Vortex fokus probleme?

User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Vortex fokus probleme?

Post by James Wilson »

Nadat ek al n geruime tyd hierdie forum dop hou het ek besluit om aan te sluit. dit is eindelik vreemd om in Afrikaans te tik maar tog so lekker.  ek vind die kommentaar op die site as waardevol en deurdag.dit is dus met groot vrymoedigheid dat ek my eerste topic ,hier begin en is ek seker ek gaan waardevolle inligting terug kry. ek is al jare op forums maar sien ek regtig  daarna uit, om met "my kerk se mense" te gesels.


ek het in Julie van 2010 vir my n vortex viper 6.5-20x50 gekoop. die teleskoop is baie helder en werk maklik. dit het n paralax verstel knop en gebruik ek dit veral as ek op die baan skiet. ek kry goeie groeperings met die scope en reageer hy dadelik as ek stel aan hom. en is die verstelling wat ek doen in lyn met die verandering wat ek dan daarna met die volgende skoot sien.

my probleem is egter dat ek glad nie in die nag met die scope reg kom nie. as ek ogies sien moet ek fokus stel. of agter by die eye relief of by die paralax knop.  sodra ek wel die fokus in kry is dit maar weer dieselfde storie as ek na n ruk weer ogies sien. ek hou die scope op n 8x vergroting en die paralax op 150m of 200m. maar elke keur moet ek vreeslik verstel. ek het al ook gevind dat ek in n mindere mate hierdie probleem in die dag ervaar.  my jagmaats het verskillende menings oor wat hier aangaan. party meen die scope oorkompenseer en is meer vir dag jag oor ver afstande. ander wil weer niks weet van n varaible  scope nie. en van my vriende se hy het dieslfde probleem met n scope gahad wat so veel sy paralax kan stel. dit is my eerste scope met so n paralax verstelling my ander gewere het fix 8x vergrotings en klaar. en hulle is altyd glas helder.onlangs het ek  aan n jaggeweer skiet deel geneem . daar was baie jagters en daar ontmoet ek toe twee manne wat baie ontevrede is met hulle vortex scope's. altwee noem fokus of die probleem om vinnig te fokus of die verloor van fokus na n ruk, as n probleem.   

ek se weer, ek is verder baie tevrede met die scope maar wonder wat se meer ervare mense oor my kwessie? of is daar ander wat ook met n vortex sukkel.

n.s kry n mens n Afrikaanse spelchecker?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Vortex fokus probleme?

Post by Ponkie »

Jagbehep

Niks fout met Oom se spelling! Oom het nie een nodig nie! En as Oom iets beter in Engels kan verduidelik doen dit so! oom Mac en ander manne gooi hom ook so nou en dan in die engels. Selfs Sir Taffie se "Over teh Walletjie" Engels is 100%. ;D

Ek het egter geen raad oor die Vortex se paralaks probleme nie, behalwe dat ek kan voorstel Oom kan met min of meer dielfde geld liewers 'n Burris koop! ;)

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Vortex fokus probleme?

Post by 243Songdaug »

Jagbehep.

Ek het eers gewonder oor die storie dat Ponkie vir jou Oom s?, maar as ek jou naam so lees kan ek verstaan hoekom die jongman jou "OOM".  Min mense gebruik nof die woord Behep.

Ek is self baie lief vir my groot scopes en paralax is altyd 'n probleem - toets bietjie die infinity setting op jou teleskoop se paralax stelknop - dis die 8 wat op sy sy l?.

In meeste gevalle het hy nog vir my gewerk - behalwe op een van my 6.5-25x50 Lynx teleskope.  As ek met hom in die nag moes skiet het ek sy paraax op 90m gestel en hom daar gelos en die teleskoop was helder.

Laat weet gerus of jy regkom.
Jaco.
Dont tell me, show me......
HVZ
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Wed Jan 20, 2010 4:43 pm

Re: Vortex fokus probleme?

Post by HVZ »

Jagbehep

Ek het n vortex 3-9x40 ek sukkel ook om in die nag te skiet met die scope, die manne het toe vir my gese ek moet die vergroting afdraai in die nag tot so 6x. Ek het nog nie weer met hom in die nag geskiet om die stelling te toets nie. Verder is dit n baie lieflike scope soos jy se.

Lekker aand en welkom op die forum.
Henri
260rem 8x57js brno 12br mossberg
wannaby
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Fri Jul 30, 2010 9:45 pm

Re: Vortex fokus probleme?

