300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

immelmanw

Re: 300 Win Mag vs (Leopold / Bushnell / LYnx / Rudolph)

Post by immelmanw »

hennievs wrote:Dagse aan die manne en vroue

Vanoggend amper ontbyt geeet op S/O Pretoria se stoep so vroeg was ek daar.
Ek het toe 'n hoop verskillende scopes kon bekyk en bevoel en lekker deur hulle loer en so 'n bietjie deur hulle passies gesit.
Ek het na verskillende make en pryse gekyk alles in die reekse wat 'n omtrent 6X en op tot 30X verstelbere scopes gekyk.
Ek het
Ge- Burris, Ge- Zeiss, Ge- Swarowski, Ge - Nightforce, Ge- Rudolph, Ge- Bushnell ens... ens ...ens
Daar is diep bepeins, gerook en die heerlikste koffie gedrink (S/O 10 uit 10) vir die koffie ;D ,
Ek het rustig buite op die stoep kon sit en denkbeeldige teikens beloer - eers almal op dieselfde vergroting (6x) en toe maksimum vergrotings.
Weereens is daar is diep bepeins, gerook en koffie gedrink .... ;D
Die hele tyd was Die mannetjie wat my gehelp het soos 'n moederhen oor my (Sorry Willem, Kan nie sy naam onthou nie ) - S/O dit is nou uitstekende diens - Wat n lieflike omgewing om in besigheid te doen.... Puik winkel ... Wenresep (julle sal my defnitief weer sien).
Toe begin ek aandag gee aan die kwaliteit aspekte, Afwerking, Lens helderheid, Verskille in die kruishare ens ... ens ... ens ...

Weereens is daar is diep bepeins, gerook en koffie gedrink .... (julle kom seker agter ek hou van my koffie) >:+ >:D

Toe eers praat ons pryse - Ek kan met opregtheid se dat my vrou nie 'n idee het van scope pryse nie.
Sy is toe eers deur die hele oefening gelei en sy maak toe haar keuse...... toevallig dieselfde as myne,
My uiteindelike besluit het toe op die Rudolph 6-24 x 50 iR T3 recticle geval. ++>: ++>:
Volgens my waarneming kan hy kersvashou by die groot bekende name en dit teen heelwat goedkoper.
Ek was besonder beindruk met sy beeldhelderheid (onthou asb my oe is al gedaan) en in die algemeen die duursame afwerking en gevoel (as daar so iets bestaan) van hierdie scope.

Noe moet die 300 win mag kom - kan nie wag om hierdie kombinasie uit te toets nie.
Dankie aan almal wat hier raad gegee het - Ek sal julle op hoogte hou van hoe die kombinasie werk.

Jagtersgroete
Dankie Hennie,

Geniet die teleskoop, onthou, jy is altyd welkom om te gaan koffie drink, nie net as jy scope koop nie!
Lekker skiet!

Willem Immelman
Post Reply