375fanatic wrote:1 dag by die wapenwinkel kom haal n paramedic sy colt 45 ek vra toe hoekom hy die colt 45 gevat het en nie n 9mm nie
hy antwoord toe heel droog "ek het baie ouens al gered wat met 9mm geskiet is maar nog nie 1 met n 45 nie "
Hmmm... Maar hy sê nou nie juis hoeveel 45-skietwond slagoffers hy al behandel het nie.
Volgende ding wat ons gaan hoor, is dat Dawid vir Goliat met 'n 45 geskiet het.
Vir die wat nog onvertroud is met handwapens: Alle gewone handwapenkalibers, in maklik draagbare, versteekbare handwapens, is maar uiters powere stoppers. As jy effek wil hê, gebruik 'n 12Br of Geweer.
Al die paramedici en chirurge wat ek al mee gepraat het, kon nie volgens die koeël-wonde op die pasiënt bepaal, met watter kaliber hulle geskiet is nie. Dus, die gate lyk dieselfde, binne en buite. Wat wel saak maak, is die skootplasing.
Daar is Amerikaanse statistieke oor die hospitalisasie van skietwond-slagoffers. As ek reg onthou, loop dit ongeveer so: Uit elke 10 skietwond-slagoffers, het slegs 6 in die hospitaal oornag. (Dus, 4 is behandel en dadelik ontslaan.) Van die 6, het 3 langer as 1 dag in die hospitaal gebly en 1 is dood.
As ons 'n analogie met tipiese jagomstandighede kan maak: 'n Gemiddelde persoon weeg so 70 tot 80 kg, dieselfde as 'n mooi rooibok ram. Wie dink 'n 9mmPara, .40S&W of 45ACP is geskikte kalibers vir algemene rooibokjag? Ek dink almal sal saamstem, dat ons eerder iets soos 'n 243W, of groter, behoort te gebruik. Ja, ek het hulle ook al met 'n 357 Magnum en 44 Magnum gejag, maar skootplasing bly kritiek.
Kom ons skei die feite van die fiksie. Handwapens is uiters oneffektief, daarom moet ons kompenseer met beter behendigheid en skootplasing, saam met met soveel skote op teiken ("vitals") as moontlik.
En nee, ek gaan nie nou my 45's weggee of verkoop nie. Maar dis net goeie pistole, nie toor-goed nie.