NightForce NXS

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

NightForce NXS

Post by Arnold »

Enige opinies oor die Nightforce NXS reeks scopes?

Gebruik julle ouens die goed en kan mens maar bel? in so iets?
{Mens bel? mos in die duur scopes want dit is te veel geld vir my om dit te sien as 'n uitgawe  ;D}
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: NightForce NXS

Post by Dawie »

Arnold

Ek skiet met 'n NXS 5.5-22 x 56.  Party ouens sal vir jou s? hulle is te "paralax sensetief".  Ek hou van myne.  Niks verkeerd met die kwaliteit nie.

Sal weer vir my NXS koop of dalk Schmidt & Bender Police 5-25 x 56 volgende

Net my opinie.  

Kojak
Last edited by Dawie on Tue Oct 19, 2010 10:40 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: NightForce NXS

Post by Arnold »

Dankie Dawie, weet jy dalk wat die min verstelling op die paralaks is (hulle het mos net strepies op die knop)?

Aangesien Safari & Outdoor se pryse op die scopes nou so goed is, in vergelyking met die verlede, het ek vir my die 8-32X56 model gekry. Die scope het die NP-2DD reticle. Het gister middag gou my ringe ge-lap en die scope ge-mount en ek sal die naweek sien hoe 'n teiken deur hom lyk. Dit lyk of ek dalk die scope dalk nog so bietjie moet skuif in die ringe vir die regte eye relief, maar ek sal eers gaan skiet en sien of dit nodig is.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: NightForce NXS

Post by Dawie »

Arnold

Die teleskoop moet glo fyner getune word op die paralax verstelling as ander teleskope,  wat vir jakkalsjag kan problematies wees want nou moet jy nog die paralax/fokus knoppie ook nog draai terwyl jy nie weet of dit jou laaste kans op foxie is nie.  Dis hoekom baie ouens vir jou sal s? die NXS is meer 'n teiken teleskoop.

Aan die ander kant skiet ek al jarre met myne snags en stel bitter min aan die fokus,  kry net so 'n "happy average" oppie verstelling.

Bly nog steeds 'n flippen lekker scope.

Kojak
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: NightForce NXS

Post by Arnold »

Dit is goed, myne gaan juis op die baan gebruik word en is nie vir die jakkies bedoel nie. Ek sal sien hoe die paralaks verstelling werk want ek sal dit vinnig moet kan doen vir veldskiet kompetiesies. Maar ek doen gewoonlik soos jy voorstel en stel hom vooraf op 'n happy medium.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: NightForce NXS

Post by Dawie »

Hallo Arnold

Wil vimmy 243 ook 'n Nightforce koop,  maar kannie my mind opmaak oor die reticles nie.  Op die stadium is dit tussen die NP-R2 of NP-2DD.  Hoe werk daai NP-2DD vir jou,  Pro's en Con's asb?


Ek het laasweek met die NP-R1 8-32x56 geskiet maar sy hare is bitter dun,  sal sukkel in die aand met hom,  ek het dit vergelyk met die MIL-DOT 5.5-22 x56 van my wat se hare dikker is.  Ek sien op die internet die NP-R2 is so tussen die twee wat dikte betref. 

Ek wil vimmy die 5.5-22 x 50 met die ZEROSTOP kry vir oa bojaan v?rgooi.

Kojak
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: NightForce NXS

Post by Arnold »

Ek het myne nog eintlik te min gebruik om te kan s?. Ek raak nog die reticle gewoond maar vind dat daai kolletjie baie lekker my oog trek.
Die een keer wat ek hom aan gehad het in die aand het dit gelyk of die reticle blur, maar ek vermoed dit was die paralaks en ek te naby gekyk het.

Die NP-R2 se strepies op die reticle was vir my net te lank en het die reticle groot gemaak. {As jy nou verstaan} Die NP-2DD is die regte kruishaar vir teiken skiet. Anders sou ek die MLR reticle voorstel, maar met turrets wat mil verstellings het.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: NightForce NXS

Post by Dawie »

Bly om te sien jy't ook bietjie navorsing gedoen op die reticles,  dankie virrie info sover.

