.270 Bosveld jag
- Rooster1089
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm
.270 Bosveld jag
Hallo Almal
Ek het 'n .270 Howa waarmee ek nou al so 3 jaar jag.
Die jaar gaan ons bietjie Vaalwater se kant toe, lekker in die bosveld.
Ek wil weet watse lading en punte die beste sal wees vir die tipe jag. ( dig bos, kort afstande ens.)
Baie dankie
Ek het 'n .270 Howa waarmee ek nou al so 3 jaar jag.
Die jaar gaan ons bietjie Vaalwater se kant toe, lekker in die bosveld.
Ek wil weet watse lading en punte die beste sal wees vir die tipe jag. ( dig bos, kort afstande ens.)
Baie dankie
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: .270 Bosveld jag
Waarmee skiet jy op die oomblik
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: .270 Bosveld jag
160gr Rhinos vir die bosveld. Werk soos 'n bom.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Rooster1089
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm
Re: .270 Bosveld jag
Op die oomblik skiet ek 150gr pmp proams
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
- AFRICAN LEADWOOD
- Sr. Member

- Posts: 297
- Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am
Re: .270 Bosveld jag
Ek stem saam met 'n swaar koeël van goeie en sterk konstruksie. Die meeste fabrikate gaan 150gr maximum wees en hulle sal werk vir die meeste wild. Rhino maak wel 'n 160gr en ek het nog 170gr Rhino's wat ek op 'n stadium sou gebruik. Hulle het maklik 2500fps gehaal en het so 35/40mm geskiet op 100m uit 'n standaard groefdraai. As ek reg onthou maak Sako 156gr in fabrieksammunisie as jy nie herlaai nie.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: .270 Bosveld jag
Skootplasing is maar altyd een van die belangrikste oorwegings. Siende dat jy op kort afstand (ek neem aan minder as 100m) gaan skiet, kan die 150 grein voldoende wees. Watter wild wil jy skiet?
- Rooster1089
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm
Re: .270 Bosveld jag
Die wild wat ek beplan om te skiet is vlakvark, rooibok, koedoe koei, waterbok koei.
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: .270 Bosveld jag
Rooster1089 wrote:Op die oomblik skiet ek 150gr pmp proams
Ek weet nie of jy herlaai nie, dan kan jy kyk na iets soos die Rhino's etc. As jy oor fabrieks ammo gebruik sal ek bly by die 150 gr Proams, dit is nie 'n premium punt nie maar is bietjie sterkte as die gewone PMP, proebeer jou skote kies en verby groot skouer bene en hulle sal werk. Ek het al baie Kudu's en 'n paar Eland geskiet met gewone standaard PMP's 150 gr, maar ek het my tyd geneem en bene vermy. Ek was 2 jaar gelede by wat my broer met 'n PMP Pro-am 'n Eland bull wat 394 kg uitgeslag het met 'n agter die blad skoot plat geskiet het, die bul het op die einde van die dag nie eers 30 m gedraf nie. Maar weereens maak seker van jou skootplasing.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: .270 Bosveld jag
Rooster1089 wrote:Die wild wat ek beplan om te skiet is vlakvark, rooibok, koedoe koei, waterbok koei.
Sorry ons he saam gepost, as ek jy was het ek by die Pro-ams gebly, jy ken hulle en die meeste van die diere wat jy wil skiet is nie besonders groot nie
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: .270 Bosveld jag
Ek stem met jou saam Flip, maar as jy nog altyd in die verlede bietjie gekla het oor vleisskade met die ander koeëltipes, kan jy nie fout maak om die rhinos 'n kans te gee nie. Jy gaan dalk net aangenaam verras wees.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Rooster1089
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm
Re: .270 Bosveld jag
Baie dankie vir die terugvoer!! ek dink ek gaan bly by my 150gr proams want ek is klaar gemaklik met hulle vir nou.
Maar ek gaan defnitief bietjie van die Rhino punte probeer later, klink my hulle doen ook 'n goeie job!
Maar ek gaan defnitief bietjie van die Rhino punte probeer later, klink my hulle doen ook 'n goeie job!
