Teleskoop vir 30-06
- BennieO
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Thu Feb 06, 2014 8:34 am
Teleskoop vir 30-06
Goeie dag almal
Ek het 'n CZ550 lux in 30-06 aangeskaf. Ek wag nou net vir die lisensie. Ek het 'n Lynx LX 6x38d. Sal dit werk vir die roer totdat ek iets beter(meer veelsydigs) kan aanskaf. Ek probeer om ten minste 1 x bosveld en 1 x vlakktejag per seisoen te doen. Wat se glas stel julle voor wat nie die bank sal breek nie?
Groete
Bennie

Traditions Vortek .50 (Swartkruit)
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Teleskoop vir 30-06
Nikon se prostaff 4-12x40 is goeie waarde vir geld. Jy gaan kyk na so +-R2500 ek het so teleskoop op my 30-06
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Jakes73
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm
Re: Teleskoop vir 30-06
Bennie,
ek het 'n Leupoldt 3-9x40 op my 30-06 maar ek vind hy hardloop uit vergroting as jy hier by 200m rond begin mik, die x9 vergroting is so bietjie min vir my oe. Ek's in die mark vir 'n Nikon Monarch 4-16x42 wat ek dink die job vir vlakte jag ook mooi sal kan doen.
Jaco

DJC
- Full Member

- Posts: 121
- Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm
Re: Teleskoop vir 30-06
Dagsê Bennie,
Praat eintlik uit my beurt uit want ek is nog maar 'n beginner, het ook so kort rukkie gelede 'n teleskoop vir my 30-06 gesoek, lank my huiswerk gedoen en baie vrae gevra. Het toe vir my 'n Burris Fullfield ii 4.5-14x42 Ballistic plex aangeskaf vir onder R3300. Het nog nie deur baie scopes in my lewe gekyk/jag nie, het al vortex viper, Nikon, baie ou tasco en 'n nog ouer Pecar Berlin gebruik (al die scopes was ander manne s'n), die Burris wat ek gekoop het lyk/kyk regtig baie goed en is in my opinie BAIE goeie waarde vir die geld wat jy betaal (sal nie sê die beste op die mark nie want ek het nie daai kennis nie). Hoe ek die ding vir myself uit gepluis het is die volgende; ek gaan nie 'n massiewe klomp wild elke jaar jag nie en ek gaan nie nag-oes en elke aand jakkalse skiet en sulke goeters doen nie dus het ek, vir eers nie 'n R8000+ scope nodig nie. Daarom sê ek kyk gerus na Nikon, Vortex, Rudolph, Burris, Redfield, vra raad by almal wat wil praat en doen jou huiswerk oor kruishare ens, maar die belangrikste is gaan winkel toe en kyk deur die scopes en besluit dan van watse een JOU oog die meeste hou. Ek sou ook sê dat jy nie die goedkoopste scope van 'n reeks moet vat nie want daars 'n rede hoekom bv. die goedkoopste vortex R2500 kos en die duurste vortex R10 000 + kos. Daars natuurlik niks fout, in my opinie, daarmee dat jy eers die scope wat jy het gebruik en jou geweer baie goed leer ken terwyl jy op jou tyd geld spaar en die regte scope soek, moenie haastig raak nie. Sjoe nou het ek baie gepraat en eintlik wou hierdie beginner maar net sê dat ek nie kon fout kry met my Burris nie. Gebruik net geduld en leer ken jou geweer goed en shop rond en die regte scope vir jou oog en jou sak sal oor jou pad kom.
Groete,
Dirk

mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Teleskoop vir 30-06
Bennie 6x vaste vergroting gaan jou so bietjie knielhalter in die bos met die nil kwes!? Kyk maar soos die manne se 3-9 of so iets ? Burris is goeie waarde vir geld!
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Teleskoop vir 30-06
Ek het ook die 3-9x40 leupoldt op myne, ek jag net bosveld, maar jy sê spesifiek jy wil vlakte ook jag, dan sal ek ook soos FCloretz sê gaan vir die Nikon se prostaff 4-12x40, jou ander vereiste was prys, teen daai prys breek jy nie die bank nie en sit met 'n veeldoelige en goeie scope wat lede op die forum net goedpraat.
J1
J1
- BennieO
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Thu Feb 06, 2014 8:34 am
Re: Teleskoop vir 30-06
Dankie vir die raad sover, ek het nogal gedink aan iets 4-12 en 50mm is ook oordoen, dink ek.
Traditions Vortek .50 (Swartkruit)
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
- Wismit
- Hero Member