Post by wannaby »

243Songdaug
As ek nou hier 'n dom vraag mag vra.
Ek sien dat jy praat van die infinity stelling, beteken dit ek kan my scope daarop los sonder om verder aan die parralaks stelling te verander (dws naby sowel as ver skote) ek het eerlik waar gedink dat mens die verstelling net gebruik vir skote verder as waarvoor die scope afgemerk is. Ek het wel agter gekom dat my beeld oorwegend helder is op ver sowel as naby afstande (ek sou verkies om nie gedurig te hoef stel nie
ek weet ook dat parralaks  eers 'n rol begin speel by vergrotings groter as so 9 of 10) ek skiet oorwegend nie by 'n groter vergroting as 10 nie
Hoor graag van jul geleerde manne
groete Wannaby
"winning starts with beginning"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Vortex fokus probleme?

Post by James Wilson »

Dankie kerels. ja nee die oom storie is maar n bitter pil, maar ek aanvaar dit in die gees wat dit gese word.

Jaco, ek verstaan wat jy se oor die figuur 8 op die paralax. maar ek het al sowat n maand terug vir Vortex SA self gebel, en het hul vir my gese die figuur 8 is die" infinty" maw die stelling vir 400m en verder die ewigheid in. die skakel persoon het my ook laat verstaan dat dit, die laaste stelling is, waarop ek die scope moet stel vir nagskiet.

Henri, ek kan verstaan dat iemand vir jou sal se dat jy moet kyk na n 6x vergroting op jou Vortex. maar vir my beteken dit net eenvoudig dat daar iets verkeerd is met die scopes wanneer ons praat oor nagskiet. my 8x44 Lynx op my 308 is altyd glas helder. nou hoeveel te meer moet n 50 objective dan nie wees nie. jy is nou die soveelste persoon wat se iets is nie reg met die vortex in die nag nie.

my probleem is, ek is te dom om dit in praktiese terme te verduidelik, aan n kundige persoon.  maar nie so dom om te besef, iets is nie reg nie. ek het al die scope van my, op die laagste verstelling(6.5x) gesit maar die probleem hou nie op nie. as ek ogies in die nag sien, dan lyk dit eenvoudig of die beeld geblur is. ek sien soms 3 of 4 stelle ogies bo-op mekaar, so verwring en uit fokus is die beeld. nou my opinie is: dat met so n tipe vergroting scope, moet die beeld nie net goed wees nie maar eindelik fantasties. die waarheid is egter die teenoorgestelde. in die nag is hierdie scope net problematies. my goedkoper scopes doen heelwat beter.

ten spyte van dit, hoop ek nog steeds dat dit eenvoudig my onvermoe is om die "goeie": scope reg te verstaan.   maar ek twyfel. sedert ek hierdie boodskap geplaas het , het ek op hierdie selfde forum en onderwerp iemand gesien wat se, hy sukkel met die soort scopes op sy 8x57 Mauser, spesifiek vir nagskiet???.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Danie Lombard .243

Re: Vortex fokus probleme?

Post by Danie Lombard .243 »

Dagse Jagbehep

Ai tog man, ek kan net dink hoe jy moet voel oor iets wat nie wil werk nie maar tog moet werk.

Mens moet tog een ding altyd onthou met scopes wat 'n parralaks verstelling het. Hul is altyd uit fokus op 'n bepaalde afstand en in fokus op die afstand waarvoor die parralaks gestel is bv. mooi helder gefokus op 200m maar dof op 100m en 300m.
Dit sal dus eerstens raadsaam wees om die scope te toets. Voor jy die scope toets, maar seker dat die agterste lens vir jou oog fokus vermoe reg is. Ek kry maadeliks maters wat dink hul agterste lense is reg getsel maar dan is dit nie die geval nie. Verskoon my as ek dit nou vir jou gaan verduidelik, dalk weet jy hoe om dit te doen. As jy nie weet nie is dit nou tyd om met aandag te lees. Meeste van die scopes se probleem le by die agterste lens se stelling. Hoekom? As jy in die nag na die teiken in jou geval na die ogies kyk weet jou oog en brein nie om op watter diepte van veld te fokus nie. Die kruishaar of die ogies? As jou kruishaar en agterste lens nie perfek gefokus is nie dan wil jou oog dit regstel, terwyl jy nou kyk na die ogies en nou moet jou oog weer fokus op die ogies wat nou net gefokus was op die geblurde kruishaar. Dit is 'n hele ?$%^"&.