Wat dink jy van die NP-R1?,  ek het hom weer bietjie besig gevind.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: NightForce NXS

Post by Arnold »

Ek kon ongelukkig nie na die NP-R1 kyk nie en die goed lyk mos anders as mens nou eers self deur die scope kyk.

Ek moes ook kies tussen die NP-R2 en NP-2DD, na so 5 minute se kyk deur die scopes en bietjie gesels met 'n paar ouens was die keuse nie moeilik vir my nie.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: NightForce NXS

Post by Dawie »

Daai NP-R1 is amper wollerig(as jy dit verstaan) van al die fyn strepies.  My vriend wat ook vir hom een wil kry gaan ook vir die NP-2DD.

2DD klink amper soos cup-size :P

Dan is my keuse vir vandag ook so ;)

Dankie vir jou input
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: NightForce NXS

Post by Chris101 »

Arnold

Skiet nou al n helle paar jaar met myne sonder probleme.
Op stoel gemonteer lig op scope baie hammering.
3.5 +15+56
101
Knou die gediertes AF.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: NightForce NXS

Post by Arnold »

Ek dink die illuminated kruishaar wat blur in die nag is agv my bril. Ek het gou gekyk as ek my bril afhaal is dit duideliker maar dan is hy weer nie reg gestel volgens my oog nie.

Ek dink ek moet net 'n nuwe bril kry want die een is al vaal gekrap  :(
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: NightForce NXS

Post by Dawie »

Ek het agtergekom dat mens meer sien in die aand sonder die illum. ret.  Ek het myne baie laag gestel,  maar gebruik dit snags letterlik nooit.

Het jy die kruishaar al gefokus? 

Iemand het noudiedag 'n oulike verduideliking opgesit hoe om dit te doen. 
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: NightForce NXS

Post by Arnold »

Ja ek het dit al gedoen. In die dag is hy baie mooi duidelik.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: NightForce NXS

Post by Arnold »

Ai, dit lyk my of my POI skuif soos ek die vergroting draai.

Ek zero twee naweke terug op 100m en 200m terwyl die vergroting 32X is. Vandag toe ek op 100m skiet moes ek die scope 1.5 MOA afstel om in die kol te tref terwyl ek op 20X vergroting skiet {5 skote in 1/2" ctc}.

Toe gaan sit ek die teiken op 300m en stel die scope so 5 MOA op om raak te skiet. En sowaar op 20X vergroting tref ek toe net onder die kol met 'n 5 skoot groep wat so 2" horisontaal by 1" vertikaal meet.

Sonder enige ander verstellings draai ek toe die vergroting na 32X en skiet nog drie skote ... tot my verbasing val hulle so 1.5 MOA laag (5" laag, met die groep wat omtrent dieselfde meet as die 5 skoot groep) :-\

Ek moet hierdie nou nog bevestig, maar om die minste te s? is ek nie baie gelukkig nie.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: NightForce NXS

Post by MEERKAT »

Arnold

Skiet al hele tydjie met Nightforce 6.5-42x56 scope en kon nog nie kla sover baie helder en mens raak gou gewoond aan die paralaks. Het heel onlangs 'n Burris Eliminator gekoop (Laser scope) en wat 'n plesier.

Weet nou ten minste hoe ver die goete staan en die scopie stel homself sommer in vir daardie afstand.

Jag lekker.

Knou goggas af
MEERKAT
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: NightForce NXS

Post by Ponkie »

Meerkat

Ek sien jy gebruik die Eliminator. 'n Lid by die vereniging is ook 'n groot Burris man en hy was taamlik ontevrede met die scope se helderheid in die nag. Wag kom ek stel dit liewers so, hy was ontevrede met die scope se vermoe in SWAK lig. Hy se sodra dit skemer raak en jy moet nog sonder 'n spotlight skiet is die beeld baie swak, maar verder is dit 'n PUIK konsep en die meting van afstande is perfek. Dis egter maar net die helderheid kwessie waarvan ek weet.