- Posts: 576
- Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm
Re: Teleskoop vir 30-06
Lynx 6-24x42
Idiaal vir bosveld en vlakte skiet
W.S
Idiaal vir bosveld en vlakte skiet
W.S
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Teleskoop vir 30-06
Wismith wat kos so 'n outjie?
J1
J1
- Wismit
- Hero Member

- Posts: 576
- Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm
Re: Teleskoop vir 30-06
Ek het myne so maand terug gekoop vir R4200.Jake1 wrote:Wismith wat kos so 'n outjie?
J1
W.S
-
DJC
- Full Member

- Posts: 121
- Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm
Re: Teleskoop vir 30-06
Bennie, ek dink Nikon prostaff is goeie kwaliteit, ek het net nie baie van die kruishaar met die kolle gehou nie daarom het ek eerder vir die Burris gegaan.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Teleskoop vir 30-06
Daai is die BDC kruishaar, ek hou ook nie persoonlik van Nikon se BDC nie. Maar die Nikoplex kruishaar is vir my 'n lekker kruishaar.DJC wrote:Bennie, ek dink Nikon prostaff is goeie kwaliteit, ek het net nie baie van die kruishaar met die kolle gehou nie daarom het ek eerder vir die Burris gegaan.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Teleskoop vir 30-06
Kan iemand dalk paar prentjies opsit van die gewildste kruishare wat julle gebruik vir bosveldjag versus vlaktejag? Dit sal handig wees vir diegene wat 'n beter idee wil kry hoe die betrokke kruishare lyk. Dankie by voorbaat . . .
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Teleskoop vir 30-06
zeiss terra 4-12x42
https://www.safariandoutdoor.co.za/item/images//stock/small/522711.jpg?=1383902856
https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... 2_20_zplex

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- AFRICAN LEADWOOD
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am
Re: Teleskoop vir 30-06
3-9x
2.5-8x
3-10x
Dit is maar die tipe kombinasies waarvan ek hou vir vlakte en bos. 6x kan werk in die bos, maar is soms net daai bietjie te veel.
Hier is reeds goeie aanbeveelings en jy moet maar probeer omdie teleskope te gaan kyk sodat jy self besluit.
Kyk na Sightron - hulle word min genoem en is 'n goeie alternatief wat nie te duur is nie.
Ook Vortex en Leupold se VX3.
Zeiss Terra.
Dan het ek twee Rudolph H1 3-9x40's. Een het ek gekoop as 'n back-up en hy was toe so R1900 as ek reg onthou (my eerste het ek iets soos R3600 of R3700 voor betaal!). Ek het hom onlangs op 'n 300 WM gesit omdat my monterings moes verander en ek het 'n 25mm buis nodig gehad.
Hy het sy Zero gehou en beeld is nie te swak nie. Ek het hulle al getoets teen die VX-3 op resolusie kaarte en vir my oë was daar min verskil op 100m in goeie helder daglig (belangrike punt).
Sy verstellings is vir my nie lekker positief nie - die klieks voel nie vas en sonder backlash ens. Maar ek het hom ingestel en hy skiet goed. Ek sal nie daardie model van my probeer op en af dial nie, maar as jy 'n teleskoop soek wat sal hou en waarmee jy hoofsaklik op korter en medium afstande gaan jag kan jy hom oorweeg.
Die neiging deesdae is na baie groot occular lense (aan die oog kant nie die tromp kant nie). Dit is vir my jammer want die teleskope moet dikwels hoog gemonteer word om nie in die pad te wees van die slothandvatsel nie. Dit is 'n probleem vir my met die Rudolph en ander ook. Die VX-3 is nie 'n probleem nie. 'n Mens moenie te vol stories wees teen die H1 se prys nie. Ek hou van die teleskoop so laag moontlik so dit pla my, maar ander sal dit moontlik nie 'n probleem vind nie.

