help met beeste

Post Reply
Kerneels

help met beeste

Post by Kerneels »

Goeie naand almal.
Jamer ek vra nou die vraag op die jagters forum maar ek ly af van julle is ook boere.

Ons beeste is in n baie swak kondesie ons voer hondermis en lek en melasa.
Wat kan ek nog doen..?
Ek wil ook babala plant. hoe lank kan ek die beeste daar in jaag en hoe gereeld?

Baie dankie,
Danie Lombard .243

Re: help met beeste

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo Kerneels

Van babala weet ek nie veel nie maar van beeste nogal baie. Jy moet uiters versigtig wees as jy hoendermis voer. Onthou om jou beeste met 'n baie goeie top gehalte enststof teen lamsiekte in te ent. Daar is soms dooie kuiken/hoender materiaal in die hoender mis en as jou beeste van dit inkry is dit nag. Sorg ook dat die mis droog is. As jy kan, voer kuiken mis eerder as volwasse hoender se mis, stukke beter. Kuiken mis is so te se skoon meel.

Waar in die land is jy vandaan? Droog by julle?

Danie
Kerneels

Re: help met beeste

Post by Kerneels »

ek is hier in Noord Transvaal, Nylstroom.
Dis lekker nat hier, ons groot voordeel is ons het n rivier wat reg deur die jaar loop.

Maar ons reen is bietjie laat die jaar en dis hoekom die beeste baie swaar trek,
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: help met beeste

Post by Wismit »

Die hoendermis moet goed gesteriliseer ook wees.

Probeer ook "kalorie 3000" (molasa in poeier form). Meng dit met enige iets en beeste sal kondisie optel. Doseer ook maar vir wurms en ander parasiete.
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
Danie Lombard .243

Re: help met beeste

Post by Danie Lombard .243 »

WISMIT

waar wat jy see oor kalorie 300 asook inwendige parasiete.

Kerneels, Oorweeg dectomax  of  cipla agrimed se ivermectin, ivotan ook goed. Dit moet makroselitiese laktone bevat.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: help met beeste

Post by Raven »

Kerneels,
Kalorie 3000 werk goed vir my ook.
Ek spuit gewoonlik ook Vitamien A voor die reen tyd kom(lees winter maand).
Jy se dis nat en droog?? Weet nie mooi of ek dit verkeerd lees nie, maar onthou dat bakterie(wat help met vertering) in 'n bees se maag 2 weke vat om van droog na groen oor te skakel, en dan verloor koeie redelik gewig en lyk sommer kroes(nie glad haar).


Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: help met beeste

Post by Yalair »

Kerneels
Moet nie 3kg/bees dag oorskry met hoendermis, watter lek gee jy
Hoendermis kan baie siektes veroorsaak -ionofoorvergiftiging,lamsiekte,salmonella,mikotoksien besmetting ens, as die mis nie gesteriliseer is nie wil ek jou aanraai om weg te bly, al is dit gesteriliseer is ionofore, koper ens nie afgebreek nie en kom nogsteeds voor, koeie kan selfs gesteriliseer raak deur te hoe vlakke hoendermis te voer so wees versigtig, pasop vir dooie hoenders/kuikens in die mis, soos die ander noem spuit vir parasiete, lamsiekte en beperk inname, voer van hoendermis beperk ook bees se inname van gras/ruvoer en kan hulle eerder gewig verloor as optel met voer van hoendermis.

Sterkte
Ben
Last edited by Yalair on Mon Oct 25, 2010 9:07 am, edited 1 time in total.
eend-vêr
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sat Mar 23, 2013 9:57 pm

Re: help met beeste

Post by eend-vêr »

Hallo Kerneels en Danie.

Graag wil ek ook 'n klip in die gesprek ingooi, en vra of julle weet of die voer van kuikenmis dalk aborsies by verse kan veroorsaak. Ons voer ongeveer 1.5kg per bees per dag. Ons het gespuit vir lamsiek.

Dankie vir julle antwoorde sover, dit het alreeds 'n paar ander vrae beantwoord.

Groete
Riaan
Danie Lombard .243

Re: help met beeste

Post by Danie Lombard .243 »

@ eend

Ek glo nie hoendermis sal aborsie by verse veroorsaak nie. Bruselose (besmetlike misgeboorte) is meeste van die tyd die oorsaak van aborsies by verse veral by eerste dragtigheid. Daarna kalf hulle meeste van die tyd normaal. Dit is groot ellende by 'n bees kudde en erg aansteeklik.

Ander oorsaak kan ook BVD wees wat 'n geslags oordraagbare siekte by beeste is. Mens kan vir dit in ent.

As een of twee verse aborteer is dit soms normaal, beeste stamp en stoot mekaar lekker rond by die suip krippe en lek bakke en so kry die fetus soms beserings en die vers/koei aborteer. As daar 'n klomp aborteer is dit liefs beter om met 'n veearts daaroor te praat. Dit kan 'n siekte wees.
Post Reply