Wit en Swart kwas Muishonde

Post Reply
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Wit en Swart kwas Muishonde

Post by Cobus(Cobb) »

Ek het al gewonder of die 2 ooit meng...hulle is meestal in paartjies maar ek het nog nooi 'n wit en swart bymekaar gesien nie.
Dis ook vir my asof die witkwas meer voorkom.
Wat het julle al met die Muishonde beleef??
Sal julle positiewe insette waardeer

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Wit en Swart kwas Muishonde

Post by Dawie Malan »

Cobb

Ek het 'n paar witkwasmuishonde op my plot wat ek om die dood nie geskiet kry nie en hulle eet my hoenders. Ek het al vir hulle strikke gestel in die verlede en gevang, maar die gras groei nou so vinnig (na weer 200 mm hierdie naweek) ek kry nie hulle paadjies nie.

Ek soek 'n roep wat werk vir hulle.

Groete vir Deef

Dawie
Post Reply