Dankie
Ek hou nogal van die idee van die BDC kruishaar vir vlaktes maar dit moet nie hinder in die bos nie. Ek het nog nooit self deur so een gekorrel nie. Ek ken slegs die Mildot wat ek op 'n swartkruit roer het en hy pla nie in die bos nie.
Wie ken die 4-12x42 Redfield revolution en 4-12x42 Redfield revenge? Ek het al goeie goed van die nuwe Redfields gehoor.
Ek hou nogal van die idee van die BDC kruishaar vir vlaktes maar dit moet nie hinder in die bos nie. Ek het nog nooit self deur so een gekorrel nie. Ek ken slegs die Mildot wat ek op 'n swartkruit roer het en hy pla nie in die bos nie.
Wie ken die 4-12x42 Redfield revolution en 4-12x42 Redfield revenge? Ek het al goeie goed van die nuwe Redfields gehoor.
Traditions Vortek .50 (Swartkruit)
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Teleskoop vir 30-06
Bennie van die BDC's is nice, maar ek dink Nikon moet hulle s'n verander.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Wismit
- Hero Member

- Posts: 576
- Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm
Re: Teleskoop vir 30-06
Hier is my Lynx 6-24x42 se reticle vir bos en vlakte. Vir my werk hy soos `n bom.
Gezero op 100m, eerste dot op 200m en tweede dot op 300m.
Het nog nie verder afstande geskiet met hom nie.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Teleskoop vir 30-06
van Nikon se kruishare Ek het die fine crosshair op my prostaff
http://www.bearbasin.com/reticles.gif
http://www.bearbasin.com/reticles.gif
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Teleskoop vir 30-06
Kyk na die lynx vir die Vrou se 223
Lyk na waarde vit geld met die 24x vergroting
Smirre
Lyk na waarde vit geld met die 24x vergroting
Smirre
-
krobar
- Newbie

- Posts: 27
- Joined: Thu Feb 06, 2014 3:56 pm
Re: Teleskoop vir 30-06
Burris se FF2 3-9x40 kort ook 'n kykie. Ek het hom al langs 'n Zvarovski, Leopold en Lynx getoets, en vir ons toestande, is dit die beste waarde vir geld.
Weihrauch HW100 T & S, altwee 4.5mm
Air Arms S500 5.5mm
Sako Vixen .222 Rem
Browning X-Bolt .270 Win
Tikka T3 .30-06 Spr
Sauer 200 .30-06 Spr
Sabatti CTS 12ga
Perazzi Grand Italia 12ga
He that dies with the most toys, wins...

- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: Teleskoop vir 30-06
Ek het Redfields op al my gewere en is baie gelukkig met hulle. Goeie waarde vir geld. Ek het die 4-12X42 op my 30-06 en skiet goed tot met 300m.BennieO wrote:Dankie
Wie ken die 4-12x42 Redfield revolution en 4-12x42 Redfield revenge? Ek het al goeie goed van die nuwe Redfields gehoor.
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
- BennieO
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Thu Feb 06, 2014 8:34 am
Re: Teleskoop vir 30-06
Nickvn
Het jy die Revenge of Revolution? Wat is die verskil?
Het jy die Revenge of Revolution? Wat is die verskil?
Traditions Vortek .50 (Swartkruit)
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Teleskoop vir 30-06
krobar wrote:Burris se FF2 3-9x40 kort ook 'n kykie. Ek het hom al langs 'n Zvarovski, Leopold en Lynx getoets, en vir ons toestande, is dit die beste waarde vir geld.
Appels!!!
- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: Teleskoop vir 30-06
BennieO wrote:Nickvn
Het jy die Revenge of Revolution? Wat is die verskil?
Ek het die Revenge.
Sien www.redfield.com
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)