Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl

Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl

Post by Dawie Malan »

Ian

Ek dink jou teorie hou 'n waarheid in. Ek boer nou 17 jaar wild en my pa het bees geboer van ek kon onthou. 'n Dier wat se gestel af is word maklik geteiken deur myte, luise en bosluise. En ek sit dit nie verby 'n jakkals wat 'n bedwelmde rot geeet het nie. Veral die kleintjies wat nog leer jag - soos op jou foto.

Gerhard

Nadat ek jou eerste post gelees het het ek ook gewonder oor jou trant. Maar jou tweede post het dit bevestig. Baie ouens op die forum verskil van my ook. Maar mens vat dit mos soos 'n gentleman, man.

Groete

Dawie
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Brandsiek Jakkalse - Agter die kap van die byl

Post by JK »

Ek het hier ondervind die jakkalse kry die brandsiek in bogemiddelde nat jare. Een van die brakke was by een dag toe ek een gekry het en het die jakkalse bygekom. Hy het die myte opgetel en moes gedokter word.

Daai jakkelse word baie maer en swak, en vrek seker later, en hulle lyk soos vlakvarke ;D

n Paar jaar terug het die jakkalse teen die Namib kus ook dit opgetel. Niks te doen seker met reent te doen daar nie ;D . As die getalle genoeg is en die myte is daar sal dit verspei totdat kontak/getalle min genoeg word?.
Post Reply