Draai die agterste lens regs om todat dit bottom teen die tube van die scope. Gaan na buite, NB waar dit veilig is en nie waar bure jou kan verkla van wapen rig nie. Kyk na die blou helder hemel ruim na bo deur die scope terwyl die geweer geskouer is soos vir skiet. Jy sal opmerk dat jou kruishare dof en uit fokus is. Hoe langer jy na die kruishare kyk hoe beter begin hul vir jou lyk. Dit is nou hier waar die probleem le. ONTHOU dat jou oog kan fokus sonder dat jy beheer het oor dit. Jou agterste lens se fokus diepte moet juis vir jou oog gestel word. Kyk nou regs of links verby die lens van die scope, nie deur die scope nie, met die geweer steeds in jou skouer. Stel die agterste lens met half draaie na links m.a.w. uit draai. Kyk nou weer na die kruishare. Moenie weke kyk nie, so 2-4 sekondes. As die kruishare steeds dof en geblur voorkom, kyk weg en doen weer die kyk verby en draai na links stap. Doen die toets todat die kruishare perfek swart, helder en gefokus lyk teen die blou hemel ruim. As dit bereik is, gaan dit met aandag na deur weer verby die escope te kyk en dan skielik in die scope in te kyk. Maak klein verstellings en draai knertse na links of regs todat die kruishare PERFEK fokus. Die kruishare moet onmiddelik helder en gefokus wees as jy SKIELIK in di ecope in kyk.

Nou is jou agterste lens reg en jou kruishaar is gefokus en jy kan nou met gemak fokus op die teiken. Nou kan jy die scope toets.
Het jy toegang tot 'n skietbaan/skietplek waar jy in die nag kan toetse doen?

Doen die volgende. Op 200m sit 'n wit papier teiken op. Plak vir jou 'n klein 5X5mm tot 10X10mm reflecting tape glim plakker op die papier. Neem stelling in op 'n skiet bench oor jou dooie rus sakke. Laat 'n maat vir jou die teiken verlig met 'n skietlamp, maar hy moet nie agter jou staan nie maar langs jou. Daar mag geen lig van agter in die scope inskyn nie. m.a.w. jy moet in die donker wees. Stel die vergroting op so 6X - 8X. Stel nou jou parralaks knop terwyl jy deur jou scope kyk op daai geel glim plakker todat hy deur die scope bakgat lyk.
Stel nou jou geweer in m.a.w. zero hom op 200m. ONTHOU as jy in die nag wil jag moet jou scope in die nag ge zero wees en nie in die dag nie. Dag ge zero geweer val uit die bus uit in die nag. Nag ge zero geweer skiet wel kwaai in die dag.

Doen dit en laat ons weet.

Hoop jy kom reg.

Danie
tafjak

Re: Vortex fokus probleme?

Post by tafjak »

Danie

Baie mooi verduidelik en nou weet ek nog meer om van enige parralaks verstelbare scopes weg te bly vir nagskiet! Die jakkalse sal elke naweek net wil kom luister(en natuurlik weet dat hul lewe gespaar sal bly)  hoe ek swets terwyl ek sukkel met die parralaks.

Dankie en mooiloop
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Vortex fokus probleme?

Post by 243Songdaug »

Danie 243!!!

Ek het nou jou raad gelees en weereens besef dat 'n mens oor die tyd baie goed leer en dit iewers in die grysstof b?re en op 'n stadium raak dit vanselfsprekend.  Die verstelling van die agterste lens is al so deel van my werkswyse dat ek dit as vanselfsprekend aanneem.

Die korrekte verstelling van die agterste lens is krities belangrik.  Ek het 'n goeie mater wat altyd my scopes vir my stel - want hy stel vir hom 110% REG. 

Wannaby, ek gaan my die reg om met die verkoopsman te verskil hier toepas.  Ek verstaan die infinity stelling  op die teleskope, maar op twee van die teleskope waarmee ek al gesukkel het het dit baie goed gewerk.  (Lynx en 'n Nico Stirling).

As ek die storie so lees besef ek net weereens dat alles in die lewe ook kompromie gaan - daar bestaan nie 'n ding soos 'n allrounder scope nie.  Elke scope het 'n spesifieke doel waarvoor hy gebou is en waarin hy uitblink.

Mooi dag vir julle manne. 
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Vortex fokus probleme?