Het die naweek my eerste skote met my nuwe Burris Fullfield II geskiet en "Ja wat 'n plesier!" Ek is baie tevrede!

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: NightForce NXS

Post by Arnold »

interessant 'n, 6.5-42X56
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: NightForce NXS

Post by 243Songdaug »

Meerkat, ek vermoed dat jou Nightforce 'n namaaksel is - geen wonder jy is nie heeltemal tevrede met hom nie!  8)

Grap sommer - as my 308 'n 155gr Sierra teen 3600fps kan skiet kan jy sekermaar 'n 6.5 - 42 x 56 Nightforce h?!

Mooi aand.
Jaco
Dont tell me, show me......
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: NightForce NXS

Post by Dawie »

Arnold wrote: Ai, dit lyk my of my POI skuif soos ek die vergroting draai.
Nou sal ek moet kyk of myne dit ook doen.  'n Vriend van my wat bitter baie langafstand skiet draai nooit sy scope op volle vergroting nie, ek gaan uitvind hoekom,  as ek reg kan onthou is die frustrasie nie so raar nie.....by ander brands ook

Sal bietjie die storie moet navors.

Arnold my innige meegevoel,  daars min goed so teleurstellend soos wanneer duur speelgoed teleurstel.

D
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: NightForce NXS

Post by MEERKAT »

Jaco, Arnoldt

Regstelling: Nightforce 12-42x56

Lekker jag
MEERKAT
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: NightForce NXS

Post by Arnold »

Ek sal dit toets en seker maak dit was nie toevallig nie ... en natuurlik terugvoering gee.

NightForce het baie positief gereageer op my email, na 'n paar verduidelikings gegee is wat dit moontlik kan wees is hierdie sinnetjie wat my aandag getrek het: Please rest assured your decision is final. Not ours and we will resolve your problem without further cost to you.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: NightForce NXS

Post by JACQUES BOTHA »

arnold.
Was een van die redes wat hulle genoem het dalk paralaks?
MEt die vreeslike vergrotings kan dit nogal n verskil maak in impak plek en maar die POI behoort nie so baie te skuif nie.
Gee jy om om die redes van nightforce op te sit, anders kan jy dit aan my mail asb
Groete
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: NightForce NXS

Post by Arnold »

Ja, dit was een van die redes en uit verder skrywe dui hulle pertinent daarop dat ek moet seker maak my paralaks is reg gestel.

Hier is dit wat ek ontvang het.
Without seeing the conditions you are shooting in (wind, temperature, number of shots fired, ammunition type, rifle rest) it is hard to pinpoint a problem.

You mentioned you had mirage present and set it on 20 power. Then put the scope on 32 power. If mirage is still present this will cause apparent point of impact shift. Also not adjusting and then confirming parallax at different powers and distances my also cause a problem. Consistent rifle rest, ammunition type and number of shots fired may also play a part in groups moving.


Ek beoog om more oggend weer te gaan skiet op 300m teen 30X, 20X en 10X vergroting. Ek sal spesifiek ook dan kyk of die paralaks verstelling verander moet word as die vergroting verander sodat die paralaks fout uit gestel word.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: NightForce NXS

Post by Dawie »

Het myne vanoggend gaan toets en hy't op 100m eers op 22 verg. en toe op 11 verg. dieselfde plek +-geskiet.  Was effe bewolk en stil gelukkig.

Hier's 'n vraag wat ek op 'n antwoord soek.....

S?nou ou knyp 'n roer in 'n vice vas op 'n warm dag met mirage en jy kyk na die teiken deur die teleskoop.  Terwyl jy kyk draai jy van kleinste vergroting ho?r tot grootste vergroting, sal die bull op beweeg, af  of op dieselfde plek bly?

Geen raaiskote asb.
Post Reply