafjak »

Whisper

You did'nt hijacked the topic, but your participation are of great value. Thank you!

The more the merrier!

Pretty walk
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by boeta »

Taffie

Klink vi my meer asof die groenes soos die falseprofete is wat in die BYbel genoem word.

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by Biker »

Ons moet net een ding nie vergeet nie. Moeder Natuur is nie n "wese" of "iets" wat onafhanklik van ons bestaan nie.
Elke mens en ander lewendige spesie skep haar en beinvloed haar . Ons is ook sy.
Groete Biker
tafjak

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by tafjak »

Boeta

Ek moet so bietjie smile, terwyl ek Whisper se post lees dog ek toe dat die Bybel tog hulle by name noem= "Valse Profete". :D

Ek wou eers se Jakob se 2seuns se werk beskryf nie, was die een(Esau) nie 'n hedendaagse PH gewees nie?

Mooiloop
tafjak

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by tafjak »

Biker

Jou redenasie maak groot sin. Jy is reg, natuurlik is ons deel van die proses. Ons help haar nie, sy help ons as dit nodig word.

Dankie en mooiloop
tafjak

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by tafjak »

Manne

Ek raak nou vol antwoorde as die 2Groenes weer op my foon l?. Hie komme ding!
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by whisper »

Taffie, dankie, ek gaan maar n pretty walk die naweek vat! Ek stem met Biker ook saam, ons is almal deel van die natuur, en as die natuur te volop raak dan mot die gene pool verdun word, of hoe......... seker nou tyd om n bietjie "selective genetic culling" te doen van n groen natuur of hoe? lol grap net .

Pretty walk julle almal. ;D
Praise the Lord, and let the bullets fly!
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by Skolla »

Ek glo dit is ons(as mense) wat die natuur se natuurlike gang versteur het, met ons drade,paaie,stede,mak diere,motors,die daarstelling van waters waar dit nie natuurlik voorkom nie,ensovoorts.
Maar ons was ook verplig om dit te doen om te kan voortbestaan en oor dieselfde rede het ons die verstand daarvoor gekry en ook n opdrag gekry om voort te bestaan.
Nou is ek vas oortuig daarvan,omdat dit ons is wat die natuur se gang versteur het, dit ook ons verantwoordelikheid is om n mate van beheer toe te pas in die omgewings wat ons versteur het, want dit is ons wat binne die beheerde omgewings(kampdrade) besluit het wat daarbinne moet wees. Met ander woorde ons het besluit daar mag nie natuurlike vyande wees van dit wat ons binne die beheerde gebiede aanhou nie, want dan kan ons nie voortbestaan nie.
As ons dan nou die verstand gekry het om voort te bestaan moet ons seker dieselfde verstand gebruik om beheer toe te pas sodat ons kan voort bestaan.
As ons sekere spesies moet los om aan te teel soos hulle wil moet ons ook toelaat dat hulle natuurlike vyande daar is om hulle te beheer.
Dan kan ons net sowel alles op die aarde afbreek sodat hy lyk soos wat hy geskape was.
Nou het ek myself deurmekaar getik.
tafjak

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by tafjak »

Kobus
Nou het ek myself deurmekaar getik.
..........maar jy het mooi getik!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Redenasie van natuurbewaring

Post by Raven »

Kobus,

Ek stem saam met jou.
"Deurmekaar getik" , nee wat ek dink jy het jou boodskap mooi oorgedra.  ;)

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Post Reply