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: .270 Bosveld jag
Rooster, ek skiet Sierra se 140gr HPBT Gameking in my 270 en sal nie sommer iets anders skiet nie. Die lood sit diep in die punt, mushroom baie mooi en op kleiner wild is hy deur die bok voordat die lood in die karkas beland en skade maak. Ek het al 2 gemsbokke op seker 100 meter agter die blad geskiet, beide kere dwarsdeur geskiet en bokke het nie verder as 15 meter geval nie.
Geniet die jag
Geniet die jag
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: .270 Bosveld jag
Rooster1089 wrote:Baie dankie vir die terugvoer!! ek dink ek gaan bly by my 150gr proams want ek is klaar gemaklik met hulle vir nou.
Maar ek gaan defnitief bietjie van die Rhino punte probeer later, klink my hulle doen ook 'n goeie job!
Ek gebruik ook die Rhino's 150 gr in my 270 en hulle werk baie mooi, het met 1 gr minder kruit gekry dat hulle altwee bymekaar groepeer. Die Rhino's skiet deur alles en maak mooi oop. My proebleem is ek het gewoonlik die gewone PMP's in die dag as ek iets groot raakloop
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: .270 Bosveld jag
Rooster, watter teleskoop gebruik jy vir die bos?
- Rooster1089
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: .270 Bosveld jag
Daardie teleskoop klink ook reg vir die bos se doeleindes. Geniet dit!!
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: .270 Bosveld jag
Rooster ek het jare 150gr ProAm's gebruik in my .270 van varke tot en met kudu-bulle.
As jy eerder self kan laai met premioum punte en genoeg skiet-oeffening kan inkkry - dalk beter opsie.
Ja jy kom nie verby die bietjie vleis-mors met Pro-Am's nie....veral in die bosveld met nader-skote (100 -)
Wat wel baie help op die korter afstande (100 -) met die Pro-Am's is skootplasing na die kop-kant toe.
Hoe dit ookal sy - persoonlike opinie - gebruik eerder wat jy ken en mee goed doen op groeperings, as wat jy op kort kennisgewing verander na koels en 'wonder' oor skootplasing weens dit...
Sterkte
As jy eerder self kan laai met premioum punte en genoeg skiet-oeffening kan inkkry - dalk beter opsie.
Ja jy kom nie verby die bietjie vleis-mors met Pro-Am's nie....veral in die bosveld met nader-skote (100 -)
Wat wel baie help op die korter afstande (100 -) met die Pro-Am's is skootplasing na die kop-kant toe.
Hoe dit ookal sy - persoonlike opinie - gebruik eerder wat jy ken en mee goed doen op groeperings, as wat jy op kort kennisgewing verander na koels en 'wonder' oor skootplasing weens dit...
Sterkte
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
bullet
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Mon Sep 06, 2010 9:07 pm
Re: .270 Bosveld jag
Ek het n cz brno .270 ek het laas winter n vark op 160m in die bosveld in swartruggens geskiet ek laai self en ek skiet net 150gr hornady sst met 49gr s365 kryt hy skiet so 2600fps wat voldoende is vir bosveld, uit my ervaring is dit beter om kop of nek skote te skiet jy mors minder en om n kans in bosveld te vat net blad skote is daar n kans dat jy dalk bietjie trek dan is dit n pens skoot en as dit baie bos is dan is die kans wat die vark in n gat in kruip en vrek baie goed so as hy net daar val is dit n beter scenario maar dis maar net ek die selfde met kudu en als so ek stem saam Francois skoot plasing ek het al n 58" kudu bul op 60m met n .222 geskiet met n 45gr punt in die blad en hy het so 45m gedraf en gan le so SKOOTPLASING.
-
hunter74
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Thu May 30, 2013 4:39 pm
Re: .270 Bosveld jag
Stem saam. Alles gaan oor skoot plasing en ja `n goeie punt help ook. Ek het jare met die ou gewone 130gr PMP`s geskiet. Bly weg van "op" die blad en gaan net so `n hand breedte agter die blad mooi deur die longe.
Groete en geniet.
Groete en geniet.