Post by James Wilson »

tafjak wrote: Danie

Baie mooi verduidelik en nou weet ek nog meer om van enige parralaks verstelbare scopes weg te bly vir nagskiet! Die jakkalse sal elke naweek net wil kom luister(en natuurlik weet dat hul lewe gespaar sal bly)  hoe ek swets terwyl ek sukkel met die parralaks.

Dankie en mooiloop
Danie dankie vir die raad. ek moet se dat ek tafjak se sentiment deel. lyk my die paralax goed is nie vir vinnige nagskiet nie. ek het al in die nag die scope se fokus op beeste se oe  ingestel maar net sodra daar daarna na n jakkals gekyk word op n ander afstand ,dan is dit weer n gestel vir die wereld. ek dink dat hierde scope "te" goed probeer wees.

verstaan ek julle reg dat, daar waarskynlik nie iets fout is met die scope nie, maar dat dit dalk net te veel stel plekke het vir n ou wat net wil skiet en klaar kry?? ( by n gebrek aan n beter verduideliking) die scope is tans op n 300H&H, en sal daar waarskynlik nie met die geweer verder in die nag gaskiet word nie, maar ek het nie tans my normale nagskiet geweer by my nie. dit is by die geweersmit.ek is tans besig om vir my 308 n ander loop en thumb hole kolf op te sit. watter vergroting scope sal julle vir nagskiet soos jakalse en springbok oes aanbeveel. ek weet daar is beter kalibers vir nagskiet, maar wat moet ek doen, met die wette soos hulle is.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Vortex fokus probleme?

Post by Raven »

Danie,
Nou wat nou gemaak as dit lekker bewolk is die dag, en daar is nie 'n blou helder hemel om na op te kyk nie  :-\  ;D  ;D  ;D :P

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Vortex fokus probleme?

Post by Skolla »

Raven wrote: Nou wat nou gemaak as dit lekker bewolk is die dag,
Raven
Jy weet mos in ons ou w?reld s? jy dan dankie vir die wolke en hoop hulle reen. Stel dan die fokus na die reen, nog dieselfde dag.
Groete
Skolla
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Vortex fokus probleme?

Post by Arnold »

Danie .243 wrote:Hul is altyd uit fokus op 'n bepaalde afstand en in fokus op die afstand waarvoor die parralaks gestel is.
Jammer om nou die kar om te gooi, ek het so tyd terug gelees van ouens wat gekla het oor leupold scopes wat nie in fokus was as hulle parralaks vry gestel is nie. Die scopes is natuurlik terug gestuur.

Parralaks en fokus is nie dieselfde nie, maar mens verwag dat die beeld in fokus is op dieselfde afstand as wat die scope parralaks vry is ...
Danie Lombard .243

Re: Vortex fokus probleme?

Post by Danie Lombard .243 »

Jagbehep

Nou kom ons nader aan die punt en ek verwys na Taff man en en dit wat jy gese het. Courses for horses.

Die tipe Vortex scope wat jy op het is nie vir nagskiet bedoel nie maar meer vir dag papier skiet, al het dit 'n 50mm voor lens. En ja met aanpassing kan dit gebruik word vir nag skiet maar dit is nie die regte outjie vir die werk nie.

'n Nag skiet scope is een wat fixed is met 'n groterige lens voor. 8X56   8X50   6X44   enige scope met 'n 7mm exit pupil dia.

Oorweeg gerus Lynx se 8X56  vir sy prys is daar min wat met hom kan kers van hou in die nag.

Probeer tog net weer die ou Vortex vir 'n laaste keer. Miskien verras hy jou.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Vortex fokus probleme?

Post by James Wilson »

Danie ek sal so maak. ek aanvaar dus op grond van wat julle se dat hierde scope reg is maar nie noodwendig die beste is vir nagskiet nie.

ek is bly, want ek en n paar vriende het verlede week op ons plaaslike skietbaan na  lewensgrote volkleur vlakvark teikens gaan skiet. op 300m kon ek die gate sien wat ek met die 300 skiet. ek moet se ek voel beter noudat ek weet ek sit nie met n foutiewe scope nie. ek het die kombinasie van die 300H&H en die scope juis gekies omdat ons gereeld ver skote in die vlaktes moet skiet. ek dink as ek n ander scope vir die 308 koop sal dit seker weer n Lynx wees.
ek sal tog na iets kyk wat tot n 12 kan vergroot met n 50 of 56 lens. SONDER n paralax. die rede vir die vergroting is dat ek graag aan die jaggeweer skiet kompetisies wil deelneem.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Danie Lombard .243

Re: Vortex fokus probleme?

