Ek het gewag tot die wind baie stil is en net vir hoogte gestel. 26.4moa op. daarna 5 skote geskiet wat almal laag op die teikin was. Daarna 3moa opgestel en n groep bo die teikin punt geskiet. Altwee die eerste groepe was onder moa.
Ek het toe die scope 1 moa afgestel wat hom in die kol sou sit. En weer 5skote geskiet. Die groep was op die regte plek en 7duim
Aangeheg is eerstens n foto van waar ek skiet. Die klein wit kolletjie op die foto is die teikin.
Tweedens n foto deur die scope op 25x.
Derdens n foto van my groep.
Ek het geskiet met my savage lrp. Zeiss conquest 5-25x50 hd 5. Met 105 amaxe gelaai teen 2930ft/s.
Groete
Nico

