Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post Reply
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by Johan Reyneke »

Ek soek bietjie raad en hulp met keuse

Beide die teleskope is tans nog beskikbaar by Optics International.

Die 2(4-12x44) is R11 200 en die 3(4-16X50) R15 500

Ek wil my Vortex Diamondback(4-12X40) op my 243 vervang met een van die, of dalk die Monarch3 (4-16x50sf) op die 30-06 skuif na die 243 toe, maar is die addtionele R4300 die moeite werd om te betaal.

Ek gebruik die 30-06 meer vir jag as papier skiet, terwyl die 243 vir klein wild en papier gebruik word, maar meer papier en backup.

As daar enige iemand is wat altwee al gebruik het, en wat is jou opinie.

Dankie by voorbaat
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3649
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by Fanta300 »

Ek het die II gehad maar kon nie regkom met hom nie. My oë wou nie verder as 200m mooi focus nie en die II het nie paralaks verstelling nie. Soos ek verstaan het die III wel paralaks verstelling maar hy het weer nie die remote knoppie wat jy enige plek op die kolf kan monteer om die range finder te aktiveer nie, wat die II wel het.

Ek moet sê die II wat ek gehad het se range finder was baie akkuraat.

Sterkte met jou besluit.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by Blackie Swart »

Middag Johan
Jy kan maar daai Elaminator 3 koop.Het self een op my 243 en is nie een dag spyt nie. Die 3 sy liggie op die kruishaar kan ook dowwer stel wat die 2 nie kan doen nie.Glo my dit is n pluspunt as jy wil nagjag doen. Gebruik die outjie nou vir jakkalse skiet. Loop soos n droom.
Groete
Blackie
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by Johan Reyneke »

Dankie Blackie

Ek dink jy het my gehelp om 'n besluit te maak
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by Blackie Swart »

Johan bly om te help.Praat maar as daar nog iets is
Groete
Blackie
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by katjak »

Blackie, ek soek jou nr. ek wil jou gou bel om oor daai scope te praat. bussines card hom vir my na 0 agt 2 sewe 909 drie vyf 4. Katjak
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by Johan Reyneke »

Ek moet Optics International 'n pluimpie gee vir hulle diens

Doen navraag so 19:00 oor beskikbaarheid, en wie gebruik hulle vir aflewering.

30 Minute later kry ek email terug met al die antwoorde, gelukkig gebruik hulle nie SAPO nie maar koeriers.

20:00 is my bestelling geplaas en doen die betaling

20:30 email aflewering sal Dinsdag of Woensdag wees.

'n uur en 30 minute van eerste navraag tot antwoord dat bestelling amper op pad is. DIT IS DIENS
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by katjak »

Hulle se jy moet jou geweer op 100m en weer op 500m zero. nou hoe klein moet jou groepe op 500m wees om die scope 100% reg in te stel. Sal n 6dm groep goed genoeg wees, of sal hy kleiner as dit moet wees.
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by Johan Reyneke »

Hy is afgelewer, en nou sit ek in Pretoria weg van die huis af, en kan nie eers aan hom vat voel nie.

Hoe jeuk my g@t nou om daai scope vas te hou en te speel.

Sal seker maar moet wag tot more aand wanneer ek weer by die huis is.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by cassie_calvinia »

katjak wrote:Hulle se jy moet jou geweer op 100m en weer op 500m zero. nou hoe klein moet jou groepe op 500m wees om die scope 100% reg in te stel. Sal n 6dm groep goed genoeg wees, of sal hy kleiner as dit moet wees.
dit gaan oor die bullet drop op 500m. nie oor groepering nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by Piet Breedt »

Ek het ondervinding van beide die 2 scopes en kan julle help met die verstelling en kalibrasie.

Al wat ek verlang is die koeel waarmee jy skiet, sy BC en die spoed waarteen jy dit skiet, sowel as die hoogte van die middel van jou scope tot die middel van jou loop.

Ek werk uit wat is jou val op 750 yards met die III, en op 500 yards met die II, dan gee ek vir jou baie naby aan wat jou kalibrasie verstelling moet wees.

Hulle verstel eintlik baie maklik en eenvoudig.
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by Johan Reyneke »

Dankie Piet,

Ek gaan dalk van jou aanbod gebruik maak in die toekoms, want ek sien 243 se 87 vmax nie op hul tabelle nie.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
immelmanw

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by immelmanw »

Johan Reyneke wrote:Ek soek bietjie raad en hulp met keuse

Beide die teleskope is tans nog beskikbaar by Optics International.

Die 2(4-12x44) is R11 200 en die 3(4-16X50) R15 500

Ek wil my Vortex Diamondback(4-12X40) op my 243 vervang met een van die, of dalk die Monarch3 (4-16x50sf) op die 30-06 skuif na die 243 toe, maar is die addtionele R4300 die moeite werd om te betaal.

Ek gebruik die 30-06 meer vir jag as papier skiet, terwyl die 243 vir klein wild en papier gebruik word, maar meer papier en backup.

As daar enige iemand is wat altwee al gebruik het, en wat is jou opinie.

Dankie by voorbaat
Ek het vandag n Eliminator II teruggekry van n vriend wat hom nie meer wil he nie. Nog in sy boks. Beskikbaar teen R9000. E-pos vir Divan@so.co.za
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by katjak »

Piet. Gaan defnitief van jou aanbod gebruik maak. Sal jou na die naweek kontak met al die besonderhede
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by Piet Breedt »

Jy kan my bel op nul 82 555196nul.

Ek gaan die hele Saterdag 22ste en n groot deel van Sondag die 23ste in n vergadering wees. Ons beplan die SA Ope en die Jaggeweer wereldkampioenskappe wat ons in Augustus wil aanbied in BFN
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by 30-06 »

Ek het 'n probleem en sal graag wil hoor of julle my kan help.
Ek het die III en sukkel bietjie met die trajek.

Ek skiet bietjie hoog op 200 maar laag op 400.

Waar stel ek die probleem reg?

Hoor graag wat julle se.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Burris Elimanator II vs Burris Elimanator III - Keuse

Post by BLOK »

Gister die artikel raak gelees, het gedink vir die wat nog nie so scope gekoo het nie kan dit waardevolle inligting wees.

http://www.longrangehunting.com/article ... view-2.php
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Post Reply