Post by Danie Lombard .243 »

Jagbehep

Weet en verstaan jou dilema.

Al wat dalk gaan pla is 'n 12X vergroting sonder 'n parralaks. As ek my gedagte reg het, 10X en groter het gewoontlik parralaks.
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Vortex fokus probleme?

Post by Tomcat »

Jagbehep

Jy kan maar luister na n expert soos Danie. Ek wil ook graag n bietjie ondervinding met jou deel. (Die raad het n ruk terug van Taffie af gekom en dit werk soos n bom)

Jy praat van jy sien net ogies, dit klink vir my soos terugkaatsing(glare) van die geweerlig op jou loop en knaldemper in jou teleskoop. Dit maak dat jou sig baie sleg is sommer op kort afstande en dit lyk of die beeld nie in fokus is nie. Daarom sien n ou net die dier se ogies want dit reflekteer.

Met groter vergroting teleskope kan n ou die glare tot n mate uitstel deur die vergroting op te draai, maar dit het ook sy nadele want jou beeld raak swakker agv minder lig wat by jou oog uitkom.

Plak n stukkie insulation tape op die onderkant van die objective lens, maw so van half 5 tot half 8 dwars oor die lens. Die tape moet nie aan die lens raak nie. Nou is min of meer die onderste kwart van die voorste lens toe. Dit keer die glare maar maak nie jou beeld swakker nie. As jy jag karring jy nie met parralaks nie. Jy los hom byvoorbeeld op 200m. As jy die fokus klaar gestel het los jy hom daar en vergeet van hom.

So stel jou paralaks en fokus soos Danie jou gese het. Plak daai tape en jy gaan jou scope nie ken nie. Darem goedkoper as om n ander een te koop.

Groete
T
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Vortex fokus probleme?

Post by Raven »

Tomcat wrote: Jy kan maar luister na n expert soos Danie. Ek wil ook graag n bietjie ondervinding met jou deel. (Die raad het n ruk terug van Taffie af gekom en dit werk soos n bom)
Daar stem ek volkome saam, as die manne praat dan luister ek, Taffie se idee met insolation tape aan onderkant van scope se obejective lens het ek self by die Sir gesien, en nou  jag ek ook met 'n smile  ;)

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Vortex fokus probleme?

Post by James Wilson »

ja nee, die manne wat hier raad deel is kundiges. ek luister met groot konsentrasie. ek gaan die naweek die voorstelle probeer, sal julle maandag laat weet. ek moes lankal by die forum aangesluit het en van die ander forums met hul pretenders gelos het.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Biltongjagter

Re: Vortex fokus probleme?

Post by Biltongjagter »

Jagbehep! skryf:
"ek moes lankal by die forum aangesluit het en van die ander forums met hul pretenders gelos het."

Nou praat jy die naakte waarheid!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Vortex fokus probleme?

Post by Hein M. »

Biltongjagter wrote: Jagbehep! skryf:
"ek moes lankal by die forum aangesluit het en van die ander forums met hul pretenders gelos het."

Nou praat jy die naakte waarheid!
Dit is so waar!  Welkom weereens!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Danie Lombard .243

Re: Vortex fokus probleme?

Post by Danie Lombard .243 »

Ai maters,

Slim is ek nie, het net al lekker gesukkel met roere en kykie pypies.

Voorwaar 'n voorreg om te kan deel op die forum. Hier is altyd raad en daad met alles.

Lekker nameek vir jul kerels.

Danie
wannaby
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Fri Jul 30, 2010 9:45 pm

Re: Vortex fokus probleme?

Post by wannaby »

Jagbehep
Ek het 243Songdong se raad gaan uit toets en dit lyk of dit kan werk. As ek my scope op infinity stel is die beeld naby sowel as ver oral mooi duidelik. Ek het na 'n gong op 200m gekyk en my parralaks op 200m gestel soos ek moet en deur die scope gekyk terwyl ek toe kyk het ek hom aangedraai en hy het bietjie dowwer geword maar by die infinity stelling het hy basies dieselfde helderheid as op 200m stelling gehad.
Die toets het ek in die donker met 'n lig gedoen so verskil in beeld helderheid sal maklik agterkom word.
Die probleem egter is nou of daar parralaks is op die verskillende afstande. Alhoewel my geweer nie in 'n klamp as sulks vasgeklamp was nie kon ek nie op 200m regtig 'n beweging van die kruis optel nie.
Om die rede het ek toe na die gong(100mm by 100mm) geskiet warvan al 5 skote raak was. Daarna het ek ook 'n groepering op 100m geskiet wat so 'n duim was alhoewel ek tot so 15mm groepe kry was hierdie  nie van 'n bench af nie maar uit my skietstoel wat ek glo darem nie heel so steddy soos 'n bench is nie
Selfs al is daar bietjie parralaks is dit volgens my nie van so 'n aard dat jy bv 'n jak sal mis nie, 'n mens moet onthou dat alle scopes sonder parralaks stellings ook parralaks het op al die afstande waarop hy nie gestel is nie. As jy op 'n baan skiet waar die afstande bekend is kan 'n ou nog van die afstand stelling gebruik maak veral as jy van groot vergrotings gebruik maak. Met die infinity stelling sal ek nie met 'n groter vergroting as 10 skiet nie.
Dankie 243Songdong  my scope sal defnitief nou op die infinity stelling bly, ek sal nog steeds bietjie toetse doen bv so op 300m ook
Groete Wannaby
"winning starts with beginning"
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Vortex fokus probleme?

Post by 243Songdaug »

Wannaby

Ek is bly ek kon help - dis hoekom hierdie forum so goed is - niemand hier is suinig met raad nie en ons is ok nie te trots om te erken as ons 'n fout gemaak het nie.

As ek jag of jakkals skiet is my teleskope gewoonlik maar op infinaty gestel, op die baan met die bekende afstande is dit natuurlik 'n ander storie.  Het tans 'n VXL op my 243 en daai teleskoop is fantasties!  Sy paralax verstelling neuk nooit nie as jy hom aangooi is hy daar!  Van 50m tot hoe ver ek ookal dink ek nodig het om te skiet - net so af en toe moet die die sidefocus so kleinbietjie woel maar dan is hy weer goed.

Mooi aand.
Jaco
Dont tell me, show me......
wannaby
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Fri Jul 30, 2010 9:45 pm

Re: Vortex fokus probleme?

Post by wannaby »

243Songdaug
Weereens dankie vir die raad. Jammer dat ek jou naam so opgeneuk het ek het nie weer die spelling gekyk nie. Ek wou nou nie regtig hier op die forum noem nie maar ek het nou 'n mtc viper scope 6-24x56
en ek weet hoe uitgesproke van die manne oor die cheapies is maar ek moet ter verdediging s? dat ek eers
3-9x50 leupold vx 1 gehad het en waar ek voorheen  baie gesukkel het om 'n dier te identifiseer op 200m plus dit nie met die viper die geval is nie ek moes net taamlik met die parralaks ronspeel om 'n mooi beeld te kry maar dit het jy nou vir my opgelos. Ek het egter nog nooit 'n swaarrof of iets soortgelyk gehad of kon bekostig nie so ek ken nie van beter nie maar nou moet ek tong in die kies s? dat die 2 swaarofs waardeur ek al gekyk het nou nie juis my voete onder my uitgeslaan het nie. Ek en 'n vriend met 'n nightforce het nou een aand scopes vergelyk en hy het deur my scope gekyk en saamgestem dat my mtc darem nie R 17000 swakker kyk as syne nie(ek weet jul manne sal my seker nou nail) Wat wel nou nog 'n vraag is is of hy sy zero gaan hou, dit kan ek ongelukkig nie s? nie ek het wel al so 250 skote skote met hom geskiet en nog niks gestel daarna nie hy  hou sy zero perfek (sover) ek het wel al die scope baie klieks opgestel vir verder skote en dan was hy weer perfek op die regte hoogte as ek terug stel. Net die tyd sal leer of ek 'n fout gemaak het maar intussen het ek darem tyd om te spaar vir een van daai groot naam menere maar nou vra ek maar net aangesien ek net by myself jag as die donkie die ploeg trek hoekom sal ek 'n perd kry (nou moet ek darem by s? dat my gat verskriklik gou jeuk en dat ek van 1997 tot nou al 6 scopes op my 243 gehad het waaronder 'n 3-10x50 vx3 sy eyerelief het my weer rond geneuk) Dus sal ek maar die viper vir julle ouens toets glo my as hy sy voet verkeerd sit sal hy waai.
groete Wannaby
"winning starts with beginning"
Post Reply